Uiteindelik kry ek my wapen Donderdag terug met die rekening wat sommer R500 meer is,na n paar woorde se die eienaar dis n nuwe gunsmith maar hy sal maar die R500 knock vat.
Ek het net daar my moses gestrip,na n paar lelike woorde stem die eienaar darem saam dat dit nie baie goed gedoen is nie,maar hy kyk my half bot aan toe ek hom vra wat se bluing is gedoen,hot of cold?
Ek wou dadelik my wapen vat en laat regmaak deur iemand anders maar die einenaar se toe die gunsmith kom saterdag in en hy sal hom graag wil vra wat gaan aan,hy belowe hy sal my sat oggend bel.
Saterdag gaan verby en ek hoor niks,ek bel toe maar die man weer gister en hy se nee hy het my nie gebel nie want die gunsmith het nie opgedaag nie.Ek verduidelik toe ek stel nie belang nie,ek soek net my geweer.
N uur later bel die eienaar my en se ek moet asb. met die gunsmith praat,ek trap toe die man van n kant af uit en al wat hy se is ja hy sien daar is n blink merk voor op die loop verder sien hy nie veel fout nie.Hy se vir my bluing haal nie roes af nie en daar waar die blink kolle is is waar roes was en my magasynplaat is gepit maar hy sou sit kon regmaak deur dit te skuur met n grinder.Ek weet vir n feit hy is nie gepit nie,want ek kon elke keer die lagie roes verwyder net met olie.
Toe ek vir die man se hy weet nie warvan hy praat nie toe gooi hy die foon in my oor neer.
Nou dieselfde manne het my 3 maande terug R1000 gevra om my geweer te bed en toe ek dit gister noem dat ek nou bekommerd is want as hulle bluing so opneuk is ek bang om te sien hoe lyk die bedding.Wel nie een van hulle weet of die bedding ooit gedoen is nie.
So ek het aan die eienaar verduidelik dat ek my wapen na Formalito toe sal vat en het vir thinus gevra om alles na te gaan,as die bedding nie gedoen is nie sal die eienaar my geld terug betaal.
Manne wees maar versigtig,laat maar net professionele ouens aan julle wapens werk wie julle ken en wat julle net goeie goed van hoor.
Om n man se geweer op te d@nner is net so erg soos om met n man se vrou te lol.


