Die Venter,die blesbokke en de skaap.

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Die Venter,die blesbokke en de skaap.

Post by sako 30-06 »

Na my advertensie oor die Venter trailer,was ek is MW in gesprek vir 2 weke om die finale reelings te tref.Ek sou die 14de by hom 2 blesbokke gaan jag en n skaap kry in ruil vir die trailer.Dit was vir my perfek,want dit het my die kans gegee om my eerste blesbok te jag en ook om my n laaste jag vir die jaar te he.

Ek het saterdag oggend net na 7:00 op die plaas gekom,na die gewone bladskut het ons n koffie gedrink om bietjie te gesels en om die koue uit die bene te kry.
Ons is daarna skietbaan toe en na die eerste flyer het die .308 getref waar ek gemik het.
MW het dinge wel gekompliseer deur my n skoot te laat skiet met sy 25-06,die eerste skoot was so lekker dat ek sommer nog een moes skiet.MW dankie dat jy dinge nou vir my gekompliseer het,nou is ek nog meer deurmekaar,.243 of en 25-06? :confused:

Ons is daarna reguit veld toe en het sommer dadelik die blesbokke gesien,die eerste ooi is n bladskoot gegee op 160m en nadat sy n paar meter gehardloop het het sy inmekaar gesak.My eerste blesbok is plat en dit na 5 min in die veld.Ons het nog blesbokke gesien terwyl ons foto's geneem het en ons sommer dadelik agter hulle aan,op so 165m het ek vir die kop gegaan maar bo-oor geskiet,les geleer. :-[

Ons het weer n trop gewaar na so 10min het ek n skoot gehad,weer so 160m en die skoot was diekeer mooi egter die blad,die ram het so 10m gegaan voor hy dood neergeval het.Dit was nou 8:30 en baie bly en ook verlig het ek my twee blesbokke suksesvol gejag.
Die blesbokke was mooi vet,die ooi was 36kg en die ram het 42kg geweeg toe ek hulle die aand by die slaghuis geweeg het.

Na die jag het ons lekker saam met MW en sy vrou gekuier en die rugby saam gekyk,dis net jammer rugby is nie meer rugby nie maar eerder ballet.

Ons is die middag so net na 13:00 daar weg nadat ons n lekker vleisie gebraai het wat ons saam met n lekker paptert geniet het wat MW se vrou gebak het.

MW baie dankie vir n lekker dag en julle wonderlike gavryheid.Dis net jammer ons kon nie oorslaap nie.Ek sal jou verseker opvat om weer te kom kuier,want ek is sommer klaar lus vir die afval wat jy my belowe het.Dankie mater.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Re: Die Venter,die blesbokke en de skaap.

Post by mw »

Groot plesier, bly jy het dit geniet! Ons maak weer so!
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Die Venter,die blesbokke en de skaap.

Post by Jakkie 321 »

Mooi lekker as als goed uitwerk.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Post Reply