Iosso Bore Cleaner

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Iosso Bore Cleaner

Post by Chevvy SS »

Wie ken dit?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by tripodmvr »

Het daarvan en het dit gebruik. Dit is blykbaar 'n skuurmiddel en ek het dit lanklaas gebruik. Verkies ander chemiese skoonmakers wat nie skuuraksie nodig het nie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Pappabeer »

Ek het dit eenkeer gekoop. Maar selfde as JB. JB is meer olierig en werk vir my beter.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Chevvy SS »

Dankie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

Chevvy, die manne by die geweerwinkel het vir my gesê dit is ook 'n skuurmiddel net soos J&B.
Iosso se grein is net fyner, m.a.w. J&B is growwer as Iosso.
Groetnis
P.W.V.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by GERT vd M »

Ek gebruik die losso saam met ander vloeistof skoonmakers en vind dit werk goed. AL wat ek kan se is dat n mens dit nie baie gereeld moet gebruik nie want ek is bang vir te veel sluitasie'
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Chevvy SS »

'n Koperborsel beskadig nie 'n loop nie (het ek hier geleer). Dus behoort 'n goeie skoonmaak met 'n borsel dus die loop te pleer ook?
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by GERT vd M »

Die borsel alleen verwyder nie koper aanpaksel nie
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

Het iemand al hierdie middel gebruik?

Ek gebruik dit met groot sukses.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Jake1 »

Ek het copper remover maar die ding is my geweer skiet so akkuraat op die stadium ek weet nie of ek iets moet verander nie. Wanneer gebruik julle copper remover, eers as jy vermoed jou geweer skiet onakkuraat agv koper neerslag of wat? Het gehoor jy moet loop weer bietjie inskiet na koper verwydering......?

J1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

As ek gereeld skiet, maak ek my geweer skoon na 40 of 50 skote. As ek weet my geweer gaan 'n tyd staan, maak ek hom skoon, sonder dat ek die voorafgaande aantal skote in aanmerking neem.

Ek is maar 'n koffin, weet nie wat sê die boffins nie!
Chrisjan

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Chrisjan »

Ja, dit is baie fyn, ek maak mos na elke 100 skote loop skoon, maar ek Isso my throat en bore elke 300 skote. Koper is nie in match barrels 'n probleem nie. Maar carbon bou op en vorm kristalle wat dan uiters hard is om skoon te kry.

Dit werk vir my.

Groete
Chrisjan
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Chevvy SS »

GERT vd M wrote:Die borsel alleen verwyder nie koper aanpaksel nie
Groetnis
Gert

Met Iosso het ek bedoel Gert.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by GERT vd M »

Chevvy,
Skuus man! Ek gebruik n "bore shruber" (weet nie of dit die regte naam en spelling is nie)
maar jy skroef hom ook voor aan jou ramrod en hy is van lap gemaak (RAM)
Dan smeer ek van die losso aan en so bietjie olie oor dit. Steek die rod so paar keer heen en weer en wissel dit af met skoon lappies om te sien hoe vorder jy
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by LongWolf »

Pieter Willem Vorster wrote:Het iemand al hierdie middel gebruik?

Ek gebruik dit met groot sukses.

Oom PW!

Ek gebruik hom ook, maar nie op minder as 100 skote nie.
Dit moet ook nie vir langer as 10min in die loop wees nie, want dit vreet ook ander metale.
Gebruik maar die olie mildeluk na dit om seker te maak die goed is uit die loop.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

LongWolf

Ek het die onderstaande korrespondensie met die vervaardigers van Gunsmithy-produkte gevoer.

Geagte Meneer

Ek het hierdie produk van u gepropageer op 'n bekende forum vir die jagter. Ek gebruik dit self, maar hieronder die kommentaar wat ek daarop gekry het.

Oom PW!
Ek gebruik hom ook, maar nie op minder as 100 skote nie.
Dit moet ook nie vir langer as 10min in die loop wees nie, want dit vreet ook ander metale.
Gebruik maar die olie mildelik na dit om seker te maak die goed is uit die loop.


Ek sal nou graag wil weet of dit 'n vretende uitwerking op metale het. Die man beweer dit mag nie langer as 10 minute in jou loop wees nie. Ek wil graag u antwoord hierop kry. Is dit wetenskaplik (chemies) getoets?

Hoop om spoedig van u te hoor.

Groetnis.
P.W. Vorster

Beste Mnr Vorster,

Baie dankie vir u e-pos en vir die gebruik van ons produkte.

Ek wil u graag gerus stel – dis onwaar en ‘n mite dat die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner die staal aan u geweer sal “vreet”. (Terloops, dis die eerste keer dat ons so iets te hore kom.)

Hiermee ‘n paar feite:

1. Die oplosmiddels wat in Gunsmithy Traditional Gun Cleaner voorkom bevat slegs “sagte” koper en lood-residu oplosmiddels. Daar is geen middels in wat staal sal korrodeer nie. Dit bevat ook nie ammoniak nie. Daar is in der waarheid ‘n paar Amerikaanse produkte op die mark wat baie sterker koper oplosmiddels bevat as ons produk.
2. Tydens die ontwikkelings-proses van hierdie produk het ons verskeie chemiese toetsings gedoen – in een toets het ons loopstaal in skywe gesny en dit vir weke lank in die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner gedompel. Ons kon geen “vreting” waarneem nie.
3. Indien daar korrosiewe middels in die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner was, sou dit ook die blouwerk op die geweer geaffekteer het, maar soos u self sal weet, gebeur dit nie.
4. Op ons webwerf verskyn ‘n artikel van Chris van Niekerk, multi-Protea skut oor hoe hy die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner oornag in sy loop laat ( http://www.bushill.co.za/chris-van-niek ... leaner.php) vir beter skoonmaak aksie.
5. Die Weermag het ook nou die Gunsmithy Traditional Gun Cleaner begin gebruik.
6. Ons gebruik self, uitsluitlik, Gunsmithy Traditional Gun Cleaner om ons wapens skoon te maak. Ons gebruik dit nou al vir vier jaar. Ek self laat gereeld die produk oornag in ‘n loop (dmv van 3-4 lekker nat lappies wat ek deurstoot). Ek is tans 2de op my skietklub se jaggeweer ranglys en my 308 skiet 10mm 4-skoot groeperings op 100m (met 150gr Sierra Pro-hunter). Ek maak na elke skiet (+-10 skote) my geweer deeglik skoon met Gunsmithy Traditional Gun Cleaner. Daarna sit ek ons Gunsmithy Best Gunsmiths Oil deur.

Kontak my gerus as u nog vrae het.

Stuur asb ook vir ons u posadres. Ek sal u graag ietsie wil stuur.

Dankie en groete

Jackie Crafford
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Jake1 »

Jackie crafford net 'n vragie of twee.(as jy nog hier is)

1) Hoe gereeld - na hoeveel skote moet mens dit aanwend
2) As ek my geweer met gewone olie skoonmaak is my eerste 1/2 skote uit en dan begin ek eers groepeer, wat is die situasie met julle produk? Ek het al gehoor as mens koper verwyderaar gebruik vat dit jou geweer 'n paar skote om weer te groepeer, as laasgenoemde wel waar is, na hoeveel skote kan mens aanvaar hy moet weer akkuraat skiet.

J1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

Jake1 wrote:Jackie crafford net 'n vragie of twee.(as jy nog hier is)

1) Hoe gereeld - na hoeveel skote moet mens dit aanwend
2) As ek my geweer met gewone olie skoonmaak is my eerste 1/2 skote uit en dan begin ek eers groepeer, wat is die situasie met julle produk? Ek het al gehoor as mens koper verwyderaar gebruik vat dit jou geweer 'n paar skote om weer te groepeer, as laasgenoemde wel waar is, na hoeveel skote kan mens aanvaar hy moet weer akkuraat skiet.

J1
Jake1
Jackie Crafford is nie op die forum nie. Ek sal hierdie vraag aan hom oordra en as hy antwoord, dit weer hier plaas.
Groetnis.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Jake1 »

Dankie oom Pieter

J1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

Jake1 wrote:Jackie crafford net 'n vragie of twee.(as jy nog hier is)

1) Hoe gereeld - na hoeveel skote moet mens dit aanwend
2) As ek my geweer met gewone olie skoonmaak is my eerste 1/2 skote uit en dan begin ek eers groepeer, wat is die situasie met julle produk? Ek het al gehoor as mens koper verwyderaar gebruik vat dit jou geweer 'n paar skote om weer te groepeer, as laasgenoemde wel waar is, na hoeveel skote kan mens aanvaar hy moet weer akkuraat skiet.

J1
Jake,
Hier is Jackie se antwoorde op jou vrae hierbo:

Beste Mnr Vorster,

Dis altwee goeie vrae waarop ons nie eintlik definitiewe antwoorde kan bied nie.

Ons insiens is een van die wonders van die skietsport is dat elke skut/geweer verhouding uniek is. Elkeen weet wat die beste is vir elk van sy gewere.

Ek dink daar is twee dinge van belang uit u vrae hieronder:

Koper-verwydering: Oom Fanie Combrink van SABI Gewere en Magnum Arms glo glad nie in koper-verwydering nie. Aan die ander kant glo Oom Kassie Kasselman van Safari & Outdoor in Pretoria nou weer dat geweerlope deesdae so goed gemaak word dat mens nie wil toelaat dat koper te veel opbou en die binne-dimensies van (en dus druk in) die loop verander nie. Chris van Niekerk glo jy moet na elke skiet al die koper uithaal. Ek het ‘n vriend hier op die hoeveld wie se 308 eers lekker begin groepeer na so 5 skote. Soveel hoofde, soveel sinne.

Ons by Bushill gebruik ‘n bore-scope om die kamer en loop binne-in te inspekteer (kyk asb vir interessantheid na ons artikel by http://www.bushill.co.za/3-stap-jaggeweer-skoonmaak.php), en dis interessant om te sien hoe verskillende gewere van veskillende kalibers, ouderdomme en vervaardigers binne-in verskil. Dus mag ‘n goed gepoleerde “match” loop dus baie minder van koper neerslag hou as (byv) ‘n 375 met ruwe “tooling” merke op die lande.

Ons is huiwerig om aan te beveel wat die beste is om te doen. Ons wil eerder genoegsame produkte op die mark stel sodat daar iets vir elek man/vrou en sy/haar geweer is. Dus het ons byvoorbeeld die Gunsmithy Nitro Cleaner ontwikkel vir die wat van koper neerslag hou, en slegs die nitro-residu wil verwyder.

Die tweede deel van u vraag handel waarskynlik oor “fouling” skote: Ons het nog nie veel die onderwerp bestudeer nie, maar ek vermoed daar is genoeg anekdotiese bewyse op die skietbane rondom wat bewys dat daar meriete in ‘n “fouling” skoot is. Selfs PMP, in hul Pro-Amm kompetisie laat toe vir een fouling skoot per teiken. Fouling skote het waarskynlik minder te doen met koper-neerslag en meer met oortollige olie in die loop wat eers “uitgeskiet” moet word.

Groete en lekker skiet
,
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Jake1 »

Dankie oom PW, lyk my nie daar is definitiewe antwoorde nie, mens sal maar moet dit doen en kyk wat gebeur, dit sal beslis nie op langtermyn skade veroorsaak nie . Interessant van die ou wat hy van praat wat glo mens moet nooit koper verwyder nie. Nou wat staan my nou te doen, my geweer skiet perfek, moet ek peuter waar daar nie fout is nie.

J1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

Jake
Ek ken ook ouens wat skiet en nooit 'n geweer skoonmaak nie. Hulle jag net met die geweer, stel hom telkens in op 25 meter en is dan tevrede.
Ek maak my geweer maar skoon. Skiet een of twee skote daarna en dan is hy weer reg vir die volgende sarsie.
Wat ek wel glo is dat 'n mens versigtig moet wees waarmee jy die geweer skoonmaak en ek is baie tevrede met die Gunsmithy Traditional.

Groetnis.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by Jake1 »

Ek sal oom se raad volg, oom het jare se ondervinding. Ek fokus graag op statistieke en praktiese ondervinding/ervaring.

J1
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by LongWolf »

Oom PW

Dankie vir al die moeite met die korrespondensie.
Dit is vir my goed om te sien dat die manne vierkantig agter hulle prudukte staan, ek hoop net nie hulle verdwyn soos prolong van die mark af nie.

Ek gebruik hulle reeks wat al 3x produkte (nitro, copper, olie) bevat en is bitter tevrede met die ruseltate, en sal dit vir baie lank nog aanhou gebruik. Op my metode.

Ek sou net meer tevrede gewees het as hulle n waarborg op skrif gehad het oor al hulle beweerings.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Iosso Bore Cleaner

Post by PWV »

LongWolf
Wat sou jy wou sien in so 'n skriftelike waarborg. Laat weet, dan kan ek dit met die ouens opneem.
Jackie dui wel in sy antwoord aan dat daar vooraf baie toetse gedoen is.

Groetnis
Post Reply