Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Naand manne, watter van die bg scopes sal jul aanbeveel vir nagskiet, die vx en burris is 4.5-14x50 en die zeiss 3-12x50. Die burris het my nogal verbaas deur bietjie helderder as die vx3 te wees,maar sy FOV was die kleinste van die 3, die zeiss sin was die beste. Die vx3 en die zeiss se reticules is nogal fyn, sukkel n man nie om hul in die nag te sien nie? So wat s? julle, ek luister graag na jul insette en eie ondervinding van bg scopes.
-
tafjak
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Tjops
Zeiss as jy my sou vra. Het nog oppad na my toe hierdie week(3-12x56 Diavari). Die kruishaar kan jy kies en enige van die #4 of 8 hare sal goed genoeg wees. Die jakkalse staan al hoeka en kyk om die kruishaar vir my op 200.

Danie Lombard .243
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
As finasies nie 'n kwelpunt is nie is ZEIS die een om te kies. Die BURRIS by altyd waarde vir geld en die helderheid van BURRIS is bo verdenking, maar die BURRIS se FOV is nouer as die ander scopes. Let net op by die gebruik van 'n scope vir nagskiet, hoe groter jy die vergroting maak, hoe kleiner word die FOV asook die hoeveelheid lig deurlaat.
LEOPOLD beindruk my tans geensins veral as in aggeneem word die prys jy betaal vir dit wat jy kry.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Lamtjop
Koop die Zeiss. Ken nie die Duralyt nie, maar as dit enigsins met die Diavari Victory vergelyk, sal jy nooit spyt wees nie.
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Lamtjop
Soos oom Danie gese het, as finansies nie 'n probleem is nie, koop die zeiss.
In my geval kom ek uit die karoo en is geld maar net so skaars soos die reen
en neem ek aan sou die Burris die beste waarde vir geld wees. Oom danie en ander, ek het nou nog 'n lynx op my 308, maar as ek luister na almal se lof op die forum rakende die Burris teleskope sal dit beslis my volgende koop wees, met inagneming vir beste waarde itv geld.
Ns. Al 3 hierdie teleskope het 'n 30mm tube neh? en geen paralaks verstelling nie?
Groete uit 'n nat Matieland
Ponkie
Soos oom Danie gese het, as finansies nie 'n probleem is nie, koop die zeiss.
Ns. Al 3 hierdie teleskope het 'n 30mm tube neh? en geen paralaks verstelling nie?
Groete uit 'n nat Matieland
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Tjops
Op die forum is 'n man met Duralyt. Glo iets uit ander w?reld. As jy dit in die hande kan kry!

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Ponkie, die Burris 4.5 - 14 het paralax verstelling voor. Ek stem saam dat Zeiss eintlik in n heel ander klas is, en glad nie eers in dieselfde asem as die ander twee genoem behoort te word. Ek het egter geen ondervinding van die Duralyt nie.
Wat die Burris teen die selfde groote Leupold betref, kan ek maar net vir jou s? dat ek al my Leupold's vervang het met Burris'e. Baie duidelikker, en 100% betroubaar met verstellings. Ek skiet baie in die nag met van myne, en hulle is verstommend helder, selfs in volmaam lig.

- RIEMPIES
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Die Burris scope kom al klaar met versterkende lense uit vir ouens wat se oe al swak is dis hoekom vertoon hulle helderder ek is ook tevrede met my burrise wat ek het.
GROETE OOM RIEMPIES
GROETE OOM RIEMPIES
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Oom Riemme, skiet oom met daardie donkerbrille op?, want dan sal ek vir Burris moet skryf en vra of hulle nie n klein spotlight ook maar in die scope kan inbou vir oom nie.
Groete
Pietie
Groete
Pietie
- RIEMPIES
- Jr. Member

- Posts: 74
- Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
So dan en wan hang af of dit volmaan is of nie!!!!
Groete oom Riempies
Groete oom Riempies
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Die Duralyte is Zeiss se nuwe "Basic" reeks (3) maar dit word in Duitsland gemaak so die gehalte is tops.
Ek dink egter dis nie 'n appels met appels vergelyking om die Burris met die ander twee te vergelyk nie, want die FFII is Burris se "cheapie". Jy moet die ander 2 eerder mer die Burris Signature Select of die Diamond vergelyk. By 4scopes.com kry die Burris 'n rating van 12 uit 25 terwyl die Leopold 17 uit 25 kry.
Die Duralyte is nog nie gerate nie maar die Zeiss Conquest kry 24 uit 25.

Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Dirtyoldsix, dit is vir my baie duidelik dat jy nog self nie die Burris Fullfield II teen die Leupold vergelyk het. Al is dit die intreevlak Burris, sit hy die Leupold VX III behoorlik ore aan in helderheid, en nagskiet. Dit is nie nodig om die extra geld uit te haal vir die Signature, of Select modelle nie.
Ek weet nie van die ratings van oorsese mense nie, maar kan jou wys wat maak die Burris in die praktyk teen die VX III, en nie op papier nie. Dit het my oortuig, en ek was n groot Leupold man.
Kyk bietjie hierna: http://www.burrisoptics.com/video8.html

Last edited by Piet Breedt on Tue Aug 10, 2010 2:50 pm, edited 1 time in total.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Helderheid en nagskiet is nie die enigste kriteria waaraan 'n teleskoop gemeet word nie. Sy vermoe om "recoil" te weerstaan oor 'n lang tyd en kwaliteit-beheer (voorkoms van foute/defekte) dra ook baie gewig.
Piet ek het 2 Burris FFII's oppad (op e-Bay gekoop). Een van die dae kan ek dit fisies met my VXIII vergelyk. Ek het hulle juis gekoop omdat julle ouens so hoog van hulle praat. Dis eers agterna dat ek gelees het dat NIE almal so gelukkig met hulle is nie.
Piet ek het 2 Burris FFII's oppad (op e-Bay gekoop). Een van die dae kan ek dit fisies met my VXIII vergelyk. Ek het hulle juis gekoop omdat julle ouens so hoog van hulle praat. Dis eers agterna dat ek gelees het dat NIE almal so gelukkig met hulle is nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
Danie Lombard .243
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Hier is so 'n "keeping up with the Jones's" siekte in die skiet wereld oor die maak en watter soort produk goed is ens. Snaaks dat waneer 'n produk 'n helse prys het dit dan nou top kwaliteit is. Ek beweeg tusen baie skiet manne rond en dit is meer keer 'n geval van wat het daai ou want daai ou is cool en hy skiet goed so ek moet dit ook he.Daai ou met die duur en cool stuff het sekerlik ook sy ore uitgeleen. Snaaks dat verkoops persone in enige mark sektor 'n produk sal probeer afsmeer aan 'n klient WANT hul kry komissie op die verkoop van sekere produkte. So 'n kick back bonus. Eie ondervinding en self eksperimenteer is goud werd. In my oe gaan dit nie oor 'n produk se naam nie maar eerder oor wat hy kan doen vir hoe lank. Skool kinders hou hul op met brand names.
Ek het al oor en oor gehoor dat 'n LYNX 'n vrot scope is en net arm skuts dit gebruik. Het vele kere gehoor dat die 8X56 LYNX 'n swak scope is wat nie sy zero kan behou nie. Snaaks dat myne so goed hou. Dit is op my bakkie geweer. EK ry nie teerpad met die geweer nie. Dit is veld en stamp en skop en stoot. Erdvark gate, wen akkers, hol voore en wat nog. En dan skiet die ou swak scope die springbokke deur die ore. Jakkie kry sommer gou op sy jis as ek hom deur die scope sien.
Ongelukkig is dit nie altyd die duur top of the range produk wat die pyp kan rook nie. So nou en dan spring hier 'n vaal seun uit wat bekostigbaar is en die ander make goed op hul neuse laat kyk. Die BURRIS FFII is so 'n outjie. En al is hy die cheapy, hy is kwaai. My .300 Win Mag kraak 'n laminated kolf in sy M@@R in met recoil, maar die BURRIS hou. Ken jul ouens die sinkplaat paaie wat die melk lorries trap as hul kom melk tap hier by die boere? Sal graag eendag al die super dooper scopes agter op 'n bakkie wil laat le in 'n geweer sak en so 'n paar draaie maak op die paaie met die bakkie. Ons sal gou sien watter scope is die een en watter een word gevloek.
Manne, ek wil nie met die reply se dat net sekere scopes goed is en ander swak is nie, NEE, hul is almal goed. Wat ek wil tuis bring is draai die rande om. Koop 'n praktiese ding wat kan werk. Dit is ongelukkig so dat die duur produk nie altyd die beste een is nie.
Dit is juis hoekom die forum so 'n goeie plek is vir raad en hulp. Die manne hier praat ons taal, jag op ons manier en doen die dinge in ons omgeweing en werks wyse. Ek sal nooit my ore uitleen vir een of ander ou in 'n ander land wat op 'n forum sy indruk gee oor 'n produk nie. Skiet die ou ooit? Wil hy dalk net saampraat? Hier sal mens altyd die regte raad kry. Die manne hier werk elke dag met die kykie pypies en die roere.
As honde drolle duur was het die voorste ry mense dit geeet en gese dit is van die beste en baie lekker, net omdat dit 'n prys het. Tans het 'n honde nie 'n prys nie. Jul weet tans wat is die status van so 'n .
Soet wees.

PonkiePonkie wrote: ... met inagneming vir beste waarde itv geld ...
Ek en jy het nog nie eintlik gesels nie, maar moet dit vir jou s?, ek wens ek was nog so jonk en op varsity! Tyd vlieg, jy moet dit geniet.
Oor jou stelling hierbo: "beste waarde vir geld" is uiters relatief. Daar is soveel faktore wat 'n rol speel by die aankoop van 'n teleskoop. Wat ek jou wel kan s?, as 'n mens so lief is vir skiet soos jy blyk te wees sal ek twee keer dink. As jy die geweer bykans elke dag gebruik en dit jou eerste lyn van verdediging teen die groeiende rooispan-probleem is en die effektiewe gebruik van die roer in 'n groot mate bepaal hoe jou netto inkomste op die plaas aan die einde van die dag gaan lyk, is 'n paar duisend rand hierdie of daardie kant toe nie die ding wat 'n groot rol in die besluit oor 'n teleskoop moet speel nie. As jy die paar duisend rand moet afskryf oor die 10-20 jaar wat jy waarskynlik die teleskoop gaan gebruik, is dit kleingeld i.t.v. die selfvertroue wat geput word uit die feit dat jy weet jy skiet met die beste. (ek praat nou nie van iemand wat eenmaal in 'n jaar loop biltong skiet nie)
Ek weet hier is 'n klomp meer konserwatiewe mense wat my gaan afslag oor my stelling, maar dit is oraait. Ek weet in my hart dat ek in my lewe al meer keer spyt was oor "goedkoop" koop as wat ek was, oor 'n paar ekstra rande wat ek op kwaliteit spandeer het. As die Burris jou hartsbegeerte is, koop hom. As 'n Zeiss, Swarofski of Lynx dit is wat jou hartsnare roer, wag tot jy genoeg het om dit te koop. Om met tweede beste tevrede te wees, raak 'n gewoonte en as jy jou o? uitvee is die lewe verby. Dan het jy nooit die beste geproe nie en dit sal 'n tragedie wees, veral as dit jou passie is. Op sekere dinge in die lewe is dit soms "waarde vir geld" om jouself so bietjie (of baie) te bederf. Daar is baie ander gebiede waarop 'n mens baie kan spaar of meer kan geldmaak. As jou passie en hartbegeerte is om te kyk hoeveel jy kan spaar in jou lewe, is als natuurlik 'n ander saak.
Jammer dat ek so preek, dis nie die bedoeling nie. Dit is net dat ek wens ek was weer so jonk!
Mooiswot
Louis
Ns. sien Danie 243 het intussen gepos, het nog nie sy opstel gelees nie, so jammer as iets herhaal word
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Hi julle
Hulle se n man is nooit te oud om te leer nie,maar my 4.5 x 14 -50 III ruil ek op die staduim vir niks(behalwe vir Zeiss Diavari/Victory).
Vriend gehelp om sy Burris Black Diamond te kry.Het al n paar keer in die nag met hom geskiet,uitstekend.Tog kan ek nie so n groot verskil agter kom nie,nie so dat ek my Leupold wil ruil nie.Ek skiet op n 10 x ,teef so n tyd trug op 313m geskiet.Om tog n skoot daar in die nag te kan skiet,moet jy kan sien en ek kon mooi sien.Taffie en Louis praat kan jy maar luister,die Burris sal ek ook koop.Vir nou bly ek by die Leupold,later Zeiss.
Lamtjop; no1 Zeiss
no2 Leupold/Burris

Oom Louis
Dankie vir die raad. Ja varsity is lekker en mens maak jou jare lange vrinne! So het ek die eerste dag op Stellenbosch 'n klong in my Fin Rek klas raakgesien en dadelik geweet, daai man is 'n boerseun! PT broekie, t-shirt en plakkies het ons mekaar ontmoet en nou kan ons nie genoeg van mekaar kry nie. Hulle boer so klompie kilometers Oos van Windhoek. So gesels ons nou 'n paar dae terug oor GELD...
Die Bybel leer ons geld kan nie geluk, vriende of liefde koop nie. Dit kan nie probleme weg koop nie, maar EEN ding is seker. Orals in die lewe speel geld 'n rol in ons lewens. "If money can't take off the weight of your shoulders, sure as hell it's going to make that problem your carrying lighter..."
Wat ek probeer se... Geld kan nie vir ons geluk koop nie, maar indien jy geld het, is die gewig van jou skouers af en slaap jy nie aan die einde van die maand onrustig en wonder wie gaan die dieselrekening, pillerekening, BKB rekening, skoolfondse, varsityrekening ens betaal nie. So sal ek eendag met Ponkie Snr seker 'n lang debat he as ek vir my 'n zeiss wil koop, want hy sal redeneer dat die burris dieselfde werk kan doen as die zeiss en dan kan ek met die geld wat ek spaar liewers iets meer belangrik koop.
Dankie vir Oom se raad. Ek wardeer alles wat julle vir my en Tiny doen. Ek leef op hierdie forum, want hier kry ek nie net skiet en jag lesse nie, maar die heel belangrikste LEWENSLESSE by manne wat klaar die pad gestap het.
NS. Dalk ken Oom ook nog hierdie NAM vring van my. . .

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Ek het nog nie baie ondervinding van verskillende scopes nie maar hier is dit.
Pa het met Tasco geskiet al die jare, toe ek jakkals begin jag met sy .270 toe koop ek Lynx 2.5-10 x56IR... dit is wat ek kon bekostig op daardie stadium, en die Lynx was TOPS vir my.
Sit toe 'n 6x42 Swarovski op die .300 winmag, en dit was baie helderder as die Lynx in "low light conditions".
Van daar af was ek net 'n Swarovski man, en spaar 'n jaar lank, voor ek my 25-06 koop en sit hom ook 'n Swarovski op.
My Pa sien al bietjie swak, en ek ruil toe scopes om met .270 en .300, en hy is baie gelukkig met die beeld, en hy hou ook nie(lees verstaan nie
) van al die verstellings nie op die Lynx. 
Ek het ook al deur Louis se Zeiss gekyk en ....sjoe!!!!
Ek werk in die computer bedryf en kan jou s? al die verskillende name HP, Samsung, LG ensovoorts is maar baie dieselfde, want alles kom van Taiwan af.
Nie alle Scopes kom van Taiwan af nie
Raves.

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Om n kwaliteit/duur (Debateerbaar of dit altyd dieselfde is soos Danie ook in sy opstel gesuggereer het) artikel te koop is net moeilik die dag as jy koop en daarna is jy nooit spyt. En dan is die omgekeerde waar. Oor n goedkoop artikel is jy net tevrede die dag as jy koop. Maar dan bly dit maar altyd moeilik as jy net soveel het om te spandeer en jy moet n scope he.
groete Freddie
groete Freddie
yol bolsun
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
PonkiePonkie wrote: NS. Dalk ken Oom ook nog hierdie NAM vring van my. . .![]()
Lyk my my kies jou vriende goed! Wie weet, dalk ken ek hom...
Wat ek miskien versuim het om te s? in my "preek", is dat as jy iets so belangriks soos 'n scope koop, is jou huiswerk van groot belang. Moenie jou ore uitleen vir leke soos ek nie. As die scope vir jakkalsjag gebruik gaan word, praat met manne wat weet. Heinrich Funck, Taffie Mulder, Hendrik van Rensburg - dis die ouens met ondervinding wat ken. As dit oor skyfskiet gaan sal jy jou raad by manne soos Piet Breedt, Hendrik van Rensburg e.a. wie jy sal ken, gaan vra, nie noodwendig Tafjak nie, as jy verstaan wat ek s?. Daarna gaan lees jy soveel op as wat jy kan oor die verskillende scopes wat die manne aanbeveel en wanneer ook al jy die geleentheid kry om met die goed te skiet of deur hulle te kyk, moet jy dit aangryp. Eers dan kan jy na jou hart luister.
Nou, as jy enigsins kan, maak 'n plan om vir Ponk Snr. te "bypass" met die scope kopery, hy gaan waarskynlik nie verstaan nie. Al moet jy biltong in jou koshuis se kafeteria smous of karoo-lam teen 'n premie aan tannie huisvrou onder in die straat verkoop, as jy daai scope koop is dit joune! As jy 'n paar jaar vir hom moet wag, dan wag jy, maar moenie met tweede beste tevrede wees nie. Maak geensins saak wat die "brand name" is nie.
Laaste ding - oor geld (waarvan ek nie baie het nie) As dit (geld of enige aardse goed) vir enige iemand te belangrik raak, sal hy/sy moeilik deur die oog van die naald kom. Om somtyds bietjie wakker te l? en planne te beraam om te oorleef is nie noodwendig 'n slegte ding vir jou siel nie. As jy baie, genoeg, te veel van alles het, tas dit meermale jou menswees negatief aan, as wat dit van jou 'n beter mens maak. Ons kan sommer weer die gelykenis van die ryk jongman vannaand gaan lees, terwyl ons oor geld en die Bybel praat.
Sterkte daar.
Louis
Ns. Ponkie, natuurlik is die verhaal van die ryk jong man nie 'n gelykenis nie! Jammer so bietjie myself verspreek.
Last edited by Louis102 on Tue Aug 10, 2010 8:49 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Die feit dat elkeen sy gekose "brand" so heftig verdedig, bewys eintlik maar net dat hulle almal baie goed werk, en dat dit maar op die ou einde persoonlikke keuse gaan wees wat bepaal watse scope jy moet koop.
Ons moet ook een ding in ag neem, en dit is dat nie almal van ons se o? dieselfde is nie. Wat dalk vir my baie goed werk, sal vir die volgende nie so goed wees nie.
Ponkie, my raad aan jou sal wees om te probeer om met elkeen te skiet, en dan die een te koop wat vir jou goed werk. n Toyota man koop nie maklik n Isuzu nie, en anders om. Maar wanneer jy die geleentheid kry om die ander een te toets, is jy gewoontlik verbaas oor hoe lekker die ander ene ry en dat dit wat jy voorheen daaroor gedink het, eintlik meer vooropgestelde idees was, as feite.
Die een wat jou laat voel dat jy die beste moontlikke scope vir jou geld gekoop het, en die een wat jou hart s?, is die een wat jy moet vat, anders gaan jy altyd wonder.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Louis,
Ja. Die tweedebeste-storie is 'n sensitiewe een. Ek kom - as gewone gemiddelde salaristrekker - baie dikwels by hierdie kruispad.
My karre en bakkies is almal tweedehands, selfs my gewere ook. Ek laat my maar lei deur kennis van beskikbare kwaliteit.
Wat scopes aanbetref is die Burris Fullfield 11 'n baie goeie opsie vir iemand wat op 'n skraps begroting werk.
Iemand wat egter skiet vir 'n lewe - of vir kleure - sal beslis 'n top kwaliteit scope kies.
Julle ouens wat van scopes weet se raad en opmerkings is regtig van groot waarde, so dankie daarvoor!
Net my 2 sent
Hein M.
Ja. Die tweedebeste-storie is 'n sensitiewe een. Ek kom - as gewone gemiddelde salaristrekker - baie dikwels by hierdie kruispad.
Wat scopes aanbetref is die Burris Fullfield 11 'n baie goeie opsie vir iemand wat op 'n skraps begroting werk.
Iemand wat egter skiet vir 'n lewe - of vir kleure - sal beslis 'n top kwaliteit scope kies.
Julle ouens wat van scopes weet se raad en opmerkings is regtig van groot waarde, so dankie daarvoor!
Net my 2 sent
Hein M.
Last edited by Hein M. on Thu Aug 12, 2010 9:11 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Heinhein wrote: ... Ek kom - as gewone gemiddelde salaristrekker - baie dikwels by hierdie kruispad.My karre en bakkies is almal tweedehands, selfs my gewere ook. Ek laat my maar lei deur kennis van beskikbare kwaliteit.
Ek dink die belangrikste wat jy noem is die woordjie "kennis". As ons "weet", kan ons oordeel. As ons op hoors? gaan, maak ons maklik 'n fout. Daar is niks fout met 'n tweedehandse item wat goed opgepas is nie.
Ek was geruime aantal jaar "verslaaf" aan golf en dit was my passie. Al my stokke wat ek in my lewe besit het was tweedehands, alhoewel ek dalk vir myself kon motifeer om nuwes te koop. My vordering in die spel was bo-gemiddeld en kon dit op 'n stadium bekostig. Ek het egter altyd eerder goeie tweedehandse stokke, waarvan ek die vorige eienaars se oppas van die stokke geken het, gekoop, as wat ek die selfde betaal het vir nuwe stokke van swakker kwaliteit. Daar is altyd daardie manne wat die nuutste en beste mode wat op die mark kom na-jaag en dit is by hulle wat jy die bargain van 'n leeftyd kan optel.
So ek beaam wat jy s?. Dit is nie nodig om die nuuste mode op die mark te besit nie. Soms is die ouer modelle in elk geval beter as die nuwes. Soms is dit die moeite werd om uit te kyk of te wag, todat jou hartsbegeerte tweedehands in die mark kom. Daar is egter 'n gevaar dat jy somtyds ook 'n kat in die sak kan koop, maar dit gebeur selde as jy jou huiswerk goed doen.
Golf was egter my sport/ ontspanning. Ek het dit nooit professioneel of vir 'n inkomste gedoen nie. Daarin l? tog 'n enorme verskil, soos jy tereg opmerk. As jou inkomste daaruit dit regverdig, kan 'n mens anders begin dink daaroor, sou ek s?. Ek sal bv. meer gemaklik wees as my tandarts die nuuste en beste toerusting op die mark aanskaf, as wat hy met ou tweedehandse gereedskap in my mond krap.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Hein
Jammer wou dit nog bysit, tweedehands is nie noodwendig die selfde as tweede beste nie. In elk geval nie in my o? nie.
Louis
Jammer wou dit nog bysit, tweedehands is nie noodwendig die selfde as tweede beste nie. In elk geval nie in my o? nie.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Leupold VX3 Varmint Hunters vs Burris Fullfield II vs Zeiss Duralyt
Naand manne
Ai dis lekker om so gou 'n klomp manne se opinies te kan kry, dis wat die forum so lekker maak. Wat s? julle van die VX3 se fyn kruishaar in die nag, hy's lekke fyn vir die dag ma ek wonder of hy nie gaan lol in die nag nie, die Duralyt se kruis is die selfde dikte as die van die VX. En ek sien die nuwe Swarovski se BRX reticle is ook maar so fyn, kan daar 'n paar manne vertel hoe skiet daai fyner reticles in die nag. Groete