Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wat gaan jy meeste jag met die geweer
Ek het n 3-9x40 op my 303 gehad maar as jy naby skiet in die donker bv in mielies dan sien
n man nie mooi nie
Ek jag hoofsaaklik bosvarke binne in mielies en het n Lynx 1.5-6x50 opgesit omdat ek nie
tegroot vergroting wil hê as ek naby skiet nie
Dan skiet ek ook groter wild met hom en vlakvarke tot op 150m en natuurlik jakkalse
Ek het n Leupold vxII 2-7x33 op myne en is heel gelukkig. As ek my teiken aanpas kan ek nog fyn skiet op 200m met hom. Vir bosveld wil jy n lae vergroting he. Kan jy niks anders kry as daardie in jou lys? Vlakvark1 se scope klink reg vir die werk.
3x9 Redfield. Het so een op my .303. Hy werk baie goed vir my. Basies dieselfde ding as 'n VX1 Leupold. Lewenslange waarborg met goeie na verkoop diens.
Myne se kolf sit fantasties in my skouer en ek is baie gemaklik met hom. Is self gewoont aan n 3-9x40 en kyk defnitief na die Redfield. Kan hom kry vir R1700.