Luiperd wat pla
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Luiperd wat pla
Dag sê,
Die plaas waar ek gewoonlik gaan jag het 'n probleem luiperd wat nou baie hans raak. Hy het gister die plaaswerker op die beesgedeelte van die plaas skrikgemaak. Blykbaar was dit maar 'n morsige spul wat glad nie lekker geruik het nie.
Nou die vervlakste kat vang heerlik onder die beeskallers en natuurlik onder die wild ook, en weier om meer as een keer aan 'n karkas te vreet. Die eienaar is 'n jong laaitie wat in Pta bly en dus nie heeltyd op die plaas kan wees nie.
Wat is die maklikste om van die kat ontslae te raak? Daar is 'n skadepermit beskikbaar, so ons kan hom skiet, maar sal eerder hom wil skuif. As dit nie die moeitewerd is om hom te probeer vang nie, hoe moet ons te werk gaan om hom geskiet te kry?
Ons gaan die kommende naweek vir 5 nagte plaas toe so ons kan bietjie tyd afknyp om die kat uit te sorteer.
Enige raad sal waardeer word.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd wat pla
Jy kan hom inroep, of jy kan bait hang. As hy die bait vat, hou aan bait hang tot jy daar kan kom.
Bou 'n skuiling 30 - 50m skuins windaf van die boom, en klim hier by 4 uur se kant al in.

Goed, beter, 6millimeter!
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Luiperd wat pla
Ok, ek dink daai luiperd is geleerd en het papiere,
ek glo nie hy sal aas vat nie, die feit dat hy nie terug kom na sy eie aas toe nie. Spoor sny honde is seker die maklikste en vinnigste as jy sy spoor optel . Ek glo ook nie hy sal maklik in n vang hok ook gaan nie, ook wens die feit dat hy nie terug kom na sy eie aas toe nie. Maar sorg dat hy nie n kalf kry nie, en monitor sy beweging vir ingeval hy iets anders vang, en probeer hom daar voor sit, sonder om naby sy aas te kom.
Maar probeer is seker die beste geweer. As jy aas maak sorg dat daar geen mens reuk is nie. Hy ken dit heel moontlik en as hy vat sit ver genoeg dat hy jou nie kan optel nie. Probeer ook n deurloop-vanghok in sy voetpad en kamofleur dit met takke en hang n tarentaal aan n vislyn bo-op die trap. Probeer ook katnip in die vanghok. Los die hok maar vir n paar weke daar, monitor dit maar net.
Jy kan ook probeer hom inroep, met n beeskalf bulk klank.
Voorspoed.
Maar probeer is seker die beste geweer. As jy aas maak sorg dat daar geen mens reuk is nie. Hy ken dit heel moontlik en as hy vat sit ver genoeg dat hy jou nie kan optel nie. Probeer ook n deurloop-vanghok in sy voetpad en kamofleur dit met takke en hang n tarentaal aan n vislyn bo-op die trap. Probeer ook katnip in die vanghok. Los die hok maar vir n paar weke daar, monitor dit maar net.
Jy kan ook probeer hom inroep, met n beeskalf bulk klank.
Voorspoed.
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Luiperd wat pla
Dankie vir die raad. Die kat het verseker 'n PhD in die kuns om te verdwyn.
Ongelukkig het ek nie nie toegang tot 'n roeper en al daardie goed nie. Wil ook nie een gaan koop nie want dan gaan my agterent net begin jeuk en dan is 'n klomp van die manne weer kwaad en moet sukkel om die slim jakkelse te kry. Sal eers wag tot ek 'n kursus kan bywoon voor ek sover gaan.
Sal maar die oë oophou die naweek en kyk of ons nie sy spoor behoorlik kan optel en volg nie. Hy is slim genoeg om altyd eers 'n hele end oor klippe te beweeg voor hy weer in die pad kom loop. Hy het ook nie 'n vaste patroon wat sy bewegings aanbetref nie.
Die plaas is amper 2500ha groot en daar is een gedeelte, waar ek vermoed hy slaap, waar 'n bobbejaan met 'n kierie gaan sukkel om te loop. Groot klippe en deksels ruig.

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Luiperd wat pla
LN,
Luiperd en veral n mannetjie het n baie groot loop gebied dit kan soveel soos 450km vier kant n km wees in seker area's.
Die wyfie is bietjie kleiner.
Hoe minder luiperds in n area hoe groter die loop gebiede.
Hoe hoer die populasie soos in die KNP veral in die suide kry jy weer baie kleiner loop gebiede.
Nou moet jy probeer bepaal hoe gereeld die kat op die plaas beweeg en dan hoe gereeld hy suksesvol of iets vang...
As die plaas sand grond is begin sy spore soek met son op in plaas paadjies veral langs die draad en dan vat jy spoor ...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Luiperd wat pla
LN, hopelik weet jy as jy luiperd gaan soek is dit nie n gewone jagtrippie met 1 of twee siesoenjagters en n plaasgids nie. Die katjie pak jy met dik handskoenne en uiterse respek aan of iemand gaan bitter seer kry en baie moontlik tragies sterf. Ek is nie n kat jagter nie, maar ek het PH vriende en het al baie gehoor van lelike insidente en gelees oor luiperdjag, en ek verseker jou die beste wat jy kan doen - aangesien hier dan nou ook n kapitaal verlies deur die boer is - is kry professionele hulp in of professionele raad ten minste - vir die een. Die kat skroom nie om 1-2-3-4 jagters gou-gou op te fk nie my maat!
Ek stel voor jy drop oom Pine n pm (een van ons oud-PH lede hier op die forum) en gesels met hom en kry sy raad / voorstelle hieroor.

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
stan man
Re: Luiperd wat pla
ek stem vir oom pine.
daardie man verstaan n kat. ek het al soveel goeie inligting by hom gekry.
daardie man verstaan n kat. ek het al soveel goeie inligting by hom gekry.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd wat pla
pine wrote:Hy trap lekker hard op die grond so stel jou ysters se trapplate op minder as n kilogram sodat jy hom hoog aan die been kan vang.
Is dit nie effe lig nie? Taffie het my geleer dat 'n jakkals yster op 1,5kg gestel moet word. 1kg klink vir my darm baie lig?
Goed, beter, 6millimeter!
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Luiperd wat pla
Oom Pine as ek dit nie mis het nie het ek vir oom 'n tyd terug 7 x 57 dies gestuur...? Sal bietjie later vanaand bel.
Ek verstaan baie mooi dat mens die kat nie sonder handskoene pak nie. Verstaan ook as jy hom skiet moet jy doodskiet en nie kwes nie. O ja en dat hy bitter vinnig skade kan maak in groep mense. Is uiters versigtig vir goed kan bloed trek. Hou nie van bloed nie, want dis gewoonlik seer as jy dit sien.
Sal vir eers die hok weer probeer. Die vorige keer het ons 'n stuk bees gebruik maar sal beslis 'n paar tarentale gaan skiet. Het al 'n paar keer gestap en dan word alles doodstil en kry die gevoel dat iets of iemand jou dophou (ek is bevoorreg om alleen te mag jag). Gaan baie interessant word indien hy agter 'n bos gaan uitstap terwyl jy dit nie verwag nie.
Dankie vir die raad sover.
Ek verstaan baie mooi dat mens die kat nie sonder handskoene pak nie. Verstaan ook as jy hom skiet moet jy doodskiet en nie kwes nie. O ja en dat hy bitter vinnig skade kan maak in groep mense. Is uiters versigtig vir goed kan bloed trek. Hou nie van bloed nie, want dis gewoonlik seer as jy dit sien.
Sal vir eers die hok weer probeer. Die vorige keer het ons 'n stuk bees gebruik maar sal beslis 'n paar tarentale gaan skiet. Het al 'n paar keer gestap en dan word alles doodstil en kry die gevoel dat iets of iemand jou dophou (ek is bevoorreg om alleen te mag jag). Gaan baie interessant word indien hy agter 'n bos gaan uitstap terwyl jy dit nie verwag nie.
Dankie vir die raad sover.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd wat pla
pine wrote:Jammer dit was n fout, ek probeer altyd so stel vir rooikatte,jy kan twee kg,s of effens meer stel. Dit sal ook muishonde verhoed om dit af te trap. My fout. Verskoning.
Pine
So, vir 'n jakkals wat 1,5kg nodig het (dier weeg 6-13kg)
Het mens vir 'n luiperd slegs 2kg nodig? (Dier weeg van 40 - 100kg)
Moet hy nie juis nog swaarder gestel word (Sê 4kg), om soos Oom reeds gesê het, hoog te slaan op die been nie?
Dit sal dan maak dat geen ander diere gevang word nie.
Goed, beter, 6millimeter!
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Luiperd wat pla
As jy n yster te lig stel vir n luiperd voel hy te gou as die yster af gaan en trek sy voet uit voor die yster toemaak. Hy moet sy gewig basies op sy voet in die yster geplaas het voor die yster afgaan, om sy reaksie tyd stadiger te maak. En dan vang jy hom meeste van die tyd ook net aan die tone, of ten minste die by ons , hulle is almal geleerd!.
Last edited by JK on Wed Jun 12, 2013 3:01 pm, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Luiperd wat pla
Dankie JK,
Kan sien dis 'n man met bitter baie kollekat ondervinding wat so praat!
Groete,
Eugene
Kan sien dis 'n man met bitter baie kollekat ondervinding wat so praat!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Luiperd wat pla
Geno,ek stem saam met jou. Die trapplaat moet nie te lig gestel wees nie,anders vang jy die dier slegs aan die tone. Die idee is om die trapplaat swaar genoeg te stel sodat die dier wat jy wil vang met sy volle gewig op die slagyster staan voordat dit afgaan. Op hierdie manier vang jy die dier gewoonlik lekker hoog aan die been. Hierdie manier van stel maak jou slagyster ook meer selektief,want die kleiner nie-teiken diertjies word nie gevang nie.
Groete
Groete
- De beer
- Full Member

- Posts: 127
- Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am
Re: Luiperd wat pla
Waar is die plaas gelee LN? Ek ken n ou met n briljant opgeleide pak honde.
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Luiperd wat pla
De Beer,
Die plaas is so 30km uit Vaalwater op die Ellisraspad. Het die naweek 2 keer sy spore by die dam gekry en een van die gidse het hom gesien op 'n afstand.
Dankie vir julle raad.

mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Luiperd wat pla
Daar is nog heelwat luiperds daar het altyd op oop plaas gejag nie ver van daar het baie luiperd spore gekry! Dink daar sal meer as een wees! 
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5029
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Luiperd wat pla
Wat se die wet oor slagyster en luiperd met skadepermit sal graag wil hoor?
Die boere in Vaalwater en Ellisras are in die berge toe ek grootgewrod het het altyd die ysters aan 'n redelike groot stomp vasgemaak wat gesleep kan word. Anders het die kat sy poot agtergelos in die slagyster weet nie hoe waar dit was nie maar ek weet baie bruin hienas is so gevang wat ek self gesien het.
Ek het toe ek net klaar gemaak het met skool probeer help om so slim kat te jag die boer het skadepermit gehad en die kat het so elke 3 weke oor die plaas gekom. Ons het nooit die kat gekry nie bait hok of yster nie.

Last edited by Frederik on Tue Jun 25, 2013 2:00 pm, edited 1 time in total.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Luiperd wat pla
Jy sal moet aansoek doen vir skade permit weet daar is stywe boete om hom onwettig te skiet vriende van my in marken het hul gat af gesukkel om een te kry natuurbewaring het toe hok kom stel wou nie vir hulle gee!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Luiperd wat pla
op een konsessie waar ons gejag het was daar 4 luiperds op kamera hulle het toe een met n klient geskiet(cites en alles) die volgende jaar was daar 5 op kamera.
as jy jou baits uitsit moet daar minimum mense gebruik word en niemand moet naby die plekke water afslaan nie.
die derms sleep is ook baie belangrik maak jou plek naby water of aflei vore en daar moet bietjie skuiling wees om hom n false sense of security te gee. orals waar daar aan die boom gevat is moet jy ook met die derms en pensmis smeer om die mens reuk weg te kry. maak ook te minste 2 skiet lannings sodat jy die wind mooi kan gebruik.
sleep ook die derms in kruis na die boom toe.
luiperd jag is nie maklik nie dis hoekom die ouens 14dae boek vir so jag en dan word daar ge prebait ook . hulle skiet meeste van die tyd in die laaste dag of 2.

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Luiperd wat pla
Weet van mense wat hulle probeer beskerm/bestudeer baie naby julle, www dot shayamanzi dot com.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP