Spoor
-
Pieter E
Spoor
Hein
Ons het 'n groot ding wat vang by ons. Het hom een keer in die dag gesien, maar ver, en volgens Theo (ons plaasbestuurder) het dit vir hom soos 'n luiperd gelyk. Ek reken toe hy praat seker maar nonsens, maar weet ook nie mooi nie. Ons grond is tussen Graaff-Reinet en Murraysburg en, alhoewel ek weet luiperds loop nog oral rond, sal ek wragtig verbaas wees as dit so is.
Die karkasse wat ons kry (alles groot ooie) is gewoonlik amper opgevreet (sodanig dat mens nie eintlik kan kyk vir vangmerke nie) en borsbene gewoonlik weg (alhoewel een ooi van agter af gevreet was, met amper niks vleis van die hele ooi oor nie). Ek ken bruin hi?nas en hoe hul vangste lyk en dog toe dis eerder so iets. Die vel los hy gewoonlik redelik heel (eet die vleis uit die vel uit).
Ons kry egter (dag en nag) niks weer gesien nie, maar daar word nog gevang. Partykeer 2 ooie in 'n nag, maar anders so 2-3 ooie per week (ander weke net 1 of niks). Dis redelik onherbergsaam op hierdie deel van die plaas en ons kry partykeer die karkasse 'n dag of 2 nadat gevang is.
Theo kry toe die spoor in die week en het 'n foto geneem. Ek sal probeer om dit vir jou aan te stuur sodat jy dit op die forum kan sit (ek weet iets van rekenaars gebruik af, maar hierdie tipe tegnologie is nog bo my vuurmaakplek). Dan kyk julle manne bietjie of julle nie dalk kan uitmaak wat se ding se spoor is dit nie, asseblief manne!
Groete

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Spoor
Pieter
Jy beskryf dat die vel uitgevreet word. Dit is vir my 'n aanduiding dat dit meer na hyena gaan. 'n Luiperd sal die vel ook vreet (enige kat egter). Die spoor is onduideik maar lyk baie groot as ek na die skoen by die spoor kyk. Vroeg oggend of laat middag (as die son skadu maak) is beter om fotos te neem vir duidelike identifikasie. As jy jou hand op die spoor sit hoeveel kleiner as jou hand is die spoor?
By wyse van uitskakeling kan ek die volgende afleidings maak.
1) Kan net luiperd, bruin of gevlekte hyena, leeu, jagluiperd of 'n hond so groot soos 'n Great Dane wees met daardie grote spoor.
2) As die vel agter gelaat word en vleis onder die vel uitgevreet word skakel dit katte uit. So ek het 'n vermoede dit is 'n groot hond of een van die hyenas. As die ou se hy het 'n luiperd gesien onthou 'n gevlekte hyena het ook kolle/vlekke.
Kontak natuurbewaring/omgewingsake. Hulle is verantwoordelik om enige van die groot roofdiere te kom vang of van kant te maak want hulle is op die "TOPS lys" en beskerm.
Hoop dit help, as daar van die vangste en/of nog spore afgeneem kan word sal dit help.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: Spoor
Hein/Ambessa
Ek het gou met Theo gepraat. Hy s? die spoor is omtrent so groot soos sy handpalm.
Ek stem saam met jou redenasie oor die hi?na, al wat my pla is dat die spoor geen naels wys nie. Behoort 'n hi?na se spoor nie naels te toon nie? Ek glo nie dis 'n hond nie, eerstens moet dit 'n baie groot hond wees (wat mens darem seker van sal weet of sien) en daar l? ook nie regtig wol rond of so iets nie (wat mos gewoonlik op honde dui?). Die manier wat die karkas gevreet is, stem ek saam, dui amper definitief op 'n hi?na.
Ons sal met Natuurbewaring kontak maak in Graaff-Reinet en hoor wat hulle te s? het. Ons het ook vir die werker wat op daardie deel bly 'n verkyker gegee en opdrag om te soek vir die ding en vir spore. Ons sal ook probeer om beter foto's te kry.
Dankie vir julle insette.

'n ander aspek wat nooit uit die oog verloor moet word nie is dat dit nog steeds 'n luiperd kan wees en jakkalse kom vreet later, wat sal verklaar dat die vleis uit die vel gevreet is. Die een deel sal die vel gevreet wees waar die luiperd gevreet het en die ander soos 'n jakkals? Weet jy of daar dele van die vel wel weg is?
Groete
Heinrich
'n ander aspek wat nooit uit die oog verloor moet word nie is dat dit nog steeds 'n luiperd kan wees en jakkalse kom vreet later, wat sal verklaar dat die vleis uit die vel gevreet is. Die een deel sal die vel gevreet wees waar die luiperd gevreet het en die ander soos 'n jakkals? Weet jy of daar dele van die vel wel weg is?
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: Spoor
Heinrich
Ja, daar is dele van die vel weg, maar by van die karkasse is dit amper heel. Ek weet dus nie eintlik wat om te dink daaroor nie. Aan die een kant lyk dit soos luiperd spoor, maar die karkasse laat my tog meer na hi?na dink. Dis baie moontlik dat jakkalse kon kom vreet het na die tyd. Daar loop genoeg goed (soos kommetjiesgatte en ander muishonde) ook nog rond om saam met jakkalse (rooi-, draai- en bakoorjakkalse kom daar voor) enige iets redelik klaar te vreet.
Ons moet maar kyk wat kry ons volgende!

- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Spoor
Pieter E
Nie n freeslike kenner nie maar het al n paar luiperd spore gesien.
As jy duidelik na die spoor kyk maak die spoor diudelik tekens van hare
veral op die agterkant.
Jakkalse is baie lief om na die ou grote te kom eet.
Jy sien glat nie sy spore by die karkas nie soos die ander goggas dit dood trap.
As die skaap se nek afslag 90% van die tydBLOEDERIG rondom die werwels soos
hy die nek gebreek het.
Vat die karkas net agter die blaaie as hy hom dra.
STERKTE hy kan lelik skade aanrig.

Knou die gediertes AF.
-
Pieter E
Re: Spoor
Heinrich
Ek het gisteraand ook 'n boekie van my opgespoor met spore in. Lyk vir my meer na luiperd se spoor? Die boekie is deur die Endangered Wildlife Trust uitgegee 'n klompie jare terug (iets soos Predators and farmers). Daarvolgens los luiperds en rooikatte die vel en sal hi?nas eerder die vel opeet/skeur. Wat s? julle daarvan? 'n Vriend van my, wat self al lank jakkalse jag op sy plaas, reken ook dis eerder luiperd.
Ons sal maar sien wat kom en gaan. Ek sal julle op hoogte hou.

- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Spoor
Pieter
Hein sal seker beter kan antwoord maar as "Tossels" se voog kan ek beaam dat alles met 'n vel eet hy vel en al.Tossels kry 2 maaltye 'n dag en is dus nie honger nie al vat dit hom somtyds 'n hele dag om 'n springhaas te eet los hy nie eers 'n stukkie vel vir Vossie nie.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Spoor
Hallo PieterPieter E wrote: Ek het gisteraand ook 'n boekie van my opgespoor met spore in. Lyk vir my meer na luiperd se spoor? Die boekie is deur die Endangered Wildlife Trust uitgegee 'n klompie jare terug (iets soos Predators and farmers). Daarvolgens los luiperds en rooikatte die vel en sal hi?nas eerder die vel opeet/skeur. Wat s? julle daarvan? 'n Vriend van my, wat self al lank jakkalse jag op sy plaas, reken ook dis eerder luiperd.
Ek het die boekie gesien en het nogal verwonderd gestaan oor dit wat hulle kwytraak. SA Eagle het nog die boekie geborg. Soos ek gese het, katte vreet vel en al, kan nie onder die vel invreet nie. 'n Kat gebruik die tande aan die kant van kaak om die vleis mee te vreet. Kan nie soos 'n hond dit met die voortande trek nie en moet dus sy hele kop in karkas indruk om vleis onder vel uit te vreet. Jakkalse kan na luiperd ook inkom om die vleis onder vel uit te vreet.
As jy kyk na die Zebra foto op my webwerf http://www.jaracal.com/predation.html kan jy sien hoe 'n luiperd vel en vleis vreet.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: Spoor
Heinrich
Ek wou nou maar niks s? nie, maar het nogal gewonder hoe kan die EWT so ver reg wees en jy so ver verkeerd! Dankie tog, nou vertrou ek nog meer op wat jy s?! (Ek het darem aangeneem jy is eerder reg).
My ondervinding in die verlede met bruin hi?nas het ook die teenoorgestelde ges? van wat hulle s?, maar wys jou net hoe maklik aanvaar mens iemand anders weet meer as jy (veral as hulle allerhande titels en grade het!).
Groete
Pieter Esterhuizen

Heinrich en almal
Ons geheime GROOT probleemdier het toe gisteraand weer gevang! Hy het in die rivierloop afgekom en sy 15de (ongeveer) dragtige ooi die laaste 2 maande gevang. Ek het nie nou my spoorboekie by my nie, dus kan nie nou self kyk nie, maar laat weet solank wat julle dink. Theo het nou vir my bevestig dat die vorige karkasse ook min of meer gevreet is soos hierdie een, ma.a.w. vel is wel grotendeels gevreet (ekskuus, ek het bietjie die kat aan die stert beet gehad daaroor, lyk dit my!) Hier is die foto's:

Die werker (Jeffrey) wie se hand op die foto is, is so bietjie kleiner as normale mens soos ek en jy, maar Theo sal vanaand by die huis vir my die spoor meet (het gemeet met stokkie). Dit lyk of die ooi gevang is vroegaand gister.

Pieter, die eerste spoor lyk baie soos 'n bruin hyena, maar die tweede spoor slaan my dronk. Kon hulle nie die klein spoortjie saam met die groot spoor sien nie, soos 'n maanhaar of aardwolf.
Die vreet lyk ook meer na bruin hyena as luiperd.
Wys jou net dit is baie keer nie clear cut nie. Jy kan natuurbewaring bel dit is soos dit vir my lyk een van die twee.
Groete
Heinrich
Die vreet lyk ook meer na bruin hyena as luiperd.
Wys jou net dit is baie keer nie clear cut nie. Jy kan natuurbewaring bel dit is soos dit vir my lyk een van die twee.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: Spoor
Ambessa
Jong, ek is self nie seker hoekom dit geskuif is nie, maar jy kan hier daarna (en sommer die ander foto's) gaan kyk:
http://photobucket.com/problemanimal
Ek was die laaste paar dae self op die plaas en met al die inligting wat ek gekry het is ek redelik oortuig dis eerder 'n luiperd as 'n bruin hi?na. Veral hoe die karkas gevreet is en die feit dat daar nie naels by die spore is nie. Amper niks bene word gevreet nie. Die karkas op die foto's het ek gesien en selfs die ribbebene is nie gevreet of afgebyt nie. Heelwat van die karkasse is ook tussen die bosse ingesleep.

Ambesa
JA-nee, ek weet van die permitte. Ons het 'n rooikathok gestel, deels vir ingeval ons ons misgis en deels as laaste hoop! Ons gee dit nou kans tot na volgende naweek en sal dan vir Natuurbewaring kry om hul deel te doen. Ek het egter nie veel hoop vir ons of hulle nie.
Snaaks genoeg was die laaste vangs, waarvan ons weet, die een op die foto's. Die kamp is groot en deels bergagtig en ons kry partykeer eers 'n paar dae later 'n karkas. Gewoonlik tel ons die trop en kom agter daar kort en kry dan partykeer dieselfde dag en partykeer paar dae later die karkas. Byges? die vetter vang sover in 3 aangrensende kampe (almal selfde tipe topografie) en dus kan ons nie net skape weg skuif nie (vir die wat dalk daaroor wonder).
Ek sal laat weet wat gebeur.

Projag
Ek praat onder korreksie, maar sover ek weet is nek waarskynlik gebreek (nie seker), maar ek weet wel die nek was stukkend en het baie gebloei. Die karkas is gesleep van punt van vangs af (So paar meter) en die nek het sodanig gebloei dat die bloedsleepsels duidelik gesien kon word. Toe ek Vrydag daar was, was dit al so 5 dae na die vangs en mens kon nog plek-plek die dro? bloed op die grond sien. Die nek was ook grootliks gevreet/stukkend. Dit het vir ons gelyk of die skaap van bo-af op die nek gevang is. Selfs teen Vrydag kon ons nog (tussen die maaiers deur) sien waar die klou deur die nekvel is (naelmerke aan binne-kant van nekvel).
Uit wat ek self gesien het en wat Theo my van die ander karkasse vertel het (en natuurlik die spore en veral ook die afwesigheid van naels by die spore) is ek ook redelik oortuig dis wel 'n luiperd.
Al kry ons hom nie, moet ek s? was die ondervinding wat ons sover hiermee opgedoen het (en veral almal se menings en raad) vir my reeds van onskatbare warde vir die toekoms. Dis nou reeds 6 dae sedert ons laas 'n ooi daar verloor het, maar ons kort vandag 4 ooie in daardie trop. Ek weet egter nie of hulle gevang is en of daar dalk 2-been jakkalse ook betrokke kan wees nie (alhoewel ek sover nie sulke tipe skade op daardie deel van die plaas gehad het nie). Ons soek nog om te probeer uitvind wat aangaan. More skandeer ons daardie trop ooie en sal ons daarna verder kan soek. Hierdie trop ooie was in Desember (toe hulle nog by ramme was) so net oor die 690 ooie en ons skandeer more 663. Meeste van die verskil is gevang (jakkalse en luiperd hoofsaaklik) of net weg (seker so 10, maar ek vermoed party van hulle is ook luiperdkos). Die kampe is nogal bergagtig en redelik bebos in plekke en dis nogal moeilik om karkasse te kry in daardie dele. Baie keer kry ons dit amper per ongeluk.
Julle ouens dink jakkalse in beskermende wild. Het julle al gesien hoe goed word 2-been jakkalse beskerm?!