Kalahari jakkalse

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Kalahari jakkalse

Post by mariusr »

Altyd geweet 338 mors vleis! :o
Chris09
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Tue Nov 13, 2012 9:00 am

Re: Kalahari jakkalse

Post by Chris09 »

Genade darm baie bly dit lyk nie by my soo nie, alle sterkte vir daardie boere rondom daardie park... Dink tog dit kan dalk n lekker nagjag trippie maak..

Groete
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kalahari jakkalse

Post by Chevvy SS »

mariusr wrote:Altyd geweet 338 mors vleis! :o
Veral onder 50 meter!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Kalahari jakkalse

Post by Jassie »

Hierdie foto maak my sommer mooooooooedeloos!!!! :(

....... en dis so 2 jaar se trek van my af. Ek hoop die parkeraad besef net dat hulle diere en myne nou nie so lekker meng nie - direk bots ons belange.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Kalahari jakkalse

Post by Ian »

Geno,
baie baie mooi,
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Kalahari jakkalse

Post by 375fanatic »

Daar was nou die dag n groot vergadering oor die probleem jakalse alle betrokke partye was daar . Die se hulle moet lood en gif kry . die Jagters se skiet hulle , natuur bewaring se beheer hulle natuurlik ens ens .

toe een wyse dame van die WWF voorstel dat hulle die jakkalse moet vang en kastreer daal daar doodse stilte oor die vergadering . so ouerige oom staan toe op en se vir die wyse dame " mej die jakkalse eet die skape hulle slaap nie by hulle nie "
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Kalahari jakkalse

Post by Skolla »

Pappabeer wrote: so het gewonder of hulle gevang het of maar net kom vreet het, en wat anders hulle kon laat vrek het
Daar het blykbaar laasjaar baie elande vanaf die noorde gedeeltes afgetrek na die suide, in die park.
Die redes vir die vrektes is blykbaar dat daar toe nie genoeg water vir al die diere was nie en die gehalte van die water in die suide is blyklbaar ook nie goed nie en party elande wou nie die water drink nie.Glo baie vrek.

Skolla
Plant
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm

Re: Kalahari jakkalse

Post by Plant »

Skolla, ek dink dit was een aand op 50/50 of projek aardwolf of iets.
Die elande het in hulle honderde afgetrek na die suide toe, die water was te min of soos jy se die kwaliteit nie reg nie.
Die een veldwagter het die mense gaan wys by een hoek van die park hoeveel karkasse daar le, hyt vertel die leeus le sommer daar en wag dat hulle weer honger is en vat dan amper 'n take away.
Die skokkendste vir my was en ek praat hier onder korreksie is dat daar beraam word dat daar tussen die 300 en 400 elande gevrek het.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari jakkalse

Post by Kalahari »

Plant wrote:Die elande het in hulle honderde afgetrek na die suide toe, die water was te min of soos jy se die kwaliteit nie reg nie.
Die een veldwagter het die mense gaan wys by een hoek van die park hoeveel karkasse daar le, hyt vertel die leeus le sommer daar en wag dat hulle weer honger is en vat dan amper 'n take away.
Die skokkendste vir my was en ek praat hier onder korreksie is dat daar beraam word dat daar tussen die 300 en 400 elande gevrek het.
Ek mag verkeerd wees, ek weet nie watter jaar dit sou gebeur het nie, maar dit is nie vir my natuurlik nie. As die elande agter weiding aan getrek het, moet dit net wees oor die veld aan die noorde kant van die park afgebrand het....... en dit weer omdat veldbrande nie in die park geblus word deur mense nie, of ten minste probeer om die skade so min moontlik te hou.
Ek sien maar altyd reentyd die brande hier van my af in die park en dit is skrikwekkend hoe lank van daardie brande voortduur. :'(
Net my opinie, iemand mag verskil van my.
Post Reply