Son waterverwarmer(solar geyser)

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Hallo vriende

Ek oorweeg dit nou al geruime tyd om vir 'n solar geyser of 2 by die huis op te sit, maar ek is deurmekaar soos verkleurmannetjie op 'n smartie box.
Jy kry geysers met die sonpanele, dan die met buise en hoog en lae druk?
Wat gebruik die van julle wat wel het en wat is julle ondervindinge met watter tipe en hoekom sal jy dit aanbeveel?

My water is redelik kalk vry en vastestof telling is so tussen 600 en 700. Die meeste is in die winter 'n effense soutaanslag wat sigbaar is party plekke is, maar verder maak ek gras en bome nat met die water en alles groei.

Help so bietjie asb sodat ek nie vir myself vaskoop nie.

Baie dankie

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Geno »

My skoonouers gebruik 'n tuisgemaakte stelsel wat uit swart pype bestaan wat bo-op die huis dak lê. Dit werk regtig bakgat, en is baie goedkoop.
Ek dink as mens boonop nog 'n drukpomp bysit sal hy baie lekker werk.
Ek sal bietjie planne soek en dit hier opsit.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Capt. Yoda »

Gaan vir my in die nuwe jaar een van mense sin opsit
http://www.nupower.co.za/

Die MD en n paar van die bestuur daar is goeie pelle van my en almal wat ek ken met die stelsel is baie gelukkig

Kalahari ek weet net nie of hul in jou wereld hul goed verkoop nie maar ek kan vir jou uitvind of hul n agent da erens het as jy wil
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Hein (Haan) »

Ek het so stelsel op die dak (hoe druk) met die geyser bo op die dak.
Het so maand terug die ouens laat uitkom om die ou geyser uit die dak te haal, hy het n bars in gehad en hulle het dit gratis kom vervang ;D
Ek hou baie meer van die geyser bo op die dak, klim liewer bo op die dak as binne in die dak as ek iets moet regmaak.
Die ouens is in Kimberley(053 831 4034)en ek is in Vryburg en hulle het die geyser kom reg maak so dalk sal hulle jou kan help.
Ek bou nou aan en gaan weer die solar roete gaan maar met die tubes bo op die dak en n heatpump in die garage met n sirkulasie pomp by die heatpump.Dan het jy n stelsel wat eers met solar die water verwarm en dan die heatpump as daar dan nog warm water kort skop die elektriese element in, so die mees ekonomiese sesteem maak eers water warm met die elektriese element as backup.
My en my pa se geysers werk met die tubes en ek is gelukkig met myne.
Sorg maar net dat jy iemand kry wat sy storie ken met die goed, daar is baie aape wat dink hulle weet wat hulle doen en dan betaal jy vir hulle onkunde.
Hoop dit help.
Groete
Hein
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Yogi »

Ek het een van die nupower eenhede, gebruik jou huidige geyser net so, kry net die sonverwarmer by bo op die dak. Waarborg van die geyser bly dieslefde en die manne se naverkoopdiens is baie goed. As die son nie sy werk doen nie dan skop die gewone geyser element in. Onthou net dat in die winter die stelsels nie baie effektief is nie. In die somer dan werk die stelsel meer as baie goed. Ek het krag rekords van die laaste 2 jaar geneem en vandat ek die son geyser op het, is my krag af met tussen 30 en 40%( in die somer).
Nou nog net grid tied gaan en Eskom kan ons begin betaal.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Chevvy SS »

Kalahari, kies net die verskaffer versigtig. Daar het baie mense op die wa gespring hiermee en baie honoreer nie hul waarborge nie of verdwyn net.
Zack Benade

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Zack Benade »

Kalahari kontak vir Arnold op die forum. Hy is besig met groot projekte by Eskom.
Jy kan maar luister wat my vriend aanbeveel.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Manne, dankie vir julle raad sover, ek waardeer dit baie. Net een probleem, ek sal die mense wat julle genoem het kan kontak vir raad, maar ek sit sommer van Upington af alreeds amper 700km met die grens (obstruksie) ook nog tussenin. So ek glo hulle sal seker once-off hier kom werk, maar daai rekening sal ek nie wil (kan) betaal nie :o

Ek sal maar die make/modelle/tipes probeer naspoor en meer uitvind.
Zack Benade wrote:Kalahari kontak vir Arnold op die forum.
Zack dankie vir die verwysing, maar jy moet asb vir my help met watter Arnold dit is op die forum, ek het gaan soek en so 4 manne wat Arnold is opgespoor: 'n Lategan, van Wyk , 800 en dan Arnold ons langafstand skut.

Groete
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Pvdw »

Baie wyse besluit van jou om die pad te loop. Dis 'n fantasiese patent en werk regtig goed.

Onthou net dat jy tenminste 1.5-2X die volume in sonverwarmer benodig teenoor elektriesiteit. Dis maar net dat jy 'n lekker fris klompie warm water

hetvir deur die nag ook.

Daar is wel element ook in maar as jy hom kan af los is dit mos veel beter.

Ek het huidiglik 3 son geysers. 1 het vakuum tubes en 2 is gewone panele.

Die tubes is meer efektisf as die panele en lyk tog effe beter.

As jou water druk laer as 1bar is gebruik jy die lae druk eenhede. Hoop vir jou part so want hulle is letterlik minder as halfprys van die hoëdruk eenhede.

Koop hom en sit sommer self in. Ek is geen loodgietter nie en al 3 myne loop sonder probleme.

Peet
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Dankie Peet

Ek het vanoggend op my plaaslike radio ook gehoor hulle praat weer van direkte en indirekte verwarming, so snaakse naam wat in 'n omhulsel is binne in die silinder wat maak dat jou water nie direk met 'n paneel of buis verwarm word nie, maar die vloeistof moet elke 3 jaar blykbaar vervang word.
Die onderhoud is blykbaar laer op die eenhede.

Dan nog 'n ding, hoe sal ek weet of bepaal wat die druk is by my huis, meer of minder as 1 bar? Ek het die afstand wat my tenke op die duin weg is van my huis, maar nie die hoogte nie. Daardie berekening sal ek nie seker sommer kan doen nie.

Enige raad asb?
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Christo »

Kalahari, as jy 'n GPS het kan jy baie naby die hoogte reg meet. Jy behoort nie meer as 2m mis te wees op hoogte nie. Vir elke 10m hoogte het jy 1 bar druk. Afstand gaan min druk wegvat, behalwe as dit regtig ver is.

Ons het so jaar terug by al ons arbeidershuise van die buis tipe opgesit en hulle werk goed, solank die son skyn.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Johan Nel »

Kalahari, het jy 'n GPS wat hoogte bo seespieel kan meet? Anders het jy nie 'n drukmeter iewers op 'n pomp of 'n ding wat jy net kan gebruik en weer terugsit nie? Ek sien Christo het my net voorgespring.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Johan en Christo

Dankie vir die raad, ek het die garmin gpsmap62s wat hoogte kan meet, ek het net gedink dit sal nie deug nie. Gedink ek het iets meer akkuraat nodig. Ek gaan nou sommer meet en kyk wat die verskil is.Die druk meter het ek ongelukkig nie Johan.

Maw Christo, as die hoogte verskil meer as 10m is gaan ek heel waarskynlik dan hoedruk moet gebruik? Die pyp is 50mm klas 6 wat van die tenke tot 4m van die huis se muur is, dan daardie 4m 40mm klas 6 en dan na die gewone plumbing pype toe.
Ek gaan later vir julle kom sê wat die afstand en hoogte verskil is.

Groete
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Pvdw »

Direkte sisteem maak water direk warm en dis dit. Indirekte sisteem maak gewone anti freez wat jy in karre gooi warm en die anti freez loop in 'n buis wat die water soos 'n element warm maak.

Direkte sisteem is goedkoper en onderhoud vry maar is ook ten sterkste aanbeveel vir ryp vrye areas.

Indirek is duurder maar loop mooi in enige area. Dis nou as jy vir die ouer paneel tipe hitte versamelaars gaan.

Met die meer moderne vakuum buise maak dit nie saak nie. hulle loop mooi al lê wie ryp lekker dik.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Jy sien Peet, nou dat mens gesels kom die dinge ook uit van die koue. Dit raak sommer lekker koud hier met tye en die ryp is dan ook maar kwaai. Dit gebeur gereeld as die koue sterk is dan vries al wat waterpyp is om die huis toe en dan is daar eers hier by 10 uur se kant water en wil tog nie met waterpype wat bars staan sukkel nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Christo »

Hier by my gaan dit maklik na -5. Die pype lyk soos vacuumtipes en pla glad nie. Die pype wat wel bars is die polycop pype wat na die geyser toe gaan, ons is besig om hulle toe te maak met isolsie materiaal. Jy hoef nie oor die glaspype te bekommer nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Pvdw »

Johan slegs as jy die ou plat versamelaar panele gebruik lol die koue met die direkte sisteem Die buise soos Christo sê doen hul ding al is dit vrieskoud daarbuite.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Son waterverwarmer(solar geyser)

Post by Kalahari »

Manne, dankie vir die raad. Ek het gou die meetwerk gedoen en die hoogte verskil is so 8, max 9 meter en die afstand is 272m, so ek glo die laedruk sisteem sal dan die werk reg doen.
Christo, die temp as dit regtig koud raak was al by my ook -6 gewees, hierdie winter se laagste is -4.5. Die huidige koperpyp wat gebruik word het darem nog nie gebars nie, so ek glo darem dat ek nie problem daarmee sal kry nie.
Post Reply