Watter teleskoopgrootte?

Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Watter teleskoopgrootte?

Post by Fluffa »

Dagse vriende,

Ek wil my huidige Redfield op my getroue 7x57 Mauser vervang. Ek het geen idee wat die vergrotings eienskappe is nie. Ek skiet gemaklik van 100-200m afstande, die geweer is ingeskiet om so vier vingers hoog te skiet op 100m en dan is hy op die kol op 200m met PMP 170gr rondtes.

Ek wil graag vlakte kan skiet met 140gr op groter afstande, op tot so 250-300m, maar ook bosveldskiet. Die rede om die Redfield te vervang is omdat die kruishaar die springbokkie toemaak op die langer afstande.

Is die kruishaar verligting (reticle illumination) 'n groot voordeel?

My begroting is hier by die R 5000 - R 6000 merk.

By voorbaat dank aan die kenners met advies/raad.

Groete Fluffa
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Katefbessie »

Nikon
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Katefbessie »

Nikon 4-16x50
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by FCLoretz »

Ruan de Jager wrote:Nikon 4-16x50
+1
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
stan man

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by stan man »

die nikon 4-16x50 is voorwaar n goeie koop.
User avatar
DanieDuP
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Thu Dec 13, 2012 10:34 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by DanieDuP »

Nikon Monarch 4-16X50, ek skiet gemaklik met hom op .270 op 300m
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Reggie Gerber »

Die manne gee jou baie goeie raad met die Nikon.

Ek so se die verligte kruisdraad is nie rerig nodig vir jou vereistes nie

Reggie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by cassie_calvinia »

sit R2500 by, en gaan koop die zeis special by safari
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Katefbessie »

Hy doen nie Piet, hyt net gevra of daar i voordeel is om vir iets met i verligte kruishaar te gan..
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Hein22 »

Fluffa,

Kyk ook na die Lynx LX2 3.5-10 x 50 RF

Ek weet dit is gewoonlik nie die eeste scope wat mense aanbeveel nie, maar ek dink hy sal mooi in jou budget pas. Ek besit een is dit is my lekkerste "jag" scope en meer as voldoende tot op 300m. Ek is nie 'n groot 'fan' van Ballistic reticles nie maar die RF met sy .5MIL holdovers werk lekker. Die kruishaar is ook lekker dun.

groete
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by mariusr »

Daai verligte kruishaar is foevie!! Jy kan nie mooi die teiken sien veral as dit donker is! Enigste een wat goed werk is leupold se reeks met die rooi dot werk baie lekker!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Arnold »

niks fout met n 4-16x50 nie. Ek het al springbok op 240m met n 223 geskiet wat n 4x32 scope op het.

Spandeer eerder die geld op n beter kwaliteit 3-9x40. Gaan kyk na kruishaar en as dit kan doen ook op n teiken op die afstand wat jy beplan om te skiet (as dit moontlik is)

Goedkoop illuminated scopes se kruishaar verlig die hele scope binne in en is nie bruikbaar nie, selfs op die laagste verstelling. n Fyn kruishaar sal goed werk vir die langafstande, maar in digte bos gaan jy die kruishaar maklik verloor in die skaduwee. Dit is hier waar n klein verligte kolletjie in die middel van die kruis mooi werk.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Fluffa »

Dagse weereens.

Baie dankie vir die raad. Ek sal my visier op die Nikon en die Lynx fokus en gaan kyk watter een my bekoor. Die ander vraag wat ek wil vra is hoe handig is die mil dotjies in die jag self? Seker ook iets wat ek sal moet gaan bemeester op die skietbaan met bekende ykbare teiken groottes om die aanpassings te maak vir afstande.

groete Fluffa
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by mariusr »

Dit werk baie lekker ek het Burris fullfield met balistic plex op die 243! Werk baie lekker veral as jy nou verder gaan skiet saam met jou range finder dan is dit baie handig en jy weet dan presies waar om te mik op 200,300meter ens! Sonder om teleskoop te verstel!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by BRNO (Pierre) »

Piet-Skiet wrote:Verligde kruishaar? Ek het nie geweet die monarch kom met een uit nie? Jy kan mar vir die 42mm objektiewe lens gan en daai geld spaar as jy nie in die nag gan skiet nie. Die 4 tot 16 is reg vir ver skiet. Ek skiet met een op my .300 win mag tot op 300m met redelike gemak.
Aan die einde van die jaar sal die verligte kruishaar hier in SA beskikbaar wees. Ek is egter saam met Piet op die vergrotings. Ek het twee Monarchs 4-16*42 op my nil kwes en .243. As ek more weer moet koop, koop ek dieselfde. Jy kan die 50mm oorweeg as jy meer gereeld in die nag gaan skiet.

Die monarch se milldot werk vrek nice, en spot on.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Hein22 »

Dis soos marius sê, ek gebruik my holdovers baie, veral as dit by 200m of verder kom, dit verhoed dat jy hoef te raai. Ek hou egter nie van ballistic kruishare nie, ek sê nie dit is selg nie maar ek hou veel eerder van iets wat in mrad, verkieslik .5 mrad afgemerk is. Doen bietjie huiswerk op die internet oor hoe elke hruishaar werk en besluit dan van daar af.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by BRNO (Pierre) »

mariusr wrote:Daai verligte kruishaar is foevie!! Jy kan nie mooi die teiken sien veral as dit donker is! Enigste een wat goed werk is leupold se reeks met die rooi dot werk baie lekker!
Hoe kan jy se, as hy nog nie eers in SA beskikbaar is nie?
Veiligheid eerste manne!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by mariusr »

Leupold is beskibaar hier met die verligte dot! Het self in hande gehad by Zimbi!!!! Die ander verligte kruishaar wat ek gekyk het was Bushnell en nog een kon nou net nie othou, het niks van die gehou!!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Eugene »

Hein22 wrote:Dis soos marius sê, ek gebruik my holdovers baie, veral as dit by 200m of verder kom, dit verhoed dat jy hoef te raai. Ek hou egter nie van ballistic kruishare nie, ek sê nie dit is selg nie maar ek hou veel eerder van iets wat in mrad, verkieslik .5 mrad afgemerk is. Doen bietjie huiswerk op die internet oor hoe elke hruishaar werk en besluit dan van daar af.
Ballistic kruishare werk lekker as jy jou lading so kan aanpas dat dit by jou kruishare pas. Ek is gelukkig dat ek op beide my jaggewere met BK teleskope, my ladings so kon aanpas dat elke strepie 'n volgende afstand is en dat beide gewere se ladings nog baie goed groepeer! Dit gebeur nie altyd nie...

Vir langafstand skiet (500m+), beveel die "kenners" egter nie ballistiese kruishare aan nie, maar eerder Mrad of MOA kruishare...
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by BRNO (Pierre) »

mariusr wrote:Leupold is beskibaar hier met die verligte dot! Het self in hande gehad by Zimbi!!!! Die ander verligte kruishaar wat ek gekyk het was Bushnell en nog een kon nou net nie othou, het niks van die gehou!!
Ek het verstaan daar word na die Nikon verwys. Leupold is seker n ander storie. Mena moet seker ook maar die IR in die aand aansit en toets. Dink dit werk lekker in die dag nie.
Veiligheid eerste manne!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by mariusr »

Ja het nie na Nikon verwys nie maar Leupold!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Gert Odendaal »

Ek wil nie jou draad onderbreek nie, ek het `n Nikon 3-9x50 Pro Staff Nikoplex aangeskaf, sal graag wil weet wat die uiterstes sal wees waarvoor ek die teleskoop kan aanwend. Bos en vlakte toestande. Sal ook graag julle gesamentlike opinie wil hoor.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Johnnie De Wet »

Is die nikon teleskope met die mildot kruishaar se turetts in MIL of MOA? Dit kan die wiskunde mos moeilik maak in die veld met MIL kruishaar maar MOA turrets?
VOERE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Fri May 03, 2013 10:10 am

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by VOERE »

Het ook nou onlangs vir my n nikon monarc 2.5-10x42 met die mil dot kruis gekoop.Ek weet nog nie hoe hy gaan werk nie maar ek dink hy gaan mooi loop!Het enige van julle al met ao scope geskiet?
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: Watter teleskoopgrootte?

Post by Fluffa »

Dankie vir die breedvoerige advies. Ek het ook net goeie kommentaar gekry oor S&O, dit is baie bemoedigend dat daar goeie naverkoopdiens bestaan by S&O en Nikon.

Ek gaan hou by die aanbeveling van 4-16 Nikon.
Moet nog besluit tussen 4-16x42 of 4-16x50

Fieldmaster
Monarch3/4

watter reticle vir jag?
NikoPlex
BDC
Mildot

groete Fluffa

later die week S&O toe......
7x57 Oberndorfer Mauser 4-12x40 ProStaff Nikoplex
12Br Gaspar Arizaga SxS
.22 Long BRNO Mod 2 3-9x40 ProStaff Nikoplex
.177 CZ Mod 35 4x20 Cheapie
7.65 CZ-70
Post Reply