Slagyster bly wenner

User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Roep bly lekker,maar slagyster het my al menig maal gehelp.Saterdag n mooi reun gevang.Bly maar lekker om daar te kom en die vlag in die lug te sien. Groete aan almal Pieter h
leendert
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by leendert »

Baie geluk. Ek hou ook maar van my grond ystertjies, as jy dit reg gebruik bly dit maar die beste. :laugh:
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Dankie leendert ,het laaste 6jr baie sukses met slagysters .Het egter gou geleer dis deksels harde werk. Geniet dit ,dit leer jou weer elke voetpad op jou grond ken.Groete Pieter h
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by foxripper »

Nou deel bietjie daai "hoe om hom te gebruik" asb..ek sukkel maar met die ysters..
Kook die ysters skoon, hanteer met handskoene, stoor hul in n sak met skaapwol, stel met skadunet maar jakkie loop tot voor hom, dan loop hy om hom en loop verder..
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by Martin Marais »

Slagysters bly maar 'n wenner. Ekself het op 'n stadium 44 slagysters in die grond gehou. Glo my,dit is harde werk,maar vir ligsku en roepsku jakkalse is dit maar die enigste antwoord.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by ROBBIE1 »

My pa het alyd n skaap pens of derms in die voetpad laat trek, dan die slagyster gestel, en dan so 30cm weerskante van die yster n stuk derm gegooi, so hand grote. Hyt hulle altyd lekker so gevang! Doen julle manne ook nog sulke goed?
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Foxripper ek Stel maar volgens Peter Schneekluth se metodes.Sorg dat grond bo yster goed gekamofleer is. Gebruik self nooit van grond uit gat om yster toe te maak nie.As yster toe is cover ek dit liggies met borsel met bogrond rondom gat.Sal ook met bossie liggies om en op bokant tik.groete Pieter h
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Het self nog nooit ysters gekook,nog net altyd goed gewas en dag in son laat hang.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Robbie ek gebruik ook partykeer iets wat sy aandag trek en sy neus van die grond af wegkry.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Yster het 2weke in grond gele.Gisteraand toe vang ek haar.Baie lief om deur nek v groot en klein rant te werk.Geduld betaal gewoonlik .Sy is in melk.Wens net ek kan iemand kry om my te help om fotos te plaas.Sukkel maar.Groete Pieter h
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by Cobus(Cobb) »

Ek plaas die fotos vir pieter h.....hy kan kom vertel.
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/photo1_zps0e8d75b3.jpg
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/photo_zps275f4e7c.jpg

Daai tanne lyk vir my so 4-5 jaar
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Dankie Cobus vir jou hulp.Groete Pieter h,het haar ook daardie ouderdom gereken.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Foto bo is teef wat in yster gevang is.(scent post)Groete Pieter h
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by jaracal »

Ek was nou die dag genader om jakkalse vir 'n navorsings projek te vang en te collar. Was lekker om weer met dom jakkalse te werk. Het die eerste 5 dae 3 jakkalse gevang. Is toe eers weer huistoe en het 'n maand later het ek 3 jakkalse in 3 dae gevang.
Ek is besig om die slagyster storie vir die blog te skryf.
Dinge gaan net woes op die oomblik en asof ons nie genoeg dinge het om te doen nie moes ek nog veldbrande veg die laaste 2 dae.

Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Hallo Hein goed om weer v jou te hoor.Wereld hier is maar Lelik droog.Sal eers gerus wees as eerste goeie reen val.Gisteraand so 5mm gehad.Ek geniet die ysters baie,tussen boerdery en ysters gaan dit net rof.In vergelyking met verlede jr is jakkalse bietjie stiller.Hoop net nie hulle hoor my nie. Groete daar.Pieter h
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Slagyster het gisteraand weer sy kant gebring.Lam karkas langs voetpad in hol miershoop gedruk en ysters voor hom gestel en sy het daarvoor geval.teef was in melk. Wys jou jakkelse kan slim wees, maar maak nes mense foute.Jy moet net moeite doen om daar te wees en die foute uit te byt.Dis nou die 2de teef in 3weke met yster in selfde kamp onderkant nek v rant.Groete pieter h
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by 2vierniks »

Daar is vir my 'n leemte vir 'n spesiale slagyster draad of topic waar die yster ysters hul bydraes kan maak en waar die wat graag wil leer, soos ek, kan vrae vra. Kan ons nie 'n plan sien vir so iets nie? Asb manne?!
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Zvierniks stem saam met jou.Ysters bly n goeie metode wat werk,met harde werk natuurlik.Met tyd leer mens ook kort paaie vat met die basiese dinge wat steeds geld. Dit sal interesant wees om te hoor hoe elkeen te werk gaan.Groete Pieter h
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by 2vierniks »

Pieter h ,ek het vir Jaracal 'n pm gestuur oor die behoefte wat ek het. Ek glo saam met roep en skiet kan mens die goggas goed afknou met die ysters. Ek sou graag van Jaracal, Louis102, Taffie, Neil Viljoen, Oom Pine en nog manne met baie ervaring wou hoor op 'n draad soos hierdie. Ek werk reeds hard hieraan en het reeds suksesse, maar wil graag bou op dit. Die plaasvolk hou hul soms baie slim, maar hulle weet ook nie als nie en stel maar grof in my oe. Ek het soms meer sukses as hulle(hulle wil nie altyd soveel moeite doen nie). Ek dink dit is steeds 'n area waarop boere en jagters kan verbeter.

Hoop om van die sirs te hoor.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Zvierniks Jaracal het gese hy wil n slagyster storie vir die blog skryf.Stel ook self die slagysters by my.Gaan maar rof so tussen die boerdery deur,maar het daardeur weer elke voetpad en jakkalsroete leer ken.Het self nie n keuse nie anders kan ek maar ophou boer met skaap.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Het self nogal baie sukses met uitgeholde miershope langs voetpaaie wat deur jakkalse gebruik word.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by Jakkie 321 »

Pieter

In wattter area boer jy.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Jakkie321 ek boer in Koffiefontein area.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by 2vierniks »

Pieter h, waarvoor gebruik die jakkies die miershope? Ek is sommer nuuskierig, want in my wereld is baie min miershope en baie erdvarke.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by 2vierniks »

Ek vind dat jakkalse graag kleinerige harpuis bossies verkies as merkbossie. Het julle al opgelet watter soort bossie jak verkies as merk bos?
Post Reply