Hardegat 'slide stop"

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Hardegat 'slide stop"

Post by Kalahari »

Hallo alle forum vriende

Ek soek asb raad. My 9mm Ruger sr9c pistool se slide stop werk nie lekker nie. Ek het min kennis van handwapens, maar ek dink daar is fout met die genoemde deel.
As ek skiet (of net die wapen span en slide opsit) en die magasyn is leeg, dan kry ek nie die slide release met my duim afgedruk nie, nie eers amper nie. Ek moet fisies die slide terug trek soos jy die wapen sal span en dan die release afdruk.
My gesonde verstand sê dit moet nie so wees nie en is ook nog blerrie gevaarlik as mens in str#^%^nt straat sit in 'n gunfight en jy moet magasyn ruil.

Wat kan ek doen, myself of moet ek maar die pistool na die winkel terugvat? Ek het gedink die release sal beter word soos ek die wapen gebruik, maar niks verander nie.

Luister wat se raad julle het.

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hardegat 'slide stop"

Post by Kalahari »

Ek sal maar kans gee vir volgende week, dit is mos nou weer koud die naweek en almal het seker gou die laaste bokkies gaan voorsit om nog vleis te kan ophang. ;)
Ek weet hier is manne wat sal kan raad gee, ek sal geduldig wees :angel:

Groete

Ns: voel "tos" om met jouself te praat ++>:
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hardegat 'slide stop"

Post by Kalahari »

Piet-skiet

Dankie man, ek wil net weet as jy nou byvoorbeeld jou mag sal leegmaak? Jou slide gaan staan mos nou oop as die mag leeg is. Nou kan jy of die nuwe magasyn laai (insit), die slide terug trek en laat los of jy kan mos die slide stop release met die duim afdruk en die slide gly vorentoe en laai jou eerste rondte en die wapen is warm.

Wat sal die rede wees hoekom jy nie die slide stop release gebruik nie? Veiligheid ( itv gereedheid van wapen status) of moontlike malfunction?

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Hardegat 'slide stop"

Post by Kalahari »

Dankie Piet, dit maak sin. Die slide gaan 100% vorentoe as ek trek en release, niks fout daar nie en dan die oefening wat jy genoem het om storings te werk verstaan ek ook.

Dankie vir die hulp en raad.
Post Reply