My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by VdWalt »

Kan iemand my dalk help? Ek het my 300 se skroefdraad laat sny vir die Terminator
kd. Ek het nou die week by Henk 'n Hunt Buddy bestel maar hy draai een draai
dan voel dit of hy vas draai.

Ek glo die skroef draad verskil - weet iemand dalk wat se skroef draad
Clarens vir sy KD gebruik of sal ek maar na 'n smit toe moet gaan dat hy dit
vir my gaan meet.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by Danie01 »

VdWalt,

Ek het ook laasweek n buddy gekoop en besit ook n terminator. Ek het myne sommer self gemeet en Henk het sommer dadelik geweet wat om te doen toe ek nog wil vra of ek reg gemeet het. Die manne sny meestal dieselfde skroefdraad vir silensers.

Die buddy draai ook aan begin maklik en net voor ek hom heel vasdraai n bietjie stywer, wat ek glo reg is want my terminator draai ook so. Buddy en terminator pas egter baie mooi op dieselfde skroefdraad. Dit kan dalk wees dat die silencer se draad vuil is of dalk op n plek gebuig is, stel voor jy bel eerder vir Henk, hy sal weet waarna om te kyk.

Groete
Danie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by BRNO (Pierre) »

Meet die buitemaat van die huidige skroefdraad, en dan die spasie tussen die "heuweltjies". Henk sal die HB se skroefdraad by dit kan aanpas. Ek het vier verskillende knaldempers wat op twee gewere pas.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by cassie_calvinia »

dit klink of jou draad op die HB dalk 'n mm te klein is. henk sal hom regmaak, moenie te veel worry nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by VdWalt »

cassie_calvinia wrote:dit klink of jou draad op die HB dalk 'n mm te klein is. henk sal hom regmaak, moenie te veel worry nie
Ek het nou net met Henk gepraat - ek gaan die binne kante meet en
hy sal dit uitsorteer as ek nie iemand naby aan my kry wat dit kan
doen nie.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: My Hunt Buddy pas nie op Terminator skroefdraad

Post by Dawie »

Leen 'n "Thread Gauge" iewers en maak seker die draad se "pitch" of steek is dieselfde.
Post Reply