Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 254
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Hoop al die slim/ervare manne kan vir my met goeie raad bedien. Die langafstand skiet gogga is nou besig om aan my ook te knaag en ek het raad nodig vir ‘n toepaslike teleskoop. Ek het deur ‘n klomp van die vorige gesprekke gelees en is amper meer verward as voor die tyd. Eerstens om te besluit wat het ek “nodig” en dan wat is beskikbaar teen pryse wat ek kan bekostig/regverdig.
Ek hou maar van ‘n groot vergroting en sal graag ‘n .30 gat op 500 m wil kan sien indien moontlik. Dit lyk ook vir my of die groter lense wat meer lig inlaat help om ‘n helder beeld te verkry. Tans dink ek minstens 20x vergroting en 50 mm lens? Dink julle dit is voldoende of hoe moet ek dit aanpas? Wat is ander faktore wat ek moet in ag neem behalwe vergroting/lens?
Daar is soveel teleskope op die mark waarvan ek goeie dinge lees dat dit moeilik is om ‘n kortlys saam te stel; Redfield, Rudolph, Nikon, Linx, Leupold, Sightron, Zeise ens.
As iemand ‘n spesifieke model kan aanbeveel (en selfs prys en handelaar) sal dit baie help. Ek hoor graag wat julle se.
Groete.
Fanie

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Fanie, ek is glad nie 'n "ekspert" of 'n bewese langafstand skut nie en try maar nog...
Ek het die Sightron Siii 8-32x56 gekoop en is baie gelukkig. Die turrets stel akkuraat en duidelik en die beeld is vir my, baie helder en duidelik. Ek kan gemaklik 'n springbok se oog op 800m sien en dis voldoende vir my. As jy self invoer, kan jy op die weg soek vir 4scopes, hulle sal vir jou stuur en het loshande die beste prys. Ek het so paar maande terug R10 150-00betaal, shipping en Invoertax ingesluit. Ander manne het nou ingebring vir so R12k.
As jou begroting dit toelaat, kan jy kyk na NF en natuurlik my droom: Die S & B....

Aim small, miss small
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Afhangend van hoe vêr jou langafstand is, kan jy kyk na verskillende opsies.
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Haai Fano
Ek kan maar net kommentaar lewer op dit wat ek self het, naamlik 'n Nightforce 8-32 x 56 NXS met die NP-R1 reticle op my .300 WM.
Ek kan die koeelgaatjie redelik mooi sien op 300m maar ek dink verder as 350-400m gaan jy ietwat sukkel.
Nightforce scopes kan jy egter kry tot 12-42 x 56.
Ek het in 2009 direk bestel van Euro Optics vir sowat R16.1k.
Kwaliteit is eersteklas, maar soos met meeste kwaliteit scopes kom 'n groot price tag.
Ek hoop dit help jou.
Groetnis

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Fano
Daar is vandag bitter min teleskope wat konstant en onder normale/baan omstandighede 'n .30 kaliber gat op 500m kan sien.
Ek skiet 'n 8-32 x 56 Nightforce op beide my 243 en my 308. Ek kan (veral vroeg oggend en laat middag op koeler dae) die gate wat ek met my 243 op 300m geskiet het duidelik en met gemak sien. Verder as 350 of 400m raak die invloed van die mirrage of die skoonheid van die lig net te erg en is dit moeilik om skoot vir skoot die gate te sien in papier.
Wat ek probeer sê is dat hoë vergrotings nie altyd die antwoord is nie, op 'n sekere afstand kan jy met hulle ook nie meer fyn kyk nie.
Wat bitter belangrik is by langafstand skiet is dat jou teleskoop elke keer PRESIES moet stel en dit herhaaldelik kan doen.
As ek vir my 'n langafstand teleskoop moet koop sal die 1 van die volgende wees:
Nightforce - oor ek hulle ken
Sightron - het nog net goeie goed van hulle gehoor
March - nog net goeie goed gehoor
US Optics - fantastiese optics, maar so duur dat dit vrek
Zeiss - Is versot op die 6-24 Diavari
S & B - Die manne verstaan hoe om 'n taktiese teleskoop te bou - gee my 1
van daai kapoen groenes, asb
Leopold - net bepaalde modelle in die VXiii of Mark4 reeks
Moenie my lys as die alfa en die omega sien nie - dis die teleskope waarmee ek al tedoen gehad het.

Ek sal darem hou van so S&B PMII ...
My 8-32x56 Nightforce werk goed en ek is heeltemal tevrede.
My 6-24x50 Sightron SIII werk goed en ek is heeltemal tevrede, opties is die Nightforce wel beter. Met die Sightron het ek al tot op 1km geskiet. Ek het nog nie weer die kans gehad om dit met die Nightforce te doen nie maar ek het hom al tot op 860m geskiet.
Koeëlgate is moeilik om te sien maar as jy gonge skiet kan mens lekker die kol sien waar hulle tref. Met my Nightforce kon ek die skote tot op 860m sien. Die mirage was te erg die dag toe ons 1km skiet om die skote mooi te sien, maar ons kon darem die teiken sien swaai en die koeël hoor tref

Ek stem met Arnold saam oor die gonge skiet - ek kan op 900m die 12-13mm grys/swart kolletjies wat die 243 gemaak het op die gong duidelik met die Nightforce sien.
Dis net die gate in paier teiekens wat moeilik is om te sien op afstande anderkant 300-400m
Dis net die gate in paier teiekens wat moeilik is om te sien op afstande anderkant 300-400m
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Ek gebruik oorwegend wit teikens en het vir my "stands" gemaak met swart convuerbelt agter, dan kan mens op 400m nog maklik die gate sien. Het nog nie verder as 400m papier geskiet nie...243Songdaug wrote:Dis net die gate in paier teiekens wat moeilik is om te sien op afstande anderkant 300-400m
Aim small, miss small
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Klink na 'n plan daai - ek sal ook soe bietjie 'n swart agtergrond vir my backing gebruik.
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
My volgende teleskoop sal self ook die 6-24x50 Sightron SIII wees. Dit sal dalk nog vinniger wees as wat ek gedink het omrede ek dink die scope wat huidiglik op my 7x64 is gelam het.
Ek moet op die baan uitkom om dit te bevestig.
Groete
KK
Ek moet op die baan uitkom om dit te bevestig.
Groete
KK
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Sien jou dan Saterdag oggend - ek en my span oefen so bietjie.
-
Jaco Brink
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Fano
Lang afstand is ‘n ander sport. Wat jy sal moet doen is eerstens om ‘n 20 of 40 MOA offset mount te kry vir jou geweer. Enige teleskoop wat ¼ MOA stel sal uit clicks uitraak voor jy regtig op lang afstand kom. Die nadeel hiervan is dat jy moontlik nie jou geweer sal kan instel op naby afstand, jy gaan dalk op eindig met ‘n 300 of 400 meter zero maar van daar af kan jy dial tot op 1200 – 1500 m.
Jy gaan ook lekker sagteware nodig kry om die eerste “call” te maak. Als raak belangrik op afstand. Op 1000m is die spindrift (afhangede van jou koeël) tussen 8 en 10 duim. Verder is daar die verskille tussen wind van links na regs en regs na links asook die effek van die wind wat die koeël optel of afdruk as die wind teen of saam met jou geweer se rifling is.
Goed die vraag gaan oor die scope kom ons kom terug daarby:
Al die modelle wat genoem is sal werk. Jy kan uit die aard van die behoefte nie kyk na iets wat 1/8 MOA stel of goed soos die Swarovski Z6 wat .18MOA per click stel nie, jy gaan nie afstand kry nie.
Dan ook die vergroting is nie so belangrik nie, op daardie afstand kan jy die skoot sien tref en skiet mens gewoonlik saam met ‘n spotter wat die vapour trail van die koeël kan sien. Dit was vir my interessant met David Tubb se vorige besoek het hulle regtig lang afstand geskiet (sy verste skoot was 1750Yds). Hy het nie eenkeer sy teleskoop bo 8 vergroting gedraai nie.
Hy het ‘n kruisdraad ontwerp wat al faktore inreken (behalwe Coriolis Effect). Sy kruisdraad het ook die atmosferiese kondisies in gereken en hy het ‘n patent om Density altitude te gebruik om koeëlbaan trajek te in ‘n kruisdraad te gebruik (sal maar sien hoe lank hou dit)
As jy kyk na die kruisdraad (foto in die DRT DA Instruksies aangeheg) sal jy sien hoe die wind die koeël gaan optel en afdruk op afstand ens. Ek was verbaas hoe vinnig die kruisdraad werk en hoe maklik dit is om te verstaan (iemand moet dit aan jou verduidelik anders lyk dit vreeslik). Hulle sit hierdie kruisdraad in die Premier teleskope en dit is ongelukkig duur. Vir vinnige langafstand skote het ek gesien is dit die antwoord en was ek baie beindruk
David Tubb sal weer hierdie jaar by die SAJSV Suid Kaap Ope wees, vir die van julle wat hom wil ontmoet, kyk hoe sy tools lyk en met hom gesels kom gerus. Die datum is 5 Oktober en dit is by Louvain, ongeveer 50kms buite George.
Hier is die instruksies:

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
In die Suidelike halfrond werk coriolis en spindrift teen mekaar in 'n RH twist geweer, Noordelike halfrond moet dit bymekaar getel word met RH twist.
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Jaco, ek het 'n Sightron SIII 8-32X56 met 'n 20 MOA rail. Die scope stel in 1/4 MOA clicks en het 70MOA interne verstelling. Met 'n 100y zero kan ek opstel tot by 1380y op die hoëveld as temperatuur minstens 20 grade is, voor ek uit clicks uit raak. Ek sal voorstel as mens regtig na 'n langafstand scope soek wat minstens 1000y kan haal, om te kyk dat die interne verstelling van die scope minstens 60 MOA of meer is. Die Sightron SIII reeks is baie goeie waarde vir geld langafstand teleskope as jou budget nie by 'n Nightforce of S&B kan uitkom nie.Jaco Brink wrote:Enige teleskoop wat ¼ MOA stel sal uit clicks uitraak voor jy regtig op lang afstand kom. Die nadeel hiervan is dat jy moontlik nie jou geweer sal kan instel op naby afstand, jy gaan dalk op eindig met ‘n 300 of 400 meter zero maar van daar af kan jy dial tot op 1200 – 1500 m.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Hallo Jaco, dankie vir jou insette. Ek geniet nogal die plasings wat jy die afgelope tyd maak.
Ek het nou nie die Tubb reticle dokument bestudeer nie en maar vinnig daardeur geblaai. Density Altitude is 'n goeie indikasie van hoe jou eksterne ballistiek beinvloed gaan word, maar wat van ammo temperatuur en hoe dit trompsnelheid beinvloed (die effek is ook nie linieêr nie)?
Saam met wind, spindrift en coriolis dink ek nie so kruishaar is die antwoord vir langafstand skiet nie. Daar sal altyd 'n komponent van berekening gedoen moet word om jou skoot op teiken te kry, hoekom nie maar al die berekeninge doen en meer verseker van jou skoot wees nie? 'n Vinnige opvolg skoot is dalk meer belangrik
Elkgeval, om so vêr te wil skiet bring ook mee dat jou koeël subsonies kan gaan en dit het sy eie invloed op die koeëlbaan, dit is nou as die koeël stabiel bly deur hierdie zone.
As jy regtig vêr wil skiet moet jy 'n scope soek wat 100 MOA of meer elevasie verstelling het en dit kombineer met 'n ring/basis kombinasie wat jou nog meer opwaartse verstelling bied, soos wat Jaco noem.
Hoe kleiner die vergroting hoe groter is die interne verstelling van dieselfde tipe scope. Jy gaan bv. 150 MOA verstelling op 'n 10X vaste vergroting teleskoop kry maar slegs 100 MOA op die selfde vervaardiger se verstelbare 6-24x vergroting. Dan kry jy natuurlik die nuwe 5-25x56 Nightforce wat 120 MOA se verstelling het in daardie 34mm buis.
Dawie, coriolis is 'n bietjie meer ingewikkeld as daardie en kan jou hoër of laer laat skiet in die selfde hemisfeer. Spindrift is die dryf van die koeël agv sy spin en is nie in dieselfde vlak as coriolis nie. Windverskuiwing het egter 'n uitwerking op altwee vlakke.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Jaco se raad is puik. Dankie!
Daar is basies 2 moderne denkrigtings in langafstand-teleskope. Neem in ag dat die primêre gebruik maar vir militêre doeleindes is.
1. David Tubb se "recticle", wat die meeste berekenings grafies doen. Dit is vinnig en redelik eenvoudig.
2. Todd Hornett(?) se "Horus recticles". Daar is verskeie weergawes daarvan. Hierdie sisteem werk saam met 'n gerekenaaiseerde ballistiese program (Jou "PDA" moet saam).
Wat vir my nogal sin maak, is die nuwe teleskope, wat dieselfde eenhede gebruik op die "turrets" en op die "recticle". M.a.w. beide die "turrets" en die "recticle" is in Mil gemerk. (Vir die oningeligtes, Mil verwys na milliradiaal, wat uitwerk op 'n verhouding van 1-tot-1000. Dis onafhanklik van eenhede, metries of ingels.) Dis nogal 'n tydrowende proses om met twee verskillende stelsels (MOA en Mil), op dieselfde teleskoop te probeer werk.
Verder is dit wenslik om 'n "recticule" te gebruik, wat saam met jou "zoom" verstelling groei en krimp. Ek dink hulle praat van "first focal plane recticule". Dit verseker dat jou kalibrasies op die "recticule" dieselfde verhouding tot die teiken het, ongeag jou "zoom" verstelling. Meeste europese teleskope was al lankal so. Gewone kruisdrade ("second focal plane"), wat konstante grootte bly, soos jou "zoom" verander, werk basies net by een vergroting.
Massiewe groot vergrotings werk ook net in ideale atmosferiese toestande. Sodra dit begin opwarm, sien jy net die "mirage" op bv. 20X. Daarom dat jy afstel na laer vergroting, net om jou teiken te kan sien.
Dan benodig jy ook nog ander (duur) toerusting, om lekker te kan speel. 'n Kestrell, of soortgelyke windmeter, wat "density altitude" kan weergee, is noodsaaklik. En natuurlik 'n afstandmeter, wat ver genoeg kan meet. Die stokou artillerie-tipe prismatiese afstandmeters is skaars, swaar en stadig, maar baie akkuraat. Ordentlike (duur) laser-afstandmeters is vryelik beskikbaar. Kyk maar na daai Leica. En natuurlik akkurate ballistiese data. Jou mini-rekenaar (slimfoon, PDA) met die regte programmatuur, is onontbeerlik.
Die hele langdradige relaas, is om te probeer verduidelik dat jy die hele sisteem, met al die komponente , moet ontwerp om saam te werk, vir jou gebruike en voorkeure. Jy kan nie sommer net goeie komponente saamgooi en hoop dat dit werk nie...

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Daar kom eendag n man vol geld by die baan aan met sy Rem 338 lapua met police rounds en n March teleskoop bo op. Die scope fokus toe op 200m by sy 500yds merk waar my bushnell elite tactical net mooi bo die 200yd merk fokus. Ek kon ook nie se sy klariteit was beter as die bushnell. Maar net my waarneming
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Ja, party manne hou van met kruishare werk, en ander verkies weer om verstellings vir elevasie en wind aan die turrets aan te bring en altyd dieselfde mikpunt op die kruishaar te gebruik. Ek dink jou voorkeur hier sal ook 'n groot rol speel in jou uiteindelike keuse van teleskoop. Ek dink dis beslis 'n goeie idee om van "First Focal Plane" teleskope gebruik te maak as jy iemand is wat die kruishaar primer wil gebruik. Dis minder van belang as jy primer met jou turrets gaan werk tensy jy van jou kruishaar gebruik wil maak om "milling" te doen soos die amerikaners van praat. Dis basies om die bekende grootte van 'n voorwerp se verhouding teenoor die merke wat hy in die kruishaar onderspan, te gebruik om die afstand te bepaal. Dit kan baie akuraat gedoen word met genoeg oefening, maar verg dat jy presies weet hoe groot jou teiken is en dis meer tydsaam as om 'n laser afstands meter te gebruik. Dis ook goeie raad om jou kruishaar en turrets te kry om dieselfde eenhede te gebruik. Milliradiaal en MOA is net verskillende eenhede soos tree en meter. Milliradiaal werk saam met die metrieke stelsel en MOA saam met die imperial stelsel. Kies een stelsel vir al jou berekeninge en hou daarby. Om duime, yards, meter, MOA en MIL te begin meng is moeilikheid soek.
Jy kan ook by hierdie forum gaan aanklop. Goeie raad en inligting daar: www.africanlrhunters.co.za
Jy kan ook by hierdie forum gaan aanklop. Goeie raad en inligting daar: www.africanlrhunters.co.za
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Fano, gaan kyk hier: http://jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=24786
Aim small, miss small
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Hierdie reticle van David Tubb wat Jaco hierbo geplaas het, het ek self deur gekyk en nog nooit so chaos in n scope gesien nie. Maar as jy sien hoe efektief die man dit aanwend, is dit verstommend en beslis iets om te oorweeg vir die serious langafstand jagter. Soos enige stelsel sal jy dit eers moet leer gebruik, en as as jy sien op watter afstande en skuins hellings en wind hy een shot kills gehad het op bobejane, en op baie lang afstande is dit beslis die moeite werd om na te kyk.
Vir die van julle wat enigsins die kans het om vir David Tubb te kan ontmoet by die Suid Kaap Ope sal dit beslis n groot eer en vooreg wees. Hierdie man se kennis en vaardighede is verstommend en hy is n lewende legende, en word nie verniet beskou as een van die heel beste skuts wat daar nog ooit was.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
sal die NF se 15x vergroting genoeg wees vir lang afstand JAG tot 650m? of het jy groter nodig?
en, 1000m gonge? hoe groot in die 1000m gonge?
of, moet mens maar vir die 22x gaan?
vir my gaan dit nie oor koeel gate sien op 400m nie. ek wil 200% seker wees, elke clikc stel 200% reg!!!!!!!!!! van 100y, tot 1000y

HOU HOM DAAI DIKTE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
http://www.4scopes.com/sightron/riflesc ... 25126.html
hoe lyk die prys? is dit regte scope? sien daar is nog 1 wat duurder is, met IR. is daar nog verskille?
hoe lyk die prys? is dit regte scope? sien daar is nog 1 wat duurder is, met IR. is daar nog verskille?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Cassie, sover ek kon aflei, stel geen scope presies 100% nie, nie eers NF nie... Gelukkig kan jy bepaal hoeveel jou scope "uit" is en 'n ballistiese sagteware program kan met daai "correction factor" vir jou presies die regte clicks vir elke afstand gee!cassie_calvinia wrote:sal die NF se 15x vergroting genoeg wees vir lang afstand JAG tot 650m? of het jy groter nodig?
en, 1000m gonge? hoe groot in die 1000m gonge?
of, moet mens maar vir die 22x gaan?
vir my gaan dit nie oor koeel gate sien op 400m nie. ek wil 200% seker wees, elke clikc stel 200% reg!!!!!!!!!! van 100y, tot 1000y
Aim small, miss small
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
ek weet. maar elke stel moet net dieselfde wees. wil nie nou 7mm stel, dan 9mm, dan glad nie. elke click moet reg wees.Eugene wrote:Cassie, sover ek kon aflei, stel geen scope presies 100% nie, nie eers NF nie... Gelukkig kan jy bepaal hoeveel jou scope "uit" is en 'n ballistiese sagteware program kan met daai "correction factor" vir jou presies die regte clicks vir elke afstand gee!cassie_calvinia wrote:sal die NF se 15x vergroting genoeg wees vir lang afstand JAG tot 650m? of het jy groter nodig?
en, 1000m gonge? hoe groot in die 1000m gonge?
of, moet mens maar vir die 22x gaan?
vir my gaan dit nie oor koeel gate sien op 400m nie. ek wil 200% seker wees, elke clikc stel 200% reg!!!!!!!!!! van 100y, tot 1000y
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Raad met keuse van scope vir lang afstand skiet
Cassie, al die scopes wat hierbo genoem word, kan dit doen, selfs die Sightron!
Vir my was die keuse maklik, waarom R25k betaal, as ek presies dieselfde funksionaliteit en betroubaarheid kan kry vir R11k? Ek was nog nie 'n oomblik spyt nie. 'n Ou moet seker maar besluit, as jy die brand wil hê, moet jy bereid wees om daarvoor te betaal....
Aim small, miss small