Help!!!!! Galsiekte

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Help!!!!! Galsiekte

Post by Spekboom »

Manne gee bietjie al julle planne vir bosluis galsiekte. Anaplasmose.
Ek weet voorkoming is beter as genesing maw. dip die bosluise dood. Maar wat maak ek met die wat wel siek word. Party vrek sommer onder behandeling.
Ek spuit hoë dosis oksietetrasikliene en goed vir die lewer en vit B asook iets om die pens aan gang te hou.
Wat nog enige raad asseblief?
Ek kan nie bloed gee nie, hoe gee ñ mens 200 melkkoeie bloed
Groet
S
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by JK »

Beste sal seker wees dit vroeg genoeg op te tel, deur koors te meet en te begin met die behandeling.

Ek boer met nguni's so kan seker nie vergelyk nie. As hulle siek word is een of twee shots terramycin voldoende, of in die uitsonderlike gevalle as die blaar pens hard geword het hou ek hulle op kraal en gee water en enerfeed wat sy pens lekker suur maak.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by savage(P Coetzer) »

JY kan kyk om CTC of OTC in hulle voer in te meng. Afhangende van hul gewig en inname gaan dit wissel van so 1kg tot 3kg per ton voer. Voer dit vir so 3 dae, dit behoort die probleem op te los. Maak net seker of koeie in melk se melk mag gebruik word indien dit behandel word.
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by Spekboom »

Savage
Is dit chloortetrasikliene?
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by Wismit »

My oupa het 'n veesiekte boek en hul sê daarin:
Behandeling vir Anaplasmose (bosluisgalsiekte)

Inspuitings van tetrasikliene bv curamycin 123, terramycin, Reverin.

Die dier moet op stal gehou word en vars water en groenvoer kry.

Behandeling teen die ernstige verstopping en verlamming van die voormae is belangrik.

Inspuitings van ysterpreperate help om bloed vinniger op te bou. Glukose en veral ook metionien kan binne-aars ingespuit word.(500-1000mg in sowat 350 - 450ml fisiologiese soutoplossing). Jy kan selfs aan bloedoortappings dink.

W.S
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by 30-06 »

Het 'n veeasrts bevestig dit is galsiekte?
Die beeste wat vrek onder behandeling klink amper meer na rooiwater.
Die simptome is amper dieselfde.
'n Veearts kan onder die mikroskoop die parasiete identifiseer.
Behandeling verskil egter redelik drasties.

Sterkte
Wanna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Wed Apr 24, 2013 9:22 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by Wanna »

Wat voorkoming betref kan hulle geënt word op 'n jong ouderdom vir rooiwater en galsiekte en jou verliese sal minimaal wees as daar verliese is.Jy slaap net soveel rustiger as hulle geënt is.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by savage(P Coetzer) »

Dis reg Spekboom.
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by Spekboom »

Het 'n veeasrts bevestig dit is galsiekte?
Die beeste wat vrek onder behandeling klink amper meer na rooiwater.
Die simptome is amper dieselfde.
'n Veearts kan onder die mikroskoop die parasiete identifiseer.
Behandeling verskil egter redelik drasties.
30-06
Ons het bloed getrek deur veearts wat wel bevestig het dit is galsiekte.
Wat voorkoming betref kan hulle geënt word op 'n jong ouderdom vir rooiwater en galsiekte en jou verliese sal minimaal wees as daar verliese is.Jy slaap net soveel rustiger as hulle geënt is.
Tungsten
Dit lyk my dit gaan maar na daai kant toe moet gaan. Doen julle dit daar by julle. is dit onderstepoort bloed.
Glukose en veral ook metionien kan binne-aars ingespuit word.(500-1000mg in sowat 350 - 450ml fisiologiese soutoplossing). Jy kan selfs aan bloedoortappings dink.
Hierie een is interesant eerste mal wat ek dit raaklees ek wonder wat is metionien?

Groete

S
Wanna
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Wed Apr 24, 2013 9:22 pm

Re: Help!!!!! Galsiekte

Post by Wanna »

Ja dit is Onderstepoort se bloed . Ons ent dit al van my oupa se tyd af en soos ek sê het ons baie min beeste wat wel siek word. Ons is hier langs die berg met redelik baie bosluise. Gooi slegs deadline so elke paar maande of spuit hulle gif.Ons hou hulle egter nie skoon nie so daar is die meeste van die tyd 'n paar bosluise op die koeie.Hier is manne wat nie ent nie omdat dit te 'duur' is, maar dan vrek daar so af en toe so vier of vyf beeste. Hoop dit help
Post Reply