Middag manne
Weet julle of 'n vanghok sal werk vir blou ape of is hulle te slim.
Die goed maak baie skade hier by my, ek het al 'n van hulle uitgehaal met die .22, dan is hulle weg vir so week en dan is hulle weer terug.
Ek luister graag vir raad van manne wat ondervinding het.
Groete
Riaan
Vanghok vir blou ape
- Smiley
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm
Re: Vanghok vir blou ape
Riaan, hou aan met die .22
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Vanghok vir blou ape
Ja, vanghokke werk. Die ou Transvaalse Natuurbewaring het eens 'n pamflet uitgegee met planne en instruksies.
Om kortweg op te som, so uit die geheue, het hulle aanbeveel dat jy baie hokke stel, by mekaar, om soveel as moontlik van hulle te vang per slag as moontlik. Dan moet jy hulle na sononder vankant maak, met so min geraas as moontlik.
Vir jag op ongeleerde blouape, werk 'n 22 met knaldemper en SUBSONIESE ammunisie goed. As jy kan, druk die trop in 'n boom vas met honde, en pik hul 1 vir 1 uit. Kopskote noodsaaklik, hul verniel nogal 'n hond... Om jou honde te leer, laat hulle net toe om aan die vanghokke met ape te snuffel. Dit sal nie lank vat voor 'n aap die hond reg orienteer nie.
Met konstante aandag, sal hulle vinnig leer hoe om jou planne te omseil. Maak seker jy kry resultate, voordat die agtergeblewenes te slim geleer is. Sodra hul getalle weer toelaat dat hulle op die natuurlike voedselbronne kan oorleef, sal hulle dit eerder verkies. Nogtans sal jy hulle af en toe moet herinner, dat jou oeste ens, buite perke is.
N.S. Bogenoemde het ooglopend niks met etiese sportjag te doen nie. Dis suiwer plaagbeheer. As iemand beswaar maak, bied aan dat hy al sy ape kan kom haal.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Vanghok vir blou ape
Soos 338LM hierbo sê, ek het goeie resultate behaal deur in die huis te sit met die .22 Hornet en KD op en kan dan deur 'n venster so 3 op 'n slag uithaal, voor die trop vlug. Volgende week is hulle terug en dan haal ek weer so 3 of 4 uit. Werk lekker met honde, maar by ons is daar te veel bome teen die rivier, hulle gaan in die ruigtes in en dan kry ek hulle nie vasgekeer nie...
Aim small, miss small
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Vanghok vir blou ape
Dankie 338LM, dit is werklikke goeie raad. gaan sommer die hokke saam die uitskiet probeer
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Vanghok vir blou ape
Bou 'n redelikke groot hok, 2*2*1 of 1.5m. Maak jou deur vir jouself teen die kant, en maak seker hulle sal dit nie kan oop kry van binne af.
Bou nou 'n ronde gat op vloer vlak omtrent 10 tot 12 duin deursnee. Met voel netting maak 'n tonnel, omtrent 1m lank, en diesefde deursnee. Maak met No8 draad 4 hoepels wat binne in die fuik pas om die gang oop te hou, en plaas hulle ewe ver van mekaar af en maak hulle vas met draad.
Plaas nou jou aas binne in die hok, lemoene, appels mielies enigiets wat jy het, maak net seker dat kees nie alles in minute kan op eet nie, sit party in gate, binne ou skorsie doppe ens om hulle lank besig te hou. Plaas 'n trail cam voor die hok, stel hom vir so 10 minute gap om die fotos te verminder. en sodra hulle begin eet aan die aas, plaas nuwe aas elke aand of vroeg oggend voor eerste lig in die hok totdat jy op die kamera sien dat die hele trop in gaan. Sodra almal in gaan om te eet, verwyder een van die hoepels. Hulle sal nou die tonnel begin plat trap van binne, maar omdat die voorste hoepel nog daar is, en die vuik oop is, leer hulle om die tonnel op te lig om weer uit te kom, so paar dae later haal jy die laaste middel hoepel uit, hulle sal hom net weer oop druk om in en uit te gaan, hierdie stappe is belangrik want jy wil he die ape moet leer om die netting oop te druk om in te kom as die wat binne is die netting toe druk.
Sodra die hele trop weer binne gaan, haal dan die voorste hoepel uit. Die ape binne sal die tonnel plat druk, maar die wat buite is sal nog in kom deur die netting op te lig. Sodra almal in is, kry die ape nie die plat getrapte vuik oop nie, en jy kan die hele trop so uit wis

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Vanghok vir blou ape
Baie baie dankie Mac, ek gaan sommer die naweek begin bou
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Vanghok vir blou ape
Mac se idee klink puik. Die idee is om hulle leergierigheid "positief" aan te wend.
As jy hulle uitdun, doen dit altyd daar waar hulle pla. Dan leer die oorlewendes (agtergeblewenes?) om daardie plek te vermy. Dit help dus nie om hulle byvoorbeel by hulle slaapplek uit te dun nie. Dit leer hulle net om skelm te wees...