Geweer Koop 2013

Post Reply
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Geweer Koop 2013

Post by Mauser_Werke »

n Geweer koop is n groot en moeilike saak. In die ou dae toe ons met die "Ingilse" baklei het het ons Oupa's (baie is nou Oupa Grootjies en so aan) hulle hardvierdiende Ponde uitgehaal en hulle eie 7X57 Mauser gekoop. Die geweer het alles gedoen want dis al wat daar was. Hy het die beesdief geskiet, die "feinvleis" huistoe gebring en ook biltong. Hierdie gewere het deel van ons kultuur geword. Later jare het die ou "Army" .303's vir die "Skiet Kommando's" gegee; en daardie Kommando idee was n Britse tipe "Klub" idee waar mense byeengekom het en baie patrone uitgeskiet het en baie goeie skuts geword. Hierdie tyd waaar ons baie geskiet het sonder dat dit ons iets gekos het was wat die ouer geslag praat van as die goeie ou dae - Hulle is nou verby. :(

Toe kom die "intermediate jare" en hulle is begin deur n baie groot gees in die geweer wereld en dit was Oom Dokter Lukas. Hy het ons geleer dat ons baie lief mag word vir ons gewere en dat die gewere goeters van die hart kan word. Dit was n lang stryd gewees want ons het grootgeword dat net vrouens lief is vir tierlantyntjies. Maar Oom Dokter Lukas was n baie slim bemarker en sy eerste winkel daar by Florida Meer was die land se eerste "designer gun shop" waar jy mooi skoene kon koop om by die geweer band te pas en dan die mooi geweer vashou, voel, ruik en dan op besluit. Dit was mooi jare want dit het my gewys dat ek nie met die klein dorpie "altyd de moer in beter weet en wil jou n berg geld vra handelaar" te deel nie maar met iemand wat iets vir jou wil pas. Nou kon ek ook sommer baie meer gewere besit.

Nou ja nou is ons by die wereld gaan sy gat sien clown jare waar elke geweer eienaar wat wettig is n verskuilde vroue slaner en kinder molesteerder is en waar jy allerhande ander papiere moet invul om gewere te kry wat dan deur kenners afgekeur word wat biltong uit n vacuum sakkie eet. Om meer gewere te he vandag moet jy aan n paar vereistes voldoen - naamlik meer geld he tot jou beskikking want jy gaan een of ander tyd vir Martin Hood of een van daai manne bel om n hof oorlog te begin waar jy dan bewys dat jy nie n vroueslaner; kinder molsteerder; AWB veldpredikant of n clown is wat pille drink en skole aanval nie maar net die ou wat daarvan hou om in die bos te gaan loop en dan n biltongtjie te skiet - dis nou die tyd waarin ons is. So met die agtergtrond is jou keuses beperk. So dink baie mooi wat jy koop; by wie jy dit koop & vir wat jy dit gaan gebruik. Lekker koop!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by FHM »

Ek het lekker gelees aan die sentimente van jou.
Dankie vir die gedagte deel ;)
Ja dis vandag makliker om n Mercedes SLK of n 2 milj huis te koop met n strond krediet rekord as wat dit is om n geweer te koop.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by Hennie Dreyer »

Baie mooi en 'subtiel' gestel, Mauser. Soms wonder ek maar net of die hedendaagse wetmakers maar nie net hul eie kultuur weerspieel in die wette wat uitgebring word nie. Voorheen was daar nie die vorm van paranoia nie, en wetstoepassers was oor die algemeen effektief en konsekwent.

Aan die positiewe kant: ten minste kry ons darem hul 'goedkeuring' om vuurwapens te besit - al gaan dit gepaard met humilierende bewyslewering ens....... ++>:
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Geweer Koop 2013

Post by HennieC »

Baie ware woorde.
Hoe meer skuld jy het hoe groter skuld kan jy kry.
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by Mauser_Werke »

Noudat ons in the “clown jare” sit waar ons sukkel om ons siele te kry en waar dominies nie meer preek nie maar “overhead projectors” gebruik wat ons lesings gee en al sulke ander goed wat basies vir ons se dat ons almal mal is; is daar tog n paar van ons oor (en ek dink baie meer as wat mense daarvan hou) wat van skietgoed hou.

Nou as n jong ou wat so 22+ is en laas toe hy 16 was met sy oom se neef se .303 n skoot geskiet het en dan nou voel hy wil n geweer koop en gaan jag of sommer net teiken skiet dan moet hy deur n paar hoepels spring en op n slim manier gaan geweer koop – want jy kan net twee koel gewere kry om mee te gaan gleentheid jag of geleentheid teiken skiet.

Nou voor jy eers gunshop toe loop met jou Mastercard gaan kry maar eers daai kompetensie want dis waar alles gaan begin en dan ook moet jy wegsit vir die kluis en daar is baie goeie tweedehandses.

Nou as jy by die geweer kom dan is jou eerste hoepel die kaliber.

Nou kaliber is soos die vrou van jou drome. Of ene met groot kanne, of klein kanne. Of ene wat net bysteke het. Dan ook haar styl; soek jy een wat aantrek met n tweede verband op jou huis of een wat net van jeans hou met sneakers. Soek jy een wat haar hare opmaak of een wat sonder daai tierlantyntjies is. Dis nou die looks. Nou kom die siel. Soek jy een wat kompleks is en goete lees soos gedigte of soek jy een wat werk soos jou Toyota Hilux?

Hier sal ek se ons almal wil n biltong skiet, n teiken omkap en sommer net tyd kan deurbring en jy het so baie keuses soos die Sjinese Populasie. Hier is Oupa se raad belangrik en ek dink jy moet die Tennis tot Krieket Ball size grote koop en dis nou se die .308 - .270 & .30 – 06 daai klas van dinge. Maar as jy na die patrone se pryse kyk dan moet jy baie meer budget ook. Nou tussen daai drie kan jy alles skiet behalwe die groot goed – hulle het die sokker bal size nodig en is baie duur. Nou voordat ons nou die polemiek van slaankrag of van trajek of van grein en die goed kyk werk dit eintlik so:

As jy nie vir die eerste nuwe geweer twee Saterdae n maand en 200 patrone in daai maand kan brand vir die volgende 6 maande nie dan is dit beter om niks te koop nie. Die .270 / .308 of 30 – 06 koel skiet almal ewe dood as die patroon die goed tref wat dit moet. So jy moet baie kan oefen en nie die oggend voor jy gaan jag nie want dan gaan jy n gat van jouself maak en die geweer moet blameer. Onthou dis die moer agter die roer. Jou teleskoop mag ook nie minder as die geweer kos nie want dan kan jy nie die patroon gaan sit waar hy moet wees nie.

So dalk is dit vir eers beter om al hierdie goed te los en eers die ou .22 bysteek te koop en dan duisende rondtes gaan uitoefen en oor n jaar en as jy dan goed voel en kan skiet dan gaan soek jy jou droomgeweer onder die Tennis tot Krieket Ball size grotes. Want jy kan net so goed jag met enige jagkaliber as wat jy kan skiet. Jy kan net goed skiet as jy kan oefen & jy kan net met n bysteek oefen as jy nie Harry Oppenheimer se nefie is nie.

Lekker skiet & die boodskap hier is koop wat jy voor lief is; oefen met haar; verstaan mekaar en word goed vir mekaar. As jy haar gereeld op die regte plekke skoonmaak en olie smeer sal sy jou baie goed behandel. En omdat julle mekaar so goed ken en lief is vir mekaar sal sy partykeer ook opstaan en iets vir jou skiet wat jy nie geweet moontik is nie. Dan kan jy deel word van ons voorvaders se legendes – want hulle kon skiet; met een geweer, 1 kaliber en as hulle moet ook bietjie oorlog maak en beesdiewe bydam.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by FHM »

Ek laaik dit wat jy skryf baie man!

Wonder nou-net hoe sal seker manne hier nou voel...die 22.250 en daai .2 klasse is dan mos bysteke...ek dink Blok gaan eerste kapsie maak...ek hou die spasie deffenetief dop!!!! KRY POCORN ! ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by Mauser_Werke »

FHM wrote:Ek laaik dit wat jy skryf baie man!

Wonder nou-net hoe sal seker manne hier nou voel...die 22.250 en daai .2 klasse is dan mos bysteke...ek dink Blok gaan eerste kapsie maak...ek hou die spasie deffenetief dop!!!! KRY POCORN ! ++>:
Eintlik het ek vergeet hy is n perdeby daai een! ++>: En hy steek baie lekker! ;D
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by NEGE3 »

Dankie. Mooi gestel. Maar wat doen jy nou as jy 'n veel wywer is. Dan is net een vrou mos nou 'n probleem. :-[
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by Mauser_Werke »

NEGE3 wrote:Dankie. Mooi gestel. Maar wat doen jy nou as jy 'n veel wywer is. Dan is net een vrou mos nou 'n probleem. :-[
Groete.
Vat jou hart se lyding en hou Salomo en sy Pa Dawid se uitkyk as dit by gewere kom
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Geweer Koop 2013

Post by NEGE3 »

Mauser_Werke wrote:
NEGE3 wrote:Dankie. Mooi gestel. Maar wat doen jy nou as jy 'n veel wywer is. Dan is net een vrou mos nou 'n probleem. :-[
Groete.
Vat jou hart se lyding en hou Salomo en sy Pa Dawid se uitkyk as dit by gewere kom
Wyse woorde.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Post Reply