Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post Reply
Delrico
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am

Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post by Delrico »

Het enige iemand ondervinding van hierdie teleskoop. Wat is julle opinie?

My oë wil nou nie meer die teiken duidelik sien op 300m met die Nikon Monarch 6-24x50 nie. Saterdag gesukkel om te sien. Ek skiet nou sommer maar na die blurr toe.

Wees dankbaar as jou oë nog mooi kan sien.

Groete

Delrico
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post by Arnold »

Delrico, beter glas en hoër vergroting moet nie verwar word nie!
Swakker glas gaan net vir jou 'n groter blur gee en dit nie duideliker maak nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post by Arnold »

Dit is nie op of die Rudolph of Nikon gemik nie. Ek het nie ondervinding met een van daai modelle nie so kan my nie direk teenoor hulle uitlaat nie.
Ek het al wel goedkoop scopes gehad en het nou effe duurder scopes omdat hulle daai bietjie beter is.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post by JTM »

Ek het onlangs begin skiet met die C1 8.5-34x56. Tot nou toe sukkel ek nog om die scope en kruishaar onder die knie te kry. Enige iets bo x20 werk nie vir my nie.

Ek gaan maar eers die scope weer terug vat en laat Rudolph hulle kyk daarna. Ek glo nie soos die scope tans is, is soos wat Rudolph hullle bedoel het die scope moet presteer nie.
Jannie Welman
Jaco Brink
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Jan 21, 2013 8:09 pm

Re: Rudolph C1 8-34x56 Teleskoop

Post by Jaco Brink »

Delrico
Ek ken nie daardie Rudolph nie, maar het ‘n kleiner een (6-24). Ek is nogal beïndruk met die glas en ek dink vir wat mens betaal is dit uitstekende waarde vir geld.
Die vergroting (34) is baie hoog, dit is nie maklik om daar te skiet nie, als is geweldig steurend self jou hartklop word ‘n probleem, maar dan weer kan jy dit altyd afdraai. Onthou ook dat teleskope se optics beter is kort van maksimum vergroting. Ek het een teleskoop waar dit nie die geval is nie, maar dit is nie hier ter sprake nie.
Die Rudolph wat ek het se kruisdraad is baie dun, as jou oë nou al pla moet jy eers ondersoek of jy die kruisdraad kan sien. Hulle sal ook dikker drade maak. Soos met enige teleskoop as die draad so dun is, moet jy seker maak jy weet hoe om die kruisdraad te fokus. Die gewone goed wat hulle in die instruksies skryf (kyk na die blou lug en fokus die kruisdraad….) werk nie, as jy dit doen gaan die draad wegraak of uit fokus raak op die teiken. As jou oog weer die kruisdraad fokus gaan die teiken blur, en so gaan dit aan tot jy hoofpyn kry of jou oë begin brand.
Laastens (en dit gaan manne kwaad maak maar hier is dit) Nikon maak miskien lekker fotografiese toerusting maar ek was nog nooit beïndruk met enige van hulle teleskope nie. Daar is dit ek het die verbode goed geskryf maar dit is wat dit is. Kyk miskien deur ‘n ander teleskoop en dalk is die teikens vir jou weer mooi.
Ek is seker as jy nie regkom met die Rudolph sal hulle jou regsien, jy weet hulle verkoop nie net die goed nie, maar maak dit ook. As jy ‘n Swarovski, Nikon, Leupold ens koop by enige winkel is die verskil dat hulle dit net verkoop nie maak nie. Dalk het iemand een waarmee jy kan gaan toets hoe dit vir jou werk. Ongelukkig kan jy nie die verskil altyd by ‘n gunshop se deur in die straat af sien nie, dit sal beter wees as jy een kan vat na die skietbaan.
Post Reply