Koedoejag vanmiddag

mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by mariusr »

Wat 'n storie jy verdien daai eland Pieter nou vir die koedoe!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by BRNO (Pierre) »

Jy is reg Pieter. Jy het lekker gejag aan daai koedoe. Geluk by die ongeluk is dat die jag nog nie verby is nie.
Veiligheid eerste manne!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Carl »

Geluk Pieter, mooi storie ek het alweer lekker saam gejag.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by KalahariKlong »

Dankie vir die deel van jou storie, ek het lekker saam gejag.

Groete
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Jake1 »

Mooi geskryf Pieter, jy kan maar regtig vir 'n tydskrif jagstories skryf!

Jake1
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Piet Pille »

More is rondte 2 met daardie koedoe. Hoop ek is die keer gelukkig. Ek hou julle op hoogte van die verwikkelinge.
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Cor Jacobs »

Voorspoed my groot maat!! Ek sien uit na die storie en die fotos!! Sal die rugbytelling vir jou sms..
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by BRNO (Pierre) »

Geniet dit! More kom sit jy fotos op!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Piet Pille »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Geniet dit! More kom sit jy fotos op!
Neeman Pierre jys nou te opdrukkerig- ek gaan jag hom eers more, en dan wil ek nog die rugby highlites ook darem kyk! Gee my darem bietjie uitstel tot so Maandag se kant... ;D ;)

P.S. ....maar baie dankie vir die onwrikbare vertroue in my dat daar wel iets sal wees om af te neem!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by BRNO (Pierre) »

Pieter Vorster wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Geniet dit! More kom sit jy fotos op!
Neeman Pierre jys nou te opdrukkerig- ek gaan jag hom eers more, en dan wil ek nog die rugby highlites ook darem kyk! Gee my darem bietjie uitstel tot so Maandag se kant... ;D ;)

P.S. ....maar baie dankie vir die onwrikbare vertroue in my dat daar wel iets sal wees om af te neem!
;)
Veiligheid eerste manne!
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by 2vierniks »

Mooi kuland jag!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by FHM »

Nee pou Pieta man,, ek het dan nou soortvan gewoond geraak aan die idee dat jy my kudu-jaggids is in die Noorde - nou lyk dit my daai kontrei se kudus begin ruk jou kudu-jag statistieke ook uitmekaar - nes myne... :( Toegegee mater - na sononder jag is n hele ander dimensie. Baie geluk met die eland - klink of julle so bietjie gewerk het vir daai een ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Piet Pille »

Goeie Maandag More Maters,

Ja FHM, my koedoejag het toe maar baie dieselde uitgedraai as die Bulls en Protea games- hard probeer, maar niks om daarvoor te wys nie.... :'(

Het iemand dalk vir my 'n kontak vir "knee-pads"? My kniee is mo&rtoe bekruip! Ek dink daai self-tapering skroef in my regterknie is nou mooi gelyk afgewerk met die been.....lyk of hy versink is soos en hom bekruip het. :o

Right, ons kannie net die suksesverhale vertel nie- mens moet ook vertel van die minder suksesvolle kere..... jag gaan immers tog oor die belewenis, nie net oor die sneller trek nie.

Vir die van julle wat nognie die "lay of the land" ken nie- gaan lees gou "hoofstuk een" vroeer hierdie post- dit was dieselfde land en sweerlik weer dieselfde groepie koedoes..... maar diekeer het ek my taktiek aangepas- ek gaan nie weer op teen die berg om te kyk waar die koedoes inkom nie- dit was laaskeer te ver van die land af om te loop en die donker het my gevang. Diekeer loop ek teen die Oostelike grens langs die land op en gaan wag dan in die noord oostelike hoek van die land onder 'n bos tot hulle inkom, en bekruip dan van daar af... Die wind waai noord--wes, so hulle kan my nie ruik nie.

Soos julle sal onthou, het hulle laaskeer in die suid-weslike kant ingekom en kon ek nie die 2km of wat vinnig genoeg afle om betyds in posisie te kom voor dit donker was nie.
Maar die plaasboer verseker my hulle kom nou van die berg af in. So ek is reg vir hulle.
Ek le onder 'n bos en fynkam die boslyn met my verkyker. Niks. Die .375 is honger vir aksie na 'n maand se afskeep. Ek ook. 'n Dik varksog verskyn so 30m van my af uit die land uit en tempteer my selfbeheersing, maar verdwyn voordat ek die slot toedruk. 'n Skoot nou sal al die koedoes wegjaag. Die son verdwyn agter die berg en ek weet daar is maksimum nog so 35min se werkbare lig oor. Vanaand is daar geen maan om my te help nie.

Ek speel met my rangefinder.... 100m tot by die groot boom aan die noordelike sy vd land. Die noordwestelike hoek van die land is 244m ver. Die oorkant van die land is te ver om te range...
Twee fisante skrop nie 10m van my af nie. 'n Groot duiker ram kom stap die land binne regoor die boom 100m van my af. Toe sien ek hulle. 6 van hulle waarvan ten minste 3 groot bulle is. Presies waar hulle laas ingekom het- die suidwestelike hoek- diagonaal van my af waar ek in die noord -oostelike hoek sit....

So much for comming in from the nortern (mountain) side!! Poephol.

Die mielies is skaars 60cm hoog en bied nie veel dekking nie. Dit is al lekker donker. Ek hou teen die bos lyn en stap vinnig tot by die noordwestelike hoek. Toe stadig op die rand vd land langs suid teen die westelike sy af. Nog 200m en ek harloop uit dekking uit. Nou is dit hande-kniee verder van hier af. Hulle is seker nog so 400m weg. Ek kan net hulle silouette uitmaak. My rugbyknie protesteer op die harde grond.
...100m weg maar te donker om uit te maak. Ek sien die swart kol deur my scope, maar kannie uit maak wat is voor en wat is agterkant nie. skuifel nog nader...

BWOH!! blaf 'n koedoe vlakby my wat net langs die land in die bos staan. Seker nie 20m van my af nie. Mielies kraak en die stof fladder. Ek kan net-net die wit stertjie uitmaak toe die laaste bul verby my hardloop en deur die nag ingesluk word.

Ek staan en luister na die stilte met 'n naguiltjie wat dit waag om iewers weer sy stem te laat hoor.
Stadig stap ek die kilometer terug na waar ek my bakkie gelos het terwyl ek probeer dink wat ek anders kon gedoen het om dalk suksesvol te kon wees...

As die wind saamspeel sit ek volgende saterdag in die middel van daai land en wag by die miershoop. As Moses nie na die berg kan gaan nie, moet die berg maar na Moses toe kom!

Wag maar ek sal hulle kry!

P.S. Franno, ek hoor hard en duidelik weer jou woorde daai aand in die voorsit: " As ek maar net nog 10min se lig gehad het" ;)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by FHM »

Pieter Vorster wrote:Goeie Maandag More Maters,

Hehehehe, ja nee maat - elke dag jag-dag maar nie elke dag skiet-dag nie - onthou jy nog...bly om te sien ek is nie die enigste BOKS wat n storie van n mislukte jagpoging plaas oppi werf nie ;) Lyk my die kudus daai wereld kry meer as genoeg voordelige wegkom-kanse die jaar met ons twee. Die wiel draai...wag maar net! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by Smiley »

Pieter, jammer volgende keer. Stry maar dit was nogsteeds lekker.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Koedoejag vanmiddag

Post by 2vierniks »

Altyd lekker om jouself teen hulle te toets! Hoe voel daai hoendervleis as hy so naby aan jou blaf! Uitstekend!
Post Reply