.22

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

.22

Post by Cobus(Cobb) »

Ek weet almal op die forum skiet net kopskote,en dan ook net in die linkeroog. Maar as 'n ou nou 'n lyfskoot moet waag...sê 100m...sal 'n gewone .22 subsonic 'n sekelstert bobejaan kan omrol??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: .22

Post by Nico Harris »

Nie sommer nie.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: .22

Post by mariusr »

Nee sal dit ook nie waag nie veral op 100 meter! Hy gaan hol en jy sal moet soek sal seker later eers vrek!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: .22

Post by Cobus(Cobb) »

Dankie manne....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: .22

Post by HennieC »

Hi Cobus
Onthou ek het 'n 223 waar moet ek kom help bobejane skiet?

Groete
Hennie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: .22

Post by Cobus(Cobb) »

HennieC wrote:Hi Cobus
Onthou ek het 'n 223 waar moet ek kom help bobejane skiet?

Groete
Hennie.
Nee chom, ek sit gister en vandaag daai blou ape so en dophou, hulle "onthou" my so amper van laas somer, maar hulle is redelik mak en widgat soos blou aap maar is...ek skiet hulle mos maar op met die .22 subsonic...sommer vinnige lyfskote ook maar soms, dis bleddie mooi as daai ding daar HHHHOOOOOGGGG uit 'n boom uit tumble...(net jammer een of ander groen bool het nou vir my 'n stokkie voor my .22 gesteek)...toe dink ek maar oor Bobbejane en wonder of so vinnige lyfskoot hom sal rol??

Waar kom die storie vandaan dat aap of bobo, die koeël wil uitgrou en sodoende sy eie ingewande uitkrap??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: .22

Post by Cobus(Cobb) »

Piet-Skiet wrote:So ver ek weet is blou aape beskerm? Bobejaane is nie? Nie 100% seker nie mar dis hoe ek dit het.
SCHEDULE 8
PROBLEM ANIMALS (SECTION 56)
chacma baboon Papio ursinus
vervet monkey Cercopithecus pygerythrus
black-backed jackal Canis mesomelas
caracal (red lynx) Felis caracal
bush pig

Pieta, as ek sê Blouaap, bedoel ek Vervet....vir my is dit die selle ding.
Dis mos 'n problem child(animal)
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: .22

Post by Cobus(Cobb) »

CITES....SCHMITIES....nee wat, pomp hulle vol lood, Gauteng/Transvaal Orinansie sê jy kan hulle maar moer....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: .22

Post by mariusr »

Vervet monkey en blou aap is die selfde ding weet dat die samango aap weet nie of ek nou sy naam reg spel is beskermd het hulle al daar naby lydenburg en st lucia gesien!
Last edited by mariusr on Sun Aug 18, 2013 10:36 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: .22

Post by Cobus(Cobb) »

as jy name van blouaap en vervet verglyk...daai mamalia/specia/genus goed..dan is daar 'n verskil...maar ek dink dis tegnies...wie kan beter info kry en deurgee?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .22

Post by tripodmvr »

Vervet = blou aap.

Die Samango aap wat Mariusr van praat dink ek is beskermd in sy streek. Let op dat daar in Limpopo nie meer probleemdiere is nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: .22

Post by Eugene »

Cobus, .22 Hornet werk lekker op blou ape. My verste skoot was 150m, maar sal waarskynlik verder ook werk. Ek gebruik 45gr PMP koeels. 'n Bobejaan is 'n taai ding, het nog nie lyfskote probeer nie, maar wel kopskoot op so 125m en dit was genoeg.
Aim small, miss small
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .22

Post by Geno »

Piet-Skiet wrote:Is die goed nie onder CITES nie?
Pieta,
CITES is vir die handel in sekere spesies, dws uitvoere na ander lande.
http://www.cites.org/eng/disc/what.php

Nog iets,
Blou ape is nie op CITES se lys nie.
Goed, beter, 6millimeter!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: .22

Post by Dawie Malan »

Blouaap is nie beskerm nie, Samango aap wel.

Groete

Dawie
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: .22

Post by molopohunter »

CITES is nie van toepassing as die dier uitgevoer gaan word nie. Primate is wel schedule 2.

Dit hang van provinsies af, maar die vervet is die blou aap en mans kan hom in die ou Transvaal wet skiet.
Dink dit van onder ord. 19 van 1983? As ek nou reg onthou.

Groete,
Peet
Last edited by molopohunter on Mon Aug 19, 2013 8:58 am, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .22

Post by Geno »

molopohunter wrote:Primate is wel schedule 2.
Vanaf: http://www.cites.org/eng/app/appendices.php

Cercopithecidae Old World monkeys
Cercocebus galeritus
Cercopithecus diana
Cercopithecus roloway
Macaca silenus
Mandrillus leucophaeus
Mandrillus sphinx
Nasalis larvatus
Piliocolobus kirkii
Piliocolobus rufomitratus
Presbytis potenziani
Pygathrix spp.
Rhinopithecus spp.
Semnopithecus ajax
Semnopithecus dussumieri
Semnopithecus entellus
Semnopithecus hector
Semnopithecus hypoleucos
Semnopithecus priam
Semnopithecus schistaceus
Simias concolor
Trachypithecus geei
Trachypithecus pileatus
Trachypithecus shortridgei
Ek sien nie blou ape op die lys nie...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: .22

Post by molopohunter »

Geno wrote:
molopohunter wrote:Primate is wel schedule 2.
Vanaf: http://www.cites.org/eng/app/appendices.php

Cercopithecidae Old World monkeys
Cercocebus galeritus
Cercopithecus diana
Cercopithecus roloway
Macaca silenus
Mandrillus leucophaeus
Mandrillus sphinx
Nasalis larvatus
Piliocolobus kirkii
Piliocolobus rufomitratus
Presbytis potenziani
Pygathrix spp.
Rhinopithecus spp.
Semnopithecus ajax
Semnopithecus dussumieri
Semnopithecus entellus
Semnopithecus hector
Semnopithecus hypoleucos
Semnopithecus priam
Semnopithecus schistaceus
Simias concolor
Trachypithecus geei
Trachypithecus pileatus
Trachypithecus shortridgei
Ek sien nie blou ape op die lys nie...
Sien ook nou daai ding. Ek het nog die 2011 CITES lys en hulle se net alle primate. Seker maar af gehaal.
Natcon gee ons maar nog steeds problem as buitelanders die goed wil uitvoer, so kop is nou lekker deur mekaar.
Dankie dat jy dit uitgewys het Geno.

Peet
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: .22

Post by mariusr »

Samango aap!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: .22

Post by Eugene »

Piet-Skiet wrote:Sorry my fout. In daai geval looi hulle. Ons het hulle lankal uitgeskiet an ons kant. Ek weet daar waar ge` bly is nog 'n klomp. As hulle eers mak is maak hulle groot skade in 'n man se huis.
Dis presies wat by ons gebeur op die plaas! Toe die eerste paartjies hulle opwagting maak, was hulle baie oulik en wou my "diereliefhebber" moedertjie, nie gehad het ons moet hulle skiet nie, nou is daar meer as 'n 100 en hulle het die ruigtes teen die rivier ingeneem en raak nou astrant by die huise! Hulle het selfs al een van my ouers se honde aangeval... Danksy die Hornet en 'n KD, maak ek gereeld op naweke so 10 op 'n slag minder...
Aim small, miss small
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: .22

Post by Riaan Beeslaar »

Mooi so Eugene, looi hulle.
Hier by ons in Tzaneen is hulle net so pes, maak baie skade in die vrugteboorde.
Hulle mors verskriklik, pluk die mango en avos af gee net een byt en gooi dit dan neer en pluk die volgende vrug.
Hier by my proe die blou ape ook gereeld lood.
Groete
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: .22

Post by Hein22 »

Ek het al baie bobbejane met .22 geskiet (groot mannetjies ook). Al die skote was nader as 40m en met 'n hart/long skoot werk dit goed. Ek sal egter nie na hom skiet op 100m nie.
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: .22

Post by Geurt »

Riaan Beeslaar wrote:....Hier by ons in Tzaneen is hulle net so pes.....
Hmmm, so in die middel 80 tot 90, het ons hulle lekker onder beheer gehad daar by Westvalia en so paar omliggende plasies. Ek, Frik Sceepers (wat vir Stefan Lombard by Lombard Uitrusters gewerk het) en manne van Westvalia self, het die klomp op baie Saterdagmiddae met so paar 12-boor haelgewere, tog te lekker uit die avo bome gehou. Ons het hulle werklik goed onder beheer gekry totdat daar so navorser sy meesters en doktoraal se navorsing daar kom doen het en dis toe waar ons toe nie meer by Westvalia die goed kon omklits nie. Het toe maar oor getrek na Letsitele vallei en dit daar vir hulle warm gemaak en later ook by my neef, Dok Johan Homan se plasie, die ouens goed laat les op sê.

Groete
Post Reply