Nuwe aansluitings
- Skaapwager
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Wed Dec 12, 2012 9:30 pm
Re: Nuwe aansluitings
Goeie naand. Ek kom van 'n plaas in Vredendal en bly tans in Durbanville. Ek hou nie van gewere en jag nie, maar het Skaapwagter gegoogle en gesien daar word hier op Jaracal daaroor gepraat. En toe kom kyk ek wat aangaan...
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Nuwe aansluitings
So vermoed, daarom hoop ek werklik jy voel baie onwelkom hierSkaapwager wrote: Ek hou nie van gewere en jag nie
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Nuwe aansluitings
En toeSkaapwager wrote:Goeie naand. Ek kom van 'n plaas in Vredendal en bly tans in Durbanville. Ek hou nie van gewere en jag nie, maar het Skaapwagter gegoogle en gesien daar word hier op Jaracal daaroor gepraat. En toe kom kyk ek wat aangaan...
- Skaapwager
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Wed Dec 12, 2012 9:30 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hallo Jakkalsgat
Inteendeel, ek geniet dit nogal ;-)
Groetnis
Santie
Inteendeel, ek geniet dit nogal ;-)
Groetnis
Santie
- Katefbessie
- Hero Member

- Posts: 778
- Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Re: Nuwe aansluitings
Geniet dit om jou produkte te bemark ja
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
- Skaapwager
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Wed Dec 12, 2012 9:30 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hallo Ruan
Nee, dit is meer die mense se gedrag wat ek geniet. Vind dit fassinerend!
Nee, dit is meer die mense se gedrag wat ek geniet. Vind dit fassinerend!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nuwe aansluitings
Santi, sonder om ongeskik te wees of jou onwelkom te laat voel, maar hierdie is 'n forum vir jagters en geweerliefhebbers. Dis nie die junkmail of gumtree nie. As jy nie van jag en gewere hou nie, waarom is jy hier? Behalwe om jou produkte te bemark, soos Ruan tereg sê...Skaapwager wrote:Goeie naand. Ek kom van 'n plaas in Vredendal en bly tans in Durbanville. Ek hou nie van gewere en jag nie, maar het Skaapwagter gegoogle en gesien daar word hier op Jaracal daaroor gepraat. En toe kom kyk ek wat aangaan...
Wat jy hier probeer doen, gaan jou produk meer skade as goed doen, want jy forseer ongevraagd jou bemarking in mense se kele af, terwyl die reels van hierdie forum baie duidelik is...
Beweeg eerder aan en toets daai bemarkingskills van jou op 'n ander plek. By die Probleemdier Liefhebbers Forum van ou Bool, mag jy dalk 'n beter verwelkoming kry. Hulle spesialiseer ook in "nie-dodelike" metodes wat nie werk nie....
Sterkte en groete...
Aim small, miss small
- Skaapwager
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Wed Dec 12, 2012 9:30 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hi Eugene
Dankie vir die verwysing, ek waardeer dit.
Groetnis
Santie
Dankie vir die verwysing, ek waardeer dit.
Groetnis
Santie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hallo Santie
Eerstens wil ek jou welkom heet hier op Jaracal. Ek hoop van harte jy gaan dit geniet vir die regte redes en moontlik sal mede forum lede baat kan vind by jou ook.
Soos reeds aan jou genoem per PM en net vir mede forum lede se onthalwe is alle skrywes wat te make het met bemarking van n besigheid verwyder. Indien Santie-hulle dit goed dink om wel advertensie spasie te bekom sal hulle kan voort gaan met skrywes in die verband.
Mense tot nou toe het Santie almal met respek en agting hanteer so ons kan net vra dat dieselfde gesindheid van almal aan die dag gele word teenoor haar.
Ons moet verstaan dat hierdie forum tot stand gekom het met probleemdier bestryding ingedagte en maak dit nie saak waste metode dit behels nie. Almal is natuurlik geregtig tot sy standpunt of opinie maar weereens versoek ons net dat elkeen dit met die nodige respek en agting weergee.
Santi in dieselfde asem moet jy besef dat hierdie forum ook wel grotendeels gegroei het in n jagters en wapen liefhebbers kuierplek en dat die meeste mense hierdie passie vurig deel. Met al die druk op die spesifieke lewensstyl kan jy ook net verstaan dat mense die een plek waar hulle veronderstel is om dit in vrede te kan deel met vurigheid sal verdedig. So dit is seker geensins moeilik vir jou om te verstaan dat persone enige persoon wat hierdie passie nie deel en die platvorm wel gebruik vir eie gewin met agterdog sal hanteer nie.
Groetnis
Wouter

- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Nuwe aansluitings
Mooi ge spreek Wouter.Ek dink die manne is maar n bietjie "Jumpy" as hulle dink hier is n "Greenie" wat kom peuter
- Skaapwager
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Wed Dec 12, 2012 9:30 pm
Re: Nuwe aansluitings
Thanks Wouter, jy's 'n goeie moderator. Het gedink het ek gaan dalk self 'n skietding nodig kry... :-)
Groetnis
Santie
Groetnis
Santie
-
hermaans
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Fri Aug 16, 2013 7:49 pm
Re: Nuwe aansluitings
dag almal.Ek is n boer van Helmeringhausen Namibie. Jag al die laaste 20 jaar jakkalse in die nag met n sukses van so 90 %. Gebruik ma n .223 ,243 en .308 as wind waai
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom Hermaans, ons groepie Suidwesters raak by die dag groter. Lekker plek die jaracal forum.
Geniet dit en gesels lekker saam.
Geniet dit en gesels lekker saam.
-
Kosie777
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Sat Aug 17, 2013 11:09 pm
Re: Nuwe aansluitings
Dagse Kerels. Bly om n forum te kry waar jou eie taal gepraat kan word. Stel belang in God, visvang, jag en oorlog. Dankie vir die kans om saam te kan praat.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Nuwe aansluitings
dagse aan al die nuwelinge
welkom hier en geniet dit.
welkom hier en geniet dit.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
Toppie201
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Wed Apr 10, 2013 7:26 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hallo almal ek is ook n nuweling hier,en ek is ook nou nie n regte boer soos julle ouens nie, het maar net n kleinhoewe.Probeer maar iets hier aan die gang kry.Het ook nie eens n regte geweer nie,maar n paar pcp airguns en verslaaf geraak daar aan opm mooi gewere te he en te skiet.Meskien eendag koop ek dalk n regte geweer.Op die oomblik is dit vir my lekker om saans op die stoep te sit en goed stukkend te skiet,dink net nie ek sal dit hier by my kan doen met n regte geweer nie.Ek het nooit besef n paar jaar terug dat airguns kan so kragtig wees soos die nuwe pcp airguns nie,maar ok ver nie soos n regte gun nie.Dankie vir al die inligting en raad op die form,het nou al baie gelees daarvan.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
- SAHunter
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Mon Aug 26, 2013 9:02 pm
Re: Nuwe aansluitings
Bly te kenne.
Dit is altyd lekker om met mense wat dieselfde belangstellings deel, om die kampvuur te gesels, raad te vra en ook te deel indien jy iets kan bydra. Ek sien uit na ons gesprekke.
Groete
Dit is altyd lekker om met mense wat dieselfde belangstellings deel, om die kampvuur te gesels, raad te vra en ook te deel indien jy iets kan bydra. Ek sien uit na ons gesprekke.
Groete
SA Hunter
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
.22LR Anschutz 1712
Sako 75 in 2506REM
Cooper Model 52 Jackson Game in 270Win
Musgrave in 3006Springfield
Beretta 692 Sporting 12 gauge
Beretta Silver Pigeon 12 gauge
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom aan al die nuwe lede, ek hoop julle geniet die forum
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Nuwe aansluitings
Goeie more almal,
Ek bly in Bloubergstrand en jag al van kleintyd af. Ek het onlangs die skiet stokperdjie ernstig begin opneem deur te begin herlaai ens. Baie dankie vir die forum en die kennis wat almal deel, ek geniet dit baie om dit te lees en leer baie!
Maak mooi!

- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Nuwe aansluitings
Hi julle. Ek lees al vir n geruime tyd die forum en moet se dit is altyd baie interessant vir my. Ek bly in Alberton en jag al vir 30 jaar as ek daai eerste vlakvark tel wat ek op 6 geskiet het in Alldays. Ek het n paar wapens 38spl, 243 win, 7x57 mauser, 300wsm, 404 Jeff en n 12 boor. Ek herlaai vir alles behalwe die haelgeweer-vir so die laaste 13 jaar.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1097
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Nuwe aansluitings
Nog n Dries
Baie welkom hier, glo jy sal dit hier geniet. Sit n foto of twee op.
Baie welkom hier, glo jy sal dit hier geniet. Sit n foto of twee op.
-
boontjie
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Thu Aug 29, 2013 3:07 pm
Re: Nuwe aansluitings
Goeie Môre almal,
'n Pel van my, DanieDuP het my verwys na die forum. Hy vertel my altyd hoe baie hy leer by al die manne(en vroue) wat weet waarvan hulle praat. Die bietjie wat ek al gelees het op die forum, het my vinnig oortuig om deel te raak van die familie. Ek mal oor jag en visvang en om dit te doen saam met goeie vriende en familie.
Ek sien uit om meer te leer van al die kenners.
Lekker dag vir julle almal en geniet die naweek.
Groete
Boontjie

- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Nuwe aansluitings
Welkom Boontjie
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom, Boontjie. Vertel sommer vir ons waar jy bly en watter "gunne" jy het.