338 Lapua

Post Reply
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

338 Lapua

Post by Roger »

hi,

Ek het gaan loer en sien net die tactical tipe gewere. Kry jy hulle in tradisionele / klasieke tipe gewere? Safari tipe.

Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 338 Lapua

Post by Roger »

Volgende vraag, kan iemand n leek soos ek verduidelik die verskil tussen 338 Lapua en 338wm?

Ek verstaan Lapua skiet vinniger as wm, maar wat anders?

Is daar n groot prys verskil in die geweer en in die rondtes?

Hoekom ek vrae het is ek wil iewers in volgende jaar as finansies dit toelaat n langer afstand geweer koop. Ek het gedink n 300wm maar n vriend het voor gestel ek kyk na die 338.

Dankie,
Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13590
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 338 Lapua

Post by Capt. Yoda »

Roger die 338Lapua doppe is baie duur jong.Dink hulle is hier by R 4000 vir 100 (lapua)
Ek is ook nie seker of ons Somchem kruit die 338 Lapua tot sy volle reg laat kom nie

Die 338 L gebruik ook baie meer dryf middel as die WM en hy gaan ook meer skop
Die 338L geweer self gaan ook baie meer kos as n 338WM

In die US vergelyk hulle die 2 se spoed met n 250gr koel so

.338 win mag w/ 24'' barrel
250g - 2,655 ft/s

.338 Lapua w/ 26'' barrel
250g - 3,000 ft/s


Ek is seker die manne wat hulle het sal jou kom help met jou vrae
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 338 Lapua

Post by Geno »

Roger wrote:Kry jy hulle in tradisionele / klasieke tipe gewere? Safari tipe.
http://www.montanarifleco.com/custom.rifles.html

http://www.montanarifleco.com/DGR-%20338%20Lapua.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3976
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 338 Lapua

Post by tau »

Het 'n Sako gesien met gewone sintestiese kolf in .338 Lapua . Blykbaar was dit van die eerstes en word hulle nie meer gemaak nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: 338 Lapua

Post by SV MAD (Henk) »

Kyk na 7mm Rem Mag, goedkoper en ballisties net so goed
ek soek nog wapens...
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 338 Lapua

Post by Roger »

Nee wat, dis heelte maal uit my prysklas uit.

Dankie vir die terugvoering.
Too many to mention ;-)
User avatar
Johan 338
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Fri Jul 08, 2011 8:46 am

Re: 338 Lapua

Post by Johan 338 »

Dagse

Die 338 Lapua is gebaseer op die 416 Rigby dop en is dus n groter dop as die 338wm. Ek self het n 338 Lapua wat deur Truvelo vir my gebou is en geniet die roer baie.
Dit is ook so dat die brass baie duur is maar as n man self laai en sagmaak is die darm nie so rof nie.
Kyk gerus op Wikipidia hoe die wapen ontstaan het.

Groete

Johan 338
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 338 Lapua

Post by Gert Odendaal »

Ek self begin kyk na `n bouprojek vir lang afstand jag, na baie rond kyk en oplees en omdat ek `n .404 Jeffery het wat ek se doppe kan gebruik kyk ek na die .330 Dakota(.338)...hy hardloop nogal naby aan die die .338 Lapua met net baie laer druk as die Lapua...loop lewe is langer, terugskop is baie minder as die Lapua en ek kan hom op `n standaard K89 Mauser aksie/Reminton aksie bou. Daar is dies en necksizers ens. Doppe vir die .404 Jeffery is ook nie onbekombaar nie, ek verwag dat die .404 Jeffery se doppe redelik algemeen gaan raak as ek na die gewildheid van die kaliber kyk, so dit is hoekom ek na die Dakota 330 (.338) kaliber kyk vir `n langafstand geweer. Die Dakota geweer op sy eie en die doppe is baie, baie duur , maar ek gaan die doppe self vorm.

Ek dink ook om `n stapeltipe magasyn kas te bou, die geweer gaan net vir bokke gebruik word, so jy hoef nie baie vinnig te skiet nie...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 338 Lapua

Post by Alwin »

tau wrote:Het 'n Sako gesien met gewone sintestiese kolf in .338 Lapua . Blykbaar was dit van die eerstes en word hulle nie meer gemaak nie.
Dit was die Sako TRG-S. Baie lekker geweer. Die aksie is basies dieselfde as die swaarder TRG-41/42, maar bo oopgesny en ligter gemaak. Prys was die helfte, van die "taktiese" weergawe s'n. Hulle was in ander kalibers ook beskikbaar, het eendag ene in 375H&H gesien.

Die 338LM begin eers tot sy reg kom, verby 500m. Tot op 500m, vir jag-doeleindes, is die 338WM waarskynlik die beter keuse.

Vir normale jag gebruik, is selfs die 338WM nog effens vinnig, veral op korter afstande. Vir skote tot so 200m, sou 'n 250gn .338 koeël, teen so 2350 fps, nogal baie lekker werk. Dis "toevallig" presies wat die 338 Sabi doen. Baie 338WM eienaars laai hul patrone "af" om dieselfde verrigting te kry. Hierdie lading gee uitstekende verrigting (goeie penetrasie, min vleisskade) met "normale" lood/koper koeëls, soos bv Hornady 250 Interlock.

Vir vinniger WM ladings, soos die normale 2600-2700 fps met 250 gn koeëls, moet mens maar eerder na premium tipes kyk.

Ek gebruik 'n 340 Weatherby (338 koeël in uitgeblaasde 375H&H dop) met verminderde lading (soos hierbo), vir bosveld-jag. Die kombinasie is uiters dodelik!

Vir beskikbaarheid van komponente en algemene bekostigbaarheid, is die 338 WM waarskynlik jou beste opsie. Dit kan afgelaai word vir bosveld-toestande, of teen volspoed hardloop vir daai gemsbokke op die verste duin. Baie meer veelsydig, as die ander opsies.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 338 Lapua

Post by Marc »

Hoor bietjie by Willem Immelman oor die 330 Dakota, hy het een gedryf ;) is nie Seker of hy hom nog besit nie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Darrylth
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jun 25, 2013 9:43 pm

Re: 338 Lapua

Post by Darrylth »

'n vriend van my het ook 338 win mag. Hy het gese " i thought it was chambered for .338 but it seems to be chambed for R100 notes"
Dus kant die boerewors gordyn..
Post Reply