Hulp met tierboskatte

FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

More jagters.

Ek sit hier met 2 semi-mak tierboskatte langs my huis. Ek het hulle van kleins af grootgemaak, maar hulle het wild geword.
Die goed vang nou al my ou kapokkies en makoue op. Ek het hulle al probeer vang om te skuif, maar hulle raak so effens geniepsig. Dis tot al 'n risiko vir ou Tjoep, my tuinjong, om sy werk te doen.
Is hier nie iemand wat my kan help, en ondervinding het van 2 makkerige tierboskatte van kant maak nie?
Ek weet die Welkom/ Virginia en Henneman manne sal kan help. Daar is mos baie tierboskatte in hulle distrik, en die velle sal nogal goed lyk op hulle karre se dashboard.

As iemand raad het, deel maar met my asseblief.

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by mariusr »

Fanie van waar is jy? Dink die dieretuin sal hul vat! :):
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

More mariusr.
Ek is van Fraserburg in die Karoo.
Jong, ek weet nie of die dieretuin hul sal vat nie. Ek het erens in 'n boek gelees dat katte sommer gougou sal terug loop. 'n Permanente oplossing is waarna ek opsoek is. Netnou kom die goed terug en verras vir Tjoep. Die jong het hoeka 'n swak hart, netnou dooi die man.

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Jaco Bezuidenhout »

More Fanie,bel vir Stan Man hier in Welkom.Ek weet hy jag jakkalse en katte,weet darem nie of hy semi-mak tierboskatte langs jou huis sal skiet nie..dit het wel gebeur in Welkom-distrik,maar glo nie dit was sy werk nie. Groete Jaco
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Smirre »

Fanie

Jy speel nou letterlik met 'n leeu se bal
Daai katte is "KROONWILD". Jy moet spesiale permitte he om hulle aan te hou. dan nog om hulle te vervoer.
Ek kan nie eers dink wat die boete is as jy hulle skiet nie

As jy hulle wil verkoop, my buurman se seun het van hulle en het permitte...pm my

Smirre
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by mariusr »

My twee neefs het alby plase by Touwsrivier gaan laai hulle daar af! Sal jammer wees om hulle van kant te maak het ook mense geken wat mak een gehad het maar hy later self die pad gevat nooit terug gekom! Hulle vang lekker muise en rotte maar soos jy se jou ganse en eende sal dit nie maak nie! :o weet ook hulle is beskermde wild so jy gaan gaga op tel sonder permitte! :):
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Geno »

Jaco.
Hoekom help jy nie vir Fanie nie? Jy's mos ook daar tussen die torchkoppe?
Goed, beter, 6millimeter!
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Jaco Bezuidenhout »

More Geno,nope ek skiet nie tierboskatte nie-hul is beskermde wild en maak geen skade nie. Weet egter van n torch kop wat hulle so te se langs die boer se huis af gemaai het! Hier in die distrik,ai so jammer. Fanie moet vir natuur bewaring bel,en nie sommer enige aap lat kom nie. Baie mooi diere,hul moet bewaar word.
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Dweetster »

As ek moes kies tussin n tierbos of hoenders? Ek sou die hoenders mis. Darm n mooi dier daai.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Smirre »

Fanie
Nou met my buurman se seun gepraat
Het jy permitte?
Indien ja sal hy belangstel
Indien nie...die boete vir die besit/aahouding van tierboskatte wissel tussen R20 000 en R200 000

Strekte
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

Smirre more.

Nee ek het nie permitte nie. Die katte is nie mak, soos in mak nie. Hulle hol as mens nader as 80m van hulle af kom. Hulle loop hier langs die huis in 'n kol fluitjies-riet. Hulle is nie toegespan nie.

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
stan man

Post by stan man »

more fanie .
ja dit was nogal n gedoente met die 2 mak katte wat geskiet is. daar was n rooikat probleem op die plaas en niemand het geweet van die katte nie .dit was erg deinserig die aand en die katte het gereageer op die geroep.dit was redelike ver skote en die man wat geskiet het,het gedink dit was n rooikat paar. ongelukkig was dit toe anders.
ek het in die tussentyd kontak verloor met die man. laaste wat ek gehoor het ,was dat hy sy gewere verkoop het.
maar terug op jou probleem.ek sou met n ligte hok probeer het om daardie katte te vang. sit n ligte hok met n vals kompartement,waarin daar n petshop hoendertjie is net van jou werf af. hoekom ek se n petshop hoender,is omdat hulle n skerper reuk het as n werf hoender omdat hulle die hele tyd in n hok is en hulle le en loop die heel tyd in hulle eie mis. daardie katte eksperimenteer met prooi op hierdie stadium en dit sal n nuwe uitdaging wees.as die hok mooi versteek is. dit is wat ek sou probeer het.

anders sal ek maar vir jou die kat skieter se nr gee,jy sal vir hom net n roer moet leen.
Last edited by stan man on Wed Jul 24, 2013 12:41 pm, edited 1 time in total.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FCLoretz »

FanieVenter wrote: Ek het hulle van kleins af grootgemaak, maar hulle het wild geword.
Ek het hulle al probeer vang om te skuif, maar hulle raak so effens geniepsig.
FanieVenter wrote: Hulle hol as mens nader as 80m van hulle af kom.
Nou hoe nou Fanie?

hoe is hulle geniepsig as jy nie nader as 80m van hulle af kan kom nie?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

Dankie manne.

FCLoretz,
Ek het hulle een middag in die hoenderhok betrap, toe begin die goed vreeslik blaas en spoeg. Ek het toe maar tereuggehol huis toe vir veiligheid.

Stan man.
Jy praat so oor deinserigheid. Was jy by, of het jy net so gehoor? Ek soek asb tips!

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by mariusr »

Fanie jy laat my nou lekker lag ! Sien al hoe hol jy met twee tierboskatte op jou gat!?
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

mariusr,
Dis nie grappies nie hoor. Daai katte maak die aakligste geluide!
Asb manne. Help my om van die katte ontslae te raak!

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Beretta »

Fanie
Jy moet hulle epol voer net sodra hulle begin lek het om van die smmak ontlae te raak kan jy hulle maar gryp ek het dit al met my en n ander man se oe gesien. Epol werk wonders vir taai katte en honde o ja voor ek vergeet n ander man se vir my hy is verlangs familie van jou en tjoep hy smaak ook epol kwaai maar die gelekery is nogal gevaarlik in die pad met die lorries en die taxis.
Beretta
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

Beretta wrote:o ja voor ek vergeet n ander man se vir my hy is verlangs familie van jou en tjoep hy smaak ook epol kwaai maar die gelekery is nogal gevaarlik in die pad met die lorries en die taxis.
Beretta, more.

Weet jy, nou dat jy dit noem. Ek het 'n neef, Dewald. Baie aangename kêrel. Hy bly iewers in die Rand. Shame, hy hoort eintlik op 'n plaas. Die stadslewe het hom so dol gemaak dat hy regtig sy eiers begin lek het! Ware verhaal!

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by mariusr »

Manne ons lag ons gatte af en maak grappies maar ek sien arm Fanie is paniek bevange! Is daar nie wildsplaas wat hulle sal vat nie!?
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Beretta »

Faantjie
Wat se jy ek sal vir hulle bly plek reel. Tjoep kan saam kom. Ek hoop nie hy is ook n epol man nie. Daar is baie krokodille en hulle laaik nie n epol man so baie nie. Maar bang vir die taxi nagevolge met die lekkery.
Beretta
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by G-force »

Vinnige Fanie bel sommer die knaap.Hy is n moerse nice ou en help graag n boer in nood.
http://www.landmarkfoundation.org.za/about-us.html
Se net vir hom jy het klaar gif uitgesit dus moet hy vinning plan sien.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Beretta »

G- force
Jou yster hoekom het ek nie aan hom gedink nie ;D ;D ek hoor hy is ook n groot epol man.
Beretta
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hulp met tierboskatte

Post by BRNO (Pierre) »

Beretta wrote: ek hoor hy is ook n groot epol man.
Hoor hy help sommer ander epol manne uit as hulle nie self kan bykom om te lek nie.
Veiligheid eerste manne!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by Beretta »

;D ;D ;D ;D ;D lyk my hy is ook n ware heer.
Beretta
FanieVenter
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm

Re: Hulp met tierboskatte

Post by FanieVenter »

G-Force
Baie dankie. Ek sal daai plek bel. Is redelik suksesvol? Ek wil regtig nie sukkel nie. Hierdie katte is 'n gevaar man!

Groetnis
Fanie Venter
Laat hy val waar hy wil!
Post Reply