Vergelyking 22 250 - 270 - 308
-
projag
Vergelyking 22 250 - 270 - 308
So iets om aan te dink:
Hierdie is nou nie verkooppropaganda wat op die patroondosies staan nie maar internasionaal getoets en bewese statistiek:
Geweer 22-250:
55gr.BTSP BK.243 SD.157 Zero 200m
Spoed:3800vps.
100m +.8" 300m -4.9" 400m -15.1"
Spoed:3600vps.
100m +1" 300m -5.6" 400m -17.2"
Vraag: is die ekstra 200vps die moeite werd of werklik 'n waarneembare verskil in praktiese skootplasing.
Maar kyk nou hier:
Geweer 270 Win.:
110 gr. HP BK.352 SD.205 Zero 200m
Spoed:3200vps.
100m +1.3" 300m -6.2" 400m -18.5"
130 gr. SP BK.409 SD.242 Zero 200m
Spoed:3000vps.
100m +1.5" 300m -6.9" 400m -20.1"
150gr. SP BK.462 SD.279 Zero 200m[/u]
Spoed: 2800vps.
100m +1.8" 300m -7.8" 400m -22.5"
Geweer 308 Win.:
110gr SP BK.256 SD.166 Zero 200m
Spoed:3200vps.
100m +1.3" 300m -6.7" 400m -20.4"
130gr SP BK.295 SD.196 Zero 200m
Spoed:3000vps.
100m +1.7" 300m -7.8" 400m -23.5"
150grBTSP BK.349 SD.226 Zero 200m
Spoed: 2850vps.
100m +1.8" 300m -8.2" 400m -24"
Gevolgtrekking: die ou .308 is beslis 'n baie onderskatte kaliber. Vergelyk maar gerus.
Het die 270 vlakte platskiet geweer werklik 'n soveel beter trajek as die 308 soos tradisie dit wil h?. Nee wat julle manne met die 308's moet hulle nie stukkend slaan nie hulle doen als wat die sogenaamde spoedvrate doen en net so goed --- hang net af wie die drywer is.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
projag
Ek het 'n 270 en 'n 308 ek skiet meer met 270 omdat hy silencer op het - jakals ens. As ons gaan jag vat my seun die 270 en ek die 308 meer akuraater kaliber gaan jy sukkel om te kry. laas jaar in die karoo vra die boer my, waarme ek skiet se toe 308 hy se ek moet nader aan hoek skuif is biekie ver. Ek range toe 230 meter. Toe hy weer by my draai se hy ek sien die draad is nie te ver nie.
Punt is as jy geweer het wat gemaklik is vir jou en jy herlaai self kan jy verskei kalibers se trajekte 'copy'.Daarom se ek hou wat jy het en bele eerder in ordentlike herlaai toeristing, koop beter doppe ens, jy gaan baie geld spaar.

tafjak
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
My 308 se spoed is so tussen 3500 en 3700 f/s met 25 dium loop.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Tafjak
Waar is die manne met die datasheets/PC's. Ek sal graag wil weet wat is daai trajek oor dieselfde afstande gemeet. Klink vir my dit moet nader aan die 22 250 s'n wees.
Met al die 308 opgewondenheid is ek nou nie meer seker wat ek wil koop nie. Eers gedink aan 'n 22 250 of 25 06 maar nou is my kop baie deurmekaar.
Soveel vrae soveel antwoorde.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
rednat
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Ek het jou syfers vir mense wat slimmer as ek is gaan wys en hulle stem saam dat dit korrek is.
NB BILLISTIESE STATISTIEK HET BETREKKING OP DIE STANDAARD PRODUKSIE VUURWAPEN.
Dankie. Ek gaan hierdie jagseisoen weer my 308 'n slag uit die kas haal en die 270 laat rus.
Taffie jy moet jou crony se manual lees --- lyk my jy slaan hom agterstevoor op.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Taffie
Moet seker lees 2500 - 2700 anders moet jy my se watse kruit gebruik jy.
Groete
Hein

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
tafjak
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Hein
Ag dit is my geweer en as ek die sneller so bietjie vinnger trek dan is die ou ook vinnger. Ek kan seker maar my eie geweer so vinnig skiet soos EK WIL of hoe. :D

Jammer manne, ek het alweer die die hofie verkeerd gehad, hierdie moes dit onder die lagspiere ding gegaan het.

Groetnis en hy is te koop as julle sukkel met die 22's.
Taffie
N.S. Julle kan maar die 22-250's koop, niks fout met darie roere nie. Julle klomp blikore kan skiet en as jy kan skiet is die roer 'n bysaak. Ek sukkel so bietjie daarom skiet ek met groter goed om die kans beter te maak om te raak.
Ek het net jule been (sien nou eers bene) getrek.

Last edited by tafjak on Tue Mar 03, 2009 12:10 pm, edited 1 time in total.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Dankie vir die info. My behoefte is seker meer om vir nou baanskietwerk te doen en later as ek meer weet van jakkels se kind sal ek hulle wil aandurf met iets ligter/platter/goedkoper ammo
My 7x64 is die geweer waarmee ek jag. Het al alles van Grysbok ( boordvreters) tot Eland met groot sukses gejag. Gebruik 150gr BarnesX met 51.5gr S365 en dit werk lekker. Was al by 53gr. ook gewees sonder te veel druk simptone sigbaar maar my kinders moet ook die jag geniet. Ek het nou 'n 243 ge-erf waarmee hulle skiet.
Christo
Dankie vir die info. My behoefte is seker meer om vir nou baanskietwerk te doen en later as ek meer weet van jakkels se kind sal ek hulle wil aandurf met iets ligter/platter/goedkoper ammo
My 7x64 is die geweer waarmee ek jag. Het al alles van Grysbok ( boordvreters) tot Eland met groot sukses gejag. Gebruik 150gr BarnesX met 51.5gr S365 en dit werk lekker. Was al by 53gr. ook gewees sonder te veel druk simptone sigbaar maar my kinders moet ook die jag geniet. Ek het nou 'n 243 ge-erf waarmee hulle skiet.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Is die 30-06 se optimum koe?lgewig (Musgrave) dan nie 180 gr. nie?
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Christo
Hoe ver beplan jy om te skiet?
Tomma
Hoe ver beplan jy om te skiet?
Tomma
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Tomcat & Projag
Veldskiete is gewoonlik vanaf 50m tot max 320m maar ek is maar sleg met die afstande se kompenserings. My scope het nie die ekstra lyne nie en ook nie "vingeradjust" nie so ek wil poog om so min as moontlik te moet kompenseer.
Vir die res dink ek sal 'n swaarder loop/geweer die ding doen. Ek wil net graag klawerblare skiet op 100m, dooierus, dan behoort die res kinderspeletjies te wees.
Ek het by Chris ?? 'n naam gekry om te bel vir 110gr punte vir die 7x64 (Brenekke) wat ek graag wil probeer. Miskien haal ek die beste vir die baan uit hom nog.
Ek moet eers seker wees van wat ek wil/MOET koop voordat ek verander. Miskien dalk 'n swaarder loop en ander kolf vir eers. Die BRNO was al wat ek kon bekostig so 13 jaar gelede. Sy slot werk baie glader as die 243 BRNO wat ek het.

Kyk die 2 fotos wat ek nou net afgelaai het. MOOI was nog nooit lelik . Wonder wat vra die manne vir die customs
Ek kry nog nie dit reg om die foto's te laai op die posts nie.
http://i659.photobucket.com/albums/uu319/Christoc/Sniperjjwapens.jpg
http://i659.photobucket.com/albums/uu319/Christoc/308sniperjjwapens.jpg
Christo
Ek kry nog nie dit reg om die foto's te laai op die posts nie.
http://i659.photobucket.com/albums/uu319/Christoc/Sniperjjwapens.jpg
http://i659.photobucket.com/albums/uu319/Christoc/308sniperjjwapens.jpg
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
As ek mag vra,waar het jy jou gly in n 22-250 gekry vir jakkals skiet?.Soos die SIR s?,ek het maar n roertjie vir elke joppie.Die 22-250 bly maar n jakkals se tier
As ek my 270 of 308 gryp is dit gewoonlik om iets in die pot te sit
....as die ou vroujtie dan nog kla die vleisie is te so of so,kan ek natuurlik n dinner of nog dikker yster gryp .......afhangende hoe groot ons die gaat in die vel wil h? 
Kom ek waag n stelling:n persoon wat nog nie n 22-250 besit het nie,weet nie regtig wat lekker skiet is nie.Ek het nog nie iemand ontmoet wat n 22-250 besit en nie mal daaroor is nie,ek praat nou karoo wereld.
As ek mag vra,waar het jy jou gly in n 22-250 gekry vir jakkals skiet?.Soos die SIR s?,ek het maar n roertjie vir elke joppie.Die 22-250 bly maar n jakkals se tier
As ek my 270 of 308 gryp is dit gewoonlik om iets in die pot te sit
Kom ek waag n stelling:n persoon wat nog nie n 22-250 besit het nie,weet nie regtig wat lekker skiet is nie.Ek het nog nie iemand ontmoet wat n 22-250 besit en nie mal daaroor is nie,ek praat nou karoo wereld.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Johan
Jy praat waar. Almal wat ek al te?gekom het en bietjie met die meerkat geweerjie (.22-250 Rem.) geskiet het, is mal oor hom. En jy praat van vleis. Daai is ook die kaliber wat my wildsvleisies op die tafel sit. Het al rooihartbees met hom omgedop (kopskote natuurlik), en ek weet van ouens wat self eland met hom geskiet het, alhoewel ek dit as onverantwoordelik beskou, selfs op die rooihartbees. My ou 30-06 werk maar min deesdae.
As jy eers vertroue in daai meerkatgeweertjie het, weet jy wat lekker skiet is. Die .22-250 Rem. word nie verniet as die w?reld se gewildste "varminter" kaliber beskou nie.
Man en jakkals se kjend trek daai klein ko?ltjie darrem lekker.
Caller
Jy praat waar. Almal wat ek al te?gekom het en bietjie met die meerkat geweerjie (.22-250 Rem.) geskiet het, is mal oor hom. En jy praat van vleis. Daai is ook die kaliber wat my wildsvleisies op die tafel sit. Het al rooihartbees met hom omgedop (kopskote natuurlik), en ek weet van ouens wat self eland met hom geskiet het, alhoewel ek dit as onverantwoordelik beskou, selfs op die rooihartbees. My ou 30-06 werk maar min deesdae.
As jy eers vertroue in daai meerkatgeweertjie het, weet jy wat lekker skiet is. Die .22-250 Rem. word nie verniet as die w?reld se gewildste "varminter" kaliber beskou nie.
Man en jakkals se kjend trek daai klein ko?ltjie darrem lekker.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Johan
Kom ek waag n stelling:n persoon wat nog nie n 22-250 besit het nie,weet nie regtig wat lekker skiet is nie.
Jy het defnitief tiermelk in of iets anders.... OF jy het dalk nog nooit met n 243 geskiet nie. Iemand het iets gepraat van onverantwoordelik....
243Tomma243
Kom ek waag n stelling:n persoon wat nog nie n 22-250 besit het nie,weet nie regtig wat lekker skiet is nie.
Jy het defnitief tiermelk in of iets anders.... OF jy het dalk nog nooit met n 243 geskiet nie. Iemand het iets gepraat van onverantwoordelik....
243Tomma243
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Johan
Met my vorige vraag oor die optimum gewig vir die 30-06, nl. 180gr. verwys ek na gelang van die "twist" en nie die geskiktheid vir die soort terrein of wild nie.
Daarom noem ek Musgrave se lope vir jaggewere. Sover ek weet het hulle die lope se "twist" gesny met die idee dat 180 gr. teen die normale spoed van s? PMP se ammo, die optimale gewig vir daardie lope sal wees. 110gr. Gee jou dalk "overspin" en 220 gr. miskien "underspin", maar is 180 gr. die optimale gewig waarby die projektiel behoort te stabiliseer.
In die Vrystaat is dit defenitief nie onwettig om meduim of grootwild met 'n .22 senterslag te skiet nie, net onverantwoordelik. Hier bestaan nie sulke wetgewing wat dit verbiet nie, anders sou ek daatvan geweet het. Ek weet die nuwe Norme en Standaarde vir jag in Suid Afrika, beoog om regulasies in di? verband daar te stel, maar soos jy seker weet is di? wetgewing nog nie gefinaliser nie. Op die Provinsiale Natuurreservate word egter algemene jagre?ls gebruik, wat die gebruik van 'n .22 senterslag (.224) en .243, tot 'n bok met die grote van blesbok en rooibok beperk.
Wetgewing in die Vrystaat laat dit selfs nog toe, dat 'n grondeienaar self kan besluit of hy sal toelaat dat "wild", op sy grond met 'n .22 randslag gejag mag word of nie.

Caller/Projag
Ek dink nie die wild maak al hierdie somme nie.
Dit is algemeen bekend dat die ideale RPM ( rewolusies per minuut ) vir enige koe?l tussen 190000 en 230000 rpm vir die projektiel ( nie die geweer nie ) l?.
Dus: 30 06 met 1op10 twist:
168 gr punt teen 2900 vps = 208800rpm
180 gr punt teen 2700 vps = 194400rpm
dws. albei baie mooi binne die ideaal/optimum. Besluit dus watter punt jy vir jou doel verkies en skiet hom.
As jy jou twist stadiger of vinniger wil h? kan jy indien moontlik die lading (spoed ) verander.

Last edited by rednat on Thu Mar 05, 2009 8:38 pm, edited 1 time in total.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Die uwe tel dit maar so tussen die lyne op,maar ek blyk verkeerd te wees,jammer
Tomma
Die heer verstaan die uwe verkeerd,nooit iets sleg geseg ontrend die 243 nie,myne Dikbek en Grootbek staan en roes ek moet seker vir Swartekater n slag laat rus en die bekke bietjie nader trek
NS Die Bekke moet vir Swartekater twee op n slag aanvat anders verloor hulle,byges?,Swartekater is darem die witbrootjie
Soos ek ges? het,als groter as Swartekater maak slegs die gat in die vel groter,die bok is ewe dood.
Eland is safkoppie,taaikop is Willebees Black&Blue
Die uwe tel dit maar so tussen die lyne op,maar ek blyk verkeerd te wees,jammer
Tomma
Die heer verstaan die uwe verkeerd,nooit iets sleg geseg ontrend die 243 nie,myne Dikbek en Grootbek staan en roes ek moet seker vir Swartekater n slag laat rus en die bekke bietjie nader trek
NS Die Bekke moet vir Swartekater twee op n slag aanvat anders verloor hulle,byges?,Swartekater is darem die witbrootjie
Soos ek ges? het,als groter as Swartekater maak slegs die gat in die vel groter,die bok is ewe dood.
Eland is safkoppie,taaikop is Willebees Black&Blue
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Vat nou byvoorbeeld vir swartekater en skiet n jakkie net voor sy boude aan die pens se kant.( Die wetter het mos nou gaan vassteek by die enigste bos in n 1211ha pan en as hy ry is hy weg) Dan gaan soek jy vir hom want die skootjie het mos nou mooi geklap. Ek soek hom, ek soek hom ek kry hom hys weg. Dan vat jy vir grootbek OF! dikbek (net een is nodig Johan praat stront van twee twee aanvat) en gaan doen die selfde ou toetsie. Skielik le ou jakkie vir jou en wag. Dit is sommer die eerste rede wat R700 werd is. Rede no 2: Ek skiet ma redelik bewerig en het n insuransie nodig want my aanslag is nie altyd waar ek mik nie. Rede no 3: Ek skat ma sleg in die wind en as n ou begin langs n jakkie vat om hom te raak val my tor af. Rede no4: Ek wil nie oor die rede uitwei nie. Rede no 5: Oor bokke oes met n 22 250 wil ek nie eers begin praat nie.
Sterkte vir jou besluit n mens moet partykeer eers jou kop stamp (beursie skut) voor n mens die regte besluit neem. Alle sterkte my vriend!

Tomcat
Skitterend.

Ek het nou amper verstik aan 'n stuk brood soos ek gelag het hier by myself oor die rede no 4
. Ek is bly daar is humor is gewere ook.
Dankie vir die lekker lag

Ek sal maar my eie konklusies maak oor die rede.
Christo
Skitterend.
Ek het nou amper verstik aan 'n stuk brood soos ek gelag het hier by myself oor die rede no 4
Dankie vir die lekker lag
Ek sal maar my eie konklusies maak oor die rede.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Julle kan stry soos julle wil met my 270 maak ek als na van 243 tot by amper thirty od six. swaarste wat ek kan laai is 175g en ligste 90g
270 is koning in die VRYSTAAAAAT

270 is koning in die VRYSTAAAAAT
-
rednat
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Projag
Ek haal jou aan:
Sien jou --- jy wil h? die manne moet bietjie opkom vir hul skietgoed met geldige argumente. Sal nogal interressant wees om die verskillende sienswyses en gelowe te verneem.
Ja wat, maak dinge interressant -- hoekom nie. Kyk net hoe geniet ek toe Tomcat se reaksie. Dis nou 'n man wat glo in sy skietding en met rede. Amper gevoel soos jagtyd langs die vuurtjie na 'n suksesvolle jag saam met manne wat glo aan hul roere.
Ek haal jou aan:
Soos jyself ges? het die 7x57 ackley en die 270 is karperde --- jy mag dus nie fout vind met Yalair se 270 nie behalwe dat die ackley met sy kort dik ackley dop miskien meer akkuraat mag wees en effens vinniger.my liefling is 'n 7X57 Ackley
Sien jou --- jy wil h? die manne moet bietjie opkom vir hul skietgoed met geldige argumente. Sal nogal interressant wees om die verskillende sienswyses en gelowe te verneem.
Ja wat, maak dinge interressant -- hoekom nie. Kyk net hoe geniet ek toe Tomcat se reaksie. Dis nou 'n man wat glo in sy skietding en met rede. Amper gevoel soos jagtyd langs die vuurtjie na 'n suksesvolle jag saam met manne wat glo aan hul roere.
Last edited by rednat on Fri Mar 06, 2009 6:57 pm, edited 1 time in total.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Ons kan miskien nie rugby speel nie maar ons afrigters woel met die (ander manne) se vrouensNet jammer julle kan nie 'n 270 leer rugby speel nie. Siestog dit sukkel n?
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Vergelyking 22 250 - 270 - 308
Ons vrystaters begin eers laat in die jaar te jag, wag dat almal met 22 250's en anner gewere die wild lekker bang gemis het dan kom ons met 270's in en skiet hulle doer annerkant laat ons soontoe moet ry daar wa hy le