Vortex of Rudolph
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Vortex of Rudolph
Middag manne,
Laat ek net die formaliteite afhandel. Ek is nuut lid van die forum alhoewel ek dit al lank lees. My naam is Jurie en is van Bloemfontein. Ek het n regte werk wat my aandag verg en doen die skiet ding vir ontspanning asook om darem bietjie biltong in die vrieskas te kry. Ek geniet ook om so af en toe aan die SAJSV se kompetisies deel te neem.
Ek is opsoek na n teleskoop met n groot vergrooting op my 243. My budget was aanvanklik onder R5000 en het na die Lynx LX 6-24×40 en die Nikon Monarch 5-20×44 gekyk. Ek het toe deur n Vortex Viper 6.5-20×50 gekyk en die beeld was regtig baie goed. Ek oorweeg ook die Rudolph V1 6-24×50 T3. Sover ek kon vasstel is hier nie in Bloem tans een van die Rudolphs beskikbaar nie. Ek sou graag daardeur ook wou kyk. Hierdie laasgenoemde scopes is in die omgewing van R7000. Ek het besluit om my budget aan te pas om een van laasgenoemde te oorweeg. My gevoel is dat die Vortex waarskynlik die beter scope van die 2 is.
Ek wil uitvind by manne wat een van die scopes het:
1). Hoe akkuraat stel hulle paralaks
2) Is die T3 reticle baie dunner as die BDC van die Vortex
3) Watter een van die 2 sou julle aanbeveel
Dankie

- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Vortex of Rudolph
Ek het die groot C1 Rudolph met T3 kruishaar. Ek vind die kruishaar baie fyn en die glas maar effe vaal van x20 vergroting af. Parallax ook effe vaag.
Jy kan ook die Sightron oorweeg. Dit sal my 1ste keuse wees.
Jy kan ook die Sightron oorweeg. Dit sal my 1ste keuse wees.
Jannie Welman
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Vortex of Rudolph
Jurie
Ek sit met die selfde probleem.Ek moet my teleskoop upgrade,maar budget, ek het al deur Leupold teleskoop gekyk(vergroting X20) en sover is dit n goeie teleskoop,maar dan kyk jy na R11 000.Nou my vraag is daar so groot verskil tussen R7000 teleskoop teenoor R11 000,behalwe R4 000 is die een so beter as ander een.Wat se die mense wat kenners is?

wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Vortex of Rudolph
"Ek het n regte werk wat my aandag verg en doen die skiet ding vir ontspanning "
Jurie, spog jy of kla jy.
Meeste van ons op die forum het ook "regte" werke. Ons is net gebalanseerd genoeg dat dit nie ons lewens oorheers nie.
O ja, amper vergeet ek, Oom PeeWee het nie 'n regte werk nie.......Hy verkoop Pille!

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Vortex of Rudolph
Ek sou die vortex vat. Die glas is vir my uitsonderlik op daai prysklas scope.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Vortex of Rudolph
Vriend van my skiet kompetisie met die vortex en hys gelukkig. Hy track ook akuraat en dis baie belangrik. Sou gehou het daarvan as hulle hom n 5-25 vergroting gegee het.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Vortex of Rudolph
Jurie, Ek het nog nie met die Vortex gewerk nie, maar ek het n Rudolph 4-16x56 en is baie tevrede. Hy stel posetief en is duidelik genoeg, my Burris lyk vir my bietjie duidelikker.
Groetnis
Groetnis
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Vortex of Rudolph
Dit is nie 'n slegte offer nie, miskien iets om te oorweeg... Money back guaranty. Ek is baie bly oor local brands wat goeie waarde vir geld is.Rudolph Optics wrote:Jurie,
Ek maak jou 'n deal.....neem 'n Rudolph V1 6-24x50mm met die nuwe dikker T3 kruishaar.
As jy nie van hom hou nie, gee jy hom terug en ons gee jou geld terug!
Groete
Rudolph Optics
Jy noem Nikon en Lynx ook, maar klink nie of jy daarin belangstel nie? Enige rede daarvoor of wil jy nou net duurder koop? Onthou net, duurder beteken nie noodwendig beter nie. Ek besit verskeie Lynx teleskope en is heel tevrede met hulle. Ek het vriende met Nikon scopes en hulle is baie helder en goeie waarde vir geld. Sightron se blue sky reeks of SIII is ook baie goed.
Ek het ongelukkig nie ondervinding met die twee make wat jy in belang stel nie. Sorry!!
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: Vortex of Rudolph
Dankie vir die terugvoer tot dusver. Ek hou van Rudolph se geloof in sy produk. Ek is bereid om sy offer te aanvaar en die scope te toets. Ek kan dan nogsteeds die Vortex kry indien ek nie tevrede is nie.Hein22 wrote:Dit is nie 'n slegte offer nie, miskien iets om te oorweeg... Money back guaranty. Ek is baie bly oor local brands wat goeie waarde vir geld is.Rudolph Optics wrote:Jurie,
Ek maak jou 'n deal.....neem 'n Rudolph V1 6-24x50mm met die nuwe dikker T3 kruishaar.
As jy nie van hom hou nie, gee jy hom terug en ons gee jou geld terug!
Groete
Rudolph Optics
Jy noem Nikon en Lynx ook, maar klink nie of jy daarin belangstel nie? Enige rede daarvoor of wil jy nou net duurder koop? Onthou net, duurder beteken nie noodwendig beter nie. Ek besit verskeie Lynx teleskope en is heel tevrede met hulle. Ek het vriende met Nikon scopes en hulle is baie helder en goeie waarde vir geld. Sightron se blue sky reeks of SIII is ook baie goed.
Ek het ongelukkig nie ondervinding met die twee make wat jy in belang stel nie. Sorry!!
Ek moet ook noem dat ek wel 2 Lynx scopes het (3-9x40 en 3-12x40) asook n Leupold VX2 6-18x40 (op my 30-nul sukses). Ek het al die Nikon (Monarch 5-20x) ook besit en het inteendeel na alles wat op die forum geskryf was dit aangeskaf. Sy paralaks verstelling is net te vaag - as jy op 100m skiet moet die paralaks op ongeveer 170 gestel word. My vraag is net hoekom gee hulle gemerkte afstande as dit dan nie korrek is nie. Die Leupold het ook, volgens my, beter helderheid (miskien is dit nie regverdig teenoor die Nikon nie). Ek kon ook nie die Nikon op 100m goed genoeg gefokus kry nie - die teiken was net nie in fokus nie. Ek aanvaar dat daar ouens is wat glo in die Nikon. Net soos daar ouens is wat glo in Swarovski, Nightforce, Zeiss, Leupold, ens. Net soos ons almal nie noodwendig dieselfde voertuig ry nie en daar ook verskil in voorkeur is. Ek is bv nie n Toyota man nie (of beweeg ek nou op gevaarlike terrein?).
Ek dink ook dit is uitstekend dat daar plaaslik produkte ontwikkel word (en nie noodwendig in SA vervaardig word nie) soos Rudolph en Lynx (terloops het n handelaar vir my genoem dat Lynx blykbaar op die vorige Tasco (Japan) gegrond is - ek weet nie hoe waar dit is nie).
Ek sal met Rudolph in verbinding tree en sal dan terugvoer gee oor my uiteindelike keuse.
groete
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Vortex of Rudolph
Gaan vir die Rudolph hulle is great! Ek het net goeie dinge om van hulle te se, van goeie produk tot uitstekende diens. werklikwaar UITSTEKEND
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Vortex of Rudolph
Ek het my Nikons verkoop en op altwee my geweere met rudolphs vervang,op my 243 het ek die 6-24x50 met T3 kruishaar uitstekend vir kompetiesie skiet en voorsit jag paralaks is baie sensitief maar beeld is mooi duidelik as hy mooi verstel is. Op my 300H&H het ek die 4-16x50 met ts reticle wat my gunsteling is vir jag beeld is uitstekend en verstelling baie positief. Ek glo dat die T3 kruishaar wat nou op die 6-24x50 bietjie dikker is wat dit uistekend sal maak vir algemene jag en kompetiesie. My skoonpa het die Vortex 6.5-20x50 en hy het hom al omgeruil in sy tweede jaar want sy gas het uitgelek alhoewel hulle ditl verniet omgeruil is wil ek nie een he nie. Gaan vir rudolph se aanbod en ek glo jou geld sal in sy rekening bly,baie goeie waarde vir geld met uitstekende waarborg.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Vortex of Rudolph
Rudolf, hoeveel interne verstelling het die scopes? Kan jy dalk die inligting op die website aanbring asb.

Rudolph, Pieter het my laat weet dit is 65 MOA. Dit kan dalk n ander scope wees?
90 is verseker baie goed
90 is verseker baie goed
-
Rfourie
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm
Re: Vortex of Rudolph
Wat se die boekie of website? Ek dink hulle modelle het weer verander. Was Saterdag in Safari en die scope wat hulle nou het is anders as die 6-24 wat ek op Huntex gesien het. Dalk van n ander plek.Arnold wrote:Rudolph, Pieter het my laat weet dit is 65 MOA. Dit kan dalk n ander scope wees?
90 is verseker baie goed
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: Vortex of Rudolph
Ek het toe gegaan vir die Rudolph V1 6-24x50 T3. Ek hoop om die naweek te gaan toets. Ek moet bieg soos ek nog net deur die scope gekyk het lyk die kruishaar maar baie dun rondom die kruis (eintlik kol in die middel). Ek glo as ek eers geskiet het sal ek beter weet hoe hy werk. Ek gaan oor n week springbok skiet, dan sal ek dit in die veld ook toets.
Dankie vir almal se raad en opinie.
Groete
Dankie vir almal se raad en opinie.
Groete
-
Charles.308
- Sr. Member

- Posts: 323
- Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm
Re: Vortex of Rudolph
Jurie
Wat het jy betaal vir die scope?
Wat het jy betaal vir die scope?
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: Vortex of Rudolph
Charles,Charles.308 wrote:Jurie
Wat het jy betaal vir die scope?
Ek het by Rudolph gekoop vir R6900. Ek kon seker by enige ander plek ook gekoop het, maar hy het die geld terug challenge gemaak.
-
W.K.
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm
Re: Vortex of Rudolph
Jurie
Het jy toe met die Rudolph Scope geskiet? Tevrede?
Ek is self in die mark vir 'n nuwe scope en oorweeg hulle.
Groete
Willem
Het jy toe met die Rudolph Scope geskiet? Tevrede?
Ek is self in die mark vir 'n nuwe scope en oorweeg hulle.
Groete
Willem
- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: Vortex of Rudolph
Nadat ek die scope nou al ongeveer n maand het kon ek dit vandag vir die eerste keer gaan toets. Ek het die V1 6-24x50 T3 op my Vektor 243 gemount. Hier is so klein verslaggie:
- Nadat ek aanvanklik gedink het die T3 kruishaar was baie fyn en dat die kolletjie in die middel dalk sou pla moet ek erken dat die kruishaar eintlik baie goed werk en niks het my regtig gepla nie. Ek moet net aan die kruishaar gewoond raak. Ek hou egter daarvan om op 100m te zero en dan n "cheat sheet" te gebruik om op enige ander afstand te zero. Ek stel dus gereeld aan die scope.
- Ek het die gewone herhaalbaarheids toets gedoen om te kyk hoe akkuraat die scope stel. Ek het op 100m gezero en skoot geskiet en dan 10 kliks links, 10 af, 10 regs en 10 op waar skoot 1 en 5 dan weer opmekaar moes wees. Dit het orraait gewerk en skoot 1 en 5 was naby genoeg aanmekaar. Skoot 3 was bietjie af, maar dit kan aan skut toegeskryf word.
- Volgende het ek die scope opgestel (18 kliks wat hoorbaar stel) om op 300m te zero. Ek het daar n 50mm 3 skoot groep geskiet en dit toe weer teruggestel om op 100m te zero en het dit goed gestel.
- Die helderheid van die scope het ek met my Leupold VX2 6-18x42 vergelyk en die Leupold het hands down gewen. Miskien is die nie n fair contest nie, maar dit is wat ek het. Die Leupold het ook n beter eye relief, maar die Rudolph se eye relief is nie n probleem nie.
- Die een ding wat my egter pla is dat die paralaks/fokus verstelling as ek op 200m skiet tot by die verste verstelling (oneindig - 8 wat plat le) gestel moet word. As ek op 300m wil stel kan dit nie verder stel nie alhoewel dit nie heeltemal uit fokus is nie. As ek op 100m skiet is die paralkas op 200. Ek het dit weer vergelyk met my Leupold en die Leupold het beter gedoen. Ek het toe na n kragpaal so 800m verder gekyk en die Leupold se fokus was beter (ook op oneindig gestel). Ek kon wel sien dat daar n voël op die paal gesit het (ek het amper soos n sniper gevoel
). Dit wil my lyk of die Rudolph se paralaks goed werk op korter afstande. Dit verstel van omtrent 15m af. Hierdie is tog n Varmint scope en ek sou verwag dat die paralaks/(fokus) beter sou doen op die verder afstande. Ek sal maar met Rudolph opvolg om te hoor of die paralaks knop dalk verstel kan word.
Ten slotte is ek nie ontevrede met die scope nie. Ek sal seker nog gewoond raak aan die verstellings. Sou ek egter my Leupold met n Rudolph vervang? beslis nie! En sou ek my 4-12x42 Lynx met n Rudolph vervang - miskien?
Groete
Jurie
- Nadat ek aanvanklik gedink het die T3 kruishaar was baie fyn en dat die kolletjie in die middel dalk sou pla moet ek erken dat die kruishaar eintlik baie goed werk en niks het my regtig gepla nie. Ek moet net aan die kruishaar gewoond raak. Ek hou egter daarvan om op 100m te zero en dan n "cheat sheet" te gebruik om op enige ander afstand te zero. Ek stel dus gereeld aan die scope.
- Ek het die gewone herhaalbaarheids toets gedoen om te kyk hoe akkuraat die scope stel. Ek het op 100m gezero en skoot geskiet en dan 10 kliks links, 10 af, 10 regs en 10 op waar skoot 1 en 5 dan weer opmekaar moes wees. Dit het orraait gewerk en skoot 1 en 5 was naby genoeg aanmekaar. Skoot 3 was bietjie af, maar dit kan aan skut toegeskryf word.
- Volgende het ek die scope opgestel (18 kliks wat hoorbaar stel) om op 300m te zero. Ek het daar n 50mm 3 skoot groep geskiet en dit toe weer teruggestel om op 100m te zero en het dit goed gestel.
- Die helderheid van die scope het ek met my Leupold VX2 6-18x42 vergelyk en die Leupold het hands down gewen. Miskien is die nie n fair contest nie, maar dit is wat ek het. Die Leupold het ook n beter eye relief, maar die Rudolph se eye relief is nie n probleem nie.
- Die een ding wat my egter pla is dat die paralaks/fokus verstelling as ek op 200m skiet tot by die verste verstelling (oneindig - 8 wat plat le) gestel moet word. As ek op 300m wil stel kan dit nie verder stel nie alhoewel dit nie heeltemal uit fokus is nie. As ek op 100m skiet is die paralkas op 200. Ek het dit weer vergelyk met my Leupold en die Leupold het beter gedoen. Ek het toe na n kragpaal so 800m verder gekyk en die Leupold se fokus was beter (ook op oneindig gestel). Ek kon wel sien dat daar n voël op die paal gesit het (ek het amper soos n sniper gevoel
Ten slotte is ek nie ontevrede met die scope nie. Ek sal seker nog gewoond raak aan die verstellings. Sou ek egter my Leupold met n Rudolph vervang? beslis nie! En sou ek my 4-12x42 Lynx met n Rudolph vervang - miskien?
Groete
Jurie
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Vortex of Rudolph
Ek is weer nie so impressed met die nikon monarch 2.5-10x44 se helderheid op 100m in vergelyking met my burris ff 3-9x40.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Vortex of Rudolph
Ek het vir my die 6-24x50 Vortex Viper PST gekoop. (2nd focal plane MOA)
Geweer op 100 m gezero.
Begin gonge skiet op 150m en met elke afstand gestel tot op 500m
40 klieks op en terug na my 100 setting perfek getrack.
Ek sien baie duidelik die teiken op 500m
Teen die berg was daar koedoes omtrent 900m ver en kon baie duidelik sien dat dit verse en 'n ou koei was.
Die kruishaar is baie dun, maar perfek vir teiken skiet.
Gevolg is dat ek 'n tweede een gekoop het. En sodra die finansies dit toelaat 'n derde een sal koop.

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Vortex of Rudolph
Vortex op 243 gesit, lekker ingeskiet, glas mooi helder, wat my aanbetref 'n goeie, budget scope...
Suksesvol gaan voorsit jag en laaste agtermiddag van jag kom 'n lens los....
Onmiddelik met Vortex in USA ge-email en hulle het my hulle RSA agent se email en nr gegee. Hom geskakel, scope vir hom gepos en hy het my die middag half vier gebel, met my scope in sy hande.
1/2 twee die volgende middag, toe sit ek met die nuwe scope in my hande....omgeruil met geen vrae nie...
Goeie budget scope(die intree model) met baie goeie naverkope diens...
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)