Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post Reply
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1232
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Pinkes »

Manne,

Waar kan ek so 'n scope koop? Het julle enige idee wat hulle deesdae kos?

Groete
P
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Kallie Fernhout »

Bel Nicolas Yale hulle die invoerders, en probeer huntonline by oom koot hy soms goedkoper as hulle
Danie Lombard .243

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Danie Lombard .243 »

As jy spesifiek 'n Sightron soek en nie 'n Sightron te koop kry nie, koop 'n LYNX met soortgelyke vergroting. Sightron en Lynx is een en dieselfde ding.
Jakkies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Jakkies »

Danie Lombard .243 wrote:Sightron en Lynx is een en dieselfde ding.
Danie, op grond waarvan maak jy so 'n stelling? Ek het na beide se produkte gekyk, en nerens kan ek enkele ooreenkomste tussen die twee tref nie. Of bedoel jy dis soortgelyke kwaliteit? Ek sien ook nie 'n Lynx met 'n vergroting van 8-32x met taktiese verstelbare knoppe nie.

Pinkes, die model wat jy van praat, klink my verkoop vir so rondom R14-R15k. Nic Yale is die agente, maar hulle werk nie meer met die publiek nie, so jy sal deur 'n ander handelaar moet werk.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by junglejulian »

probeer 4scopes.com.hul het lisensie vir uitvoer.ek het al n paar van hulaf gekry.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Arnold »

Danie, jy verwar jouself seker met n ander scope. Die Lynx LX2 wat ek gehad het se beeld was goed maar hy het nie genoeg interne verstelling gehad nie en ek dink hulle is over priced.

Die gewone lynx lx se optiese kwaliteit is glad nie goed nie.
Neels
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Wed Aug 31, 2011 6:25 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Neels »

Pinkes .
Koot le Roux by Huntonline sal jou help.(koot@huntonline.co.za), sy sel nr. is 083 2000 586.
Lynx en Sightron is beslis nie dieselfde produk nie. Ek het 'n Lynx gehad en ons twee kon nie regkom nie.Ek het dit verkoop en 'n Sightron by Koot gekoop teen n baie goeie prys vry afgelewer by my huis en is ek baie tevrede daarmee.

Hoop jy kom reg
Groete
Neels
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Eugene »

junglejulian wrote:probeer 4scopes.com.hul het lisensie vir uitvoer.ek het al n paar van hulaf gekry.
Ek het omtrent 2 maande terug een ingevoer deur 4scopes. Uitstekende diens en het net 'n week gewag van bestelling tot aflewering! Totale koste wat insluit, shipping en import duty was R 10148-72. Die R was egter toe R9-42 teen die $....

Nicolas Yale verkoop nie meer direk aan publiek nie, het nie toe in voorraad gehad nie en geraamde koste sou omtrent R16k iets, gewees het....
Aim small, miss small
Chrisjan

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Chrisjan »

Praat met evan of barry by backyardballistics.co.za, hulle het my 'n mooi deal op my sightron gedoen.
Danie Lombard .243

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Danie Lombard .243 »

Gids

Dan is ek toetaal en al oningelig en vra omverskoning, dus is Sightron en Lynx nie dieselfde nie.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1232
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Pinkes »

Manne, baie dankie vir julle bedrae sover! Ek sal more bq bel en
Kyk na wat hulle vra. Maar wat dink julle van die scope? Wil hom
Op my LRP 243 sit(wag net vir lisensie). Gaan mt hom ongediertes(jakkalse,vlak-,ystervarke)
En klein wild skiet en dan bq papier ook skiet. Ek hoor baie goeie
Goed van die glas... Het die Vortex pst oorweeg maar die glas is vir
My die deurslaggewende faktor. Maar weereens dankie sover. Laatweet as julle
Van nog plekke af weet..het nog bq tyd om rond te shop(lisensie)!

Groete
P
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Arnold »

Ek gebruik my Sightron slegs in die dag en het due LRMOA reticle ... hy mag dalk te din wees vir die nag, maar ek weet nie.
Die glas is so bietjie slegter as die van my Nightforce, maar vir die prys is dit n baie goeie opsie.
Ek sou ook eerder die 6-24x50 model oorweeg en dan die lrmoa kruishaar met moa verstelling in plaas van die mildot.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Geno »

Ludwig het probeer om jakkals in die nag te skiet met sy S3 LRMOA reticle. Onsuksesvol. Die kruis is te dun.
Goed, beter, 6millimeter!
Chrisjan

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Chrisjan »

Ja die kruishaar is baie dun, ek skiet jakke dat dit klap met myne, maar ek ken my systeem en werk vir my. Vir iemand anders sal ek dit nie aanraai nie. Daar is wel Sightrons wat 'n baie mooi verligte kol in die kruishaar het.

30 clicks en hy gooi perfek op 600 yards, die turrets is spot on. Ek is mal oor my MOA kruishaar en die glas is baie goed.
Ek sal weer en weer nog S3 scopes koop
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by KalahariKlong »

Arnold wrote:Ek gebruik my Sightron slegs in die dag en het due LRMOA reticle ... hy mag dalk te din wees vir die nag, maar ek weet nie.
Die glas is so bietjie slegter as die van my Nightforce, maar vir die prys is dit n baie goeie opsie.
Ek sou ook eerder die 6-24x50 model oorweeg en dan die lrmoa kruishaar met moa verstelling in plaas van die mildot.


Arnold, ek kyk ook al 'n hele tydtjie na die Sightron.
Wat is die rede dat jy die 6-24 eerder voorstel?
Ek stem verseker saam met jou kruishaar keuse.

Groete
KK
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Frederik »

Enige iemand dalk 'n foto van die recticle ?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by Arnold »

Vir agtergrond, ek het 'n 8-32x56 Nightforce NXS en 'n 6-24X50 Sightron SIII.
Die 6-24x50 is 'n kleiner en ligter teleskoop wat jy moontlik laer gaan kan mount op jou geweer wat op sy beurt goeie cheekweld bevorder as jy nie 'n verstelbare wangstuk het nie.
Ek dink die 6X vergroting is meer bruikbaar op 'n algemene jag geweer as die minimum van 8X.
Die 24x vegroting is meer as genoeg vir die verder afstande en as die mirage begin, is kleiner vergrotings wenslik.

Die 6-24 het ook meer interne verstelling wat beteken dat jy verder gaan kan skiet en stel vir daardie afstand.

Die groter vergroting (32x) is baie lekker as jy op kort afstande (100-300m) papier skiet, maar die 24X werk ook baie goed.
Op die ou end is die 8-32 vir my 'n bietjie meer van 'n spesialis scope en die 6-24 is bietjie meer meer doelig. Ek sou graag 'n SIII in 4-16x50 wou sien met lae profiel taktiese stelknoppe, dit sou nou vir my 'n nice allrounder maak.

Hier is hoe die twee verskillende reticles lyk.
Mildot
http://info.sightron.com/reticles_images/recticle_3.gif

LRMOA
http://info.sightron.com/reticles_images/MOA2.jpg
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Sightron SIII 8-32x56 Mil dot

Post by KalahariKlong »

Dankie Arnold. Dit maak sin.
Post Reply