Lusern water benodighede
-
HVZ
- Jr. Member

- Posts: 67
- Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm
Lusern water benodighede
More more
Ek wil stukkie lusern onder spulpunt plant maar soek net meer inligting oor die hoeveelheid water om te gee. Die inligting wat ek kry wissel baie en ek weet nie watter ou om te glo nie.
Dankie

- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Lusern water benodighede
Daar is baie faktore wat n rol speel,
Watse tipe grond, sanderige grond sal meer water benodig as swart grond, swart grond sal water langer hou. Hoe is die grond se dreinering.
Klimaat, hoe temprature gaan jy meer maal moet nat maak.

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Lusern water benodighede
Daar is net een manier, en dis meet die grondvog.
Die voordeel by lusern is dat mens nie eens diep hoef te meet nie.
Sit 'n sensor sowat 200 tot 300mm diep, dis al wat nodig is. Ek het dit bepaal deur sensors op verskillende dieptes te sit, tot onder die worteldieptes.
Wat by lusern gebeur is dat die boonste deel grond in die dag uitdroog, en in die nag aangevul word van die diepste wortels af. Dis 'n feit soos 'n koei. Daar was baie argumente daaroor toe ek dit die eerste keer beweer het, maar uiteindelik het verskillende universiteite se navorsing dit totaal gestaaf.
Dit gebeur blykbaar ook by ander gewasse wat diep wortels het.
Dit resultaat is dat dit net nodig is om die wisseling in grondvog op vlak dieptes tussen dag en nag te beskou, en dan te weet wanneer om te besproei, dis wanneer die wisseling min word.
Die voordeel van diep sensors is dat mens dan presies weet hoeveel om te besproei.
As mens dan sensors sit op vlak dieptes vir die wisseling, ongeveer 200 tot 300mm, een waar die wortels maksimum is, en een waar daar byna geen meer wortels is nie, dan weet jy wanneer om te besproei en presies wanneer om op te hou beproei. Dan besproei mens ook in die nag vir minimum verdamping.
Dit geen mens die minimum koste met die meeste opbrengs.
Enigiets anders is raaiwerk en verhoog jou koste.
Voorspoed!
Johan Smit

- Allure
- Full Member

- Posts: 134
- Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm
Re: Lusern water benodighede
hallo Johan,
Waar kan n mense sulke sensors kry en wat kos hulle min of meer?
groete

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Lusern water benodighede
Volgens gewasverbruik tabel 12750 m3 per hektaar/jaar
Groete
Groete
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Lusern water benodighede
Ek is nou al so lank uit die bedryf, ek weet nie meer regtig nie.Allure wrote:hallo Johan,
Waar kan n mense sulke sensors kry en wat kos hulle min of meer?
groete
As jy nie regkom nie, kom maar weer terug na my toe, dalk kan ek nog iets bymekaar sit.
Dis nie die sensors wat veel kos nie, dis die data insameling en die oorbring van die data na die rekenaar.
As die lusernland naby is, is die goedkoopste om 'n lyn te span en/of begrawe tot by die rekenaar. Andersins radio of selfoon, of jy gaan haal die data gereeld. Dis die swakste opsie.
Hoe dit ook al sy, een seisoen se kostebesparing aan krag, water en voedingstowwe maak dat jy nooit weer terugkyk nie.
Groete
Johan Smit
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Lusern water benodighede
Mens kry tensiometers. Ons gebruik hulle op verskeie gewasse. Hulle kom in lengtes van 20cm, 40cm en 60cm en waarskynlik ook langer. Ek sal Maandag die verskaffer bevestig en dan vir jou laat weet. Hulle meet vogspanning in die grond en afhangend van die lesing bepaal mens wanneer en hoeveel om te besproei.Allure wrote:hallo Johan,
Waar kan n mense sulke sensors kry en wat kos hulle min of meer?
groete
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Allure
- Full Member

- Posts: 134
- Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm
Re: Lusern water benodighede
Dankie - waardeur
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Lusern water benodighede
Google DFM Software Solutions.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Lusern water benodighede
Sekerlik kan jy tensiometers gebruik.
Dan kry jy 'n lesing elke keer dat jy gaan kyk. Die tensiometer staan natuurlik ook uit bo die grond, so jy kan nie daar sny nie. Die tensiometer neem tyd om die regte lesing te gee nadat jy dit versteur het.
Dan het jy ten beste net 'n statiese lesing, die dinamika van die saak sal jy nooit sien nie, en optimale besproeiing kan jy vergeet.
Moenie te veel op tensiometers staat maak nie. Dis jare terug se tegnologie. Vergeet van 'n ordentlike grafiek van grondvog verkry met tensiometers. soos ek geskryf het, om die data te gaan haal is die swakste opsie. Dan is 'n statiese lesing nog die ergste. Ek beweer nie dat daar geen waarde in tensiometers is nie, net dat dit die swakste opsie is.

Johan.smitjs wrote:Sekerlik kan jy tensiometers gebruik.

Ek sal al die avo-, mango- en sitrusboere hier in die Laeveld vertel dat hulle nie so lekker van weet nie, hulle moet asseblief maar uittrek en weggooi
Dis verseker so dat tensiometers al 'n tyd met ons is, maar dit werk en nee dis nie 'n statiese lesing nie want dit meet vogspanning in die grond in die diepte waar dit opgestel is. Vogspanning is verseker nie staties nie. Dis ook so dat jy die lesing by die tensiometers gaan haal en jy moet hom gereeld diens ook, maar enige boer wat al bietjie met afstandbeheerde tegnologie te doen gehad het gaan ook vir jou se dat afstandbeheerde tegnologie sy plek het, maar as jy eenkeer skade gekry het oor jy maar goedertrou aanvaar het dat dit net vanself werk, is jy daarna maar baie katvoet. Dis nie verniet dat daar beweer word dat die beste bemesting 'n boer se voetspore is nie.
Verder is die nuwer tegnologie eksponensieel duurder as die tensiometers en dis altyd iets om in ag te neem met bepaalde insetkoste. As jy dan nog by elke meter 'n geoutomatiseerde meetinstrument moet sit wat vir jou die data aanstuur, praat jy van 'n plaas se prys, alles kostes wat jy met jou gewas se opbrengs moet verhaal. As jy nie ge-outomatiseerde instrumente by elke stasie gaan installeer nie, gaan jy nog steeds van stasie tot stasie gaan om die metings te doen en aan te teken.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Lusern water benodighede
Dagse Johan,Johan Nel wrote: Johan.
Ek sal al die avo-, mango- en sitrusboere hier in die Laeveld vertel dat hulle nie so lekker van weet nie, hulle moet asseblief maar uittrek en weggooi![]()
![]()
.
Dis verseker so dat tensiometers al 'n tyd met ons is, maar dit werk en nee dis nie 'n statiese lesing nie want dit meet vogspanning in die grond in die diepte waar dit opgestel is. Vogspanning is verseker nie staties nie.
JHN
Wat jy miskyk is dat daar 'n groot verskil is tussen vrugteboerdery en lusernboerdery.
Dit maak nie saak dat die tensiometers tussen die bome staan nie, maar die lusern moet gesny word, en dan kan daar nie 'n tensiometer in die pad staan nie. Die tensiometer kan ook nie net uitgehaal en gou weer terug gesit word nie, dit neem weer lank voor dit weer reg wys.
Ek maak verskoning, dis nie 'n totale statiese lesing nie, die tensiometer se lesing wissel wel. Wat ek bedoel het, is dat die lesing nie dinamies is soos die elektroniese gronvogmeting nie. Wanner jy data gaan haal by die tensiometer, kry jy een lesing.
Wanneer jy data kry of gaan haal by die elektroniese een, kry jy die wisseling van die lesing wat elke uur geneem was, dag en nag, en dit word dan as 'n grafiek vertoon, heeltemal dinamies. Dis insiggewend om die wisseling te sien.
Dis natuurlik die ander verskil tussen vrugtebome en lusern. Die lusern se wortelstelsel is diep en soos ek genoem het, migreer die vog in die nag deur die wortelstelsel na die vlak sone na aan die oppervlak. Dit beteken dat die tensiometer se lesing verskil afhangende van hoe laat jy die lesing neem. Dus gee jou tensiometer nie die prentjie wat die elektroniese vogmeter gee nie.
Die ander verskil is dat met die elektroniese meting, kry jy die lesing wat elke ur geneem was op tipies drie dieptes. Die diepste lesing is waar die wortels ophou, en dis waarmee jy die hoeveelheid besproeiing bepaal. Enige besproeing meer as tot die diepste wortels mors geld in krag, water, en voedingstowwe wat weg gewas word. Dit kan die tensiometer ook nie vir jou gee nie.
Natuurlik stem ek met jou totaal saam met voetspoor bemesting. Ek het nooit 'n ten volle outomatiese stelsel installeer nie. Dis 'n resep vir bankrotskap. Die mens is die een wat die besluit maak wanneer en hoeveel om te besproei. Die stelsel gee net die beste moontlike data om die besluite ten beste te kan neem.
Ongelukkig is ek lank al uit die bedryf en afgetree, so ek kan maar net skryf van my ondervinding met lusern in die verlede, en die interessante aspek van die migrasie van die vog deur die lusern se wortel stelsel. Die metode was maar altyd om die sensors te plant in die lusernland of spilpunt, en dan 'n kabeltjie vlak ondergronds tot buite te plant, waar die elektronika dan op 'n paal installeer is op 'n gerieflike hoogte. Die sensors self was goedkoop genoeg om uit te ploeg en te vervang by ander gewasse soos aartappels, waar die grondvog baie meer kritiek is. Die paal met die elektronika bly staan, dis net die sensors en die kabeltjie wat uitgeploeg word.
En ek het gedink hierdie forum gaan oor jakkalse en rooikatte!
Groete
Johan Smit
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Lusern water benodighede
Ek lei dan af ek praat met oom Johan,
Die probleem van ons bespreking hier is dat ons nou in 'n vorm van 'Pissing Contest' kan begin ingaan en daarin stel ek nie belang nie. Ek weet ook nie wat se metingstoerusting julle daar gebruik het nie, dus kan ek nie daarop kommentaar lewer nie.
Daar is 'n veskeidenheid van meetinstrumente wat gebruik kan word om vog en voggebruik in die grond te meet. Almal van hulle werk en het hulle eie voor en nadele. Die mees prominentes waaraan ek blootstelling het, benewens die tensio/irrimeters is Neutron vogmeters (+-R75000), Capacitance probe (=- R15000 - R20000). Dan is daar ook gipsblokke met vogweerstandmetertjies in (selfde prinsiep as tensiometers). Mens kan selfs die ou weerstasie metode gebruik met die Penmamontith tegniek waar verdampingstempos gemeet word en dit dan vermeeniigvuldig word met die voorafbepaalde gewasfaktor vir daardei betrokke gewas( en tyd van die jaar) om te bepaal hoeveel mens moet besproei om die vog wat uit die grond onttrek is, weer aan te vul (min of meer veldkapasiteit probeer behou). Tensiometers kan vir enige gewas gebruik word, dieselfde met enige van die ander meters en tegnieke wat ek hier genoem het. Ons gebruik dit hier by ons vir groente, akkerbougewasse, suikerriet en subtropiese boordgewasse. Een meter kos sowat R700 en is redelik koste effektief en akkuraat genoeg vir daardie aanwendings. Wat wil mens doen? Mens wil op 'n daaglikse tot weeklikse basis (ons meet twee maal per week) die vogvlakke in die grond bepaal en ook bepaal hoeveel om te besproei ten einde die vogverbruik aan te vul en binne vlakke te handhaaf sodat dit tot voordeel van die gewas is. Tensiometers is eenvoudig en maklik interpreteerbaar deur semigeskoolde arbeid en dis koste effektief. Ek weet van geen vogmeter wat nie verwyder moet word as daar bewerk, geslash, ens moet word nie. Tensiometers verwyder maklik en installeer maklik. Dit werk uitstekend by spilpunte (ons het twee daarvan, kleintjies).
Lusern is 'n gewas met 'n potensiele diep wortelstelsel. Ek het baie beperkte ervaring daarvan. Wat ek wel verstaan van enige gewas is dat as jy konsekwent vog beskikbaar het by vlakker dieptes (30 -60cm), sal die gewas sy wortels binne daardie zones ontwikkel ern nie dieper nie. Gewasse gaan dieper waar die vog op vlakker dieptes onvoldoende is.
Hiermee volstaan ek dan.
Die verskaffers van tensiometers is CALAFRICA. Ek probeer nommers opspoor en sal dit plaas.

Dankie Johan Nel - waardeer jou insit en raad oor die besproeing tensometers.
Jou inligting is great en my baie gehulp - die forum is n Jakkals en Rooikat forum - stem saam maar die doeleinde is om die boere geld te spaar met verliese en as ons kan n geldtjie spaar met besproeing met krag en water dit is fantasties.
Dankie weereens
Jou inligting is great en my baie gehulp - die forum is n Jakkals en Rooikat forum - stem saam maar die doeleinde is om die boere geld te spaar met verliese en as ons kan n geldtjie spaar met besproeing met krag en water dit is fantasties.
Dankie weereens
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Lusern water benodighede
Johan Nel,
Ek stem baie saam met jou. My doel was nie om 'n onnodige redenasie te begin nie, ek het die interessantheid van die lusern se wortelstelsel wou uitwys.
Lusern gee eintlik maar 'n diep wortelstelsel, maak nie saak hoe jy besproei nie, so ver ek weet.
Dankie vir jou insette.
Wat my betref, die verskil tussen die grafiese wyse van uurlikse lesings en twee keer per week is beduidend.
Neutron vogmeters is 'n pyn, dit gee baie moeilikheid en die vervoer daarvan is net so 'n pyn.
Groete
Johan Smit
Ek stem baie saam met jou. My doel was nie om 'n onnodige redenasie te begin nie, ek het die interessantheid van die lusern se wortelstelsel wou uitwys.
Lusern gee eintlik maar 'n diep wortelstelsel, maak nie saak hoe jy besproei nie, so ver ek weet.
Dankie vir jou insette.
Wat my betref, die verskil tussen die grafiese wyse van uurlikse lesings en twee keer per week is beduidend.
Neutron vogmeters is 'n pyn, dit gee baie moeilikheid en die vervoer daarvan is net so 'n pyn.
Groete
Johan Smit
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Lusern water benodighede
Allure,smitjs wrote:Johan Nel,

Dis 'n plesier. Ek het gou gaan oplees, die tensiometers kom in agt lengtes van 15cm tot 1.8m. Die mees algemeen gebruiktes, volgens my ervaring is maar binne die 30cm tot 60cm spektrum, so nou en dan 90cm.
Oom Johan,
Die goeie nuus is dat mens deesdae 'n model kry wat die metertjie (gauge) vervang met 'n elektroniese apparaat. Die inligting kan dus van oomblik tot oomblik herlei word na 'n datapunt toe, gewoonlik maar 'n rekenaar met bepaalde sagteware wat dit interpreteer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Lusern water benodighede
Vir die wat belangstel, hier is 'n PDF leer met inligting oor die tensiometers en hulle aanwendings, onder andere by spilpunte. Die inligting is redelik omvattend.
Groete,
JHN
Groete,
JHN
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.