Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by 30-06 »

Manne ek sal graag wil hoor hoe gereeld julle aanpasings aan julle scopes moet maak terwyl die ladings nie verander nie. Ek glo ook my mounts en scope is ordentlik vas.(check dit greeeld) Ek ervaar dit ook met meer as een geweer.

Ek verwys meer spesifiek na horisontale verstellings.
My eie geweer skiet eendag bietjie links en dan op 'n dag weer bietjie regs. Met 'n bietjie bedoel ek rondom 'n duim op 100m.
die probleem is groter by een spesifieke geweer maar nie beperk tot hom nie.

Ek is nou versigtig om te stel aangesien ek in die verlede al te veel keer weer moes terugstel.

My vraag is dan nou is dit normaal of is daar by my of my geweer/gewere dalk 'n fout?
Ek sal ook graag wil weet of dit net ek is wat sukkel en of dit meer algemeen is.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by cassie_calvinia »

dit maar normal.
die geweer op my jagstoel stel ek maar so elke 3de 4de jag reg. maar nooit meer as 2 clicks uit nie.(2cm op 100m)
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by Arnold »

Paralaks het 'n groot invloed hier. Hiermee saam maak die invals hoek van die son ook 'n groot verskil.
Ek stel weinig om korreksies te maak op 100m, want soos jy noem later moet jy dit weer terug stel.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by tripodmvr »

Ek dink nie ons besef aldag wat se invloed die weer en ligomstandighede het op die koeëltrajek en sig nie. Daarom die' klein verskille. Ons doen ladingontwikkeling in die warm somermaande en jag in die winter. Helder sonlig en laatmiddag se ligtoestande is heel anders.
stan man

Re: Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by stan man »

my geweer het op n stadium ook n bietjie lings en regs geskiet. ek was dadelik die dinges in vir die teleskoop. vervang hom en die probleem is nog dieselfde.
na n helse kopkrap haal ek die geweer uit mekaar en sien daar is n skuur merkie onder die loop aan die linker kant. sit weer aan mekaar en kom toe agter daar is n drukpunt tussen die loop en die kolf. skuur dit weg en die probleem is opgelos. ek onthou toe eers later ek en die roer het lekker nat gereen ,en dit is toe dat die kolf so n bietjie getrek het. ek se nie dit is jou probleem nie,maar dit kan dalk iemand anders help.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Hoe gereeld moet jy aan jou scope stel.

Post by 30-06 »

Dankie vir die manne wat reply het.
Die hele ding oor die invalhoek van lig is baie interresant.
Die probleem is egter dat 'n duim op 100m 3duim op 300 gee.
As die invalshoek van die son dan so 'n groot rol speel hoe gaan jy dan ooit seker wees dat jou lyn reg is.

Dit maak dit ook moeilik om te besluit of jy wel die klein verstelling moet maak of nie aangesien jy nie seker is of iets geskuif het en of dit buite faktore is nie.
Post Reply