Watter rewolwer om mee te jag?

Post Reply
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Ek het advies nodig van die manne wat weet hoe om met n rewolwer te jag.
Die hele idee om met n groot kaliber rewolwer te jag is iets wat my al lank intereseer, en ek dink net soos met boogjag kan dit n baie lekker en uitdagende dimensie tot my jagervaring bydra.

Ek wil nie groot of gevaarlike wild met die rewolwer (of die boog) jag nie, net gewone vlakte wild. Die rewolwer gaan ook nie my primêre jagwapen wees nie. Tot op hede het ek na drie rewolwers gekyk, nl die Ruger Super Redhawk, Ruger Blackhawk en die Taurus Raging Bull.

Wat is julle opinie oor die bogenoemde drie?
En dan is die vraag watter kaliber?

Groete
Jaco
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by junglejulian »

ek sien in die maand se magnum is daar n 454cassul te koop vir R8000 met klomp doppe ens.Ek het so bul gehad in n freedom arms maar het verkoop toe ek nog jonk en onnosel was.ongelooflike kaliber maar miskien te veel vir wat jy wil doen.die Taurus en redhawk kan albei gemalik red dot/teleskoop vat waar die blackhawk eintlik vir oopvisier bedoel is.Enige ruger veral die enkel aksies is die beste vir n jagrewolwer.ek self het nou n S&W mod 29 in 44mag met n teleskoop op.Ek gaan more in die karoo vlaktes n springbok aandurf.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Dankie vir die vinnige antwoorde.

Jungle Julian - dis juis agv daardie advertensie dat ek nou vra!

Piet-Skiet: ek het nogal gewonder oor die 44 vs 454. Maar mens sal tog die 454 kan aflaai veral om mee te leer skiet?
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1229
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by junglejulian »

http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SDC13778.jpg

verseker kan jy die 454 aflaai.Die recoil is dan heel aanvaarbaar.met 240gr en 320gr loodkoeels het ek baie varke geskiet.ek kon met die freedom arms 454 n 60mm groep skiet oor n rus op 100m.
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Schalk75 »

Middag almal.

Ja, indien jou budget tot by die S&W 460 kan bykom, gaan vir hom. Die 460 S&W skiet plat en ver. Indien hy te warm is, kan jy altyd 454 Cassul en 45 Long Colt in dieselfde rewolwer skiet!

Ek het self `n 6 duim S&W 629 (44 mag). Hy moet nog `n scope of dot op kry. Het hom redelik onlangs aangeskaf, moet nog iets skiet met hom!

As ek oor kon kies? Ruger Super Blackhawk Hunter (ook 44Mag) met Bisley Grip. Baie sterk, en klaar reg vir `n scope.

Het al met die 454 Raging Bull geskiet. Baie lekker wapen, gewig en porting maak hom baie hanteerbaar. Maar dis `n GROOT yster, en meer as wat vir vlaktewild nodig is. En effe duurder om te voer.

44 Mag met 255gr loodkoeël rol vlakkies, koedoes ens. baie lekker. Jy moet net jou deel doen.

Groete
Schalk
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Dawie »

Net vir interessantheid......

454 Casull kan 45 Long Colt skiet
44 Mag kan 44 Special skiet
357 Mag kan 38 Special skiet

nie anders om nie
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Jinne dis n mooi vark! En n mooi rollie!

Die Ruger Redhawk waarna ek wou kyk het reeds n nuwe baas, maar die Raging Bull is nog beskikbaar. Nou moet ek bietjie navorsing doen oor die RB.

En begin dink wat ek alles in die motivering gaan skryf! ;D
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Schalk75 »

Gelukkig, met die verskillende vlakke van ammunisie wat jy kan gebruik, is jou redes baie. Van plinking af tot en met vlaktewild jag op 150m, vlakvarke ens. Lynn Thomspon, eienaar van Cold Steel messe, het al renoster met die kaliber geskiet (nou wel met `n Freedom Arms rewolwer).

As jy die RB google, gaan jy sien dat die Amerikaners baie van hom hou, en blykbaar hou hulle redelik goed. Hy het addisionele sluitmeganismes om te verseker dat die rol toe bly onder recoil ens ens. Met die gewig, porting en sagte grips is hy hanteerbaar. Maar moet nie `n fout maak en dink hy is lig in die broek nie. Met 454 ammo moet jy maar jou mond mooi toehou. Hy laat jou tande op mekaar klap as jy die sneller trek!!

Ek is nie gewoonlik `n Taurus aanhanger nie, maar die RB is een waarna ek wel sal kyk.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by alecjohnson »

Dalk nou nie wat hier gesoek word nie maar 'n lekker groot een 600 NE

http://img84.imageshack.us/img84/9103/image19gr.jpg
http://10mmman.files.wordpress.com/2009/01/6a00d83451b54869e2010536ab4a64970b-400wi.jpg
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Dit is n HUGE rewolwer! Moet een of ander militante Rus / Oosblok bewoner se idee wees!
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Blackplastick, dankie vir die positiewe inligting oor die RB.

Sou wel lekker gewees het as hy hier naby was om te gaan kyk, en dalk selfs n skoot of twee te skiet, maar nou is hy in JHB. Ek wag nou maar vir n paar foto's...
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Pappabeer »

Jaco, praat met oom Otto voor jy koop. Dalk wil hy sy .44Mag S&W verkoop as ons oor twee weke daar is. Dis nou as ek hom nie vat nie...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by vossie1 »

Jaco Pm my as jy n paar skote wil skiet met n 44mag,ek het die Ruger redhawk met n 7.5" loop,hy is dalk in die mark ma ek besluit nog ;D Ek persoonlik hou meer van die redhawk as die super redhawk esteties lyk hy net mooier, maar die super het kla scope mounts wat dit maklikker maak.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Pappabeer »

Vossie dit klink great! Ek sal ook graag na die rewolwer wil kyk, stel self belang om later een aan te skaf.

Ps. Ek hijack nie nou jaco se post nie, hy is my broer so dt sal maar net lekker wees om saam na die rollie te kyk... Waar in die wêreld is jy?

Dewald
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by vossie1 »

Dewald ek is in die strand,laat weet my,julle is welkom

Groete
Vossie
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Pappabeer »

Ek sal vir jaco sê. Ek is nou vir n lang ruk in Noordkaap, maar hy bly in SomersetWes, so dis klipgooi van jou af.
Thanks Vossie!
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by vossie1 »

No problem.
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Fisher »

Hallo Jaco

Man ek is nou nie DIE pro nie, maar ek het al om en by as ek so vinnig dink 20-25 stuks wild met handwapens gejag van springbok tot Koedoe. Ek het Ruger BH 6&7/8" .357 mag; Ruger SRH 9&1/2" 44 mag en Tompson Contender 14" in 7-30. Ek het redelik ondervinding met die Super Black Hawk ook in 44 Mag.

En my beskeie opienie is dat vir gewone Suid-Afrikaanse wild (die wat jy wil jag) is die 44 mag al reeds te sterk, en alhoewel ek nog nooit met een geskiet het nie dink ek die .41 Mag sal die mees idiaale kaliber vir SA wees as mens net een jag rewolver wil he. En alhoe wel dit 'n "distrubutor exclusive" is so ver ek weet, bestaan daar 'n Ruger Bisley Hunter in 41 Mag wat ek dink nogal nice kan wees. Die S&W 460 is 'n "Show Stopper" en verskriklik sterk maar as jy regtig lief word vir handwapen jag (nie net bokke vir snaaksgeite skiet met handwapens nie) gaan jy binne 'n kort tydjie iets kleiner begeer as 'n kanon vir "allerdaagse Jag"

Maar ja om 'n gros skietgoete te he is ook lekker, probeer net so ver moontlik om die mees bruikbaarstes eerste te koop.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Watter rewolwer om mee te jag?

Post by Jaco vdW »

Manne, baie dankie vir al die goeie inligting!

Fisher, baie dankie vir die wyse woorde. Wat jy sê maak 100% sin, dit is maar net soos wanneer jy gewere koop. Begin met een wat jy veelsydig kan gebruik, en later voeg jy die meer gespesialiseerdes by die versameling.

Ek is ook baie bly om te hoor dat jy sê die 44 Magnum is meer as genoeg vir ons vlakte wild. Sy komponente sal straks ook meer beskikbaar en meer bekostigbaar wees.

Vossie: PM gestuur

Groete
Jaco
Post Reply