Hallo julle almal
Ek wil nou eers vir julle vertel wat vandag met my gebeur het in Kuruman.
Ek was by n besigheid in Kuruman toe daar n man kom instap.
Die man het in gekom en gestaan en ons almal goed deur gekyk, n mens kon sien die is sommer n moeilike oom. Hy vra toe vir ons wie bestuur daai bakkie met die stikker op wat lees JARACAL. Ek se toe vir hom maar dit is myne. Hy kyk my so op en af, ek dink toe die oom gaan my nou loof oor die goeie werk wat ons doen, hel maar was ek nie verkeerd nie, ek is seker maar sleg met mense opsom.
Die man trek daar los en vertel vir my watse slegte ek is en hoe wreed ons is deur die jakkelse so te skiet en uit te moor, man hy se my sommer goed sleg, nou kyk ek is nie bang vir die lewe nie maar die oom is sommer n groot seun en ek reken toe maar ek kan seker n hou inkry maar dan moet ek gat skoon maak want hy sal vir seker my nek breek. Maar met die gedagte toe besef ek hier is nie uit kom kans nie die man staan dan die julle deur vol en hoe kom ek nou verby die blok van n man.
Ek vra toe vir hom baie mooi hy moet nou eers vir my se wat is so wreed daaraan om die jakkals in te roep en dan te skiet. Daar is dan nou nie iets wat hom vang nie maar hy vang skaap en wild en dan is dit n vreeslike wreede dood wat die dier dan nou sterf. Ek moes hom seker nie dit gevra het nie, hy trek toe daar los en verduidlik my toe dat die Vader die natuur so geskep het en hulle moet ook eet.
Ok se ek toe vir hom, dit is seker so maar die Vader het vir ons as mens die kennis gegee om die geweer uit te vind en ook hoe om hom te gebruik en dat ons nie rond ry en alles skiet wat on kry nie maar wel waar daar n proebleem op die boer se plaas is en waar hy skade lei asgevolg van die ongediertes. Nou wil ek net se die oom raak toe bloed rooi in sy gesig en ek sien toe hier kom nou groot twak. Hy staan toe nader en ek sien sommer die oom gaan nou vir my hard slaan as ek nie passop nie.
Wel hy wil nog so slaan toe kom die tannie daar in en verduidelik vir die oom hy moet nou kom want sy is moeg gewag vir hom. Ek moet se ek was lanklaas so verlig gewees, ek het amper die tannie n soen gegee, maar dan het die oom my seker vrek geslaan. Hy is daar weg maar hy het my belowe ons sal nog eendag verder gesels.
Nou wil ek by julle weet wat se mens vir so n mens. Sonder om hom kwaad te maak
En het dit al met een van julle gebeur.
Nico
Wat om te doen
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Wat om te doen
As long as there's lead in the air there are hope
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat om te doen
NicoNICO wrote: ...Nou wil ek by julle weet wat se mens vir so n mens. Sonder om hom kwaad te maak...
Gewoonlik is daar nie salf aan sulke mense te smeer nie, so dit is seker maar beter om stil te bly. Maar as jy moet probeer, vra die oom wat hy met 'n vlieg maak as dit op sy kos wil kom sit, kakkerlakke in sy kombuis of met ruspes, wurms en dies meer in sy tuin. As hy dodelike metodes op enige van hierdie ander "minderwaardige" spesies gebruik, is hy skynheilig. Jy kan mos nie die een spesie verhewe bo die ander maak nie en die rooijakkals en die rooikat was nog nooit bedreigd, sodat dit spesiale beskerming moes kry nie. In elk geval veroorsaak die roep-en-skiet metode baie minder pyn en lyding as slagysters en gif. Sou ons nie die metode gebruik nie, sal boere hulle tot baie meer wrede metodes wend, ter wille van oorlewing.
S? dan sommer dat hy sy Bybel moet gaan lees. Verhale van ongedierte beheer is vollop in die Bybel, bv. Dawid, Simson en die skaapwagters. Hulle was uitgemaak as die hero's in daardie tyd. Wat het nou verander?
Ek wil in elk geval weet watter voedsel komersie?l geproduseer word, sonder dat daar iets doodgemaak word? Al produseer jy organies, is daar steeds 'n groot deel habitat van onskuldige diertjies wat vernietig word. D.w.s. as die Omie enige kommersieel geproduseerde kos eet is hy 'n hipokraat. Tyd vir sulke omies om realiteite in die gesig te staar en om hom eerder te ontstel oor die uitlaat gasse van sy motor. Het hy al gedink watse skade dit aan die osoonlaag van die aarde aanrig? Die krag wat hy in sy huis gebruik word opgewek met 'n groot negatiewe impak op die habitat van diertjies soos die jakkals.
Soos ek s?, 99,99% van hierdie omies probeer hulle slim hou, maar is ?f na?ef ?f skeinheilig! Help gewoonlik nie om met hulle te argumenteer nie. Meestal 'n mors van tyd. As jy mo?t is aanval egter die beste vorm van verdediging.
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Wat om te doen
Aaai Nico, laaste ding wat jy moet doen is om jou humeur te verloor met so 'n mens. Beste "comeback line" wat ek nog gehoor het in so 'n situasie was met een van Heinrich se kursusse in Ermelo.
Dit was die middag na die kursus toe ons almal saam aan tafel sit en eet. Vertel die een omie (hy is al 'n boekhouer nog lank voordat ek en jy die lig gesien het, 'n gryskop, 'n man wat ons jonges altyd na kan opkyk en luister) dat hy ook 'n onderonsie met 'n "groene" gehad het, besef toe later dat dit nie help om met die groene te redeneer nie. Hy bly toe maar verder stil terwyl die groene hom vertel hoe die lewe nou eintlik moet werk. Toe daai mannetjie klaar gepraat het s? die oom vir hom:
"Boetie, dit help nie ek en jy probeer met mekaar redeneer nie, ons is glad nie eers op die selfde "level" nie. Ek s? jou wat, ek is 'n rekenmeester van beroep en boer deeltyds hier in Ermelo se w?reld. Ek weet van 'n hele paar plase wat in die mark is. Kom ek help jou(gratis en verniet) om 'n lening te bekom dan koop jy vir jou 'n plaas. Ek help jou ook om 'n lening te kry om die plaas toe te span met genoeg kampe vir die skaap. Dan help ek jou om nog geld te leen om genoeg skaap aan te koop sodat jy lekker kan boer. Ek gee jou dan 3 jaar om vriendelik en suksesvol saam met die ongediertes te boer, man ek skenk sommer vir jou 3 troppe jakkalse vir 'n "start" wat saam met jou kan begin boer. In daai drie jaar moet jy jou opbrengs van die skaap neem en verkoop. Die inkomste gebruik jy dan om jou skuld te betaal nl. die plaas, die omheining en jou skaap wat jy gekoop het + jy moet dan nog genoeg geld oorhou om van te leef. Na 3 jaar wat jy so saam met die jakkalse geboer het kom ons weer hier op die einste plek by mekaar en dan begin ons weer redeneer want dan eers sal ons mekaar kan verstaan omdat ons min of meer op die selde level sal wees."

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Wat om te doen
Freek wrote:

Ek gaan die een print en opswot.
Nico mens kry die mense in verkillende "kleure en geure" die kort en die lank van die storie is dat hulle nie mooi besef waaroor die goete gaan nie. Ek en Wiljak het juis nou die dag oor dieselfde ding gepraat. Jy gaan mense kry wat jou oor enige iets gaan aanvat MAAR hy weet nie waaroor dit gaan nie. Hy self sal nooit erken dat hy enige probleem het nie (jakkals gewys). Ek het 'n buurman wat glad nie by hom laat skiet nie. Hy het nie meer skaap oor nie, het dit verkoop omdat dit "nie meer finansie?l" die moeite werd is nie. Groot aartapel manne. In die aartappel maande word daar op en af met spotlights gery en mense van die lokasie met honde word gekry om die "bLI@#$SE ystervarke" te kom jag en doodmaak.
Wat is die verskil? Niks nie, hy wil net sy kant van die saak sien.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: Wat om te doen
222
Ek het nou die aand ook by n boer gaan skiet. Hy het ook al sy skaap vankant gemaak en boer nou net met bees, tot sy verbasing was die pens inhoud alles bees kallers gewees. Hy het darem nie n proebleem met die skiet van die jakkelse nie,maar hy het gedink om met bees te boer sal beter doen.
Nico
Ek het nou die aand ook by n boer gaan skiet. Hy het ook al sy skaap vankant gemaak en boer nou net met bees, tot sy verbasing was die pens inhoud alles bees kallers gewees. Hy het darem nie n proebleem met die skiet van die jakkelse nie,maar hy het gedink om met bees te boer sal beter doen.
Nico
As long as there's lead in the air there are hope
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Wat om te doen
Freek,
Dis mos nou wat ek ook se.
Die Oom het homself nou net bietjie beter uigedruk.
Nico,
Dink nog steeds daai Oom sou niks verstaan het nie. Het darem self hier 'n boer wat ook nie meer skaap boer nie. Nou eet die jakkies sy springbokkies en blesbokke op.
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
Danie Lombard .243
Re: Wat om te doen
Oooo manne ek laaaik jul sommer strek.
Louis, jou post kook man!!
Nico, dankie dat jy met ons jou ontmoeting gedeel het.
Ek self het 'n familie lid wat my so roer oor die jag van ongediertes, slimmer as die hele wereld se mense die ou.
Op 'n dag toe hy my weer so roer toe se ek vir hom hy moet maar kom en al die jakkies en kietsies kom haal met sy lorrie en daar by hom in sy erf gaan aanhou en hul voer en vertroetel en lief he. En as hy nie dit wil doen nie is hy welkom om my dan uit te betaal vir elke lam wat ek verloor. Slag prys vir 'n hammel lam en as die ongedierte 'n ooi lam vang en vreet soek ek 'n ooi sy prys plus 6 jaar se lammers geld. Ek verkoop nie my ooi lammers nie en die hammels eet en my familie op. Nams!! So dra hy mos dan nou by tot die beskeriming en voortbestaan van sy geliefde ongediertjies. Dan kan hy sy boude ontspaan en tevrede wees. Hy red die wereld. Peace price winner.
Snaaks hou gou iemand se oe oopgaan as jy 'n punt finansieel verduidelik.
Jul sal sien dat die persone wat so lief is om ons te roer gewoontlik vleis eet, melk drink, leer skoene, belde, baadjies dra. Hul motors pronk met die reuk van skaapvel leer bekleedsels. Satredae tydens die rugby word daar saam die brannas biltong en droogwors ge vreet, na afloop is dit wors, tjops, t-bones en vark. Maalvleis vir pasta, ham en salami vir pizza, en moenie die kaas vergeet nie. Dan word daar bier gedrink, whiskey ens. Oggende is dit ontbyt graan kos, melk. Bacon en eiers. Katoen vir die panties, onder broeke en klere, wol vir die truie. Hul wil nog rook ook, tabak. Die ouens wil lees en skryf ook op papier. Hy wil die loslyf en die sarie lees. Papier. En hy wil sy gat ook nog afvee met toilet papier. Al die goed kom van 'n plaas af. Nou wil daai selfde ou wat al die goed benut en vreet en geniet vir my en jou en ander grond eienaars vertel wat ons met ons eie goed moet doen en hoe om skade voorkoming toe te pas op 'n groen manier. man!!
Daai selfde ou het kort termyn versekering op sy bates wat op die ou einde van die dag aan die bank behoort want die tipe ou het meeste van die tyd f@kk@l op sy naam. Hy mag mos nie versekring uitneem om skakde vookomend op te ree nie, want hy se dan ek en jy mag nie skade voorkomend optree nie.
Wat is good for the goose is good for the gander.
Nou is ek sommer rooi op die moer meter.
Hoe ouer ek word hoe meer sien ek dat geld die mens se god is. Hy mag jou aanvat en die berge injaag, los tog net sy sak uit. Sodra hy dit aan sy eie sak voel dan is die saak regverdig, maar tot dit nie met hom gebeur het nie pleeg jy 'n onreg.
Wag laat ek stop.

Last edited by Danie Lombard .243 on Fri Jul 09, 2010 11:03 am, edited 1 time in total.