Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek weet nie hoeveel manne ratels ken nie,maar ek wil darem net my bietjie ondervinding deel.Daar is die laaste 2 maande vreeslik lammers gevang by my en so hier en daar n ooi ook.Ek het baie moeite gedoen maar sonder resultate.Ek het hokke gestel,slagysters gestel en aas uitgesit.Die hok het niks gelok.Die slagysters het afgegaan en met die vretery aan die lam is voortgegaan asof niks gebeur het nie.Aas is opgeeet sonder enige probleme en die vangery het aangegaan.Ek het aande gaan jag en 2 rooikatte is geskiet by die ooie en steeds het die vangery aangehou.Partymaal is 4 lammers op een aand gevang .Ander aand is n ooi en lam gevang.Die skape is ook tipies gevang soos n jakkals .Al ding wat verskil het is dat die lammers, partymaal grotes, weggedra is dat ek nooit die karkas kon kry nie.Die ander ding of teken was n gaatjie of meer wat binne n meter van die dooie lam gekry is.Mens se vuis pas omtrent in dit.Dit was defnitief n manier van merk.Wel en toe n paar aande terug kyk ek die weer mooi op YR.NO en daar kry ek die eerste ratel by die ooie met lammers,so 8-UUR se kant .Het hom raak geskiet met .243 en niks gekry nie maar wel die gate.Volgende dag voor sononder naby gate gaan kos speel met roeper en toe die lammetjie bler, kom ta uit sy skuilplek.So lief het ek nie gedink n mens kan raak vir n .300 Win.mag nie.My idee is dat ek die een aand die wyfie geskiet het en die volgende aand die mannetjie,aangesien hulle grootte veskil het, en die vangery het onmiddelik gestop.Wat ek amper nie kon glo nie is dat albei genoeg krag gehad het om in hulle gate te kom.So taai soos n ratel vertel die ou mense mos.Fluit-fluit my storie is uit.
Baie interessant, GIDO.
Ander kos is seker skaars daarrond en toe hulle die skaap agterkom, toe is die koeël deur die kerk - maklike prooi en volop beskikbaar!
Kan jy nou glo wys jou net ratel eet enige ding en sal tot lammers vang bly jy het darem die skelms gekry! Weet van ratel wat hoender hokke verniel het maar nog nooit so blatand lammers dood byt baie intresant dankie vir die deel!
Ja nee Gido, ratel is 'n blikskottel by skape. Ons het al groot ooi lammers gekry daar in die Oos-Kaap, Kareedouw se wereld. Dan vreet hulle net al die vleis van die skaap se gesig af, en los hom dan net so lewendig.
Ockert1992 wrote:Ja nee Gido, ratel is 'n blikskottel by skape. Ons het al groot ooi lammers gekry daar in die Oos-Kaap, Kareedouw se wereld. Dan vreet hulle net al die vleis van die skaap se gesig af, en los hom dan net so lewendig.
Groete
Ockert
Naand Ockert
Weet jy hulle het met die ooie ook die gesig so kaal geeet.Ek en my hond(Engelse pointer) het jare terug op een afgekom in die veld waar ek ook skade gehad het met ongediertes.ek het slegs n kierie byderhand gehad.Dit was vir jou n gedoente.Die ratel val ons toe wragtig aan.My hond het daai dag my lewe gered.Moenie dink jy slaan n ratel met n kierie dood of raak nie.Daai dag het daai bleddie ding amper my sleg seergemaak.Hy hardloop op jou af en as jy val klim hy bo-op jou om jou te byt.Elke keer wanneer dit gebeur het, het daai pointer van my hom kom afhaal van my af .Mens moet n ratel nie onderskat nie.
Ja, die bietjie wat ek van hulle weet is dat jy hom nie kan hande aan vat nie. Van daar seker ook die spreukwoord "So taai soos 'n ratel" Hulle is nog vinnig ook, want ons het die een oggend n lam gekry wat die nag gevang is en het dadelik n jagter met sy honde laat kom. Hulle vat toe die spoor en laat die middag toe het hulle hom eers ingehaal, hy toe diep in 'n klipskeur en toe kon hy niks aan hom doen nie. Ek dink n paar jakkalse en rooikatte het al pak gevat vir n ratel.
Ek het eendag n dokumenter gekyk van hoe n ratel haar kleintjies beskerm van leeus, en ander een van luiperd. Die twee kon feitlik nie hondhaar af maak van die ratel nie. Ongelooflike tawwe dier!
Ockert1992 wrote:Ja nee Gido, ratel is 'n blikskottel by skape. Ons het al groot ooi lammers gekry daar in die Oos-Kaap, Kareedouw se wereld. Dan vreet hulle net al die vleis van die skaap se gesig af, en los hom dan net so lewendig.
Groete
Ockert
Ek het so 2 maande gelede dieselfde geval by my gehad , het hom toe in n hok gevang 3 aande later met n dooie lam . Wat baie snaaks is dat die bye korwe net so 30 meter van die plek was waar hy die skaap gevang het.
Ek kan getuig van die verniel sugtigheid van 'n ratel. Paar foto's ook geneem van die verminkte skaap. Skeur die uiers van ooie, skeur onder die blaaie oop, vreet die borsbeen se vet, vreet oe uit en ore af.
Loop baie vêr in 'n nag en is slim soos kan kom, stel slagysters (seker 15) in die gat se bek en rondom dan grawe ta 2m boontoe uit die gat en vat die pad. Een van die moeilikstes om in die hande te kry.
Ken hom ook soo verlooor dikwels n lam of so. So 4 Maande terug vang ons een in hok en die volk kom se my toe toe ek by hok kom toe het die blikskottel die oogies draad gebreuk en pad gevat.
Ja ek dink die ratel en die bobbejaan is van die mees onderskatte ongediertes.As hulle agterkom
hulle kan lammers vang dan los hulle weinig lammers vir jou oor.