Nou wil ek net n kursus doen, en my eie roep apparaat kry.

Dit was yskoud, maar lekker

Soos julle kan sien is ek nog n "appy" as dit kom by die cammo van my voertuig. Ek het eers oor die naweek gelees van die mengsel waarmee julle pro's julle voertuie verf

Gelukkig skiet my .22 250 Howa S/S Varminter baie lekker, en van dat ek die knaldemper van Clerence opgesit het, nog beter. Ek het net sy plastiese kolf wat verskriklik rond beweeg het in die son, vervang met n gelamineerde kolf wat ek van Amerika af laat kom het, en n Jewel sneller laat insit.
Hier is 4 skote wat ek geskiet het, voordat ek gaan jakkalse skiet het, om te sien of alles nog reg is. Die 2 skote wat met swart omlyn is, is vanaf 200m, en die ander 2 vanaf 350m. Die plakkertjie is 32mm in deersnee.

Hierdie was my eerste probeerslag sommer met net n skietlamp wat ek so 3 maande terug geplaas het

