Wat is 'n goeie aksie?

Post Reply
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Wat is 'n goeie aksie?

Post by Tiny »

Dagse almal!.

Ek is maar bietjie dom as dinge te tegnies raak..
By die jagtersvereniging en by my pa het ek al agter gekom dat 'n P14 'n baie sterk en goeie aksie is..

Maar wat ek wil weet is: Wat maak van 'n aksie 'n goeie aksie? Wat maak dit beter as 'n ander aksie? Is dit net die sterkte van die staal of wat het nog 'n invloed?

Groete
Tiny
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Hein M. »

Tiny,

Enige aksie is goed solank die geweer net 'n 243 is ;D

Nee, grap net.  Ek sal ook graag wil hoor wat is die ander ouens se mening.  Al wat ek weet is dat die M98 Mauser destyds die weg gebaan het vir die toekoms van alle slotaksie gewere.  http://en.wikipedia.org/wiki/Mauser  Hierdie aksie - en modifikasies daarvan - is dan ook die gewildste by jaggewere.  Die Falling-block aksie is ook geweldig sterk, maar dit is slegs 'n enkelskoot aksie.

Interessante onderwerp!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Danie Lombard .243 »

Hi da Tiny en ander.

Sekerlik een van die beste vrae die laaste tyd.

Tiny, jou pa is dood reg oor die P14 aksie en so ook Hein M oor jou reaksie oor die M98 Mauser aksie.

Die meeste moderne aksies is goed en sterk en akkuraat. Die groot probleem le by die Enfield aksies (.303 manne, moet my nie stenig nie, my maat Willem Maas het 'n baie akkurate .303 Enfield, Enigste een wat ek van weet, daar is sekerlik baie ander.)

Die Enfield aksies se sluit hak stuk ( locking lug ) is aan die agter kant van die grendel en daar is slegs een. Die Mauser en soortgelyke aksies het twee locking lugs voor by die "bolt face" en dus sluit die grendel lekker stewig agter die dop, daar waar dit saak maak.  Die Muaser het ook 'n derde locking lug aan die agter kant, onder. Al dire saam sluit die grendel stewig in die aksie raam en hou die dop stewig in die kamer, geen beweging dus op die agter kant van die dop as dit gevuur word. Dink so daaroor, as mens 'n vuurpyl lanseer moet dit tog stewig staan op 'n platform en as die vuurpyl lanseer of wegterk moet die platform steeds stewig staan en nie kantel nie. Net so ook by die lanseer of wegterk van 'n patroon uit 'n dop in in geweer kamer. Die platform of te wel die aksie moet stewig en haks gemonteer wees en nie kantel of beweeg as die spul weg terk nie.
Party nuwe moderne aksies het meer locking lugs op die grendel bolt face soos die 3 van Winchester se coyote varminter en Wheaterby ens. Sako volg ook deesdae die tendens asook Browning. Het anderdag 'n Whearterby .300 Win Mag gesien wat 9 lugs het, 3 stelle van 3 agter mekaar. 'n Stuk interesante yster is die vna die duitse Blazer. Die boltface sluit reg om in die rondte, dink aan hoe 'n rol bout oopskop en sluit in 'n stuk beton, 360 grade. Nou ja, dan verstaan jy die Balzer aksie. Hy sluit vrek goed. Aai die duitsers is darem maar voor in die koor as dit by tegnologie kom.
Ek wil se mens het nie veel meer nodig as die Mauser en die RSA tipe aksie vir ons tipe aplikasie. Half en driekart duim groepe op 100 is mos darem van die beste, nie waar? P14 doen dit enige dag met die korekte ammo en goeie loop.

Wat wel baie belangrik is, is die tyd van die aksie of te wel die tyds duur wat dit neem vir die vir pen om die primer te tref na die neller meganisme dit laat gaan of ontspan het. Hier is die Mausers nie voor in die koor nie, maar tog steeds skiet ek baie klein groepe met my .300 Win Mag met sy stadige locking delay fire pin timing. Die aksie het 'n timney sneller op. Wat 'n lekker aksie. HEt al gehoor van die, ek dink hul noem dit die Santa Barbara conversion waar hul die sluit tyd korter maak op die Mauser aksie. IEMAND HELP OOR DIT NAAM OF TERM ASB. FM EN JUL ANDER MANNE.

My Savage mod F111 aksie is weer super dooper as dit kom by locking time delay. Die sneller is vrek lig en die vuur pen beweeg nie 100 foet ver om die primer te tref nie.

Remington het deesdae aksies wat nie firing pins het nie. Werk met dc elektrisiteit. Battery in die aksie, primer in elektronies en die bolt face gee 'n elektriese stroom as jy aan die sneller druk en so vonk die elektroniese primer en dus geen fire pin delay nie. Skiet ook maar steeds normale groepe.

Om op te som, enige aksie wat stewig is en goeie stewige sluit stukke het aan die voorkant van die bolt face, en toegerus is met 'n goeie sneller wat nie kreep of swaar afterk nie, is 'n goeie aksie. Dink nou maar net aan die boere se RSA aksie wat geskoei is op die Mauser mod 98 aksie. Hy werk bakgat. Sekerlik van die beste. Nee wat, sommer die beste.

Moet nie die baelangrikste stuk apparaat by 'n aksie vergeet nie nl die skut, sy oog, sy asemhaling, hart klop en sneller druk tegniek. Sekerlik een van die mees tegnologiese stukke masjienerie ooit. Die ou normale mens. Sonder sy toewyding en kennis en vermoe is die beste, akkuraatste aksie en loop en sneller niks werd nie.

Groetnis

Danie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Francois Marais »

Danie

OU HINGS, ek wou nog ietsie las, toe sien ek jy staan sommer op al die "bases" gelyk.

Jy kan dalk nog n stukkie las oor die verskillende druk ratings wat verskillende aksies op het. Weet P14 is van die sterkste met 100 000 pond per vierkante duim druk wat hy kan hanteer. Jou gemiddelde aksies is minder as dit. Daar was ook n reeks Mauser aksies gemaak wat gerate was vi 100 000 pond druk.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Hein M. »

Is daar 'n wesenlike - kwaliteits - verskil tussen 'n "forged steel" en "cast" aksie? 

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Francois Marais »

Hein

Ek is nie so oppi ball met die Forged en Cast aksies nie, maar weet bietjie daarvan by die RISER van n boog.

Die forged een is waar hulle n soliede stuk staal of aluminium (boog) vat en dan die hele aksie/riser daaruit mansjien. Daie duur (arbeidsintensief) maar baie sterk.  By die cast aksie/riser word n baie rowwe copy van die aksie/riser gegiet en dan net skoon masjien, baie minder tyd op die CNC masjien=baie goedkoper, ma nie dieselle kwaliteit nie. By the way, weet jy van aksies wat gecast word, ek weet nie, weet net van pistole/pistool slides.

Mooi loop
Francois

NS Sal bietjie kyk of ek meer hieroor kry.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Hein M. »

Francois,

Ek is besig om hierdie info te absorbeer  http://www.6mmbr.com/actions.html  Dit sal dalk help op lig op die saak te werp.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Tiny »

Oom Francois

Hierdie is nou seker 'n dom vraag, maar ek wonder nog steeds daaroor.

As ons praat van die geweer se aksie, wat sluit dit als in?
Is ek reg as ek se dat dit byna als in sluit behalwe die loop? (En natuurlik die kolf en visier ens, maar ons praat mos nou eintlik net van die meganiese gedeelte van die geweer)

Tiny
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by JACQUES BOTHA »

Tiny.
Die aksie is net die staalwerk en die slot gedeelte.
Omdat die aksie in die hout vasgetrek vasgeskroef word  en omdat n kolf gesny word om n seker aksie te vat loop die twee hand aan hand en jou basis kom ook op die aksie vas . So
die aksie is eintlik n ding op sy eie...maar al het jy die beste aksie en sy bedding in nie goed nie, beteken hy niks...., Ens ens ens. mar FM en Daantjie 243 tik sal jou meer vertel... Die beste aksie is die een wat jy tans gebruik of waarvan jy hou..
Groetnis
JB 
Shoot straight and tell the truth!
Danie Lombard .243

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Danie Lombard .243 »

Hoor Hoor JB.

Kerels, JB praat waar. As dit by bedding kom verkies ek die pillar tipe bedding. Ek het twee sintetiese kolwe wat pillar bedding in het en hul werk puik.

Danie
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by Tiny »

Oom JB

Ek het nog nooit so daar aan gedink nie, maar dit maak 100% sin.. Baie dankie oom..

Groete
Tiny
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Wat is 'n goeie aksie?

Post by B C »

Ek het 'n 30-06 op 'n P14 aksie, 'n 308 op 'n Santa Babara en 'n 308 op 'n RSA aksie en vir my is die RSA top of the range!
Post Reply