Hoe gemaak met miershope in veld.

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Danie Lombard .243

Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by Danie Lombard .243 »

Ek is tans besig om met trekker en ploeg miershope stukkend te breek sodat die koue die miere kan dood. Die tegniek werk goed met die miere in die hoop of deel wat bo die grond uitsteek. Ek stel die ploeg so dat die skare amper op die grond sleep en dus word die mierhoop in stukke gebreek en plat gemaak gelyk met die grond. Alle miere bo die grond oppervlak vrek met die tegniek.

Wat my wel pla is dat die deel van die nes wat onder die grond oppevlak is steeds miere in het wat leef. Dit lyk of die koue hulle niks maak nie. Tog is die hele nes dan ontbloot en steeds het die koue nagte nie 'n uitwerking nie.

Het iemand 'n beter werkende plan om die miershope dood te kry?

Ek hoor graag van iemand met raad

Danie
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by FHM »

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by vlakvark1 »

Ons maak ook die hope stukkend en dan vat ons ''Alphametrien '' en 200L water en spuit
dit oor die hoop laat die water goed inloop. Hulle vrek ordentlik.
vlakvark en bosvark Bvk
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by zipp »

Sippermetrien, so 3% as ek reg onthou. Ek het n gewoone mier plaag by die huis, ek dink hulle het n nes onder die huis gemaak.
Gespuit en hulle vrek nog steeds 3 weeke later!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by Stefan764 »

Sippermetrien is n Yster. Alle vliee en muskiete en kokkerotte en wat ook al sien hulle alies.

Daantjieman, koop n Cruiser en ry n firefighter agterop saam met n mengseltjie in!
Danie Lombard .243

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie vir almal se terugvoer tot dusver.

@ Stefan, ek het gedink aan die plan met Sippermatrien en brandspuit nadat die trekker die miershoop oop gebreek het.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by vlakvark1 »

Ons maak hom maar lekker sterk. 1L Alphametrien met 200L water.
Sipermetrien is te vlou. Dit laat nie eers miere se oë traan nie
vlakvark en bosvark Bvk
Danie Lombard .243

Re: Hoe gemaak met miershope in veld.

Post by Danie Lombard .243 »

Dankie Vlakvark

Gaan beslis probeer
Post Reply