Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Ferdi Bam »

Hallo Almal,

Ek soek asb raad ivm bogenoemde. Op die plaas( Steynsrus(Komspruit) area) loop die beeste en blesbokke in dieselfde kamp sedert 1996 afhangende van die toestand van die veld. Die afgelope jaar word die beeste se oë egter seer. Advies hieromtrent is dat dit n virus is wat deur die blesbokke versprei word wat die beeste se oë aantas en blindheid kan veroorsaak. Die virus kom blykbaar ook net sekere tye van die jaar voor.

Voor almal aanbied om die blesbokke te kom skiet wil ek egter eers raad/advies hê rondom wat wat gedoen kan word om die probleem op te los. Kan iemand wat kennis het oor die onderwerp vir my asseblief raad gee en watter tipe medikasie vir die probleem gebruik kan word.

Baie dankie

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by James Wilson »

Ferdi, die plaaslike vee arts hier by ons en ek is huisvriende. Hy is ook n beesboer. N buurman van hom se blesbokke breek deur na hom toe, en dit is vir hom n vet probleem. Hy dip speasiaal vir die probleem, maar hy het al die opmerking gemaak dat die beste is as die spesies nie meng nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Dawie Malan »

Ferdi

Ek het tot so 2 jaar gelede met perde geboer. Daar was blesbokke wat tussen die perde geloop het en dit het ook die perde se oë laat loop. Daar is 'n tesis geskryf deur 'n dokter in Onderstepoort met 'n mening dat perde-oogsiektes veroorsaak word deur die larwe wat in 'n blesbok se neus lewe (wat hom so laat "bles").

Ek het ook beeste geboer, maar nie saam met blesbokke nie. Toe my beeste die probleem gehad het, het ons vir hulle 'n oogspuit toegedien deur Terremycin. Ek weet nie of dit nog so is nie.

Ek het die tesis êrens, so indien jy wil hê ek moet dit vir jou aanstuur, PM my jou e-mail adres.

Groete

Dawie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by mariusr »

Ferdi beste medisyne vir die blesbokke is 243 ! ;)
Vrystater
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Mar 14, 2012 1:13 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Vrystater »

Dagse,
Soos ek verstaan is daar basies 2 siekte toestande wat beeste se oe kan aantas wat van blesbokke/wild kom.
Die eerste is 'n siekte met die naam van Uitpeuloog, wat deur 'n sekere vliegie veroorsaak word. Die vlieg le sy eiers in die vloeistof by die oog, die eiers broei dan uit en die larfie migreer om die oog en veroorsaak dan dan die oog uitstulp, droog, rooi en tranerig word. Ons sien dit selde in die Vrystaat.
Die ander, meer algemene siekte is sg. Aansteeklike blindheid of Pinkeye. Dit word veroorsaak deur 'n bakterium waarvan die blesbokke(en soms ander beeste) die draers van is. Wanneer vliee, muggies ens. op die blesbokke se oe sit en dan weer later op die beeste se oe, dan word die bakterium oorgedra en die tipiese 'perel op die oog' soos die ouer boere dit noem vorm op die oog. Ander faktore soos wind, stof en Vit A tekort speel ook 'n rol in die voorkoms van die siekte. My opinie is dat dit die probleem is met jou beeste.
Behandeling is sommer mastitis salf soos Penstrep, Curaclox ens in die oog. Ideaal is ten minste 1X/dag, maar hoe meer hoe beter. Anders spuit sommer 'n eenmalige LA tetrasiklien binnespiers. Sommige boere spuit 'n kortisoon en antibiotika mengsel onder die ooglid in, maar dis bietjie meer tricky om te spuit en volgens sommige studies is dit nie beter as 'n eenmalige LA tetrasiklien nie.
Daar is deesdae ook 'n inenting met die naam van Piliguard wat mens voorkomed kan ent.
Ek weet dis ook nie altyd prakties moontlik nie, maar ideaal is om geaffekteerde beeste te skei van die gesondes, want kan die ander aansteek.
Sterkte dan daar!
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Henry 7 »

As jy wil sien hoe lyk die larwe kyk as hulle 'n blesbok afslag as hy hang-dis so 'n vet witte wat uit sy neus val.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3628
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Fanta300 »

Het al sulke wurms by SWB ook gesien.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Ferdi Bam »

Dankie vir die insette sover. Ek ken die wurm in die neus. Van al die bokke wat ek al afgehaal het was daar nog maar min wat die wurm gehad het. As n reël doen ek die slagwerk self of staan by.

Vrystater is die voorkoms seisoenaal en die behandeling jaarliks, maandeliks?? Ek wil weet want ek sit in Limpopo en die oë op die plaas is al oud. Ek moet n reël neerlê en kan sê elke maand, 1x in 3mnde ens.

Groete
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by mariusr »

Nog elke blesbok en bwb wat ek geskiet het en dis hele paar het ek daai wurm gekry tot in die brein! :confused:
Vrystater
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Wed Mar 14, 2012 1:13 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Vrystater »

Daai wit vet wurms is 'n tipe neuswurm wat relatief normaal is vir wild(veral blesbokke). Dis nie dieselfde wurm wat uitpeuloog veroorsaak. Hulle lyk mos soos miswurms en mens sien hul mooi as jy deur die sinusholtes saag om die horings af te saag. Soos ek verstaan is dit familie van neuswurm by skape - dis ook 'n tipe vlieg wat eiertjies in die neus openinge le, die klein larfies migreer dan in die sinus holte in en ontwikkel tot daai dik larf/wurm. Dit word dan weer uitgenies(wat tipies vir blesbokke en wildebeeste is), en die larf grawe in die grond, vorm 'n papie in die sand en eventueel broei 'n vliegie weer uit en ons begin van voor.

Ferdi, die aansteeklike blindheid kan enige tyd van die jaar voorkom, maar ons sien dit meestal in somer maande wanneer UV strale, wind ens.(m.a.w irritasies op oe meer is) en veral vliee en insekte wat dit oordra meer is. As dit 'n groot probleem is by jou moet mens voor die somermaande met Piliguard ent, ander behandel soos dit prakties moontlik is - in 'n melkery opset kan mens daagliks salf insit, maar in 'n ekstensiewe vleisbees kudde(wat ek aanneem jou geval is), is dit nie prakties moontlik nie, so maklikste is om daai beeste 1 of 2x terramycin LA te spuit. Baie van die beeste ontwikkel maar bindweefsel(scar tissue) wat na die tyd as 'n kol op die oog sit, maar is nie issues want hul kan aangaan en sal weer kalf ens.

Dis maar goed ook om Vit ADE te spuit wat belangrik is vir die gesondheid van slymvliese en dus die dier se weerstand teen die tipe infeksies te verbeter.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Foxcreek »

Stem saam met Vrystater. Piligaurd werk vir ons soos 'n bom. Voorkoming is beter as genesing, so ent maar die beeste.
Ons sukkel elke jaar erg met seer oe, en ons het die vorige lente met Piligaurd ge-ent en die afgelope somer nie een seer oog gehad nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Cobus(Cobb) »

Dawie Malan wrote:Ferdi

Ek het tot so 2 jaar gelede met perde geboer. Daar was blesbokke wat tussen die perde geloop het en dit het ook die perde se oë laat loop. Daar is 'n tesis geskryf deur 'n dokter in Onderstepoort met 'n mening dat perde-oogsiektes veroorsaak word deur die larwe wat in 'n blesbok se neus lewe (wat hom so laat "bles").

Ek het ook beeste geboer, maar nie saam met blesbokke nie. Toe my beeste die probleem gehad het, het ons vir hulle 'n oogspuit toegedien deur Terremycin. Ek weet nie of dit nog so is nie.

Ek het die tesis êrens, so indien jy wil hê ek moet dit vir jou aanstuur, PM my jou e-mail adres.

Groete

Dawie

Tjops, eks bly jy noem die perde ook....ek was gister by 'n estate tussen jhb en Vereeniging (Blue saddle) is hom se naam...
Die vrou het skou perde daar maar die een bly aankarring met snot ogies, toe sê ek vir haar dit is dalk die blesse van die buurman wat dalk die selfde effek het as op bees...Ek het maar net geraai, maar lyk my ek was half reg

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Dirkie Burger
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:23 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Dirkie Burger »

Ferdi
Ek het dieselfde probleem gehad. Ek het die koei huis toe gebring en elke dag penstrep in die die oog gespuit vir so week lank. Koei het 100% herstel, so penstrep werk
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Foxcreek »

Enige middel wat jy vir Mastitis gebruik sal werk(daai antibiotika wat in plastiese spuite kom).

Dit los egter nie die problem op nie. Slegs deur Piligaurd te ent los jy die problem op.
User avatar
hennie
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sat Jan 19, 2013 11:22 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by hennie »

My beeste en blesbokke loop net in die winter saam as my wieding skaars is. As hulle in die lente nog saam loop kry ek ook die probleem, Hulle moet liewers nie in die somermaande saam wees nie.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Dawie Malan »

Cobb

Wat voeter jy rond met pêre as jy hoort jakke skiet oor naweke....
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Geno »

Dawie Malan wrote:Ek het tot so 2 jaar gelede met perde geboer.
Jislaaik Dawie,
Het jy so lank terug al geraai dat die perdevleis-issues gaan opduik?
Goed, beter, 6millimeter!
Rot
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Mon Nov 14, 2011 8:16 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Rot »

Hi
Druppel Teramycin in elke oog as die oog begin traan.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Blesbokke veroorsaak oogsiekte by beeste

Post by Dawie Malan »

Het jy so lank terug al geraai dat die perdevleis-issues gaan opduik?
Geno

As ek geweet het daai ouens met die camo Isuzu's wat aan die verkeerde kant van Hartbeespoortdam bly het so voorkeur vir perdevleis het ek nooit met die stupid goed ophou boer nie.

Groete

Dawie
Post Reply