Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het maar vasgetrap en by S&O so outjie vandag gekoop.
Is net gewoond aan 3-9x40 Scopes en dink hierdie gaan n baie lekker aanpassing wees.
Wie het so scope en kan my bietjie meer vertel wat sy praktiese ondervinding is veral wat die Side Focus etc aanbetref.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Ek het Zeiss teleskope op al my gewere maar dink daaraan om ook een van die manne te probeer op my 308 teikenskiet geweer. Een van my vriende het 'n 5-20x 44 of iets dergliks en die man se scope raak vaal om die buitekant indien die vergroting oor die 17 gaan. Dankie vir waarborge, dis al wat ek se! Waarvoor wil jy die scope gebruik?
Ek dink dis daar waar die sidefocus n man sal kan help wat die vaalheid aanbetref.
Teikenskiet en baie wilde springbokke wat baie ver staan te skiet..
Ek is moeg vir springbokke wat so ver staan dat as jy die kruis op hom sit, maak hy die bok heel toe..
mooi man, daai outjie werk goed. ek het so een op my 270, maar met die "bullet drop compensation" op die kruishaar. en glo my hy WERK !! die kruis is op 100y gezero en van daar af is elke kolletjie nog n 100 verder- dodelik man, dodelik.
die ding is ongelukkig in "yards" maar dis geen probleem, ek stel my rangefinder na yards en as ek voorsit bepaal ek vooraf die afstande na sekere merkers soos bv n bos of n klip en weet ek dan waar om te mik.
die side focus/ paralaks werk uitstekend en die ding is helder.
ek self is nie lief vir ver skote nie, maar die outjie het my al eenkeer laat goed lyk. het n trop blesbokke bekruip maar dit was te oop en kon tot so 425y bekruip. daar was genoeg tyd om te range en met die regte kolletjie op die bok het die scope sy werk gedoen.
ek het op die skietbaan sy akuraatheid op verskillende vergrotings getoets en geen probleem gehad op 150; 250 en 350 nie. op elke afstand teen 8x en 32x geskiet met dieselfde resultaat.
myne het gekom met 2 stelle verstel knoppe,, die een wat hier geplaas is plus nog n stel "ballistic/tactical turrets"
geniet hom en mooi loop
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64
b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
Baie dankie. Nou is ek eers excited want was nie seker wat om te verwag nie.
Ek het maar gegaan vir die Nikoplex Recticle want die BDC recticle is vir my bietjie duk.
Gaan hom op die 25-06 sit en Sondag uit toets op die skiet baan.
ja-nee wragtig, dis sekerlik die dikste kruishaar wat ek nog gesien het,, dis al wat my pla,, maar ek is hom noual so gewoond en verstaan hom mooi, eintlik half bederf as jy my vra. met die kombinasie van daai scope en die 270 Howa Hogue is die rooi muishonde op 300 nie eers meer veilig nie.
dis ook n goeie ding jy gaan hom Sondag toets, want as jy dit Saterdag doen gaan jy daai ding so geniet en beslis die rugby mis
mooi loop
.22 Hornet
.243 Sako
.270 Howa
.308 Sako
9X57 Oberndorf Mauser
.375 H&H Winchester Mod 70 Pre '64
b]"Never leave an enemy behind or it will rise again to fly at your throat... "[/b]
Is baie gelukkig..hy is baie duidelik en nie gewoond daaraan om op 200m my skoot gate te sien nie..het nie baie tyd op die baan gehad nie want die wind was net te sterk..