BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by 30-06 »

Ek sukkel bietjie om my scope Reeks II te kalibreer.

Net een of twee vrae vir die manne wat die scopes gebruik.
Is die drop number gekalibreer op 500 Y of 500 M ?
Wat is julle ondervinding van die klampies kan hulle 'n 30-06 se skop hanteer ?
Ek wil my verbeel dat ek dalk effense beweging links en regs kry.

Sal graag hoor wat julle ondervinding is.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Pinkes »

Oor die skop van jou 30/06. Ek het die scope op my 300wm en daar was geen fout nie.Jy kan hom lekker
vastrek want dit trek mos met n groot moer vas. En oor die drop number. Moenie te veel jou aan "is dit nou Y of M" steur nie. Die ideaal is om op 750m te skiet en dan jou verstellings te maak. Vir elke duim hoog stel jy jou dropnommer een laer(en omgekeer). Maar as jy op 500m skiet vir elke duim wat jy hoog skiet stel jy 3 dropnommers laer(en omgekeer). Dis hoe ek myne so vinnig ingestel het. Moet se die scope werk lekker. Kom nou van n springbok jag af waar die scope baie gehlp het! Hoop dit help.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Geno »

Piet Breedt wrote:BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING TELESKOOP TOETS

Ek kyk nou al n gruime tyd na hierdie scope, en het hierdie week die geleentheid gekry om een te toets.

Eerstens wil ek s? dat die nie n gewone scope is nie, maar uniek is in die sin dat dit nie net die afstand baie akkuraat ?range? met n ingeboude rangefinder nie, maar ook die mikpunt vir jou aandui waar om te mik op watter afstand, deur n klein LED liggie te laat aankom op die vertikale kruishaar, presies waar jou betrokke kaliber sal skiet op daardie afstand wat hy vir jou range.
Kyk na hierdie link vir n baie mooi verduideliking. 







Ek moet erken dat ek maar redelik skepties was, en nie regtig geweet het wat om te verwag.
Ek was stomgeslaan, en dit het my hoogste verwagtinge v?r oortref. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so beindruk was met enige produk wat ek al ooit gebruik het nie.

Eers meer oor die scope:

Die scope kom met n vergroting van 4x ? 12x - 42mm  wat oor genoeg is om mee te jag.
Hy word gepas op die geweer met  2 x klampies wat voorsien word, wat op n Piccatini rail, of Weaver basisse vaskom.

So klamp hy vas aan die geweer. Die scope het n Piccatini railonder aan, en hy klamp dan vas aan die geweer se picattini rail of weaver bassise.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator013.jpg


Dit het my 2 minute gevat om die scope te mount, en 4 skote om hom in te stel op 100m. Soos met alle Burris scopes wat ek tot dusv?r mee te doen gehad het, was sy verstellings baie akkuraat en het hy presies gestel soos ek van hom gevra het. Ek het die handleiding gevolg om my geweer se trajek in te pons, en het nie eers die ?fine tune? metode gevolg nie. Dit het ek sommer die aand voor die baantoets by die huis gedoen, en net so gaan skiet. Die hele opstel en programering van die scope vat minder as n minuut, en is baie eenvoudig as jy die instruksies volg.

Daar is so n klein remote skakelaar wat jy op enige plek op die geweer kan plaas waar dit vir jou gemaklik is, wat jy net druk met een van jou vingers om vir jou die afstand te gee. Hy werk baie doeltreffend.

Die Toets:

Soos ek ges? het, het dit my nadat ek hom ge ?boresight? het, slegs 4 skote geneem om hom in n 32mm plakkertjie te laat skiet op 100m. Toe skiet ek nog een om seker te maak.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator001.jpg

Daarna het ek op die 200m 2 x skote geskiet, en toe op die 300m 3 x skote. So lyk hulle: (Dit is die wat nie in rooi omkring is)

200m

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator002.jpg

300m

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator003.jpg


Die afstand  en die mikpunt word binne n sekonde aangedui in die boonste segment van die scope. Plaas net die helder verligte kolletjie op die teiken en druk die sneller. Die kolletjie is baie helder selfs in helder sonskyn.

Nadat ek  hierbo tevrede was dat die scope op al die die bogenoemde afstande in die kol was, het ek terugbeweeg na 357m en 2 skote geskiet. Ek het gaan kyk waar hulle was en gesien dat ek hulle bietjie hoog laat breek het.


http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator005.jpg


Ek het teruggery en toe vanaf 352m 2 skote geskie.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator006.jpg



Ek het toe vorentoe gery met my bakkie, en elke nou en dan gestop, agterop geklim en 2 skote geskiet van al die volgende afstande af.


357m x 2
352mx 2
326mx 2
300m x 3
279m x 2
247m x2
205m x 2
170m x 2

Hier is die resultate van die 17 skote wat geskiet is met die mikpunt aanduidings soos deur die scope vir my aangedui is. Hieruit kan mens sien dat die resultate verstommend is. In ag geneem dat daar n 4 -8mph wind gewaai het, waarvoor ek ook nog afgemik het, daarom die horisontale verspreiding van die groepering. Ek kon vanaf die 247m my skote baie duidelik sien op die teiken.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator009.jpg


Net daar het ek besluit om die scope ook in die nag te toets op Jakkalse om te sien hoe goed hy gaan vaar in die donker. Die scope het ongelooflik goed ge ?range? in die donker, maar die afstand syfers het my vir sowat 4 sekondes uit aksie gehaal aangesien die lig wat die syfers maak te helder is. Maar sodra die syfer liggies afgaan, kon ek gemaklik skiet met die mikpunt liggie wat nog brand, maar moet s? dat die liggie baie skerp is, en sal ek hom graag in die nag so bietjie wil verdoof. Ek gaan uitvind of dit moontlik is. Daar het 3 x jakkalse en 1 x ystervark gesnewel, waarvan net een n stilstaande skoot was, die ander het almal beweeg. Ek kon die vergroting vinnig afdraai vir die bewegende teikens.

Die volgende dag het ek die scope laat toets deur 3 x ander manne op n  8? staal gong. Ek het teruggestoot met die bakkie, en hulle laat skiet. Die resultate was weereens verstommend. Vanaf 228m tot en met 444m het hulle nie een keer mis geskiet. Ek het sowat 6 keer gestop op verskillende afstande tot en met 444m. Nie een van die skuts skiet SA Jaggeweer skiet kompetisies, en ken derhalwe nie n gong nie.  Ek is oortuig..!!!

Ek glo dat hierdie teleskoop n skut of jagter instaat kan stel om skote te skiet waarvoor hy nog nooit kans gesien het nie. Dit is net verstommend om te sien hoe maklik hy dit maak om oor enige afstand, angeag die betrokke geweer se trajek so dodelik akkuraat te kan skiet. Dit is ons plig as jagters om n bok so eties as moontlik te skiet, met so min lyding as moontlik. Hierdie teleskoop maak dit juis moontlik om baie akkurate skootplasing te lewer wat sal lei tot n vinnige dood van die dier.

Ons het ook in die plaas se wildkamp gaan rondry om te sien hoe effektief die rangefinder werk. Weereens was ek verstom. Ek self besit n Leica 1600 rangefinder wat sekerlik die heel beste is, en ek was verstom om te sien hoe effektief die scope kon rangefind. Omdat die geweer baie stiller as n klein rangefinder in jou hand gehou kan word, het ek die bokke baie vinniger kon range as met my Leica. Ek het n Takbok wat net sy kop bokant die lang Smutsvinger gras uitgesteek het op 426m kon range, en Blesbokke wat oop gestaan het, gemaklik binne n sekonde op oor die 500m gerange. Ek het ook gekyk hoe groot die kolletjie is wat as mikpunt gebruik word op n bok se kop, en kon gemaklik n Blesbok en Gemsbok in die die kop skiet op daardie afstande, met die kolletjie wat nie naastenby die hele kop toemaak nie. As die kolletjie op die bok se kop gehou word, kan jy nog gemaklik n groot deel van sy kop sien uitsteek op oor die 400m. Die v?rste wat ek beeste kon range was 634m.
Die enigste nadeel van die teleskoop is dat daar n klomp klein en baie fein draadjies sigbaar is in die scope by sy vertikale kruishaar, wat die LED liggies voer. Dit lyk soos n vo?ltjie se veer wat daar sit, en dit maak die deel sowat n millimeter aan elke kant van die vertikale kruishaar so bietjie dof, veral as jy oor die teiken beweeg. As jy daarby kan verby kyk, en al die ander voordele in ag neem, is hierdie n uitmintende stuk gereedskap vir n profesionele oes skut, sowel as n jagter wat net so nou en dan in die veld kom, en glad nie sy betrokke kaliber se trajek ken nie. Dit maak ook van kleilat soos n .308, n ongelooflikke langafstand kaliber wat baie akkuraat aangewend kan word oor n verskeidenheid afstande.

Hierdie teleskoop het die vermo? om n gemiddelde skut te laat lyk soos n pro in die jagveld, en veral op lang afstande, mits jy hom reg kalibreer wat baie eenvoedig en maklik is, en natuurlik jou kant bring om n goeie skoot aft e vuur.

Ek besef dat die puruste onder ons die aapstuipe sal kry net om daaraan te dink om so n scope te gebruik, sowel as die manne wat gewoond is aan die tipe van beeldkwaliteit van n Swarovski, maar alles in ag geneem, en as jy nie dwarssteek teen enige nuwerwetse tegnologiese vooruitgang, is hierdie n MASJIEN..!!!!

Sal ek een koop?
Hierdie toets model bly net hier, hy gaan nie weer terug winkel toe nie.


Ek glo met so bietjie speel en gewoont raak, kan hierdie n uitstekende scope wees vir jakkalse en ongediertes skiet in die nag. Veral vir ons manne wat nie so baie in die nag uitkom en afstande goed kan skat, sowel as vir die gebruik op kalibers wat nie so plat skiet nie. Die scope doen al die trajek skat werk vanself, en is ongelooflik akuraat daarmee soos gesien kan word uit hierdie toets. As ek net die liggie so bietjie dowwer kan stel in die nag, gaan hierdie beslis n wenner wees.

En al 3 skuts wat saam met my vandag die gonge geskiet het, het klaar vir hulle ook bestel, die een het sommer 2 gevat.


So lyk hy op my geweer. Ek erken dat toe ek hom op die rak gesien het in die winkel, hy maar vrek lelik was, maar op die geweer lyk hy nie te sleg nie

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator015.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/BurrisEliminator012.jpg

Pieter Vorster het gevra ek moet die fotos dokter.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Pille »

Baie dankie Geno!!

..jy kan nie dalk ook bankrekenings ook dokter nie? ;) :D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by BLOK »

Wens oom Piet vil vir ons n verslaggie soos die een kom skryf oor die nuwe Eliminator3
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

Ek wil nog Blok, gee net bietjie kans. Ek is tans besig met n hele paar toets scopes.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by 30-06 »

Hoe het die scope in die aand gedoen?
Ek het een maar as die lig effe min raak blur myne so op 'n 12 vergroting dat ek omtrent niks deur hom kan sien nie.
Die probleem is egter dat die compensator net op 12 vergroting werk.
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 358
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Ferdi Bam »

Hallo Almal,

My blootstelling met die Burris is maar n bietjie negatief. Het in die Vrystaat gaan jag(17 Junie 2011) saam met n persoon wat so Burris Eliminator op sy .243Win het. Die patrone gebruik, as ek reg kan onthou was gelaai met n 90gr Nosler met so n pers plastiese punt. Nadat ons klaar ge-oe en ge-aa het oor die tegnologiese pronkstuk is ons baan toe en het op kort afstand, 100m en 200m geskiet met die geweer en was toe oortuig dat die springbokke n probleem het. Ons is direk van die baan af veld toe.
Ons eerste springbok gekry en "gerange" op 334m, ek dink die koeël vlieg steeds. Die tweede springbok staan toe op 503m. Die sprinbok het nie eers opgekyk nie, en toe hy na die 2e skoot net voortgaan om te wei het die skut se moed hom begewe. Dit was laat middag en die wind het gaan lê. Perfekte toestande en alles in die skut se guns.
Die skut is n nederige en bedrewe persoon wat baie jag. Almal het n af-dag en dalk was die druk op hom om te raak te skiet met die toerusting te groot. Miskien het hy n berekeningsfout begaan en iewers n fout gemaak. Ek weet nie, die skut is tog 99% van tyd die probleem en nie die toerusting.

Ons het nie die toetse gedoen wat julle gedoen het nie maar die 3 skoot groeperings op die afstande was baie goed en ons was oortuig.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Capt. Yoda »

Nadat ek oom Piet se stukkie nou gelees het is ek dam self lus vir so Burris
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Thoei
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:11 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Thoei »

Hallo almal is daar dalk iemand wat my meer kan vertel van die Eliminator 3.En wat die verskil is tussen die Eliminator 3 en die Ballistic 3 wat in die Phillipyne gemaak word.

Groette Thoei
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by 30-06 »

Wat is die ondervinding van die manne wat die nuwe III reeks het.
Ek sukkel met myne se eye relief.
Dit voel vir my ongelooflik sensitief veral op die goter vergroting.
is dit ook julle ondervinding, sal graag wil hoor wat julle ondervind.
Griffel Fourie
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Mon May 13, 2013 3:34 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Griffel Fourie »

Ek sal ook wil weet want ek beplan om die scope op my nuwe HOWA 30-06 te sit.
Johan
Richardsbaai

Brno .22 LR Model 2
303Br No4 Mk2
CZ 550 Lux 6.5 x 55
Howa 30-06
Post Reply