Wie dra sy SD wapen elke dag?

User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by hencohugo »

More manne.

Ek het Maandag my Glock 19 gekry en dra hom nou die laaste twee dae in fobus holster. Hoe dra julle julle wapens, watter holster, waar, en met watse tiepe bedekking? In die winter gaan dit nie moeilik wees om hom weg te steek nie, maar hoe maak man in die somer?

Groete

Henco
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Beretta »

Altyd een op my enkel 9 mm short of 38 spec.
Beretta
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by the kid »

Henco, ek het ook 'n G19. dra hom elke dag, ek het oorspronklik 'n Fobus holster gebruik maar dit het nie, vir my gewerk nie. Ek gebruik nou 'n IWB holster van Geoff Carter. In die begin het dit snaaks gevoel, nou moet ek partymaal voel om seker te maak my pistool is nog daar. Die probleem wat ek wel met hom het, is dat as jy sweet, die sweet in die holster vasgevang word en het al paar roes merkies op my slide gekry.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Carl »

Ek volg. Myne is een van die dae by my en moet ook besluit.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
KC

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by KC »

Myne gaan maar saam as daar in JHB waar my seun bly baie hijacks voorkom of wanneer ek weer n slag deur n nie so lekker gebied gery het en sommer kaal gevoel het sonder n skietding.

Paar dae later bly hy weer agter in my kluis dan is alles mos weer vergete.

So n SD wapen is altyd in die pad en gewoonlik as ons ry dan is le hy maar hier by my op die vloer maar as ons uitklim dan is hy maar in vroulief se handsak. Nie seker of dit nou n dom of slim ding is. Vroulief is mos gewoond aan n vrag lipstiffies ronddra en n eksta kg behoort mos nie te pla ;)

Altyd n babatjie om op te pas.

Noudiedag met skemer n pap wiel gekry en mens voel maar net beter met jou SD wapen by jou.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by G-force »

Ek dra so daagliks.Glock 19 met IWB van Comptac.
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters017.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters025.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters024.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters023.jpg
Of met die OWB van Geoff Carter
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters015.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters021.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters020.jpg
http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Guns%20and%20Holsters%20etc/holsters019.jpg
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by the kid »

G-force, ek hou baie van daai iwb holster wat jy daar het. Ek dra my pistool in die 6 uur posisie, net omdat dit die gemaklikste is vir my werks toestande. op die foto lyk dit of die "pad"? op die holster 'n effense kurwe het? Sal hy in die holte van jou rug werk, of dink jy hy gaan ongemaklik wees?
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Pappabeer »

Na n paar gewapende probeerslae om my te beroof het ek n S&W bodyguard in .38 special aangeskaf. My Gerber E.Z out mes het my goed bygestaan maar mens kan nie daarop bargain dat jy altyd so gelukkig sal wees nie. Dra hom elke dag en nag. 80 persent in n binne holster wat hom versteek selfs as ek n kortbroek en T-shirt aan het en 20% in n broeksak. As ek opereer of narkose gee is hy in n klein moonbag tipe sakkie wat ek aan my sy dra met ander goodies nodig in die hospitaal.

N mens moet maar die besluit neem om die ekstra verandwoordelikheid te neem om daai ding elke dag te dra. Dus ook my besluit om te gaan vir die snubby. 5x .38 rondtes by my is beter as n .45 in die kluis.

Sonder om die thread te steel n ander vraag:

1. Wat maak julle met daai SD wapen as jy gaan slaap? Is bo op die bedkassie veilig? Onder die kussing?!?
2. As jy daagliks jou SD wapen dra hoe maak julle met alkohol gebruik? Kan jy n paar biere by jou plaaslikke watergat wegslaan met jou GAT aan jou sy? My persoonlikke beperking op myself is een drankie as ek n wapen aan my het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
KC

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by KC »

Pappabeer, ek stem saam met jou dis beter om daai 38 snubby by jou te dra.

Daar in die goeie ou dae toe het ek pal my vrou se snubby by my gedra en sy het my 357 MAG by die werk gehou.

So snubby is darem maar lekker lig en uit die pad uit.
Last edited by KC on Fri May 17, 2013 12:34 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by PWV »

the kid wrote: op die foto lyk dit of die "pad"? op die holster 'n effense kurwe het?
Pas by die kurwe van sy maag. ;) ;)
Last edited by PWV on Fri May 17, 2013 12:39 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by PWV »

Pappabeer wrote: Kan jy n paar biere by jou plaaslikke watergat wegslaan met jou GAT aan jou sy? My persoonlikke beperking op myself is een drankie as ek n wapen aan my het.
Beïnvloed nogal nie die vloei deur my slukderm nie. ::) ><)
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by G-force »

the kid wrote:G-force, ek hou baie van daai iwb holster wat jy daar het. Ek dra my pistool in die 6 uur posisie, net omdat dit die gemaklikste is vir my werks toestande. op die foto lyk dit of die "pad"? op die holster 'n effense kurwe het? Sal hy in die holte van jou rug werk, of dink jy hy gaan ongemaklik wees?
Hy sal werk daar maar n wapen in die holte van jou rug is die heel maklikste posisie om die wapen te kan vat by jou.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by hencohugo »

Waar kan n man die IWB holster koop?
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by G-force »

Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by hencohugo »

G-force wrote:http://www.hailstormza.com/
In Pta Oos.
Baie dankie G-force. Ek gaan vir my ook een kry.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by G-force »

Jy sal nie spyt wees nie.Dink hulle kos so R1000.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Carl »

Dankie lyk na die wiel vir Sannie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by BenG »

Ek dra my Glock ook elke dag. My vrou spot en vertel ek is liewer vir die "ding" as vir haar. Dan spot ek maar terug en antwoord dat die "ding" baie goedkoper is om te onderhou.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Johan Nel »

Pappabeer wrote:Na n paar gewapende probeerslae om my te beroof het ek n S&W bodyguard in .38 special aangeskaf. My Gerber E.Z out mes het my goed bygestaan maar mens kan nie daarop bargain dat jy altyd so gelukkig sal wees nie. Dra hom elke dag en nag. 80 persent in n binne holster wat hom versteek selfs as ek n kortbroek en T-shirt aan het en 20% in n broeksak. As ek opereer of narkose gee is hy in n klein moonbag tipe sakkie wat ek aan my sy dra met ander goodies nodig in die hospitaal.
Pappabeer,
Kan jy dalk bietjie meer uitbrei oor die binne holster waarna jy hier verwys. Die dra van die wapen met 'n kortbroek, is dit 'n kortbroek met belt of sommer met 'n gewone "rugby broek' tipe met rek?

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by grumpy »

Watter tipe holster vir Remmington 45?
Skaaphaas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Feb 20, 2012 1:20 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Skaaphaas »

G-force wrote:
the kid wrote:G-force, ek hou baie van daai iwb holster wat jy daar het. Ek dra my pistool in die 6 uur posisie, net omdat dit die gemaklikste is vir my werks toestande. op die foto lyk dit of die "pad"? op die holster 'n effense kurwe het? Sal hy in die holte van jou rug werk, of dink jy hy gaan ongemaklik wees?
Hy sal werk daar maar n wapen in die holte van jou rug is die heel maklikste posisie om die wapen te kan vat by jou.
Jip, en as jy op jou rug val breek hy die lae-rug se werwels.

Ek dra my pistool in daai selfde IWB MTAC holster soos G-Force, formele klere met 'n das en als wat daarmee saamgaan. Sover weet niemand by die werk daarvan nie.
User avatar
Gregvzyl
Full Member
Full Member
Posts: 188
Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Gregvzyl »

Glock 19 in 'n Geoff Carter "Multi Carry" holster. OWB met twee spaar magasyne ook OWB. Ek dress nou maar net in lekker los klere om in die somer nie te print nie. Nou in die kouer maande is dit darem baie makliker om OWB te dra.

Ek gaan nerns waar ek nie mag dra nie. Selfs day to day, in en om die huis is sy altyd naby genoeg om my gesin te beskerm.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Pappabeer »

Johan Nel wrote:
Pappabeer wrote:Na n paar gewapende probeerslae om my te beroof het ek n S&W bodyguard in .38 special aangeskaf. My Gerber E.Z out mes het my goed bygestaan maar mens kan nie daarop bargain dat jy altyd so gelukkig sal wees nie. Dra hom elke dag en nag. 80 persent in n binne holster wat hom versteek selfs as ek n kortbroek en T-shirt aan het en 20% in n broeksak. As ek opereer of narkose gee is hy in n klein moonbag tipe sakkie wat ek aan my sy dra met ander goodies nodig in die hospitaal.
Pappabeer,
Kan jy dalk bietjie meer uitbrei oor die binne holster waarna jy hier verwys. Die dra van die wapen met 'n kortbroek, is dit 'n kortbroek met belt of sommer met 'n gewone "rugby broek' tipe met rek?

Groete,
JHN

Johan,

Ek het twee binne holsters. Die een is n El Paso canvas holster. Hy is bietjie bulky maar versteek die profiel van die rewolwer baie goed. Ek gebruik hom meestal. Die ander is n dun suede leer slip holster. Minder bulky maar rewolwer bietjie meer uit. Altwee werk met n standaard Jeep etc tipe kortbroek met n band plus of minus die beld. Een of twee van my broeke se sakke is diep genoeg, dan het ek n knoopsgat tipe sny in die binne kant van die regter sak gesny waaraan ek dan die dun leer holsterjie knip. Ek hou daarvan om so te loop as dinge nie lekker lyk nie want dan kan jy rustig met jou hande in jou sakke drentel en met jou hand op die wapen.

Groetnis
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by Problem Animal Control »

More

Hel dis lekker om weer hier op die forum iets te se. Ek dra my 38spl Luger altyd behalwe as ek werk,die manne wat my ontmoet het weet dit. Ek het die vier duim loop maar dra hom in n snubby holster,die loop steek dus onder uit. Maak hom net toe met my hemp as ek tussen baie mense beweeg anders sit hy oop. Dank Vader ek het hom nog nooit nodig gekry nie. Hy is altyd naby anders voel dit heeltyd of ek iets kort of kaalgat is.

Groette

PAC
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Wie dra sy SD wapen elke dag?

Post by johans »

ek dra n .22 magnum rewolwer 24/7 by my,weet dis nie die beste vir sd nie maar wat versteekbaarheid en gewig betref is daar nie beter nie.maar n wapen in n handsak dra se ek is net moeilikheid
Post Reply