trek my skote !!!!
-
Worsman
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon May 10, 2010 8:10 am
trek my skote !!!!
Hi Almal
Hoop julle kan my bietjie raad gee, ek het vandag weer gaan skiet (308 Winchester 150g pmp punte selflaai) ek het my teleskoop op 25 m ingestel en tref die bull geen probleem (dis mos nou nie eintlik 'n kuns nie) toe gaan ek 100m toe nou skiet ek hoog ( wat mos ook reg is want hy 0 mos nou weer by +- 200m ) MAAR ek trek 90% van al my skote meestal regs. Ek het bietjie links gestel maar die probleem is ek dink ek doen iets verkeerd.
As ek die kruishaar op die tyken het en besluit om die sneller te trek is dit asof ek dit te haastig wil doen (net die skoot agter die rug kry) het enige iemand enige voorstelle wat ek kan doen om die probleem uit te sorteer ?
groete Worsman

- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: trek my skote !!!!
Laat iemand saam met jou skietbaan toe gaan, en laat hulle die geweer laai, en af en toe nie 'n patroon insit nie, dws, dat jy dry-fire, so sal jy leer dat die skoot jou elke keer verras, dat jy dit nie antisipeer nie. Hoop dit werk.
Groete,
Eugene
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: trek my skote !!!!
Another way to determine a problem is to set up a video camera at a slight angle,from above & behind yourself, zoom into he rifle from the trigger hand to the end of the barrel. All things being equal, there is no better way to train muscle memory for good trigger control than dry firing.
Good luck,
Mac
Good luck,
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Worsman
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon May 10, 2010 8:10 am
Re: trek my skote !!!!
ja dankie julle ek sal probeer ek het ook gehoor jy moet 'n R5 munt plat op jou scope sit en dan die skoot droog trek, sonder dat die munt val of skuif dan leer jy om jou geweer stil te hou
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: trek my skote !!!!
Dit klink vir my al asof jy 'n probleem het met "flinch" Net een manier om dit reg te kry.
Kry vir jou 'n solid rest. Sit baie gemaklik agter die geweer. Nou begin jy eers met jou asemhalings tempo oefen. Stadig in en uit. as jy jou vinger op die sneller sit moenie jerk of trek of niks nie. Squeeze die sneller baie stadig en ek bedoel baie stadig dat die kruishaar die heletyd op dieselfde plek sit. Hou jou oog oop.Die skoot sal loop sonder dat jy dit verwag. Oefen dit so met so 20 skote op die skietbaan 5 min uit mekaar uit. Doen so vir 5 weke na mekaar. Jou flinch behoort weg te wees en jou muscle memory behoort van so aard te wees dat jy nie meer die skoot trek nie.

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

Danie Lombard .243
Re: trek my skote !!!!
Hallo ou Wors.
Jy is regs en skiet regs skouer en hand. Waar? Jy doen wat die skiet ouens noem flinch.Moontlik doen jy die volgende. Het dit al by baie skuts gesien. Net voor die skoot loop maak jy jou oe toe, trek jou skouers op en sak/trek jou nek in so half of jy skrikerig is vir die skoot en skop en klap wat gaan kom. By party flinchers gaan die skoot soms links, maar oor die algemeen strek die ouens wat regs skiet die skoot ook regs. Die R5 munt op die scope tegniek kan werk maar jy moet ook in ag neem dat as jy dit doen weet jy die wapen gaan dry fire en jy weet die roer gaan nie klap en raas en skop nie. Dus sal jy elke keer die perfekte skoot trek met die dry fire. Maak die geweer rooi en jy flinch weer soos voorheen.
Die korrekte manier van skiet is jy mag nie en moenie jou oog toemaak as jy skiet nie. Deurvolg is net so belangrik vir akkuraat skiet. R4 diens skiet het my mooi geleer van deurvolg. Daai yster se sneller kreep vreeslik. Deurvolg? Wat dit beteken is jy mag nooit die sneller vinnig pluk en dan weer skeilik los na die skoot geloop het nie, en as die skoot geloop het moet jou finger steeds op die sneller druk met dieselfde drukking as wat jy die sneller toegedien het toe jy die sneller gedruk het vir die skoot om te loop. Jou oog moet oop bly tydens die skoot, jy kyk steeds vir jou teiekn en jy sien hoe jou patroon die teiken/bok/jakkals tref terwyl jy jou sneller vinger steeds op die sneller hou in die druk skiet houding. Jou vinger mag nie van die sneller af gepluk word as die skoot loop nie. Gaan oefen gerus sneller deur volg met 'n semi auto pistool. Le aan, alle fokus op die teiken en visier. Die voorste visier moet in fokus wees, die teiken kan effens uit fokus wees. Moet nie oog knip as die skoot loop nie. Druk die sneller liggies met die voorste voorpunt van finger. As die skoot geloop het het moet jou vinger steeds die sneller in hou. As jy dit reg gedoen het moet jy na die skoot die sneller stadig los tot jy hoor hoe "CLICK" die sneller meganisme vir die volgende skoot. Nou kan jy eers weer voorberei vir die volgende skoot. Sneller deurvolg is baie belangrik asook die oop hou van die mik oog.
Oefen gereeld met die geweer oor die bench en le klem op groepeering skiet. Oefen met 'n .22 geweertjie. As jy met 'n .22 kan groepeer dan kan jy skiet. Omdat 'n .22 rantslag patroon 2 tot 3 keer stadiger is as bv. 'n .308 of .270 moet jy dus die .22 geweer 2 tot 3 keer stiller en meer stewig vashou en stilhou as jy skiet. Die patroon spandeer dus 2 tot 3 keer langer tyd in die loop. Ook baie goedkoper as oefen met 'n senterslag.
Hoop jy kom reg.
Groetnis
Danie

waw Jagtersdok
dis die beste raad sover baie dankie ek gaan defnitief so maak ek is net bietjie bekommerd as ek skote van 200m moet vat op springbok dat ek bietjie ver uit die doodmaak kol gaan wees en kwes wil ek beslis nie !!!
dis die beste raad sover baie dankie ek gaan defnitief so maak ek is net bietjie bekommerd as ek skote van 200m moet vat op springbok dat ek bietjie ver uit die doodmaak kol gaan wees en kwes wil ek beslis nie !!!
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: trek my skote !!!!
As jy nie Flinch nie is die kans bitter skraal om met bladskoot te kwes as die roer reg is
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: trek my skote !!!!
Worsman
Al die raad hier bo is goeie raad wat jy gerus kan volg. 'n ander stukkie raad wat ek jou kan gee om die korrekte sneller druk (don't pullstart the gun) toe te pas is om 'n dop in jou geweer te sit en le in die huis voor 'n spieel en kyk deur die teleskoop op die kleinste vergroting na jouself en druk dan die sneller deur te konsentreer op die loop. (hou bv die kruis op die loop en kyk wat gebeur as jy die sneller druk). Die 50c kan jy op die loop ballanseer vir verdere toetsing van stil aftrek. Indien jy 'n .22 het kan jy eers daarmee oefen en dan oorgaan na die groter geweer. 'n .22 help baie om flinch te oorbrug maar is dit oefen -oefen en meer oefen.
Verder moet jy ook onthou dat indien 'n geweer op 25m ingestel word kan dit maklik gebeur dat jy lings of regs of bo of onder skiet. 'n fout op 25 vergroot 4 x op 100. So stel maar jou geweer in op 100, so 2" hoog. 'n vriend van my is gevra hoekom hy sy geweer op 200m instel en sy antwoord was omdat hy kan!!!
Indien die omstandighede gunstig is is dit nie sleg om ook op 200m die geweer te toets nie, maar moet jy eers vertroue in jou geweer en eie vermoe" kry.
Groete en ek hoop jy kom vinnig reg.
Heinrich
Al die raad hier bo is goeie raad wat jy gerus kan volg. 'n ander stukkie raad wat ek jou kan gee om die korrekte sneller druk (don't pullstart the gun) toe te pas is om 'n dop in jou geweer te sit en le in die huis voor 'n spieel en kyk deur die teleskoop op die kleinste vergroting na jouself en druk dan die sneller deur te konsentreer op die loop. (hou bv die kruis op die loop en kyk wat gebeur as jy die sneller druk). Die 50c kan jy op die loop ballanseer vir verdere toetsing van stil aftrek. Indien jy 'n .22 het kan jy eers daarmee oefen en dan oorgaan na die groter geweer. 'n .22 help baie om flinch te oorbrug maar is dit oefen -oefen en meer oefen.
Verder moet jy ook onthou dat indien 'n geweer op 25m ingestel word kan dit maklik gebeur dat jy lings of regs of bo of onder skiet. 'n fout op 25 vergroot 4 x op 100. So stel maar jou geweer in op 100, so 2" hoog. 'n vriend van my is gevra hoekom hy sy geweer op 200m instel en sy antwoord was omdat hy kan!!!
Groete en ek hoop jy kom vinnig reg.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: trek my skote !!!!
Worsman, baie jare gelede toe ek sommer nog 'n laerskool seuntjie was het een van ons bure 'n nuwe Musgrave 30-06 gekry en na 'n bobbejaan skiet moes almal toe voel hoe skiet sy nuwe geweer. Ek het ook 'n beurt gekry, maar die kolf was hopeloos te lank vir my, so toe knyp ek hom maar onder die kieliebak vas soos ek gewoond is met die .22. My skoot was raak, maar die gevolg was 'n bloedneus. Gelukkig was dit voor die teleskoop era. Daarna het ek vir baie jare met dieselfde probleem as jy geworstel. Dis onbewustelik, maar net voordat jy die sneller trek maak jy jouself reg vir die skop, knyp dalk nog jou o? ook toe op daardie oomblik.(flinch) Vandag het ek dit oorkom en skiet my 375 met gemak. Hier is my raad, want dit het vir my gewerk. Kry vir jou ten minste 200 patrone en gaan skietbaan toe. Vergeet van raakskiet. Trek net die skoot beheerst af, in die rigting van die skietwal natuurlik. Later raak jy gewoond aan die gevoel en jou lyf raak gewoond aan die skop, sonder die onbewuste bangwees. Dan kan jy dit verder vat met iemand anders wat die geweer laai en jy mag nie weet of daar wel n patroon in is of nie. Baie skote is al wat werk. Jy moet jouself basies leer dat die skop nie sal seermaak nie en baie belangrik, sit oorklappe op. Dit help baie. Sterkte KL.
Winners never quit - Quitters never win.
-
Worsman
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon May 10, 2010 8:10 am
Re: trek my skote !!!!
Kruger
Jy is heeltemal reg my pa het my op 'n jong ouderdom met sy 30-06 laat skiet waarvan die eerste 2 patrone 220g punte was (was vir hom moerse snaaks). My 2 ling broer het weer met sy 303 geskiet wat mos nou nie so erg skop nie en die sneller het ook 'n geweldige lang trek (so hy weet nooit wanneer die skoot loop nie) en hy skiet weer baie goed want hy flinch nie soos ek nie.
ai die lewe darem !!!!

dankie ek sal jou raad folg.

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: trek my skote !!!!
Kruger, waar bly jy? Ek sal jou graag wil help met skietafrigting, en jou die regte dinge leer.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: trek my skote !!!!
Piet
Baie dankie vir jou aanbod. Ek bly op Jansenville, maar ek kom darm so effens reg. Worsman is die ou wat gevra het vir hulp, maar indien jy hierdie ou hond nuwe truuks kan leer is ek in.
Groete
KL
Baie dankie vir jou aanbod. Ek bly op Jansenville, maar ek kom darm so effens reg. Worsman is die ou wat gevra het vir hulp, maar indien jy hierdie ou hond nuwe truuks kan leer is ek in.
Groete
KL
Winners never quit - Quitters never win.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: trek my skote !!!!
Askuus Kruger, nie reg gekyk.Kruger wrote: Piet
Baie dankie vir jou aanbod. Ek bly op Jansenville, maar ek kom darm so effens reg. Worsman is die ou wat gevra het vir hulp, maar indien jy hierdie ou hond nuwe truuks kan leer is ek in.
Groete
KL
Ek bly op Delmas, so dit gaan maar neuk.
Worsman, waar bly jy?
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: trek my skote !!!!
Stel jou scope links, dan is jou probleem uitgesort! 
-
jmb
Re: trek my skote !!!!
Net 'n ander vraag aan die kenners. Hoe groot is die effek van snellerdruk? Ek neem aan dat 'n sneller wat te swaar is ook jou skote na regs gaan trek.Wat dink julle is 'n goeie gewig vir 'n gewone jaggeweer se sneller. Ek het een geweer wat my bietjie probleme gee tans. Dit het 'n sogenaamde " set trigger". Die probleem is die ding gaan vir my te swaar af met die gewone sneller en die "set" is so verbrands lig dat dit vir my voel my vinger is nog oppad sneller toe dan loop die skoot al.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: trek my skote !!!!
ja, ek voel maar altyd vir n sneller druk wat so min as moontlik.
wors jy kry goeie raad hier, al wat ek kan byvoeg is: jy se "wanneer ek besluit ek trek die sneller" elke ou soen maar sy vrou op sy manier. ek voel wanneer jy besluit jy trek die sneller en wanneer die sneller af gaan is nie noodwendig op dieselde tyd nie. jy moet so op jou teiken en kruishaar konsentreer nadat jy besluit het om die sneller te trek dat wanneer die skoot uiteindelik afgaan dit soortvan n "verrasing" moet wees. die trek van die sneller is dus n uitgerekte aksie eder as n onmiddelikke handeling. probeer ook om nie op jou sneller vinger te konsentreer nie maar eerder soort van te voel hoe jou hele hand toe maak, amper soos wanneer jy n vuis maak. die meeste druk bly natuurlik nog op die sneller vinger maar probeer so bietjie die aandag daar versprei. dit behoort te help met die flinching.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: trek my skote !!!!
Sneller click....
http://westernrifleshooters.blogspot.co ... rt-iv.html
Asemhaling click....
http://westernrifleshooters.blogspot.co ... -part.html
http://westernrifleshooters.blogspot.co ... rt-iv.html
Asemhaling click....
http://westernrifleshooters.blogspot.co ... -part.html
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4600
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: trek my skote !!!!
n ander ding wat ek handig vind is dat al my gewere se sneller druk is op dieselfde gestel is
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: trek my skote !!!!
Eks jammer vir die laat wakkerskrik, maar het nou eers hierdie post gelees. As Worsman reggekom het intussen, is ek bly vir sy part.
Wat was die groepering wat jy regs geskiet het? Dit sal ons 'n idee gee of jy flinch en of jy net die sneller trek.
Alle raad hierbo is 100% reg (behalwe natuurlik die tong in die kies iceman1982)
As jy weet jou roer is reg, dws alle skroewe en boute behoorlik ge"torque", loop het geen drukpunte nie of is behoorlik gepak, teleskoop se basisse behoorlik gesentreer en alles mooi vasgedraai, dan begin jy na my mening heel 1ste met jou sneller druk. Ek glo dat 'n man se tools eers moet reg wees voordat jy leer hoe om hulle effektief aan te wend
As jou geweer 'n verstelbare sneller het, stel hom so fyn as moontlik MAAR NOG ALTYD VEILIG/u]/b]
Dit beteken dat as jy hom hard stamp of herhaaldelik vinnig en hard oorhaal, die sneller nie vanself moet breek nie. My jaggewere se snellers breek almal op 700 gram (so 1.5 lbs). Ek het oor die jare gevind dat dit - 'n sneller wat lig en skoon breek, die grootste bydrae maak vir meer akkurate skote (gegewe dat die ander faktore ook in plek is)
Ouer veral milit?re snellers is nie almal verstelbaar nie, maar hulle kan gepoleer raak en dus gladder breek.
Hierna kan jy die oefeninge soos deur die manne hierbo genoem doen.
Jy moet verras wees as die skoot afgaan - nie skrik nie

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: trek my skote !!!!
Worsman
Ook laat wakker geskrik, probeer as jy jou duim i.p.v oor die kolf sit op die kolf te sit sodat hy omtrend agter op die slagpen drok.Dit maak dat jy die sneller nie trek nie maar druk

.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- blikkies
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Tue Jul 27, 2010 11:57 am
Re: trek my skote !!!!
dag se worsman
Die ander raad wat ek jou kan gee is sit vir jou 'n silencer op, want soos dit vir my klink skrik jy so bietjie vir die terug skop slag(moenie worry nie was in selfde delema). Dan kyk mooi dat jy nie met jou punt van jou vinger die sneller druk nie, probeer hom maar altyd bietjie dieper oor jou sneller sit.
groete
blikkies

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: trek my skote !!!!
Oom Faan, wat jy hier se maak nou vir my nogals sin.fanie17 wrote:
Worsman
Ook laat wakker geskrik, probeer as jy jou duim i.p.v oor die kolf sit op die kolf te sit sodat hy omtrend agter op die slagpen drok.Dit maak dat jy die sneller nie trek nie maar druk
Het dit nog nooit probeer nie maar hier waar ek nou in my kantoorstoel sit en die affere bekyk en betoets lyk dit of dit nogals gan werk.
Dankie! Iets om te probeer!
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: trek my skote !!!!
Manne,
As die trek skote bietjie regs val, mik net bietjie meer links
Raves

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Worsman
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon May 10, 2010 8:10 am
Re: trek my skote !!!!
Baie dankie aan almal wat my raad gegee het ! Maar ek moet nou bieg hulle se mos altyd dis die moer agter die roer waar die fout le 
ha maar die keer was hulle verkeerd ek het met self gelaaide amunisie (lapau doppe met nozles punte) geskiet en kry toe nie die geweer dat hy groepeer nie.
dis 'n 308 Winchester fetherlight so almal se jy kan 'n halwe baksteen in die loop afgooi en hy sal skiet.
Wel 'n hele paar rande later en baie moedeloos luister ek toe vir my broer wat van dag een af vir my se kry vir jou die man op die perd (gekoopde winchester patrone)
wel sidaar daar skiet my geweertjie darem sommer nou netjies man al moet ek nou self so se het Julie 2010 3 mooi springbokkies gaan skiet in Victoria Wes.
groete
ou Worsman