7x64 vs 30-06

Post Reply
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

7x64 vs 30-06

Post by JHS »

More almal ek het nou al I paar lekker topics gelees van 270 vs 7x64 en 6.5x55. En daai klas kalibers. Nou ek wil graag weet watse gewees is tussen I 30 en 243. Wat wetiglik I eland kan skiet en vir vlakte jag kan gebruik raak. Hoe minder recoil hoe beter. Met die hoor ek toe dat iemand se die 7x64 en 30-0f is die selfde kaliber en is ballisities dieselfde op 160 gr. En dat die verskil yntlik maar net is die een is die Amerikaanse veergawe en die ander die europese. Weet iemand of dit waar is?
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Danie01 »

7x64 en .280 nie 30-06 nie. Die 7x64 is 7mm en 30-06 'n 7.56mm (of is dit nou 7.65??). Die dop kapasiteit is wel naby aan mekaar en ja albei kan gebruik word vir vlaktejag en om eland mee te skiet, maar dis nie dieselfde kalibers nie. Ballisties kan 7x64 wel dieselfde of baie na aan dieselfde wees as die .280.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by DWB »

.30 = 7.62
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by FCLoretz »

JHS, die 7x64 en 30-06 is ballisties naby aan mekaar. Maar dit is nie dieselfde nie.

As jy 'n geweer soek met min terugskop en effektiewe doodmaak vermoe is daar 'n hele reeks waarna jy kan kyk. 7x57 is ook 'n goeie opsie, veral vir kinders en vrouens. Met premium koeels en die regte skoot plasing sal enige eland onder die kaliber val.

Maar die 30-06 en 7x64 is net so effektief.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by tripodmvr »

Koeëldeursnee is 7,21mm op 7x64 en 7,82mm op .30 kalibers. Die .30 kalibers het dus groter frontale area maar met dieselfde gewig koeëls het die 7mm 'n penetrasie voordeel weens hoër SD - BC op 7mm is ook gewoonlik hoër - vêr skiet.

Prakties is hulle bymekaar. My 7x64 se terugslag is mak en hy werk in die jagveld. Het nou vir 2 jaar 'n 30-06 en kan hom ook nie fouteer as dit by doodmaak kom nie. My Duitse bloed roep maar vir die Europese kalibers en daarom my liefde vir die 7mm kalibers.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Riaan Beeslaar »

JHS
Kry vir jou 'n 30-06 en word deel van ons bende
Groete
Riaan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by tau »

7x64 is 'n 7mm dus is hy beter. :) :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Christo »

tau wrote:7x64 is 'n 7mm dus is hy beter. :) :)

7x64, net omdat almal 30-06'e het ;D . wees anders
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Christo »

Christo wrote:
tau wrote:7x64 is 'n 7mm dus is hy beter. :) :)

7x64, net omdat almal 30-06'e het ;D . wees anders

Vergeet om te se^ ek het ook een. Vrek oor hom. Met 'n hele kluis vol gewere is hy steeds die meeste in die hand as ek jag.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by mariusr »

Alby lekker kalibers maar die 30 06 het die voordeel om swaarder punte te skiet en jou keuse sal afhang waar jy meeste gaan jag!
JHS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sat Apr 14, 2012 3:24 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by JHS »

Dankie vir die raad sover
So as ek dit reg vertsaan gaan hulle omtrent die selfde spoed wees en die selfde trajek he se by 160 grein maar die die 30-06 het bietjie meer slaankrag??is dit so.
Ps Wat is die minumun vereistes om I eland te jag mimumum grein??
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Lourens Potgieter »

Stefan het mooi Eland geskiet met sy 7x64 as ek dit reg het???
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by tripodmvr »

Ek het 'n jong elandbul met 'n 150gr in my 30-06 geskiet. Ek sal die streep hier trek vir die 7x64 en die 30-06. Behoorlike penetrasie om by die hart en longe uit te kom.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Christo »

tripodmvr wrote:Ek het 'n jong elandbul met 'n 150gr in my 30-06 geskiet. Ek sal die streep hier trek vir die 7x64 en die 30-06. Behoorlike penetrasie om by die hart en longe uit te kom.

Sele hier maar net 7x64. Barnes X, sal nie sommer ander koeel gebruik daarvoor nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Riaan Beeslaar »

Ek gebruik 180gr in my 30-06 vir eland met baie goeie resultate, maar bietjie skrikkerig vir ligter punte op eland en bwb.
Stem saam Christo oor die barnes.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by mariusr »

Ek gebruik ook net 180gr Rhino solid shank in die 30 06 op die groot bokke met groot sukses!liewers safe than sorry!
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Cobus Wessels »

Interessant hoe tyd dinge verander.
Ek kom nou op hierdie draad af.

Ek gaan eers my geliefde Tikka 30-06 bietjie laat rus want ek dink 'n veel goedkoper geweer gaan nou die middelveld beman in my beginspan. 'n Baie meer onverfynde Zastava 7x64 gaan hom uit die span hou. Die rede? Iets wat hoegenaamd nie ter sake was in die tyd toe hierdie draad bespreek is nie - groefdraai.

Die Amerikaanse (of meer spesifiek Kalifornië) se propagandamasjien het almal nou wêreldwyd op loop met mono koeëls. Die pes is dat baie gewere en sommige kalibers net vir 'n ander tipe koeël ontwikkel is.

Meeste van my 30 kalibers is 'n 11 of 11.5 groefdraai (een 308 is 'n 10).

Ek hou van soek na die ouwêreldse kwaliteite in gewere maar wil darem ook die mono koeëls 'n goeie kans gee. Die Amerikaanse manie maak nie altyd melding daarvan dat hulle lope kan koop soos ons knaldempers kan bekom nie (en omgekeerd). Dus is baie van ons op fabriekslope aangewys.

Dit is die mooi van die Zastava 7x64. Standaard groefdraai is ongeveer 8.66. Ek dink nie baie fabriekslope in 3006 is vinniger as 10 nie.

Dus kan ek nou ook van Peregrine se koeëls sinvol begin laai. Ek het voorheen al baie 30 koeëls weggeskiet in 'n poging om dit te maak werk want hulle is letterlik 3km van my af.

Op die nuwe jaar en 'n nuwe reis met 'n nuwe (vir my) kaliber....


Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Nico Harris »

Meeste .30 cal se twist is 1in10”. Met dit kan jy tot 220gr jag koeëls skiet. Ek weet van enkele gevalle waar .308cal gewere 1in11” twist het- bv- ou bisley gewere wat gebou is vir 155gr koeël gewig en sako’s en tikkas.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Arnold »

Die Tikka het mos n 11 twist, onthou ;)

Dit gesê skiet ek 165gr mono teen n heel skaflike spoed uit my 30-06 Tikka

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Cobus Wessels »

Tikka 11, Sako 11, Sabatti 11, Merkel 11. Ek dink Blaser ook want Merkel maak hulle lope.

Nie lank terug nie was die gesprekke baie oor sectional density - nou is dit BC.

My verstaan is dat BC eintlik na 400m begin tel. SD tel natuurlik altyd.

Iedere geval net interessant hoe die klem verskuif het. En hoekom.

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by tripodmvr »

Cobus, jy moet egter onthou dat met mono koeëls jy met ligter (korter) gewigte dieselfde of beter penetrasie kry en dus nie die swaarder gewigte hoef te gebruik nie. Die hoër spoed help ook dat die monos beter oopmaak om meer effektief te dood. My mono jagkoeëls in beide 7x64 en 30-06 is in die 140-155 gewigsklas en het my nog nie in die steek gelaat nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Cobus Wessels »

Driepoot jy is natuurlik reg.

Dit bring my by 'n ander onderwerp wat deesdae maar bietjie op die agtergrond geskuif is nl, terminale ballistiek.

Hoë snelheid dra hoë energie. Ideaal moet energie afgegee word.
Die ou debat van deur en deur vs net onderkant die oorkantste vel. Volledige afgif van 'n hoë spoed projektiel is gewoonlik morsig.

Tydelike en permanente kaviteit en hidrostatiese skok.

Ek is hoegenaamd nie anti mono's nie. Ek het net opgemerk hoe die gesprekke oor die jare verander het.

Sterkte vir die dag

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Capt. Yoda »

Ongelukkig het jy spoed nodig met monos anders jag jy met solids so ek dink nie mens moet jou te veel bekommer of jou 30.06 n 10 of 11 twist loop het nie, my WM ek 308 het 11 twists en self die 308 skiet nog tot n 200gr Hybrid baie mooi hier in die Transvaal, my 10 twist 30.06 skiet alles tot lekker lang 215gr Hybrids sonder om te kla.

Ek het oor die laaste jaar of 3 my siening in die bosveld bq verander veral as jy bwb in groot troppe jag en daar soek ek n koel wat verkielsik 2 gate maak maar dit sal n 180/200gr cup core in 30.06 wees of n lekker groot Aframe/SBC in 375. Vlaktes waar ek van n bakkie of stoel af skiet soek ek n vinnige eld in 6mm of n amax in n WM.

Beste resultate vir my met Monos was 168gr GMX in 30.06 en 155gr TTSX en Krieke in 308 het ook lekker gewerk op blou en swart beeste maar ek het nie lank met Monos gespeel nie toes ek terug lang swaar koele toe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: 7x64 vs 30-06

Post by Cobus Wessels »

Kaptein

Ek het reg aan die begin baie GS koeëls geskiet. Ek het ironies genoeg toe weer naby aan sy winkel gewoon. Met die tyd het ek alle variante van monos probeer soos hulle beskikbaar geword het. Ek gebruik byvoorbeeld nou net mono's in my 30-30.
Vir bosveld jag hou ek ook baie van Peregrine se bosveld punte. Jy kan maar van 20m tot 150m meter skiet. Hulle werk net.
Ek vol egter of ek amper volsirkel gekom het. Ek koop nou Mega's, Oryx en Interbond wanneer ek hulle raakloop. Selfs die verdwaalde Partition hier en daar. Almal laai so maklik en werk voorspelbaar.

Genoeg van my outydse denke - groei en nuwe tegnologie is belangrik vir ontwikkeling.




Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Post Reply