Het op meeste van my vuurwapens die Lynx tipe monterings wat volgens my sovêr baie stabiel was en waarvan die skroewe vas bly.
Op my 223 Howa is Leupold basis en ringe aangebring. Die' geweer het tot op hede nie sleg of uiters goed geskiet nie. Ek koop toe 'n nuwe teleskoop by Huntex en wil die toe op my 223 sit. Met die afhaal van die ringe kom ek toe agter dat die twee laterale skroew vir die belyninge van die teleskoop, glad nie vas is nie. Vir die van julle wat sulke ringe en basisse het is my vraag nou of dit so is dat die skroewe loskom, of is dit maar net dat hulle nooit behoorlik vasgedraai is deur die persoon wat die teleskoop monteer het nie. As dit laasgenoemde is sal ek dan verseker kan weet dat ek hulle nou vasgemaak het en hopelik die Howa akkuraatheid kan beleef.
Leupold monterings : stabiliteit
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Leupold monterings : stabiliteit
Oom 3poot,
Kan oom nie spesifiek antwoord op oom se vraag nie, gebruik self lynx tipe ringe en basisse. Het wel my 375 gekoop met leupold scope en ringe, hy skiet nog mooi so neem aan hulle is vas.
Laat weet bietjie hoe daai howa skiet nou dat die ringe vas is.
Groete
JP
Kan oom nie spesifiek antwoord op oom se vraag nie, gebruik self lynx tipe ringe en basisse. Het wel my 375 gekoop met leupold scope en ringe, hy skiet nog mooi so neem aan hulle is vas.
Laat weet bietjie hoe daai howa skiet nou dat die ringe vas is.
Groete
JP
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Leupold monterings : stabiliteit
Dankie JPS, sal die komende naweek kyk.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Leupold monterings : stabiliteit
tripodmvr,ek het daai leupold stel op my Remington 7mm08 gehad. het nooit wafferse konstantheid met hulle ervaar nie. As ek lank pad gery het met die geweer moes ek elke keer die geweer weer instel, gewoonlik 'n wind verstelling gewees. Selfs 'n stamperige rit op 'n lorrie die berg in tydens 'n veldskiet het veroorsaak dat hy 3 duim regs skiet op 250m.
Ek het daai twee agterste skroewe mooi beloer - dis maar 'n klein stukkie van die skroefkop wat al die vashou werk doen. Het die stelsel uiteindelik vervang met 'n Picatinni spoor en leupold se "Tacttical" ringe. Geweer skiet nou reg.
Dis seker nie wat jy wou hoor nie, jammer, maar dis my mening.
Het nie meer daai wind skuif probleem nie
Ek het daai twee agterste skroewe mooi beloer - dis maar 'n klein stukkie van die skroefkop wat al die vashou werk doen. Het die stelsel uiteindelik vervang met 'n Picatinni spoor en leupold se "Tacttical" ringe. Geweer skiet nou reg.
Dis seker nie wat jy wou hoor nie, jammer, maar dis my mening.
Het nie meer daai wind skuif probleem nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Leupold monterings : stabiliteit
Dankie vir jou antwoord. Lyk op die oog af asof dit behoort te werk. Self ook getwyfel oor die klein drukpunt en daarom my plaas van die vraag. Sal kyk hoe hulle nou vaar en my oog hou op die skroewe vir hul vastheid.THOMAST wrote:tripodmvr,ek het daai leupold stel op my Remington 7mm08 gehad. het nooit wafferse konstantheid met hulle ervaar nie. As ek lank pad gery het met die geweer moes ek elke keer die geweer weer instel, gewoonlik 'n wind verstelling gewees. Selfs 'n stamperige rit op 'n lorrie die berg in tydens 'n veldskiet het veroorsaak dat hy 3 duim regs skiet op 250m.
Ek het daai twee agterste skroewe mooi beloer - dis maar 'n klein stukkie van die skroefkop wat al die vashou werk doen. Het die stelsel uiteindelik vervang met 'n Picatinni spoor en leupold se "Tacttical" ringe. Geweer skiet nou reg.
Dis seker nie wat jy wou hoor nie, jammer, maar dis my mening.
Het nie meer daai wind skuif probleem nie
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Leupold monterings : stabiliteit
Lynx tipe monterings? Vir 223 miskien, maar groter?
Nie op my gewere nie. Die 'stud' kraak en jy sukkel jou as af om die fout te vind.
Daar is beter op die mark.
Nie op my gewere nie. Die 'stud' kraak en jy sukkel jou as af om die fout te vind.
Daar is beter op die mark.
