middag
ek hou al 6 maande n rooikat aan met n groot voorkeer vir my dorperlammers.het gisteraand besluit om weereens n draai te gaan ry by my ooie,want dis natuurlik lamtyd ook.wragtig by die kloof waar ek hoeveel lamkarkasse al gekry het en al baie gaan jag het sien ek n oog.nou ja ek was nie goed voorberei vir n lang skoot nie omdat ek my geweerlig by die huis gelos het,hoekom weet ek nie.ek ry toe om die kloof sodat ek aan die anderkant staan.toe ek weer die lig aansit, sit die kat agter n bos,met die oog wat blink,seker so 120 m van my af.ek le toe aan met my .243 oor die spieel wat met my regterhand vasgehou word en my groot "spotlight" word met die linkerhand vasgehou.die skoot klap en dit klink raak, maar daar gaan die kat.ek wil net moedeloos word ,maar onthou toe van n ou cd met roepgeluide op.sit hom in en druk speel en stel hom dat die steenbok bler.dit gaan toe dik voor-in my bakkie ,want die spotlight word vasgehou en die geweer en die cd word gestel.tot my verbasing na die skoot,hier verskyn die kat weer.weer word daar geskiet.toe wys die oog weer en die laaste skoot loop.ek ry toe huistoe, nadat ek weer die cd met kosgeluide gespeel het en niks blink toe meer nie.nou ja, vanmiddag tel ek toe n dooie wyfiekat op, nogal met kopskoot en kry n lewendige kleintjie by sy dooie ma.die laat my foksterrier toe wegkom,maar sy beurt sal kom.net dankbaar dis die wyfie wat doodle!
groetenis
duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
MOOI MAN!! BLY VIR JOU
GROETNIS
DOUW
GROETNIS
DOUW
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
Mooi gemaak, jammer oor daai klein klits, maar sy dag sal kom 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
Gido
Ja, gelukkig het jy 'n kat raak gelig en so-so doodgekry. Jakkals gaan jou nie met darie sports laat wegkom nie, veral nie om nog te roep nadat hy misgeskiet is nie. Ek stel voor dat jy so bietjie meer leer van die diere en so 'n beter kans staan teen hulle. Jakkalse wat slim gemaak/geword het, is niemand se speelmaat nie, veral nie in die ruie veld van julle nie.
Daar is al heelwat jakkalse in jou omgewing(volgens berigte en navrae), moenie dat hulle jou onkant vang nie. Om van vooruit 'n bakkie te lig is nou skoorssoek op sy beste en sal ek aanraai om die metode te vermy en eerder bestuurder te soek terwyl jy agterop is met die geweer en raam of stoel. Daar is 'n roepkursus die 4de Mei in Mosselbaai(hane tree van jou), as jy nog nie planne het om dit by te woon nie, gaan jou vrae nog heelwat word hier.
Hierdie is nie 'n uitvreetsessie nie! Ons wil nie hier lees dat die grond in die mark is of te huur nie.
Mooiloop

- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
Geluk Gido
Hoe groot was die kleintjie al, het nog aan ma gedrink of nie?
As hy baie klein is sal hy vrek in die veld gelukkig.

mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
Nee magtig Gido jy maak ons senuwees klaar met die lig,cd en die geweer wat jy op een slag operate! Bly jy het die skelm!
-
GIDO
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
tafjak wrote:Gido
Ja, gelukkig het jy 'n kat raak gelig en so-so doodgekry. Jakkals gaan jou nie met darie sports laat wegkom nie, veral nie om nog te roep nadat hy misgeskiet is nie. Ek stel voor dat jy so bietjie meer leer van die diere en so 'n beter kans staan teen hulle. Jakkalse wat slim gemaak/geword het, is niemand se speelmaat nie, veral nie in die ruie veld van julle nie.
Daar is al heelwat jakkalse in jou omgewing(volgens berigte en navrae), moenie dat hulle jou onkant vang nie. Om van vooruit 'n bakkie te lig is nou skoorssoek op sy beste en sal ek aanraai om die metode te vermy en eerder bestuurder te soek terwyl jy agterop is met die geweer en raam of stoel. Daar is 'n roepkursus die 4de Mei in Mosselbaai(hane tree van jou), as jy nog nie planne het om dit by te woon nie, gaan jou vrae nog heelwat word hier.
Hierdie is nie 'n uitvreetsessie nie! Ons wil nie hier lees dat die grond in die mark is of te huur nie.
Mooiloop
naand tafjak
man ja,hier ken ons rooikatte goed,maar rooijakkalsmaniere moet ek nog baie van leer.soos ek laas verneem het word daar probleme tot teen struisbaai ondervind.hier by ons kan dit n helse probleem raak.plase is kleiner met baie meer skape per hektaar.ek gaan probeer om daai kursus by te woon.
groetenis
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
GIDO
Man, ek is bly as jy die kans sal kry om die kursus by te woon.
Hierdie is regtig nie 'n uittrap sessie nie en leer ekself elke dag meer van hierdie diere en spesifiek die jakkals. Ek beskou die leer van die diere as 'n langtermyn belegging. Ons gaan nie oornag die vrugte pluk nie, eerder later en sal die vrugte meer werd wees.
Terwyl julle nog nie die erge jakkalsprobleem daar het nie, is dit 'n gulde kans om jouself voorbereid te kry vir wat nog wag. Glo my, die rooiwolk is oppad! Terselfdertyd kan jy die omgewing bewus maak met kennis en ondervinding as die probleem opduik.
Met die regte benadering sal jy jou(en familie) toekoms kan bepaal en volhoubaar daarmee voortgaan. Ekself wil graag weet wanneer jakkalse ons grond binne dring en dadelik my plan agter mekaar kry. Dit was nooit raadsaam van my om te wag totdat die goed skade gee nie, wat arriveer moet verdaag(verkieslik dood) is my leuse. Het ook gevind waar hulle ruie veld penetreer, dit moeiliker is om van ontslae te word.
Net so terloops i.v.m. die rooikat wat jy geskiet het: As jy agterkom dit is 'n wyfie en dat sy kleintjies het, is dit raadsaam om later weer daar te gaan lig of te roep. Ek los die dooie ma daar, of sleep na geskikte plek, en weet dan ten minste waar om hulle te wagte te wees.
Mooiloop en baie voorspoed

Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: duur rooikat uiteindelik doodgeskiet
Mooi so Gido,
Bly jyt haar gekry!
Bly jyt haar gekry!