Nikon Fieldmaster of Monarch

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Jis kerels, ek soek bietjie raad.
Ek kort n nuwe scope vir my 308 en dan wat later op my 300wsm gan kom.

Ek wil by julle weet is die Monarch soveel beter as die Fieldmaster? Ekt al bietjie met n fieldmaster geskiet en was baie in my skik!!

My begroting is maar nie watse nie dis hoekom ek meer na die fieldmaster se kand toe leun.

Ek kyk na die Fieldmaster http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_nikoplex


En dan as dit moet na die Monarch http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_mill_dot

Se dan daar asb wat is julle menings.

Groetnis
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by FCLoretz »

Monarch as jy kan. DIe glas is beter en op meeste van die Monarch's kry jy 'n baie beter waarborg. Kyk ook na die BDC reticle.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

FCLoretz,
Dankie vir die reply. So jy dink ek moet maar bietjie langer spaar. Ek weet dam nie van daai BDC reticle nie, dit lyk dan soos sirkeltjies?? Hoe skiet jy vyn met n sirkeltjie?

Groetnis
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by FCLoretz »

Armand dit hang van hoe dringend jy nuwe scope soek, maar ek sal perssonlik bietjie langer spaar.

Armand ek sal self like om die Milldot en BDC reticle te gaan skiet en dan 'n ordentlike opinie te gee oor wat ek persoonlik dink van hulle.

Maar oor die fyn skiet kan jou nie antwoord nie, Dan is die milldot reticle 'n beter opsie
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by NicoSmit »

Ek het die Prostaff met die BDC en het nou al 'n paar keer gaan skiet ek het geen klagtes nie Ek het 'n oraait groepering op 200m geskiet met die BDC dis net iets waar aan jy gewoond moet raak as jy verder wil skiet
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Dankie vir julle reply`s tot dusver toe ek wardeer. Is hier nie nog n maar manne met Monarchs en Fieldmasters wat bietjie hulle mening kan ge nie?

Groetnis
Gazza
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Apr 10, 2013 3:22 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Gazza »

Ek het die monarch en is baie tevrede met die scope. Maar nou by gese ek het nog nie die deur die fieldmaster gekyk nie so daar kan jou nie help. Ek het die bdc en dit het vir my ñ rukkie gevat om gewoond aan te raak (die sirkels en fyn haar) maar ons het mekaar beter leer ken nou gooi ons lood!

My raad sal wees gaan kyk self voor jy koop.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Gazza, dankie vir die reply! Hoe korrel n man nou met die sirkeltjies?Moet die bok se kop in die middel van die sirkel wees? Hoe skiet n man sekuur so?

Groetnis
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by PWV »

Armand Steenkamp wrote:Gazza, dankie vir die reply! Hoe korrel n man nou met die sirkeltjies?Moet die bok se kop in die middel van die sirkel wees? Hoe skiet n man sekuur so?

Groetnis

Armand, ek ken nie die Fieldmaster nie, maar het 'n Monarch Nikoplex en 'n Monarch BDC.
Ek verkies die Nikoplex omdat 'n mens baie akkurater kan korrel met die kruis as die sirkeltjies.
Sorg net dat jy die een kry met die dun kruishare. Maar my ondervinding.
Groetnis
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Oom Pieter dankie, dit help my baie. Het ook nie gedink n man sal kan vyn vat met n sirkel nie.

Groetnis
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by KalahariKlong »

Naand Armand, kyk jy spesifiek na die nikon's? Ek kan regttig die Burris FF2 vir jou aanbeveel met die bilistic kruishaar. Jy kan kyk na die 4.5 of 6.5. Dis in die selfde prysklas en baie goeie waarde vir geld.

Groete
KK
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Pvdw »

Ek het 'n Monarch en 'n Pro Staff. Op klein vergroting is beide nice maar as jy daai zoom begin draai sien jy duidelik hoekom die Monarch meer kos.

Cob op die forum skiet jakke met sy Pro Staff in die nag. Op 200m+ sien hy daai jak pragtig.

Vir dagskiet vat ek die Fieldmaster met "n smile ;)

Peet
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Hahaha Peet jy krap nou my besighyd deurmekaar ;-)
Ek gan in die nag ook skiet so ek dink ek bly maar by die monarch.

Kalahariklong,
Ek het reeds n burris FF2 in 6.5-20x50. Baie lekker scope maar in my opinie nie in die selle klas as die nikons nie. Ek het met my burris en n vriend se nikon langs mekaar in die nag gekyk. Altwee was duidelik maar die nikon was so n kort kop voor en dit was maar n x40.
En die nikon het elke slag positief verstel.

Ek dink ek gan kyk of ek nie deur n fieldmaster en n monarch kan kyk nie, dit sal seker maar die beste wees.

Groetnis
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Pappabeer »

Armand, ek het n fieldmaster, om die waarheid te se n buckmaster 4,5-14 op my .222 gehad. Daai tyd het ek nog by S&O gewerk en na n sessie op die baan en baie kyk in die winkel het ek maar oe toe geknyp, en omgeruil vir die monarch 4-16 x42 en die ekstra paar rand betaal. Ek was nog nie n dag spyt nie. Die beeld is werklik vir my helderder, veral in skemer lig. Ek dink egter daar is net soveel fieldmaster eienaars wat meer tevrede as ek is met hulle scopes... Dis n moeilikke een

Wat die reticle betref, ek is te staadig om meer as die nikoplex te verstaan, so hy werk goed vir my. Ek hou daarvan dat hy lekker fyn is.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Pappabeer,

Nee maar dis mooi. Dan spaar ek maar n maand langer en koop die monarch! As my 300WSM kom dan sal ek nog n fieldmaster by koop vir die 308! Ek hou ook van n dun kruis so dit sal my mooi pas.
Baie dankie vir julle insette ek wardeer dit!
Groetnis
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Jean Marais »

Armand, ek het op beide my 308 Norma en my 375 H&H Monarchs opgesit. Nog nie 'n dag se probleme nie, en is baie tevrede. Hul hou hul instelling baie goed, selfs met die 375 se groter terugskop. Beide teleskope is MilDots. Verder het Nikon 'n ballistiese program op hule webblad "SpotOn" wat regtig baie handig is. Ek het met my onlangse voorsit springbokjag die tabelletjie uitgedruk en saamgevat veld toe. Nadat ek die bok gerange het, op die tabel gekyk op watter mildot ek moet mik, en as die skoot geklap het, het die bok geval, die verste skoot was 340m in die nek.

Volgens my is die Monarchs in min of meer dieselfde klas as die Leupold VX3, maar teen 'n beter prys. Jy sal nie fout maak om een van hulle aan te skaf nie.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
kwagga_1
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sun Mar 17, 2013 8:02 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by kwagga_1 »

Hallo Armand,

ek het 'n Monarch 4-16x42 met milldots op my .308. Het al met ander ouens se Fieldmasters and Prostaffs geskiet, maar het op die ou end bietjie langer gespaar en dit is rerig die moeite werd! In terme van BDC, milldots, ens is dit maar persoonlike keuse. Vir my werk die milldots briljant omdat die kolletjies lekker klein is en ek verstaan nou al waar om te mik op watter afstand.

Die lekker ding van al die Nikons is dat hulle kruisies so dun is. Ek het verlede week saam met 2 pelle baan toe gegaan, en my groeperings was baie beter as hulle sin op langer afstande omdat my teleskoop se kruisie nie die hele teiken toemaak nie.
Gazza
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Apr 10, 2013 3:22 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Gazza »

Jammer ek kom nou eers terug na jou vraag. Ek het klomp tyd op die skietbaan spandeer om die sirkels te leer ken en dit is nie noodwendig die kop wat jy in die middel van die sirkel moet kry nie. Ek werk op waar die die sirkerl se lyn die vertikale haar sny( as ek dit so kan verduidlik).

Daar is ñ program op nikon se site wat jy kan gebruik en beter kan verduidlik as ek seker. Ek het self dit nog nie gebruik nie, het maar self die scope leer ken.

Eerlik waar nie geweet hier is soveel manne wat nikons op hul roere het nie, hier by my wereld is dit leupold en niks anders nie ;).
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Gazza , Hier is nog n klomp manne maar nou lyk dit vir my hulle is skaam vir praat ;-)!

kwagga_1 en Jean Marais , baie dankie vir die trugvoer. So wat dink julle moet ek maar gan vir een met mill dots of die BDC Kruis? Dis scope is mos nou vir bietjie verder skiet.

Groetnis
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Jean Marais »

Armand,as jy 'n mildot in die hande kan kry, sou dit my eerste keuse wees, maak 'n ander skietwêreld oop vir jou.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Ponkie »

Armand

Ons verkoop mos nou baie Nikons. Kom ek se jou so.

Die Fieldmaster en Monarch verskil in terme van die coatings op die lense. In swak lig gaan jy die rede begin sien waarom die Monarch beter is.

Wat die kruishaar betref, die sirkeltjies is maar moeilik om te lees en omdat die kruishaar in die 2de focal plane le bly hy mos dieselfde grootte en dikte. Ek sou se kyk na die Milldot eerder as die BDC, maar ongelukkig is hulle skaars ook. Tussen die NP, BDC en MD is die MD die een waarvan ons die minste stock inkry.

Dink jy weet klaar watter een jy moet koop.

Groetnis
Ponkie
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Kallie Fernhout »

Armand pm my indien jy belangste aan die nikon Monarch met die BDC kruis het een wat nog splinter nuut is het seker 30 skote met hom geskiet hom op die 13 april by safari gekoop, indien jy belangstel. sy vergroting is 5-20x44
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Riaan Beeslaar »

Armand
Wat is die prys van die twee scopes
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Armand Steenkamp »

Piet, Ponkie, baie dankie vir die raad! Dink ek het my mind op gemaak. Ek gan maar spaar en die monarch vat!


Groetnis
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1895
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nikon Fieldmaster of Monarch

Post by Ratel »

Armand. jammer wil nie die draad steel nie maar ek moes onlangs kies tussen Monarch 5-20x44 en Lynx LX2 6-20x42. Ek het reeds 'n Lynx en is gelukkig met hom. Het toe die Monarch gevat. Hoop nie ek gaan spyt wees oor ek die Monarch gevat het nie. Het hom nog nie gebruik nie.
Maak 'n verskil
Post Reply