Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smiley »

Welkom JG en Carel, geniet dit hier by ons, vertel net bietjie wat se wapens julle besit en wat julle al gejag het.
Skilpad
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Wed Apr 17, 2013 11:52 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Skilpad »

Dankie Smiley!

In my kluis staan: ,22 Obendorf Mauser
,243 Howa 1500
3006 Custom op 'n k89 aksie
12 Boor Mossberg pomp
9mm CZ75
Ek is besig om myself te oortuig dat ek nie verder kan lewe sonder 'n 375 CZ nie, so ek benader Huntex more met voorbedagde rade...

Ek is 'n biltong jagter wat maar fokus op "plains game", koedoe, wildebees, gemsbok, impala, hartbees ens.
.22 Obendorff Mauser, .243 Howa, 6.5x55 Swedish Mauser Howa, 30-06 Musgrave, 9mm Cz75
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Riaan Beeslaar »

Welkom JG, Carel en Eugene
Hier is waar ons dieselde taal praat

Groete
Riaan
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jaco vdW »

Dagsê aan al die Forumlede en Mods

Ek het so wyle gelede geregistreer op die forum, en al baie ure se leeswerk ingepas. Aangsien ek die forum baie geniet en uiters insiggewend vind, stel ek myself nou voor.

Ek woon tans in Somerset Wes, werk in Stellenbosch in die wynbedryf. Ek is mal oor skiet - enige rede om n patroon n doppie te maak! Ek is al 11 jaar lid van Durbanville Skietklub en Kaapjag. Ek jag graag, en gaan hopelik hierdie jaar my eerste geleentheid met die boog kry. Sover het die gewere koning gekraai, met die haelgewere wat sorg vir bietjie sports tussen in.

Intussen het ek ook begin ammunisie versamel, maar die stokperdjie sukkel nog so bietjie om momentum te kry...

Groete
Jaco
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smiley »

Jaco baie welkom geniet dit.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Piet Pille »

Welkom aan al die nuwe manne. Geniet dit hier.

@Carel- Ek het self ook in daai groen damwater van Harties grootgeword. Daar gebly van '81-94. Miskien was ons saam op skool....
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Marc »

Baie welkom aan al die nuwe manne, glo julle gaan dit geniet hier saam met ons :)

Mooi loop
Marc
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote:Baie welkom aan al die nuwe manne, glo julle gaan dit geniet hier saam met ons :)

Mooi loop
Marc
Kom kuier lekker saam al die nuwe manne en mannine!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Riaan Beeslaar »

Baie welkom Jaco
Geniet dit
Groete
Spice Bloem
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sat Apr 27, 2013 12:24 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Spice Bloem »

Hi

Sien uit om baie vrae te vrae en baie te leer.

Spice
Engelb
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Apr 04, 2013 3:06 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Engelb »

Hallo. Ek het nuwe naam op forum weens nuwe E-mail adress.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jakkie 321 »

Hall Manne

My naam is Reinhard van Mossel Baai. Ek skiet met 9.3x62mm en n 6mm en boog. Ek is baie beindruk met die forum en het al baie geleer. Ek hengel ook baie graag in die see maar glad nie dam visvang nie.

Groettes Jakkie321
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smiley »

Spice Bloem, Engelb en Jakkie 321, baie welkom op die forum, geniet dit.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Marc »

Welkom manne

Lekker saam kuier ;)

Mooi loop
Marc
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by jamalley »

Welkom manne, hoop julle geniet dit baie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Engelb wrote:Hallo. Ek het nuwe naam op forum weens nuwe E-mail adress.

Wat was jou ou naam?
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Riaan Beeslaar »

Welkom aan die nuwe manne
Groete
jeep09
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Nov 29, 2011 2:01 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by jeep09 »

Hey Smiley

Ek nog jonk en die wapens nog knap. Ek het op die oomblik 'n sako forester 243, werk geweer is 'n Tikka T3 varmint 308 met Leupold VX3L 4.5-14 x 50, brno 12 br vir kleiduif & voëljag. Spesies is maar meestal springbok, blesbok, gemsbok en koedoe. Gister het ons sommer ingeval met die oopmaak van die koedoe jagseisoen en het 'n paar groot bulle raakgeloop. Sal later foto's opsit van die wild wat al die jaar geval het.

Hoop die antwoord jou vraag smiley, dankie vir die belangstelling.

Groete
User avatar
Louis K
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Fri Apr 05, 2013 9:18 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Louis K »

Dagsê, Louis hier. Bly in Zululand, Empangeni. Ek het so paar weke terug aan gesluit. Baie lekker en interessante onderwerpe hier. Ek vang te min vis en jag as die geleentheid hom voordoen. Het al so bietjie begin herlaai, maar ek's besig om 'n kamer gereed te maaksodat ek ernstig kan herlaai. Ek bessit 'n 303 en 'n 308 Mod 80 Musgrave Dankie vir al die kennis deel hier. Groete
RSACZECHGBRUSA²
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by PWV »

Welkom Die Krieke! Klink of julle 'n bende is? ???
Damalu
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon May 06, 2013 3:09 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Damalu »

Hallo ek is DM.
lees al lank as n 'guest'
van Deneysville
op die stadium het ek net n .22 LR BRNO
in die mark vir n 308, nee n 30-06, nee n 300.

Ag tog ek besluit nog.
Ek se nie ons moet al die onnosel mense vrek maak nie, maar kom ons haal al die waarskuwings etikete af en kyk wat gebeur.
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smiley »

Baie welkom Damalu, jy sal dit geniet hier
Mauser browser
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Sun May 19, 2013 7:18 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mauser browser »

hello

ek is nuut
Mauser browser
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Sun May 19, 2013 7:18 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mauser browser »

Mauser browser wrote:hello

ek is nuut
ek is n toegewyde jagter, jag al van kindsbeen af, geniet forums soos die waar my tipe mense uithang.

ek jag van bosvark tot kameelperd, is nog jonk en moet nog baie spaar vir buffels...

ek skiet met n 7x57mm, 9.3x62mm en oefen met .22LR
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Smiley »

Mauser browser,

Baie welkom, gaan onder nuwe aansluiting en doen 'n nuwe post, dan kan almal jou groet, anders hi-jack jy Damalu se post.
Post Reply