Die Ou Ballie en die Snake.
Die vorige jaar toe ek in die Kalahari was, het ‘n mamba drie van Koos se stoetkoeie gepik - al drie dood - ‘n geweldige skade. Dit het gebeur by ‘n suiping en hulle vermoed die koeie het op die mamba afgekom waar hy afgekoel het in die waterkrip tydens ‘n bloedige warm dag. Hul vermoede dat dit ‘n mamba was is bevestig deur ‘n veearts en ‘n paar dae later het hulle die mamba in die omgewing van die waterkrip aangetref en moes hy swig voor ‘n skoot hael uit Koos se .410 - ‘n geweertjie wat maar altyd agter sy bakkie se sitplek lê.
By twee geleenthede het ek hierdie soort slang van nader gesien. Die eerste keer toe ons die mamba in die veld sien, het hy haastig padgegee, maar die tweede keer het hy sy voorlyf gelig, ‘n volle meter sodat hy ons reg in die oë kyk terwyl ons in die bakkie sit. Ek verseker julle dit is ‘n vreesaanjaende gesig as hy sy bek oopmaak en die swart, gapende holte in jou rigting gerig is. Gelukkig was die bakkie se vensters toe!
En as ek die bosse instap, het Koos altyd agterna geroep: “Pieta, hou jou oë ook maar altyd op die grond en in die bosse en bome om jou. Hier is maar baie slange.”
Die lui pofadders is die gevaarlikste, want jy trap gewoonlik op hulle en hulle is dan ook verantwoordelik vir die meeste slangbyte. Jy sal die mamba ook op die grond kry, maar ook in die bome. Gewoonlik sien ‘n mens hom egter gouer en in die meeste gevalle gee hy pad.
Soos ek stap dink ek dit sou nogal goed gewees het om drie oë te hê wat soos ‘n verkleurmannetjie s’n kon werk - een op die grond, een in die lug en een op soek na die wild. Maar nou het ons dit nie en moet jou oogspiere oortyd werk om oral te kyk. Kort-kort moet ek myself weer daaraan herinner om my waaksaamheid nie te verslap nie.
Ek stap al ‘n halfuur en raak skielik bewus van die bedrywighede van voëls in ‘n middelslag boompie so ‘n entjie vorentoe. Dit klink erger as ‘n klomp koshuis meisietjies wat mekaar na ‘n lang vakansie weer sien. My vermoede word bevestig - tussen die takke gewaar ek die slang - helder geel en ek skat hom so bietjie meer as twee meter. Hy voel duidelik ongemaklik met die klomp kwetterende voëltjies wat hom probeer verwilder. Die kenmerkende gesplete tong toets gedurig die lug rondom hom.
Eintlik ‘n pragtige slang. Ek haal my kamera uit en stap versigtig nader. Gelukkig kan die kameratjie effens in-zoom sodat ek nie te naby hoef te gaan nie. Ek neem ‘n paar foto’s en laat hom in vrede. Hy het my niks gedoen nie en is deel van die ekosisteem waar hy ‘n belangrike funksie in ‘n voedselketting vervul. Hy hou die bevolking van voëls en knaagdiere in toom en een of ander tyd sal hy ‘n smaaklike maal vir ‘n roofvoël of ratel word. Wat ‘n voorreg om die skepping in hierdie vorm waar te neem!
Ns. Ek het nog nie die slang identifiseer nie, maar dalk weet een van julle.
Die Ou Ballie en die snake
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Die Ou Ballie en die snake
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
Oom PW
Dit is nie dalk kaapse kobra nie? aka geelslang.
Dit is nie dalk kaapse kobra nie? aka geelslang.
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
More Oom PW
Lyk vir my ook na 'n geelslang.
Lyk vir my ook na 'n geelslang.
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
Ek dink ook dis 'n Geelslang(Kaapse Kobra).
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Die Ou Ballie en die snake
More Oom PW
Somtyds moet 'n mens maar die natuur se gang laat gaan.
Hier by ons in Tzaneen sukkel ons maar baie met swart mambas en mosambiek spoeg kobras.
Eersgenoemde is maar 'n moeilikke kalant.
Die slang in Oom se foto lyk vir my ook maar baie na 'n geelslang.
Groete
Somtyds moet 'n mens maar die natuur se gang laat gaan.
Hier by ons in Tzaneen sukkel ons maar baie met swart mambas en mosambiek spoeg kobras.
Eersgenoemde is maar 'n moeilikke kalant.
Die slang in Oom se foto lyk vir my ook maar baie na 'n geelslang.
Groete
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
Ja dis geelslang se kind daai!
Lekker gelees Oom PeeWee - dankie!
Lekker gelees Oom PeeWee - dankie!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
Pasop vir slange in bome Oom, ons mans kom volgens geskiedenis kort daarvan af
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Die Ou Ballie en die snake
Onder sekere omstandighede is broekslange net so gevaarlik.Marc wrote:Pasop vir slange in bome Oom, ons mans kom volgens geskiedenis kort daarvan af
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

