Vir my was dit nog altyd 'n probleem om my wang gemaklik teen die kolf te kry met medium of hoë ringe; sodanig dat ek op een geweer my wangstuk met hout laat verhoog het. Ek het al foto's gesien waar manne met standaard gewere hul wang amper bo-op die kolf moet druk om deur die teleskoop te sien (die verstelbare wangstukke het nie die probleem nie). Om egter gate in my mooi kolf te boor is te hartseer vir my.
Dit lyk vir my dat hierdie probleem voorkom by teleskope met hoër vergrotings, soos 20, 24 en 32 waarvan die voorste lens dan outomaties vergroot na 50-56. Met die laer ringe kan ek nie 'n groter voorlens as 40mm opsit nie. Daar is egter geen teleskope beskikbaar wat nie 'n groter voorlens het nie, en ek sou graag in die nabye toekoms na 'n groter vergroting wil gaan as die 14 wat ek tans het.
Ondervind van julle ook die probleem?
Teleskoophoogte en wangstuk van geweer
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Teleskoophoogte en wangstuk van geweer
Die groot probleem is ook die profiel van die loop.Deesdae neig almal na bull barrels en dit maak ook die toleransies minder tussen die lens en loop.enigste opsie wat miskien kan help is die Leupold VX-L reeks.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Teleskoophoogte en wangstuk van geweer
Chevvy
My 243 Coyote Light Winchester het Zeiss met 50mm voorste lens huls, op lae Warne ringe. Wat van die Zeiss HD5 5x20 50. Gebruik 'n Beartooth wangstuk.
Soos Julian sê dak is die loop die ander probleem.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution