Beginner Jakkie jagter soek raad.

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Beginner Jakkie jagter soek raad.

Post by Pvdw »

Hi daar almal.

Ek het nog net 1 keer gaan jakies skiet. Dit is duidelik meer ingewikkeld as om net die geweer te gryp, op die bakkie te spring en in die veld in te jaag met 'n lekker sterk lig wat amper die verf van die bakkie afbrand. ;D

Ek lees en volg gereeld die nuus op die forum en dit bly baie interesant. Ek sal graag meer wil leer maar glo nie ek sal so betrokke kan raak soos van sommige lede nie. Ek bly in Pretoria en kan slegs naweke wegkom. Dit sal ook meestal op Vrydag aande wees. Ek het etlikke plase in die Bronkhorstspruit area waar ek sal kan gaan skiet. Lekker oop veld met effense golwende heuwels.

Wat ek wil weet is wat my te doen staan om op die regte manier aan die gang te kom sonder om die bedryf skade aan te doen. Ek praat van studie materiaal, roepklanke, re?ls, wette en als wat daarmee saamgaan.Toerusting en so het ek nou al reeds mooi opgekyk op die net.

Wat van permitte om te jag in die nag. Kan enige iemand dit doen of moet ek eers toestemming by een of ander Departement kry? Ek wil dit eerder reg doen of glad nie.

Enige raad welkom.

Peet
Work to live, don"t live to work
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Beginner Jakkie jagter soek raad.

Post by .220 Swift »

Peet

Kontak vir Heinrich Funck (jaracal homself) - hy het vir my sy DVD en eboek sonder moeite gestuur. Dis maar die bybel in terme van ons situasie in Suid Afrika

Die res tel jy op deur die forum te volg en kursusse te doen.

My probleem is dieselfde as joune. So ek gaan skiet maar op vriende se plase - ouens wat jy voor jou siel nie geld voor sal kan vra nie en by wie jy jou foute kan maak. Hopelik sal hulle vir jou as verwysing eendag optree as jy - en hulle - voel dat jy die ding professioneel kan doen.

Groete
Stofs
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Beginner Jakkie jagter soek raad.

Post by KSV »

Peet,

Soos Stofs genoem het, kry die materiaal, doen 'n kursus of wat en oefen by iemand wat nie betaal nie.  Jy kan ook drywer wees vir iemand wat al bietjie ondervinding het.

Die wette en daai afdeling moet jy Natuurbewaring skakel in die omgewing waar jy wil gaan skiet.  Hulle behoort al die regte goed te weet. Dia algemen persoon het gewoonlik iets gehoor en dis gewoonlik baie ver van die waarheid.  Hier by ons mag ons glo al diie afgelope 5 jaar nie in die nag jag nie. 'n Oproep Natuurbewaring toe het gou gou alless opgeklaar.

KSV
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply