Wat beteken die woorde "Free Range"?
-
tafjak
Wat beteken die woorde "Free Range"?
Free Range Meat?
Free Range Milk?
Free Range Chicken?
Daar is nog in die "Free Range". Ek dink ek weet wat die behoort te beteken, maar wil graag van julle hoor wat julle mag dink.

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
tafjak wrote:

Die teenoorgestelde van "Flagra" (forcefeed)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
tafjak
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Christo
Nie in voerkraal met afgemete porsie nie? Nie in batterye soos hoenders(eiers) nie? Nie in hokke soos slaghoenders nie? Nie beeste spuit(hormone) vir groter melkproduksie nie? Nie lammers vetmaak op lande(hawer ens) nie?
Nie in voerkraal met afgemete porsie nie? Nie in batterye soos hoenders(eiers) nie? Nie in hokke soos slaghoenders nie? Nie beeste spuit(hormone) vir groter melkproduksie nie? Nie lammers vetmaak op lande(hawer ens) nie?
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie
Ek dink afrond op 'n hawerland van veldloop skape behoort nog steeds te tel vir "Freerange"
Ek dink afrond op 'n hawerland van veldloop skape behoort nog steeds te tel vir "Freerange"
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
tafjak
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Christo
OK, ek het gehoor dat geen graan natuurlik voorkom nie. Is dit so?

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie
Ek dink ek weet wat "free range" ni? beteken nie. Dit is nie diere wat op voerkraal/kraal/hok staan nie. Sekerlik beten dit nie dat diere se vryheid om vrylik te wei en water te drink ingeperk word deur die mens nie.
Sulke tipe diere behoort minder gestres te wees en a.g.v. hulle lewenskwaliteit? Dit is nou as die ongediertes hulle nie opvreet nie!
So raai ek.
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie
Ek trap nou sekerlik binne in die slagyster, maar...
Ek sou saamstem met die stelling van graan dat dit nie monogeen op 'n gebied voorkom nie, maar dat dit iewers moes gewees het voordat die waarde daarvan vir die mens bekend geword het.
Ek sou ook met deeglike navorsing ( my gestalte is bewys daarvan ) kan s? dat Karoo skaap beter en smaaklike is as die wat by plekke soos Polokwane gekoop kan word. My vrou se kombuistroppie leef op klein stukkie veld en 10 jaar oue lusern en hulle smaak vorentoe.
Jy moet nou nog die gebied van organies ook hier by las dan sal die debat op loop neem.
Christo
Ek trap nou sekerlik binne in die slagyster, maar...
Ek sou saamstem met die stelling van graan dat dit nie monogeen op 'n gebied voorkom nie, maar dat dit iewers moes gewees het voordat die waarde daarvan vir die mens bekend geword het.
Ek sou ook met deeglike navorsing ( my gestalte is bewys daarvan ) kan s? dat Karoo skaap beter en smaaklike is as die wat by plekke soos Polokwane gekoop kan word. My vrou se kombuistroppie leef op klein stukkie veld en 10 jaar oue lusern en hulle smaak vorentoe.
Jy moet nou nog die gebied van organies ook hier by las dan sal die debat op loop neem.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
tafjak
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Christo
Ek stel beslis nie ysters nie en wil graag self meer weet. Het 'n idee, maar kort ondersteuning en bevestiging van manne soos jyself. Wonder wat dink Kruger, is mos eintlik sy kos hierdie.
Lusern is glo nie 'n graan nie.
.. net wat ek ingedagte gehad het. Is "Free Range" dan nie eintlik organies nie?Jy moet nou nog die gebied van organies ook hier by las dan sal die debat op loop neem.
Ek stel beslis nie ysters nie en wil graag self meer weet. Het 'n idee, maar kort ondersteuning en bevestiging van manne soos jyself. Wonder wat dink Kruger, is mos eintlik sy kos hierdie.
Lusern is glo nie 'n graan nie.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie
Ons boerdery het 'n strategiese kode wat ons noem Natuurboerdery. In kort gebruik ons die natuur om die peste en plae te bestuur en om so min as moontlik gebruik te maak van Chemiese middels en sover moontlik organiese produkte of produkte met minimum impak op die natuur te gebruik. Wat wel gebeur is dat daar waar die metodes faal om inkom met die chemie wat nodig is om die probleem aan te spreek en daarna steef ons weer om die wanbelans so gou as moontlik te herstel. Ons het reeds daarin geslaag om vo?ls en ander diere lewe terug te bring ( vanself ) as gevolg hier van. Die produkte wat ons verbou is meer heilsaam en net so mooi soos enige organies gekweekte produkte, met die verskil dat die balans van die natuur nie versteur is nie.
Ek het ook reeds gedeeltes van my oes organies geboer en alhoewel dit emosoineel aanklank vind by die groen huisvrou sal sy nie 'n appel of ui of aartappel koop wat daar 'n wurm in is of aan gevreet is nie. ( natuurlik is dit juis haar enigste werklike bewys van organies geboerde produk, maar daarvan wil sy niks hoor nie )
. Geen werklike ekstra inkomste daaruit gekry nie. Die buiteland is in elk geval gaande oor die Natuurboedery konsep, dalk omdat dit volhoudbaar is.
Om 'n organiese produk volhoudbaar te bly kweek sonder dat dit op die ou end sy einde kan beteken, is 'n
'tall order".
Die verbruier wil in elk geval nie die premie betaal vir wat dit kos en die verliese wat daarmee gepaargaan, se koste kan dek, nie.

Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Hallo Taffie en die ander manne.
Hier in ons geweste, Suid Vrystaat en Noord Kaap, bestaan n handelsmerk of Brand by name "Certified Natural" wat deur Shoprite/Checkers bemark word. Ek glo julle het al die advertensies op TV gesien. Die diere vir die handelsmerk word geslag in GWK se slagpales op De Aar en Groblershoop. Voordat n boer kan lid word of kan kwalifiseer om vir die handelsmerk te slag word hy/sy eers ge oudit. In bree behels dit basies dat geen groeihormone, antibiotika of stimulante gebruik mag word nie. Drinkplekke moet skoon wees en vee medisyne op n veilige plek gestoor word apart van gifstowwe ens ens.
Die produsent wat kwalifiseer kry n premie van ongeveer R1.50/kg. Voordat die diere geslag word, word n uriene moster geneem om te bepaal of die vleis kwalifiseer. Ek kan jou belowe dat baie van die vee wel afkomstig is vanaf voerkrale sowel as aangeplante weidings en hulle kwalifiseer ook.
Ek mag dalk vir my eie gat n lat pluk maar volgens my is hierdie hele "Free range" groen boerdery n groot foefie van Supermarkte en vleis handelaars omrede hulle weet vandag se huisvrouens word oordonder deur allerhande media berigte. Die verbruiker betaal dan ook maklik R20/R30 per kg meer op die rak vir hierdie tiepe produk terwyl ons as boere NIE dieselfde voordeel trek nie.
Ek dink eerlik waar mense raak neuroties oor al hierdie tiepe dinge. Ons kinders word vitamiene gevoer todat dit by hul ore uitloop kwansuis omdat die wereld om ons vol siektes is.My kinders eet nog grond en speel in die kraal tussen die skaapmis en is perdfris en gesond. Net my mening.
Cheers Doepie

Doepie en Christo.
Ja, julle 2 het nou regtig vir my genoem wat ek graag wou hoor en ook deels vermoed het.
So die Free Range gedagte is maar net om geld in die manne se sakke te sit wat nie wil werk nie. As niemand raas en beskuldig nie kan hy nie geld uit 'n eenvoudige ketting "steel" nie. Die slaggoed gaan slagpale toe-boer kry sy geld-vleis gaan Checkers toe-slagpale kry sy geld-tjops gaan kli?nt toe-Checkers kry sy geld. Maar o nee! die groenes moet mos nou tweespalt veroorsaak om geld te "steel"-boer kry minder en kli?nt betaal meer om Groenes te finansier. Wetie. Nog ander klomp skelms in die ketting ook, maar sal nie daaroor uitwei nie.
Bottom line, as jy lui is, dink net fancy naam uit!

Die slim manne wat R7 miljoen n jaar verdien noem dit BEMARKING. Ons boere is mos maar prysnemers en moet maar vat wat ons kry. Ek dink in elk geval 90% van die ekstensiewe boere in SA produseer in elk geval "Free range" lammers, wetend of onwetend omrede die rentabiliteit van veeboerdery so laag is dat ons dit in elk geval nie kan bekostig om allerhande fancy dinge te probeer nie.
Wat ek wel weet is dat die Suid Afrikaanse veeboer nog steeds van die smaaklikste en mees gesogte skaap en beesvleis in die wereld produseer en dat ons ons nie te veel moet steur aan al hierdie groenes se poefies nie. Hier reken ek natuurlik die Namibia boere ook in want ek was so lank daar in die weermag dat ek nog steeds dink aan julle manne as deel van SA.
lekker slaap
Doepie

Nou hoe kan die Supermarke die Free Range verkoop as die lammers elke aand gekraal word, op voerkrale slaggereed gemaak moet word, halsbande om nekke loop, heeldag deur honde opgepas moet word? Lyk my maar die woord "Free Range" word net gebruik om verbruiker te verneuk en hulle hulself die "stelery" regverdig.
Man, hierdie land van ons se opvoedig/kwalifikasies gaan so vir 'n bol, dat jy dit nie eers kan verduidelik nie. Sal nie help om so-iets te probeer regstel nie. Beter dat ons maar doen wat goed is vir onsself en te hel met die res.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie
Mooi loop
Francois
Nou praat jy.....Beter dat ons maar doen wat goed is vir onsself en te hel met die res.
Mooi loop
Francois
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Ek dink die beste beskrywing vir "free range" soos ons dit ken is "wat die oog nie sien nie treur die hart nie oor nie." Verbruikers glo dit is meer natuurlik en al die hoenders en lammers word geslag met n smile op sy gesig. Van die free range hoenders wat ek al gesien het is wel nie in batterye nie en loop los rond in groot hokke, maar dit is so vol dat daar skaars plek is om self te loop tussen die hoenders. Persoonlik dink ek dis 'n bemarkings foefie, maar dit werk.
Winners never quit - Quitters never win.
- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Taffie/Kruger/Doepie
Dit is soos Doepie s? jy moet versigtig wees wat jy s?, maar in kort werk dit so, die boer kry nie meer vir sy free range nie maar mark prys, maar die anner ou wat nie registreer nie verloor R1,50 en ek wil my verstout om te s? ek wonner of sy lam nie ook maar checkers toe gaan nie.
Kom inspekteur ou my plaas, vra ek wat moet ek doen met daai 50 lam wat ek groei hormoon gespuit het, antwoord: verwysing is vir 45 dae mag hy nie geslag word nie, of bv doseer goed se onttrekking is bv 10 dae, toe is ek dom, dit is darem standaard dat jy nie iets sal slag in daai tyd nie.maar daarna is hom piepie skoon
GROOT FOEFIE of is dit met p

Manne
Ek het gehoor "Free Range" beteken eintlik dat die hoenders maar in batterye kan wees solank die hekke oopstaan dat die katte hulle ook kan bykom.

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
n Vrou kom eendag in my slaghuis in en vra of ons ook van daardie "vlyloop" hoenders aanhou. Ek lag toe maar net, en weet sy het ook die storie ?rens gehoor en wil ook nou op die bandwagon spring.
Ek persoonlik dink dat al hierdie groeistimulante wat ons deesdae in alles kry, daartoe bydra dat soveel mense deesdae kanker kry. Kanker is blykbaar n ding wat in meeste mense voorkom, maar het n "trigger" nodig om te begin. Weet nie of dit waar is nie, maar wil vir my so voorkom.
Dink maar mooi daaraan, hoenders word sekere kos gevoer om binne 6 weke slaggereed te wees, en ander weer om eiers te l? dat dit bars. Speenkalwers se massa word binne 3 maande verdubbel. Varke en voerkraal lammers kry groeistimulante in hul voer ens.
Kyk maar na hoe lekker geel is die vet op selfs n jong bees daar in die Kalahari of in Namibia, wat nie soos sy boetie in n voerkraal na 3 maande spog met spierwit vet nie. In elk geval proe die gele baie lekkerder.
Ek persoonlik dink dat al hierdie groeistimulante wat ons deesdae in alles kry, daartoe bydra dat soveel mense deesdae kanker kry. Kanker is blykbaar n ding wat in meeste mense voorkom, maar het n "trigger" nodig om te begin. Weet nie of dit waar is nie, maar wil vir my so voorkom.
Dink maar mooi daaraan, hoenders word sekere kos gevoer om binne 6 weke slaggereed te wees, en ander weer om eiers te l? dat dit bars. Speenkalwers se massa word binne 3 maande verdubbel. Varke en voerkraal lammers kry groeistimulante in hul voer ens.
Kyk maar na hoe lekker geel is die vet op selfs n jong bees daar in die Kalahari of in Namibia, wat nie soos sy boetie in n voerkraal na 3 maande spog met spierwit vet nie. In elk geval proe die gele baie lekkerder.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
PietPiet Breedt wrote: ....Kyk maar na hoe lekker geel is die vet op selfs n jong bees daar in die Kalahari of in Namibia, wat nie soos sy boetie in n voerkraal na 3 maande spog met spierwit vet nie. In elk geval proe die gele baie lekkerder.....
Nou praat jy my taal. Verstaan glad nie hoe iemand meer wil betaal vir die wit voerkraal-vetjie nie? Die geel vetjie is die een waarop jy eerder 'n premie kan betaal, is dit nie?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- green leader
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Tue Jan 12, 2010 7:10 am
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
foie gras en nou hoor ek dat hul stickers op die vleis pakke sit wat se predator friendly, soe as jy slag ysters gebruik koop hul nie jou skape of beeste nie.Christo wrote:tafjak wrote:
Free Range Meat?
Free Range Milk?
Free Range Chicken?
Daar is nog in die "Free Range". Ek dink ek weet wat die behoort te beteken, maar wil graag van julle hoor wat julle mag dink.
Die teenoorgestelde van "Flagra" (forcefeed)![]()
Last edited by green leader on Fri Jul 16, 2010 9:15 am, edited 1 time in total.
bsa .303
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
- Jannie
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Ek was aantal jare MD van Carnarvon Abattoir en Free Range was aanvanklik Woolworths se brand name as opposisie vir Certified Natural van Shoprite/Checkers, produsente moet gesertifiseer word met kwalifiserende boerdery praktyke, en elke jaar met hulle oudit op die Abattoirs het die geluid van slagyster vrye produsente al harder geword, die hoof ene Dirk Borsslap het in die Karoo grootgeword en alhoewel hy die gebruik ken en verstaan, s? die algemene persepsie onder die stedelike Supermark kli?nt is dat boere soos duisende hektaar gelyk vol slagysters pak en alles wat beweeg vang en in die son laat vrek sonder kos en water.
Groete Jannie
Groete Jannie
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Manne
Ja. "free range" is ook maar net goed as dit jou eie doel dien.
Wanneer hoenders in batterye hulle ding doen is dit verkeerd volgend die groene$(onthou die spelling asb), maar as die vee elek aand gekraal word(ingehok word) is dit reg vir die groenes. Wetie meer wat om te glo nie.
Ek hoor ook lately dat groene$ ook elke oggend die blou sien, nie die blou van die lug nie, maar die blou van die rekenaarskerm.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Stem saam met Piet, daar is groot verskil as dit werklik Vry Loop is. En ek glo ook dis een rede vir kanker en ander siektes Soms is ek bevoorreg om 'n wille merino (met bietjie mielie in) daar van Dewetsdorp se w?reld te kry en dit lyk en proe anders. Ek glo nie hierdie is 'n foefie nie tensy die groot W 'n manier kry om hulle vleis te kleur - hulle bees en skaap lyk anders - mooi en donker nie bleek pienk.
Ek sien dit nie as 'n groen ding nie, eerder as 'n beter kwaliteit produk.
Predator friendly - het hom nog nie gesien nie, maar beteken dit net kopskote? ;-)

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Hierdie gesprek kan baie verder gevat word.
Oom Taf, ek hou van die "groene$" spelling, dit is presies wat dit is. Soos daar free range diere moet wees, moet alle plante mos nou organies verbou word. Daar word nou al 'n paar jaar gedreig dat 70-80% van alle aktiewes wat in landbouchemie gebruik word verban gaan word in die EU, dit is nou insek, swam en onkruiddoders. Gelukkig het mense wat somme maak ingegryp en dit gestop. As ons more soveel hulpmiddels moet verloor om plante optimaal te laat groei het ons binne een seisoen 'n wereld hongersnood.
Ek bly altyd wonder wat sal die Sandton vroutjie se as sy 'n wurm in haar organiese slaai kry by een van die top restuarante in haar omgewing. Daai arme bestuurder gaan nooit die einde hoor nie, en tog wys die wurm dat die slaai reg is om te eet!
Ons kan se goed word duurder omdat dit skaarser raak, soos bv Skaapvleis a.g.v. predasie. Maar wat gebeur as daar niks op die rakke is nie, dan is geld nie meer ter sprake nie.
Groete,
C.J.

CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Wat beteken die woorde "Free Range"?
Cj
Jy weet die mense is mos maar ontdankbaar n wurm in jou slaai teen die slaai se prys mos n bargain jy kry vleis waarvoor jy nie betaal nie ai die groenes