Howa vs Savage
- Pierre van der Horst
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm
Howa vs Savage
Dagsê Manne,
Ek oorweeg om vir my 'n geweer te koop vir vlakte jag. Ek het gedink aan 'n .270 of 'n 25-06. Ek kyk na HOWA, en het goeie goed gehoor van hulle, maar nou hoor ek SAVAGE is ook redelik goed.
Enige raad?

Steyr Mannlicher 30 - 06
Sauer & Sohn .270 Winchester
BRNO 30 - 06
BRNO .22 LR
Colt Trooper MK III 6" .357 Magnum
Beretta 92 F 9mm Para
Rossi .38 Special Snubby
BSA .303 British
Sauer & Sohn .270 Winchester
BRNO 30 - 06
BRNO .22 LR
Colt Trooper MK III 6" .357 Magnum
Beretta 92 F 9mm Para
Rossi .38 Special Snubby
BSA .303 British
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Howa vs Savage
Dag Pierre. Ek praat selgs uit my ondervinding, en hoop ander ouens sal ook hier kom komentaar lewer. Ongeveer n jaar terug was ek vir my vrou vir n geweer in die mark, en dieselfde tyd het een van my briende vir hom n Jowa .30-06 gekoop.
Ek persoonlik is nie baie mal oor die howa nie. Ek hou nie van hoe die Houge kolf voel teen jou gesig as jy skiet nie (dit voel werklik rubberig). Die slot voel ook vir my vreeslik los in die aksie. Ek moet se, die geweer het van dag een af mooi geskiet.
Ek het toe vir my vrou n Savage Axis gekoop in .308. Ek besef 100% dit is n intree vlak geweer, maar die kolf voel vir my net beter as die Howa s'n. Die geweer het werklik min recoil. Hy het ook dadelik raak geskiet. Ons is nog besig met lading ontwikkeling, en reeds skiet sy onder n duim oor 100m, en natuurlik het Safari vir my n baie mooi prys op die geweer sowel as die scope wat opgesit is gegee. Twee negatief wat ek nie van hou nie is dat die sneller nie kan verstel nie, maar wel kan hy gepolish word om ligter te trek. Die ander is die magasyn wat van plastiek is voel net nie baie sterk nie, dus sal ek daarvan hou om dit met n metaal magasyn te vervang indien moontlik.

Veiligheid eerste manne!
- Trevor
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm
Re: Howa vs Savage
Ek stem saam met Pierre. Het al baie met Howas geskiet en het self ook 'n Savage Axis. Baie lekker geweer.
@Pierre die sneller kan nie stel nie, maar jy kan sy spring met een en 'n half draai/coil korter knip, dan is sy sneller baie lekker. Het myne en van my kliente s'n ook al geknip en baie tevrede.

- BenG
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm
Re: Howa vs Savage
Ek is hoog tevrede met my 308 Howa en het laas week vir my 'n 6.5x55 Howa gekoop.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Howa vs Savage
Stem saam met Piet.Piet-Skiet wrote:Ek gan nou seker onder vuur kom mar ek kan nie sien hoe 'n axis met 'n howa vergelyk kan word niem ek glo die howa is in 'n rem 700 se klas en nie 'n axis nie.
As jy nie van die Howa se kolf hou nie trek vir hom 'n "Boyds" jassie aan.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa vs Savage
Ek stem saam, die axis kom nie naby die Howa nie. As jy na die savage geweere wil kyk kyk na bie beter modelle, smaak my hulle is bakgat!
Maar net my opinnie
Groetnis
Maar net my opinnie
Groetnis
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5135
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Howa vs Savage
Ek het nog nooit 'n Axis vasgehou nie maar sten vir HOWA anders moet ek erken ek het dalk verkeerd gekoop
Koop een van die dae my 6.5X55 ook in HOWA. Ek is baie tevrede met my 223 HOWA.

-
Zack Benade
Re: Howa vs Savage
Die prys is nog steeds 'n groot faktor wat die besluit of keuse tussen die twee beinvloed.
Ek hou van die Savage maar die prys het die laaste tyd baie geklim.

- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Howa vs Savage
Wel ek skat dit is dan dit. Howa bo!!
Wat ek wel kan se is die volgende oorweegings het my na die Savage geswaai. Dit is n geweer vir my vrou gekoop wat een keer per jaar sal jag. Die geweer was heelwat goedkoper as die Howa, en selfs teen die goedkoper prys, sou dit n srainless loop gehad het, wat Savage toe ongelukkig nie so gemaak het nie. Die geweer is ligter as die Howa, so dit sal makliker vir haar wees om dit in die veld te dra. Die geweer se kolf was klaar van so aard dat ek daarvan hou, dus sal dit nie nodig wees om n verdere R2k uit te gee op n Boyds kolf nie. En dan kon ek die geweer in LH by Safari kry, wat ook n plus punt was, aangesien my vrou n leftie is. En dan soos die Nikons uit die Safari winkel, het dit 100% die backing van die eienaars, wat vir my baie rustigheid gee.

- evdberg
- Sr. Member

- Posts: 285
- Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm
Re: Howa vs Savage
Hallo Pierre
Ek het 3 jaar gelede my .308 Howa aangeskaf.
Ek het (tot disver) geen klagtes nie. Ek het n leupold scope op, die geweer was dadelik op die papier, was net fyn instel gewees.
2 Blouwildebeeste , n Rooibok en 2 Vlakvarke later....en hy loop nog soos stroop !
Uit my ondervinding kan ek n Howa aanbeveel - veral as jou beursie nie te dik is nie.

Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
.308 HOWA
9mm Glock 19
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Howa vs Savage
Mooi geskiet! Kan saamstem, Howa is verseker n baie nice geweer.evdberg wrote:Hallo Pierre
Ek het 3 jaar gelede my .308 Howa aangeskaf.
Ek het (tot disver) geen klagtes nie. Ek het n leupold scope op, die geweer was dadelik op die papier, was net fyn instel gewees.
2 Blouwildebeeste , n Rooibok en 2 Vlakvarke later....en hy loop nog soos stroop !
Uit my ondervinding kan ek n Howa aanbeveel - veral as jou beursie nie te dik is nie.
Veiligheid eerste manne!
-
citizen X
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Fri Dec 28, 2012 1:33 am
Re: Howa vs Savage
Goeie naand
Ek wil graag byvoeg dat ek na aanlyding van n artikel oor die Howa in Magnum wat deur Koos Barnard geskryf is < vir my n 243 Howa Varmint gekoop. Was baie skepties oor die prys want hulle se mos goedkoop koop is duur koop> Ek kan vandag se dit was definitief die beste besluit ooit gewees en hy het my al ure se plesier gegee. Ek en my vriend skiet gereeld papier bokke by Bluegum en jag gereeld saam. Kan jy jou indink sy gesig as ons by die teikens kom en daars net een gaaitjie na drie skote ! hyt gedink ek trek hom n streep. Ek herlaai self en skiet 90 gr Berger VLD koels en kry gemaklik 1 tot 1.5 duim groepe op 300 meter. Eks seker ander ouens kan dit oortref maar in my opinie n geweer vi daai prys kon ni vi beter gevra het nie. Waarde vi geld in my boek.