Nuwe aansluitings
-
Schalk.vdB
- Full Member

- Posts: 145
- Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm
Re: Nuwe aansluitings
Oom met vandag se pryse word elke druppel getel want hulle maak lekker wins! 
SR = M
Solid rest is equal to meat
Solid rest is equal to meat
-
jeannette
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Mon Apr 01, 2013 10:59 am
Re: Nuwe aansluitings
Hi Manne
Sjoe is ek opgewonde om myself in jul wereld te betree!
Ek is Jeannette van Gauteng....lief vir jag en die buitelewe...
Ek is op soek na jaggeleentheid vir 'n Buffel vir my man....wil sooooooo graag help om sy groot droom te bewaarheid. Ek het jare gelede vir hom 'n 375 H&H vir sy verjaardag gekoop en daar het die droom begin....so het die jare aangestap en nou dink ek is die tyd om bietjie meer desperaat aan die droom te werk. Ek wil hom so graag verras, maar moet erken ek weet nie juis lekker waar om te begin nie. Indien daar enige iemand van julle is wat my dalk in kontak kan sit met boere wat Buffels laat jag of iemand wat weet waar ek moontlik geholpe kan raak, sal ek die inligting ongelooflik baie waardeer.
Ek het op die forum gesien daar is 'n Morne wat van Buffelkoeie in Bloemfontein praat, ek hoor graag van jou ook!
Manne, lekker om al jul stories te lees...... Weer eens waardeer ek my man en seuns nog meer!!!!
groete
Jeannette

- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Nuwe aansluitings
Welkomen hoop julle geniet dit.
Hier is baie beter lees stof as Huisgenoot!!
Ja, die naam pas by my!!

Nimrod
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Thu Apr 04, 2013 8:50 am
Re: Nuwe aansluitings
Hi
Is bly om n forum te kry waar die meeste Afrikaans is
Ek is Wouter Marais. Woon in die Cullinan omgewing. Is nog student.
Ek is n jagter van murg en been. Ek hou baie van jag en sommer net om te gaan skyfskiet. Het .270, .22, 2 Hoyt boë, .50 Hawken voorlaaier.
Het groot geword op n plaas in die Vrystaat waar ek meestal saam met my pa jakkase, rooikatte ens. (predatore van enige aard) met die spoor- en windhonde gejag het in plaas van in die skool.
Ek hengel ook graag, veral diepsee en bass
Dankie vir die forum
Groete

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom Wouter Marais! Hier is baie ooms met baie kennis en ek hoop jy kry die inligting wat jy soek.
Hoop nie jy jag alle predatore nie! Daar is van hulle wat baie nuttig is!

jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom aan die nuwe manne en dames op die forum.
-
Nimrod
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Thu Apr 04, 2013 8:50 am
Re: Nuwe aansluitings
Baie dankie vir die verwelkoming oom. Wel oom, die meeste wat skade maak.
-
Nimrod
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Thu Apr 04, 2013 8:50 am
Re: Nuwe aansluitings
Ek wonder of iemand my kan help?
Ek het n .270 Musgrave en is opsoek na n goeie lading. Ek het n paar blikke S365 kruitHet die Hornady 130gr interlock punte. Winchester Primers en Doppe.
Ek het n .270 Musgrave en is opsoek na n goeie lading. Ek het n paar blikke S365 kruitHet die Hornady 130gr interlock punte. Winchester Primers en Doppe.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe aansluitings
Nimrod, net 'n vriendelike versoek. As jy by die inhoud kyk sal jy sien daar is 'n opskrif, Vuurwapens, en onder dit is Herlaai. So hierdie "post" van jou hoort daar. Ek weet jy is nuut hier, daarom help ek jou maar net.Nimrod wrote:Ek wonder of iemand my kan help?
Ek het n .270 Musgrave en is opsoek na n goeie lading. Ek het n paar blikke S365 kruitHet die Hornady 130gr interlock punte. Winchester Primers en Doppe.
Groetnis
-
Pelsernj
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Thu Apr 04, 2013 8:29 am
Re: Nuwe aansluitings
Naand Manne en vroue (as hier is)
My naam is Nici Pelser, het groot geword in die bosveld, bly tans in PTA, maar my ouers bly nog op Steenbokpan in die bosveld.
Is mal oor jag en visvang ens. Ons het hierdie jaar weer besluit om te jag op ons plaas, nadat ons vir so paar jaar die diere laat aanteel het.
So as enige iemand dalk belangstel vir 'n lekker bosveld jag, hier is meer info. O ja daar is nog baie plek beskikbaar, dink net 2 of 3 naweke is al bespreek.
Kom geniet n lekker winter Bosveld jag.
Die volgende wild is bekikbaar. : Rooibok, Koedoes en Vlak Varke.
Volledig toegeruste verblyf en jag voertuig beskikbaar.
• Koedoes:
Bulle - Klein tot 40 duim - R3500
40 tot 55 duim - R5000
55 tot 60 duim - R6000
60+ duim - R8000
Koeie - R2500
• Rooibokke:
Ramme: Klein tot Knuipkoppe - R800
Groot ramme - R1200
Rooibok ooie - R650
• Vlak varke - R650
• Deposito - Dag fooie.
Nie jagter R150
Jagters R250 (Gids ingesluit)
• Kontak:
Abraham Pelser
0147660226

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom hier Nici, hoop jy kuier lekker saam!
-
Pelsernj
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Thu Apr 04, 2013 8:29 am
Re: Nuwe aansluitings
Baie dankie, ek dink ek sal.VdWalt wrote:Welkom hier Nici, hoop jy kuier lekker saam!
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom Nici, hoop jy geniet dit op die forum
-
Jan Nortje
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Apr 15, 2013 8:46 am
Re: Nuwe aansluitings
Dagse almal.
Waar begin ek.... Ek is Jan Nortje en kom van Kempton park af.
Ek het van kleins af wat ek kan onthou vakansies op my oom se plaas in Thabazimbi gaan kuier en ja.... geleer hom om te skiet en van daai tyd af was ek mal daaroor. My oom het n 30.06 brunu en ek wou nog altyd ook een gehad het. Ek het gesoek vir een en het toe vir my n 30.06 brunu gekoop by n ou oom. Die geweer was in n baie goeie kondiesie EN ek het dit teen n billike prys gekry.
Ek hengel ook baie, behoort ook selfs aan n hengel klub.
Ek is mal oor die forum van julle en hoop ons sal lekker gesels.
Groete
Jan

Welkom hier hoop jy genoet dit baie
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: Nuwe aansluitings
Hallo aan my genote in die greep van kruitverslawing!
Ek is baie bly ek het toevallig hierdie forum raakgeloop - moet se van die ander forums waar ek betrokke is/was staan my nie rerig aan nie...
EK is van Bloemfontein af, werk in mediese wereld. Het nie groot geword in huis met pa wat self jag nie, maar het van kleins af windbuks geskiet, bietjie skyfskiet op skool ens. Ek het so 7 jaar gelede my eerste bok geskiet en soos die Ingelsman se - I'm hooked! Ek doen gewoonlik so 3-4 jagte per jaar en probeer om 'n mengsel van vlakte/bakkie jag te doen en buk-en-bekruip jagte in die Bosveld.
Ek is ook lief vir teikenskiet en veral die langafstand speletjie interesseer my baie! Skiet staalplate en gongs so tussen 400m en 1100m tans en wag vir my .338 lapua lisensie om te kyk of ek by 1600m kan uitkom.
Ek hoop om baie te kan leer hier en om die bietjie wat ek geleer het in die paar kort jare te kan deel.

Dankie eks seker ek sal
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Nuwe aansluitings
Baie welkom Jan
Jy gaan dit sommer baie hier geniet
Groete
Riaan
Jy gaan dit sommer baie hier geniet
Groete
Riaan
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Nuwe aansluitings
Doomslayer wrote:Hallo aan my genote in die greep van kruitverslawing!
Ek is baie bly ek het toevallig hierdie forum raakgeloop - moet se van die ander forums waar ek betrokke is/was staan my nie rerig aan nie...
EK is van Bloemfontein af, werk in mediese wereld. Het nie groot geword in huis met pa wat self jag nie, maar het van kleins af windbuks geskiet, bietjie skyfskiet op skool ens. Ek het so 7 jaar gelede my eerste bok geskiet en soos die Ingelsman se - I'm hooked! Ek doen gewoonlik so 3-4 jagte per jaar en probeer om 'n mengsel van vlakte/bakkie jag te doen en buk-en-bekruip jagte in die Bosveld.
Ek is ook lief vir teikenskiet en veral die langafstand speletjie interesseer my baie! Skiet staalplate en gongs so tussen 400m en 1100m tans en wag vir my .338 lapua lisensie om te kyk of ek by 1600m kan uitkom.
Ek hoop om baie te kan leer hier en om die bietjie wat ek geleer het in die paar kort jare te kan deel.
Groete
welkom hier by ons en geniet die manne se kennis . . . hier is baie van hulle.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom Doomslayer - jy sal dit baie geniet, die manne hier weet waarvan hulle praat en gee graag raad
- evdberg
- Sr. Member

- Posts: 285
- Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm
Re: Nuwe aansluitings
Dagse Almal
Eugene van der Berg van Pretoria. Jag is een van my stokperdtjies, ek hou van die buitelewe. Ek is n bosveld jagter - loop en bekruip. Gaan jan jaarliks in Limpopo. Die jaar kry die Vrystaat n beurt - sien baie uit na n vlakte jag !
Ek hoop om baie te leer hier en daar waar ek kan sal ek my raad ook ingooi.

Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
.308 HOWA
9mm Glock 19
- Geno
- Administrator

- Posts: 13656
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
jeep09
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Tue Nov 29, 2011 2:01 pm
Re: Nuwe aansluitings
Goeie dag manne,
'n Vriend het my al lank terug aan die forum voorgestel, maar dit het my weer ontgaan. Met die jagseisoen wat by ons is het dit my bygeval en die forum is puik! My naam is JG en ek kom van 'n klein drinkersdorpie met 'n groot jag probleem (Prieska).

Skilpad
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Wed Apr 17, 2013 11:52 am
Re: Nuwe aansluitings
Dagse
My naam is Carel en ek woon deesdae in Pretoria. Grootgeword daar langs Hartbeespoortdam.
Ek lees al 'n wyle die "posts" op die forum en trek heelwat voordeel daaruit. So dis maar tyd om die roofkykery te laat staan en myself sigbaar te maak!

.22 Obendorff Mauser, .243 Howa, 6.5x55 Swedish Mauser Howa, 30-06 Musgrave, 9mm Cz75
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Nuwe aansluitings
Welkom, ek glo jy gaan dit baie geniet om nou ook deel te neem